Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 41

Josef verklaar die drome van Farao.

1

NÁ verloop van 1twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die 2Nyl staan;

2

en kyk, daar kom sewe koeie uit die Nyl uit op wat mooi van aansien en vet van vleis was, en hulle het gaan wei 3in die rietgras.

3

En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie uit die Nyl uit op wat 4lelik van aansien en maer van vleis was, en hulle het by die ander koeie 5op die wal van die Nyl gaan staan.

4

En die koeie wat lelik van aansien en maer van vleis was, het die sewe koeie wat mooi van aansien en vet was, opgeëet. Toe het Farao wakker geword.

5

En hy het weer aan die slaap geraak en nog ’n keer gedroom; en kyk, sewe vet en 6mooi are skiet op aan een steel;

6

en ná hulle spruit daar sewe are uit wat maer en deur die 7oostewind verskroei was;

7

en die maer are het die sewe vet en 8vol are verslind. Toe het Farao wakker geword en kyk, dit was ’n 9droom!

8

10Dié môre was sy gees 11onrustig, en hy het aal 12die towenaars en al 13die wyse manne van Egipte laat roep; en Farao het aan hulle sy droom vertel, maar niemand kon 14dit aan Farao uitlê nie.

9

Toe het die voorman van die skinkers met Farao gespreek en gesê: Ek moet vandag 15my sondes in gedagtenis bring.

10

16Farao was baie kwaad vir sy dienaars en het my in bewaring gegee in die huis van die 17owerste van die lyfwag, my en die voorman van die bakkers.

11

En ons het bin dieselfde nag ’n droom gehad, ek en hy; ons het gedroom, elkeen ’n droom 18met besondere betekenis.

12

En daar was by ons ’n Hebreeuse 19jongman, ’n kneg van die owerste van die lyfwag — aan hom het ons dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee.

13

20En soos hy ons dit uitgelê het, so het dit gebeur — my het hy in my rang herstel, maar hom opgehang.

14

Toe claat Farao Josef roep, en 21hulle het hom gou uit die gevangenis uitgehaal, 22en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom.

15

Toe sê Farao vir Josef: Ek het ’n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie; maar ek het van jou hoor verklaar dat jy ’n droom net hoef te hoor om dit uit te lê.

16

En Josef het Farao geantwoord en gesê: 23Niks vir my nie! God sal Farao 24’n gunstige antwoord gee.

17

Toe sê Farao vir Josef: Kyk, ek het in my droom gestaan op die 25wal van die Nyl,

18

en sewe koeie het uit die Nyl uit opgekom wat vet van vleis en mooi van uiterlik was, en hulle het gaan wei 26in die rietgras.

19

En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie op, skraal en baie 27lelik van uiterlik en 28maer van vleis; ek het soos hulle so lelik in die ganse Egipteland nie gesien nie.

20

En die maer en lelike koeie het die sewe eerste vet koeie opgeëet:

21

dié het 29in hulle maag ingegaan, maar ’n mens kon nie merk dat hulle in hul maag ingegaan het nie; want hulle aansien was lelik soos in die begin. Toe het ek wakker geword.

22

Daarna het ek in my droom gesien, en kyk, sewe vol en 30mooi are skiet op aan een steel.

23

En ná hulle spruit daar sewe are uit wat dor, maer en deur die oostewind verskroei was;

24

en die sewe maer are het die sewe mooi are verslind. En ek het dit aan die 31towenaars meegedeel, maar niemand kon my inligting gee nie.

25

Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is 32een en dieselfde. Wat God 33van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee.

26

Die sewe 34mooi koeie 35is sewe jare; en die sewe mooi are is sewe jare; die droom is een en dieselfde.

27

En die sewe maer en lelike koeie wat ná hulle opgekom het, is sewe jare; en die sewe maer, deur die oostewind verskroeide are sal 36sewe jare van hongersnood wees.

28

Dit is die woord wat ek tot Farao gespreek het: wat God van plan is om te doen, het Hy Farao laat sien.

29

Kyk, daar kom sewe jare van groot 37oorvloed in die hele Egipteland;

30

maar daarna sal sewe jare van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed sal in Egipteland 38vergeet word, en die hongersnood sal 39die land verteer.

31

En van die oorvloed sal in die land niks gemerk word 40weens dié hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie swaar wees.

32

En wat dit betref dat die droom 41twee maal vir Farao herhaal is — dit is omdat die saak 42deur God 43vas besluit is en God dit gou sal doen.

33

Laat Farao dan nou uitkyk na ’n verstandige en wyse man en hom aanstel oor Egipteland.

