Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 44

1

TOE gee 1hy bevel aan die opsigter oor sy huis en sê: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak;

2

en my 2beker, die silwerbeker, moet jy bo in die 3jongste se sak sit saam 4met die geld vir sy koring. En hy het gehandel volgens die woord wat Josef gespreek het.

3

Toe dit die môre lig word, het hulle die manne laat trek, hulle met hul esels.

4

Hulle het uit die stad uitgetrek, hulle was nog nie ver nie toe Josef aan die opsigter oor sy huis sê: Maak jou klaar en jaag die manne agterna; en as jy hulle inhaal, vra hulle dan: Waarom het julle kwaad vir goed vergelde?

5

Is dit nie die 5ding waaruit my heer drink en 6waarmee hy altyd waarneem nie? Julle het verkeerd gehandel met wat julle gedoen het.

6

En hy het hulle ingehaal en 7hierdie woorde aan hulle meegedeel.

7

Toe 8sê hulle vir hom: Waarom spreek my heer 9sulke woorde? Dit is ver van u dienaars 10om so iets te doen.

8

Kyk, geld wat ons bo in ons sakke gevind het, het ons uit die land Kanaän aan u teruggebring — hoe sou ons dan silwer of goud uit die huis van u heer kan steel?

9

Dié een van u dienaars by wie dit gevind word, 11moet sterwe; en ons sal ook my heer se slawe wees.

10

Toe sê hy: 12Nou goed, laat dit wees 13soos julle gesê het. Dié een by wie dit gevind word, is my slaaf. Maar júlle sal 14vry wees.

11

Daarop het hulle gou elkeen sy sak op die grond neergesit en elkeen sy sak oopgemaak.

12

En hy het gesoek; hy het 15begin by die oudste en opgehou by die jongste; en die beker is in Benjamin se sak gevind.

13

Toe 16skeur hulle hul klere, en elkeen laai sy esel, en hulle gaan na die stad terug.

14

En Juda het saam met sy broers in die huis van Josef gekom, terwyl 17hy nog daar was, en hulle het voor hom neergeval op die grond.

15

Daarop sê Josef vir hulle: Wat is dit nou wat julle gedoen het? Weet julle nie dat ’n man soos ek dit ongetwyfeld moet 18waarneem nie?

16

En Juda antwoord: Wat kan ons aan my heer sê? Wat kan ons spreek? En 19waarmee kan ons ons regverdig? God het die ongeregtigheid van u dienaars 20uitgevind. Kyk, ons is my heer se slawe, ons sowel as hy 21by wie die beker gevind is.

17

Maar hy sê: Dit is ver van my om dit te doen; die man by wie die beker gevind is, dié sal my slaaf wees. Maar trek júlle in 22vrede op na julle vader.

18

Toe kom Juda nader na hom en sê: 23Ag, my heer, mag u dienaar tog ’n woord spreek voor die ore van my heer, en laat u toorn nie teen u dienaar ontvlam nie, want 24u staan gelyk met Farao.

19

My heer het sy dienaars gevra en gesê: Het julle ’n vader of broer?

20

En ons het my heer geantwoord: Ons het ’n ou vader; en daar is ’n 25jong seun, ’n kind 26van die ouderdom, maar sy broer is dood; en hy het alleen oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom lief.

21

Toe het u aan u dienaars gesê: aBring hom af na my toe, dat ek my oog op hom kan 27rig.

22

En ons het my heer geantwoord: Die seun 28kan sy vader nie verlaat nie, want sy vader sal sterwe as hy hom verlaat.

23

Daarop het u aan u dienaars gesê: bAs julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, 29sal julle my aangesig nie weer sien nie.

24

En toe ons na u dienaar, my vader, opgetrek het en hom die woorde van my heer te kenne gegee het,

25

het ons vader gesê: Gaan koop weer vir ons ’n bietjie voedsel.

26

Maar ons het gesê: Ons kan nie aftrek nie. As ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek; want ons mag die aangesig van die man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie.

27

En u dienaar, my vader, het aan ons gesê: Júlle weet dat my 30vrou vir my 31twee gebaar het —

28

die een het van my af weggegaan, cen ek het gesê: Voorwaar, hy is 32verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien nie.

29

As julle nou hierdie een ook van my af wegneem en hom ’n ongeluk oorkom, ddan sal julle my grys hare met droefenis 33in die doderyk laat afdaal.

30

As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie — terwyl 34sy siel innig aan hom verkleef is —

31

sal hy sterwe as hy sien dat die seun daar nie is nie; en u dienaars sal die grys hare van u dienaar, ons vader, met kommer 33in die doderyk laat afdaal.

32

Want 35u dienaar het die seun deur borgskap 36van my vader verkry deurdat hy gesê het: eAs ek hom nie na u bring nie, 37sal ek lewenslank teenoor my vader skuldig staan.

