Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 4

Kain en Abel. Die afstammelinge van Kain. Set.

1

EN die mens 1het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en 2Kain gebaar en gesê: Ek het ’n 3man verkry 4met die hulp van die HERE.

2

Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En 5Abel het ’n 6skaapherder geword, en Kain ’n landbouer.

3

En ná 7verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ’n 8offer gebring.

4

En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van 9hulle vet. aEn die HERE 10het Abel en sy offer genadig aangesien,

5

11maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe 12word Kain baie kwaad, en hy het 13sy hoof laat hang.

6

En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?

7

Is daar nie 14verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — 15die sonde 16lê en loer voor die deur, en 17sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.

8

En Kain 18het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan ben hom doodgeslaan.

9

Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: 19Ek weet nie. 20Is ek my broer se wagter?

10

En 21Hy sê: Wat het jy gedoen? cDie stem van 22die bloed van jou broer 23roep na My van die aarde af.

11

Daarom sal jy vervloek wees, 24ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.

12

As jy die grond bewerk, 25sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; 26d’n swerwer en 27vlugteling sal jy wees op die aarde.

13

Daarop sê Kain vir die HERE: 28My skuld is te groot om dit te dra.

14

Kyk, 29U verdryf my nou uit die 30land uit, en 31ek moet my verberg vir u aangesig: ’n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde ewees, en 32elkeen wat my kry, sal my doodslaan.

15

Maar die HERE sê vir hom: 33Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit 34sewevoudig gewreek word. En die HERE het 35’n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.

16

Toe gaan Kain weg 36van die aangesig van die HERE, en hy het gewoon in die land 37Nod, aan die oostekant van Eden.

17

En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en 38Henog gebaar. Daarna 39bou hy ’n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog.

18

En vir Henog is Irad gebore; en Irad 40was die vader van Mehújael; en Mehújael was die vader van Metúsael; en Metúsael die vader van Lameg.

19

En 41Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede Silla.

20

En Ada het Jabal gebaar. Hy was die 42vader van die tentbewoners en die 43veeboere.

21

Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal 44wat op siters en fluite speel.

22

En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, ’n 45smid wat allerhande koper- en ysterinstrumente gemaak het. En die suster van Tubal-Kain was Naéma.

23

En Lameg het aan sy vroue gesê: Ada en Silla, hoor na my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord! 46Voorwaar, ek slaan ’n man dood 47wat my wond en ’n seun wat my kwes.

24

Want 48Kain sal fsewe maal gewreek word, maar Lameg 49sewen-en-sewentig maal.

25

En Adam het sy vrou weer beken, en sy het ’n seun gebaar en hom 50Set 51genoem. Want, het sy gesê, God het my ’n ander 52kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het.

26

En ook vir Set is ’n seun gebore, wat hy Enos genoem het. 53Toe het hulle die Naam van die HERE begin aanroep.

1 Verstaan hierdeur die gemeenskap wat tussen man en vrou is om kinders voort te bring, sien verse 17, 25. Net so ook in Gén. 19:8; 24:16. 1 Sam. 1:19. Matt. 1:25.

2 Hebr. Kajin, dit is, verkry.

3 Dit is, ’n seun.

4 Dit is, met die hulp en genade van die HERE. Die Hebreeuse woordjie et word soms as meët, dit is, van en uit, verstaan, sien Jer. 51:59 se kanttekening. Anders: van die HERE, dit is, verkry van die HERE. Anders: Ek het ’n Man verkry, die HERE, asof Eva gemeen het dat sy die beloofde Messías verkry het.

5 Hebr. Hevel.

6 Hebr. ’n herder van kleinvee, soos skape en bokke. Want die Hebreeuse woord beteken beide. So ook in vers 4; Gén. 13:5; 26:14, ens.

7 Hebr. van die einde van dae, dit is, ná ’n tyd lank. Die woord dae, wanneer dit alleen staan, beteken soms in die Heilige Skrif enkele dae, soos in Gén. 24:55; 40:4. Rig. 14:8. Mark. 2:1.

8 Hebr. minga, dit is, gawe, geskenk, of spysoffer. Sien Lev. 2:1 se kanttekening.

a Hebr. 11:4. 9 Hebr. hulle vettighede. Verstaan hierdeur dat Abel nie net die vet nie, maar ook die beste van sy kudde geoffer het, en (so wil dit voorkom) ’n goeie aantal. Vet beteken dikwels die beste in die Heilige Skrif, soos in Núm. 18:12 en die kanttekening, ens.