34

Farao moet so maak en opsigters oor die land aanstel en in die sewe jare van oorvloed 44die vyfde deel hef van die opbrings van Egipteland.

35

En hulle moet 45al die voedsel van hierdie goeie jare wat kom, versamel en 46onder leiding van Farao koring ophoop as voedsel in die stede en dit wegbêre.

36

So sal dan die voedsel ’n voorraad wees vir die land vir die sewe jare van hongersnood wat in Egipteland sal kom, sodat die land nie deur die hongersnood 47te gronde gaan nie.

37

dEn die woord 48was goed in die oë van Farao en van al sy dienaars.

38

eDaarop het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons wel iemand vind soos hierdie man in wie die 49Gees van God is?

39

En Farao sê vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie.

40

Jý moet foor 50my huis wees, en 51na jou bevel moet my hele volk 52hulle skik; alleen deur die troon sal ek 53groter wees as jy.

41

Verder het Farao vir Josef gesê: 54Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland.

42

Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en 55sit dit aan die hand van Josef; en hy het hom 56fyn linneklere laat aantrek en die goue ketting om sy hals gehang

43

en hom laat ry op sy 57tweede rytuig; en hulle het voor hom uitgeroep: 58Pas op! So het hy hom dan oor die hele Egipteland aangestel.

44

En Farao sê vir Josef: 59Ek is Farao, maar sonder jou mag niemand 60sy hand of voet in die hele Egipteland verroer nie.

45

En Farao het Josef genoem 61Sáfenat-Panéag en aan hom Ásenat, die dogter van Potiféra, die 62priester van 63On, as vrou gegee. En Josef het uitgetrek oor Egipteland.

46

En Josef was 64dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het; en Josef het van Farao af weggegaan en 65die hele Egipteland deurgetrek.

47

En die land het 66met handvolle 67opgelewer in die sewe jare van oorvloed.

48

Toe het hy 68al die voedsel van die sewe jare versamel wat in Egipteland gekom het, en voedsel in die stede weggesit — die voedsel van die land wat rondom elke stad was, het hy 69daarin weggesit.

49

So het Josef dan ’n baie groot hoeveelheid koring opgehoop 70soos die sand van die see, totdat hulle opgehou het om te tel, want 71dit was ontelbaar.

50

gEn vir Josef is twee seuns gebore — voordat die jaar van hongersnood gekom het — wat Ásenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het.

51

En Josef het die eersgeborene 72Manasse genoem; want, het hy gesê, God het my 73al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader.

52

En die tweede het hy 74Efraim genoem; want, het hy gesê, God het my vrugbaar gemaak 75in die land van my ellende.

53

Toe het die sewe jare van oorvloed wat daar in Egipteland was, ten einde gekom,

54

hen die sewe jare van hongersnood het begin aankom soos Josef voorspel het. En daar was hongersnood in 76al die lande, maar in die hele Egipteland was daar 77brood.

55

En toe die hele Egipteland 78honger gely en die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao aan al die Egiptenaars: Gaan na Josef, doen wat hy julle sê.

56

En die hongersnood was oor die hele oppervlakte van die aarde, en Josef het 79alles waarin iets was, oopgemaak en aan die Egiptenaars verkoop; en die hongersnood was swaar in Egipteland.

57

En 80die hele wêreld het na Josef in Egipte gekom om koring te koop, want die hongersnood was swaar 81op die hele aarde.

1 Hebr. twee jare van dae, dit is, twee volle jare. Hierdie manier van spreek word ook gevind in 2 Sam. 14:28. Jer. 28:3. So word ook ’n maand van dae ’n volle maand genoem, Gén. 29:14.

2 Die bekende rivier wat die land Egipte jaarliks deur sy oorloop op ’n besondere manier bevogtig en vrugbaar maak.

3 Anders: vleiland, vogtige weiland, meergebied.
4 Hebr. kwaad, dit is, wanstaltig, mismaak, van lelike voorkoms. So ook in verse 4, 20, 21. Daarenteen word dit wat mooi is, goed genoem, verse 22, 26.

5 Hebr. aan die lip.

6 Dit is, vol are.
7 Die eienskap van die oostewind in daardie lande is dat dit die vrugte verbrand en verskroei. Sien Eség. 17:10; 19:12. Hos. 13:15.
8 Dit is, vol van sap en vogtigheid.

9 Naamlik nie ’n natuurlike nie, maar ’n goddelike droom, wat van God afkomstig is, en nie van natuurlike oorsake nie. Anders: dit was die droom.

a Dan. 2:2. 10 Naamlik, nadat hy ’n tyd lank wakker was.

