Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 39

Josef bied weerstand teen die vrou van Pótifar.

1

EN Josef ais afgebring na Egipte; 1en Pótifar, ’n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, ’n Egiptiese man, het hom gekoop uit die hand van die 2Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het.

2

En 3die HERE bwas met Josef, sodat hy ’n voorspoedige man was; en 4hy het in die huis van 5sy heer, die Egiptenaar, gebly.

3

En toe sy heer sien dat die HERE met hom was, en dat die HERE alles wat hy doen, 6in sy hand voorspoedig maak,

4

het Josef 7guns in sy oë gevind en 8hom gedien; en hy het hom aangestel oor sy huis, en alles wat in sy besit was, 9aan hom oorgegee.

5

En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het die HERE die huis van die Egiptenaar geseën 10ter wille van Josef; ja, die seën van die HERE was by alles wat syne was, in die huis en op die veld.

6

En hy het alles wat syne was, aan Josef oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie 11as net van die brood wat hy geëet het. En Josef was skoon van gestalte en mooi van aansien.

7

Ná hierdie dinge chet die vrou van sy heer 12haar oë na Josef opgeslaan en gesê: 13Kom hou gemeenskap met my.

8

Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee.

9

14Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie 15behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God?

10

En nadat sy met Josef 16dag ná dag gespreek het, en hy na haar nie wou luister om by haar te lê 17om met haar gemeenskap te hou nie,

11

kom hy eendag in die huis om sy werk te doen terwyl niemand van die huisgenote binne was nie.

12

Toe gryp sy hom aan sy 18kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop.

13

Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het,

14

roep sy na 19haar huisgenote en sê aan hulle: 20Kyk, 21hy het vir ons ’n 22Hebreeuse man hier gebring om 23met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het 24hard geskreeu;

15

en toe hy hoor dat ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en gevlug en na buite geloop.

16

En sy het sy kleed by haar neergelê totdat sy heer tuisgekom het.

17

En sy het hom 25met dieselfde woorde aangespreek en gesê: Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons hier gebring het, het na my gekom om met my gek te skeer;

18

en toe ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en na buite gevlug.

19

Toe sy heer die woorde hoor waarmee sy vrou hom aanspreek: 26So en so het jou kneg aan my gedoen — 27het hy baie kwaad geword;

20

en die heer van Josef het dhom laat vang en hom in die 28gevangenis gesit op die plek waar die 29gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis.

21

Maar die HERE was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom 30guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis.

22

En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en 31alles wat daar te doen was, het hý gedoen.

23

Die owerste van die gevangenis 32het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat die HERE met hom was; en wat hy doen, het die HERE voorspoedig laat wees.

a Gén. 37:28. Ps. 105:17. 1 Sien Gén. 37:36 se kanttekening.

2 Sien Gén. 37:25 se kanttekening.

b vers 21. Hand. 7:9. 3 Sien Gén. 21:22 en 26:24 se kanttekeninge.

4 Dit is, hy het nie weggeloop na sy vader of elders heen nie, maar het hom met geduld en getrouheid gevoeg na die staat, waartoe hy deur God verneder is.

5 Hebr. sy here, in die meervoud, terwyl slegs die enkelvoud bedoel word; so ook in dit wat volg, sien ook Gén. 24:10. 2 Sam. 12:8 en die kanttekening.

6 Dit is, deur sy diens, Lev. 8:36. Sien Ex. 4:13 en Spr. 26:6 se kanttekeninge, ens.
7 Sien Gén. 18:3 en die kanttekening.

8 Dit is, Josef het omgesien na sy persoon. Eers was hy ’n algemene kneg, daarna ’n hofdienaar van sy heer, ja, ’n opsigter van die hele huis.

9 Hebr. in sy hand gegee. Sien Gén. 16:6.

10 Die goddelose en wêreldse mense word geseën vanweë die vromes wat by hulle woon. Sien Gén. 30:27, 30. Jes. 45:3, 4.
11 Dit is, Pótifar het hom oor niks bekommer nie, behalwe oor voedsel en drank, terwyl hy die hele huishouding aan Josef oorgelaat het. Sommige meen dat hierdie woorde as net van die brood wat hy geëet het verwys na die bygeloof van die Egiptenaars, wat nie saam met die Hebreërs wou eet nie. Sien daaroor Gén. 43:32.
c Spr. 7:13. 12 Die betekenis is: Sy het hom aangekyk met oneerbare oë en met onkuise lus. Sien Matt. 5:28. 2 Petr. 2:14. Die teendeel was by Job, Job 31:1.

13 Nadat sy haar tevore sonder twyfel daarop toegelê het om hom tot onkuisheid te beweeg.

14 Anders: Niemand is in hierdie huis groter as ek nie. Verstaan dit ten opsigte van die mag wat Josef van sy heer ontvang het, om sorg te dra vir die huis, en in sy plek opsig daaroor te hê.

15 Dit is, hy het my ook beveel om vir u te sorg, wat u liggaamlike behoeftes aanbetref, maar geensins om liggaamlike gemeenskap met u te hê nie.

16 Hebr. dag, dag. Een en dieselfde woord word soms twee maal gestel om daarmee ’n voortdurendheid van tyd uit te druk, Ex. 16:5, 21. Lev. 6:12. Deut. 2:27; 14:22 en die kanttekeninge.

17 Hebr. om by haar te wees. Dit is, om haar gesprekke daaroor te hoor. Want hy het goed geweet dat slegte gesprekke goeie sedes bederf, 1 Kor. 15:33.

18 Sonder twyfel aan sy bo-kleed, soos mantel, ens.
19 Naamlik wat buite was, of intussen weer ingekom het, sodat sy hulle tot getuies sou kon opsteek en voorberei vir wanneer sy Josef voor haar man sou beskuldig.

20 Dit wil voorkom of sy Josef se kleed in haar hande gehad en getoon het.

21 Naamlik my man. Sy noem hom nie so nie, kwansuis omdat sy vir hom kwaad was.

22 So noem sy Josef veragtelik, en om die huisgenote teen hom op te hits, omdat die Egiptenaars die Hebreërs nie goedgesind was nie. Sien Gén. 43:32.

23 Hierdie listige vrou sê nie met my nie, maar met ons, asof sy wil sê: As hy dit van my durf eis, watter skande en oorlas sal hy dan nie die diensmaagde durf aandoen nie?

24 Hebr. groter.

25 Naamlik, wat sy tevore teenoor die huisgenote gebruik het, en nou by die man herhaal het.
26 Dit is, soos ek gesê het, het hy gedoen.

27 Hy glo sy vrou, sonder om Josef eers aan te hoor. Vgl. die manier van spreek met Gén. 4:5, 6, en sien daar vers 5 se kanttekening.

d Ps. 105:18. 28 Hebr. die huis van die rondheid of van die ronde toring.

29 Hebr. gebondenes gebonde. Verstaan hier sulke gevangenes wat teen die koning oortree het, of ’n groot misdaad begaan het, en met bedreiging van die doodstraf gevange gesit het.

30 Hebr. sy genade verleen, dit is, Hy het hom aangenaam gemaak. Sien Gén. 18:3 se kanttekening.
31 Dit is, alles wat ’n mens gewoonlik daar doen, en alles wat daar gebeur het, het gebeur onder sy bevel en bestuur.
32 Hebr. het nie elke ding gesien nie.