10 Dit is, Abel as persoon en sy offer was vir God aangenaam vanweë sy geloof, siende op die offer van die beloofde Messías. Sien Hebr. 11:4.

11 Dit verklaar die apostel in Hebr. 11:4, wanneer hy spreek van die getuienis wat God gegee het oor Abel se gawes, hetsy met woorde, met vuur van die hemel, of enige ander teken. Vgl. Lev. 9:24. Rig. 6:21. 1 Kon. 18:38. 1 Kron. 21:26. 2 Kron. 7:1.

12 Hebr. aan Kain het ontvlam, naamlik die toornigheid; so ook in die volgende vers. Sien in ’n soortgelyke manier van spreek die woordjie toorn daarby gevoeg, Ex. 32:10, 11 en vgl. Gén. 39:19.

13 Hebr. sy aangesig het geval. Dit is, die uitdrukking op sy aangesig het verander.

14 Dit is, sal jy nie (as die eersgeborene) verhewe en verhoog bly bo jou broer nie? Anders: Sal jy jou hoof of aangesig nie vrylik oplig nie, in plaas daarvan dat dit nou neergeslaan is of so hang? Sommige gebruik die woorde aanneming, aangenaamheid of vergewing, vanweë die verskillende betekenisse van die Hebreeuse woord.

15 Dit is, die straf van die sonde; so ook in Gén. 19:15. Lev. 5:1. Núm. 18:1. Sien vers 13 se kanttekening.

16 Dit is, is baie naby, en asof teenwoordig, sodat oor die seker aankoms daarvan nie getwyfel kan word nie. Vgl. Matt. 24:33. Jak. 5:9.

17 Sommige verstaan sy as Abel en nie as die sonde nie, en vertaal verder: maar jy moet oor hom heers; asof God sê: Maar wat jou broer aangaan, jy het geen rede om oor hom toornig te wees nie, omdat hy tot jou geneë en weltevrede is, dat jy (as die eersgeborene) oor hom verhewe bly. Vgl. Gén. 3:16.

b Matt. 23:35. 1 Joh. 3:12. Jud. vers 11. 18 Om (volgens die mening van sommige) met lieflike gelaat en vriendelike woorde hom alleen die veld in te lok, terwyl hy in sy hart haat en doodslag verberg. Hebr. het vir sy broer gesê, sonder dat die inhoud daarvan weergegee word, naamlik, soos sommige verstaan, dit wat tussen God en hom plaasgevind het. Sodat dit ’n onvoltooide sin is.
19 ’n Onbeskaamde leuen.

20 ’n Vermetele hoogmoed.

c Hebr. 12:24. 21 Naamlik die HERE.

22 Hebr. die bloede (in die meervoud). So spreek die Heilige Skrif van moord en doodslag, omdat daardeur baie bloed vergiet word.

23 Hebr. is roepende (in die meervoud). Moord is een van die sondes wat om wraak roep; sien daaroor ook Gén. 18:20; 19:13.

24 Of: vanweë. Sien Gén. 5:29. Asof Hy wil sê: Die aarde, wat geskape was tot jou seën en diens, sal hierdie vloek teen jou as wraak uitvoer, deur jou nie die vrugte te gee wat dit jou anders sou gegee het nie, soos in vers 12 gesê word.
d Spr. 28:17. 25 Hebr. sal dit nie voortgaan om aan jou sy vermoë te gee nie.

26 Vanweë tweërlei ongerustheid: ’n liggaamlike, omdat Kain van die een land na die ander sou swerf; die ander geestelik, omdat sy gewete, wat oral saamgaan, hom nie in vrede sou laat nie, maar in voortdurende vrees sou hou.

27 Hebr. ronddwalende.

28 Kain bekla hom dat hy die skuld of straf nie kan dra nie, vers 14. Sien ook Lev. 5:1 se kanttekening. Ander verstaan die Hebreeuse woord as die oorsaak van die skuld of straf, naamlik die misdaad of ongeregtigheid, en vertaal dan: My misdaad is te groot om vergewe te kan word.
e Job 15:20, 21, ens. 29 Naamlik deur u vonnis, wat so seker en vas is, asof dit reeds uitgevoer was.