11 Sien Gén. 40:6 se kanttekening.

12 Of: sterrekykers, tekenverklaarders of waarsêers, soos hulle gewoonlik ten onregte genoem word. Verstaan diegene wat met natuurlike of bygelowige, ja, soms ook met duiwelse kunste omgegaan het, om iets wat verborge is te voorspel of aan te dui, en om iets wonderliks te doen. Sien oor hulle Ex. 7:11; 8:19; 9:11. Dan. 2:2, 10.

13 Verstaan al diegene wat in enige wetenskap, of skerpsinnigheid, oordeel of ervaring uitgestaan het. Sien Ex. 7:11. Dan. 2:12.

14 Naamlik die drome, alhoewel eers gesê word droom. Dit was twee drome, of ’n dubbele droom.

15 Wat ek ’n tyd gelede teen die koning begaan het.
16 Dit is, die koning; want die naam Farao was ’n naam wat alle konings van Egipte gehad het, sodat Farao vir die Egiptenaars dieselfde beteken as wanneer ’n mens sê die koning of sy koninklike majesteit. Sien Gén. 12:15 en die kanttekening.

17 Sien Gén. 37:36.

b Gén. 40:5. 18 Sien Gén. 40:5 se kanttekening.
19 Naamlik van omtrent agt-en-twintig jaar, soos blyk uit vers 46.
20 Hebr. En dit het gebeur, soos hy dit aan ons uitgelê het, so het dit gebeur.
c Ps. 105:20. Dan. 2:25. 21 Hebr. hulle het hom laat loop.

22 Anders: hy het hom laat skeer. Josef het sy hare in die gevangenis laat groei tot ’n teken van droefheid, sien 2 Sam. 19:24, of volgens die gewoonte van die gevangenes; maar nou het hy hom laat skeer en ander klere aangetrek, sodat hy nie in ’n afskrikwekkende en treurige uiterlike en met vuil en verslete klere voor die koning sou verskyn nie, wat ongeoorloof was. Sien Est. 4:2.

23 Anders: Sonder my sal God, ens., of: Dit is nie in my nie. Só poog Josef met beleefdheid om Farao se oë, wat nou op hom gevestig was, tot God te wend, van wie die uitlegging van die drome kom. Sien Gén. 40:8. Dan. 2:28.

24 Hebr. vrede antwoord, dit is, dit wat dien tot die voorspoed en die rus van Farao en sy mense. Sien Gén. 37:14 se kanttekening.

25 Hebr. lip.
26 Sien vers 2.
27 Hebr. kwaad. So ook in dit wat volg.

28 Anders: leeg, uitgeteer.

29 Hebr. in hulle binneste.
30 Dit is, goeie. So ook in dit wat volg.
31 Sien vers 8.
32 Dit is, eenders, naamlik ten opsigte van die uitleg.

33 Dit is, wat Hy besig is om te doen. Die toekomende dinge word dikwels in die teenwoordige tyd gestel, omdat dit by God so seker is asof dit alreeds gebeur het; soos ook in vers 28. Sien Ex. 9:14. Jos. 11:6. Matt. 24:40; 26:28.

34 Hebr. goeie. Sien vers 3 se kanttekening.

35 Dit is, beteken sewe jare. Sien Gén. 40:12 se kanttekening.

36 Dit is, voorbeelde en tekens van sewe jare, waardeur God laat verstaan dat Hy in hierdie jare ’n tyd van skaarste in die land sal stuur.
37 Hebr. versadigdheid, dit is, van alles waarmee ’n mens hom kan versadig en nog baie oorhou.
38 Want wat uit die oog is, gaan gewoonlik ook uit die gedagtes van die hart. Sien vers 31.

39 Dit is, mense en diere wat in die land is. So ook in vers 36.

40 Hebr. van die aangesig van dié hongersnood.
41 Dit is opmerkenswaardig dat die herhaling hier die vastigheid van God se besluit beteken, en die verhaasting van die uitvoering daarvan.

42 Hebr. van met of by God. Anders: van Godsweë.

43 Anders: vasgemaak is.

44 Hebr. die land vervyf, dit is, ’n vyfde deel van die vrug van die land ontvang, naamlik teen ’n billike prys, om dit later in die tyd van honger weer aan die onderdane te verkoop.
45 Dit is, voorraad van die vrug van die land wat tot voedsel kon dien.