30 Hebr. van die aangesig van die land.

31 Dit kan verstaan word as Kain se verbanning uit God se guns en genade, asook uit die aangesig of geselskap van sy gemeente.

32 Anders: alles wat my kry.

33 Dit is, sodat jy, terwyl jy lank dwaal deur die land, ander tot ’n voorbeeld mag wees, om hulle van die doodslag af te skrik, en dat jy tyd van berou mag hê, want tot dusver is jy veral ontsteld oor die straf, sonder om berou te toon.

34 Dit is, veelvoudig; soos dit gebruik word in die Heilige Skrif, Ps. 12:7; 79:12.

35 Hoedanige teken dit was, is onbekend. Maar dit het aangedui wie hy was, wat hy gedoen het en dat niemand sou waag om hom dood te slaan nie.

36 Sien vers 14.

37 Die land is so genoem ten opsigte van die straf wat God Kain opgelê het, vers 12 se kanttekening, want die Hebreeuse woordjie wat daar en hier gebruik word, beteken ronddwalende.

38 Hebr. Ganog.

39 Hebr. was hy bouende. Dit is, was hy besig om ’n stad te bou vir sy veiligheid, as gevolg van sy gewetensangs. Die vrome aartsvaders het meestal in tente gewoon, nie in stede nie, Hebr. 11:9, 10.

40 Hebr. het verwek of voortgebring, en so in dit wat volg.
41 Hierdie Lameg is die eerste van wie ’n mens lees, wat twee vroue tegelyk gehad het, lynreg in stryd met God se verordening, Gén. 2:24. Mal. 2:15 en die kanttekening.
42 Dit is, wat eerste begin het om tente te maak en te gebruik vir die wei en oppas van vee, soos die volgende woord skynbaar meebring.

43 Hebr. miqne, dit is, vee, ook besitting, hawe, goedere. In hierdie konteks word veeboere bedoel.

44 Hebr. wat siter (of harp) en fluit hanteer, dit is, wat daarmee omgaan. Hoedanig die musiekinstrumente vroeër was, is onseker.
45 Die Hebreeuse woord beteken eintlik iemand wat skerp maak, slyp; sommige vertaal die woord met leermeester.
46 Met hierdie vermetele grootpratery en gespog het Lameg skynbaar verwys na die vaardighede wat sy seuns ontwikkel het, sodat hy hom deur middel daarvan meer sou kon wreek, of sy naaste meer sou kon beseer, as iemand anders.

47 Dit is, indien iemand my slegs verwond, of my liggaam kwes, diegene sal ek onbeskroomd durf én kan doodmaak.

f vers 15. 48 Sien vers 15 se kanttekening.

49 Of: sewentig maal sewe. Christus gebruik ook hierdie manier van spreek, Matt. 18:22.

50 Hebr. Sjet, dit is, om te stel.

51 Hebr. sy naam Set genoem. Naamlik met toestemming van haar man, soos te sien is in Gén. 5:3, waar hierdie naamgewing aan Adam toegeskryf word.

52 Hebr. saad. Dit is, ’n ander seun gegee. So ook in Gén. 21:13; 38:8. Matt. 22:24, 25.

53 Die manier van spreek wat hier in die Hebreeuse teks gebruik is, word op verskillende plekke gebruik vir die aanroeping van die HERE se Naam, soos in 1 Kon. 18:24-26. 2 Kon. 5:11. Joël 2:32. Hand. 2:21. Rom. 10:13. So word dit ook hier gebruik, maar dan word daaronder begryp, soos uit sommige ander tekste blyk, soos Gén. 12:8; 26:25, die beoefening van die hele godsdiens. Die betekenis hier is dus dat die mense openlik, gesamentlik en meer gereeld vergader het, en so die godsdiens begin instel het, waar dit tevore deur Kain en sy geslag vir ’n tyd lank bedorwe en vervals was. Anders: Toe het hulle hulself na die Naam van die HERE begin noem. Dit is, toe het die ware kinders van God hulle van die ander begin afsonder en hulself die volk van God of die kinders van God genoem. Hierdie selfde manier van spreek beteken ook elders om die HERE by die Naam uit te roep, soos in Ex. 33:19; 34:5.