46 Op las van, deur mag en deur beleid; vgl. ook Ex. 4:13; 9:35. Núm. 7:8, ens.

47 Hebr. afgesny of uitgeroei word nie.
d Hand. 7:10. 48 Dit is, dit het hom wel geval. Sien Gén. 19:8 se kanttekening.
e Ps. 105:22. 49 Verstaan wysheid en versigtigheid, wat God deur sy Gees aan hierdie man op ’n besondere wyse gegee het. So het God in die hart van Farao gewerk om sy raad uit te voer.
f Ps. 105:21. 50 Sien Gén. 34:19 se kanttekening.

51 Hebr. na jou of op jou mond. So word mond ook as bevel verstaan in Ex. 17:1; 38:21. Núm. 3:16, 39; 4:27; 9:18. Deut. 17:10 en die kanttekening.

52 Hebr. jou hand kus, as ’n teken van eerbied en gehoorsaamheid. Dit was in daardie tyd, so ook vandag nog, gebruiklik dat die onderdane die hand aan die mond gebring of gekus het wanneer ’n groot heer tot hulle gespreek of hulle met iets belas het. Vgl. Job 31:27. Hos. 13:2, waar hierdie manier van spreek vir ’n afgodiese eerbied gebruik word, en so word deur kus ook ’n gewillige gehoorsaamheid verstaan, soos in 1 Kon. 19:18. Ps. 2:12. Anders: na jou mond sal my hele volk kus.

53 Vgl. hierdie manier van spreek met Gén. 39:9.

54 Dit is, merk op en bedink tot hoe ’n groot eer en mag ek jou verhef het.
55 Tot ’n teken dat hy aan hom mag gegee het, om in sy naam alles te verseël of te bekragtig.

56 ’n Soort linne of kledingstof wat by die Egiptenaars baie kosbaar, fyn en wit was. Sien daaroor Ex. 25:4; 39:27, 29. Spr. 31:22.

57 Die tweede ná die eerste, wat die koning s’n was, tot ’n teken dat hy ná die koning bo alle here van die land verhewe was, Est. 10:3.

58 Sommige verklaar die woord abreg as: tere vader. Teer vanweë sy jonkheid en vader vanweë sy amp; soos die here van die land die vaders van die vaderland genoem word.

59 Dit is, ten opsigte van die koninklike majesteit is ek bo jou. Ander verstaan hierdie woorde as ’n eed, asof hy sê: So waaragtig as ek koning is of by my koninklike majesteit, mag niemand, ens.

60 Dit is, iets voorneem of doen.

61 Dit is, verklaarder van verborgenheid.

62 Die Hebreeuse woord beteken ’n priester, maar ook in die algemeen ’n owerste in politieke sake en ’n persoon van groot aansien. Sien 2 Sam. 8:18; 20:26. 1 Kron. 18:17. Job 12:19. Josef word genoodsaak om deur sy huidige posisie hierdie huwelik aan te gaan, maar die kinders daaruit word nietemin deur Jakob gereken as stamvaders van twee stamme in Israel, Gén. 48:16.

63 Die naam van ’n stad in Egipte.

64 Hebr. ’n seun van dertig jaar.

65 Naamlik om op las van die koning oral amptenare aan te stel, en koringskure op te rig vir die swaar tyd wat voorlê.

66 Dit is, asof ’n mens van een graankorrel hande vol bekom het.

67 Hebr. gemaak.

68 Dit is, eetbare graansoorte en vrugte; en so ook in dit wat volg. Verstaan die vyfde deel, soos in vers 34.

69 Hebr. in die midde daarvan.

70 Hierdie manier van spreek beteken ’n ontelbare hoeveelheid, Gén. 22:17. Rig. 7:12. 1 Sam. 13:5.

71 Sien ook Rig. 6:5. Job 21:33.

g Gén. 46:20; 48:5.
72 Hebr. Menassje, dit is, wat laat vergeet.

73 Dit is, die verdriet en die moeite, wat ek sowel hier in Egipte, as in my vader se huis wedervaar het.

74 Dit is, dubbele vrug.

75 Dit is, in hierdie land, waarin ek tevore verdruk was.

h Gén. 45:6. Ps. 105:16. 76 Naamlik omliggende lande, soos Kanaän, Sírië, Arabië; soos ook in vers 57.

77 Dit is, allerlei voorraad van eetbare graansoorte en vrugte.

78 Naamlik, toe die voorraad van die inwoners self op was.
79 Naamlik alle koringskure waarin die koring vergader en opgeberg was.
80 Dit is, die inwoners het van alle omliggende lande gekom.

81 Naamlik die omliggende lande; soos tevore.