33

38Laat 39u dienaar dan nou tog in die plek van die seun my heer se slaaf bly, en laat die seun saam met sy broers optrek.

34

Want hoe kan ek na my vader optrek as die seun nie by my is nie? Mag ek maar net die ellende nie aansien wat my vader sal 40tref nie!

1 Naamlik Josef.
2 Dit wil voorkom of dit ’n beker was wat hoog, ruim en diep was, en van groot waarde, en het sy naam gekry vanweë sy rondheid en hoogheid.

3 Naamlik Benjamin se sak.

4 Dit is, wat hy saamgebring het om voedsel mee te koop.

5 Naamlik beker.

6 Of: waardeur hy gewis ervaar of sal bevind, naamlik watter soort mense julle is. Hebr. waarnemende sou waarneem. Die Hebreeuse woord beteken wel soms om iets deur goëlery, wat nietig en ongeoorloof is, waar te neem, om verborge dinge te openbaar, of vooruit aan te kondig, soos in Lev. 19:26. 2 Kon. 21:6. Dit beteken egter dikwels ook om iets oordeelkundig te verneem of te bevind, en deur gewisse tekens na te speur, soos in Gén. 30:27. 1 Kon. 20:33, en so is dit hier gebruik. Anders: waarvan hy vir seker sal verneem, en so ook in vers 15.

7 Naamlik die woorde wat Josef hom beveel het.
8 Dit is, een van hulle sê dit namens almal; daarom volg my heer, nie ons heer nie.

9 Hebr. volgens hierdie woorde.

10 Hebr. om volgens hierdie woord of saak te handel.

11 Dit is, nie net sal die dief sterwe nie, maar ons almal sal ook slawe wees. Sien Gén. 43:18. So spreek hulle meer met vrymoedigheid as met versigtigheid, omdat hulle van geen kwaad bewus was en hulle geen agterdog gehad het van enige bedrog wat moontlik teen hulle gepleeg is nie, soos tevore met die geld. Hulle oorweeg ook nie die droefheid wat hierdeur oor hul vader sou kom nie.
12 Anders: Dit is nou ook reg, ens.

13 Verstaan dit van die ondersoek; want die straf wat hulle op hulself geneem het, matig hy.

14 Dit is, ongestraf en mag ongehinderd terugkeer. Sien Ex. 20:7; 34:7.

15 Dit het hy met opset gedoen, om hulle langer in pyn te hou, en om homself des te meer bo verdenking te hou, want hy het wel geweet in wie se sak die beker was, aangesien hy dit self daarin gesit het.
16 Naamlik van droefheid, oor die misdaad wat Benjamin skynbaar begaan het, en van vrees, sowel vir die straf wat Josef hom mog oplê, as vir die swarigheid wat hierdeur oor hul vader sou kom. Sien oor die skeur van klere Gén. 37:29 se kanttekening.
17 Naamlik Josef, om die uitkoms van hierdie saak af te wag.
18 Sien vers 5 se kanttekening.
19 Die Hebreeuse woord (soos ook ’n ander van dieselfde oorsprong) beteken vry ag, vryspreek en onskuldig verklaar, soos wanneer iemand wat voor ’n regter van ’n misdaad aangekla is, vrygespreek word. Sien hierdie betekenis in Ex. 23:7. Deut. 25:1. Ps. 51:6. Spr. 17:15. Jes. 5:23. Vgl. Matt. 11:19. Rom. 3:20. Gal. 2:16; 3:8, ens.

20 Dit is, Hy het dit in sy voorsienigheid waargeneem en nou aan die lig gebring. Verstaan dit nie van hierdie daad waaraan hulle hul nie skuldig beskou nie, maar van ander, waaroor hul gewetens hulle laat wroeg, en wat God nou gestraf het.

21 Of: in wie se hand.

22 Dit is, met vriendskap en eensgesindheid, sonder om ongemak te ly aan jul persoon, of skade aan jul goedere. Vgl. Gén. 26:29, 31. 2 Sam. 3:21.
23 Sien Gén. 43:20 en die kanttekening.

24 Hebr. soos u, soos Farao, dit is, u is so groot van aansien en vermoë soos Farao, wie se persoon u verteenwoordig, sodat ek aan u gelyke eerbied verskuldig is soos aan die koning self. Sien hierdie manier van spreek in Gén. 18:25. Juda noem hier, en in die verse wat volg, sy broer Josef sy heer; en hy noem homself, sy vader en sy broers tien maal Josef se knegte. Hy doen dit wel uit nederigheid en eerbied, maar vervul tegelykertyd Josef se drome, Gén. 37:7, 9.

25 Vgl. Gén. 37:3. Die woord jeled beteken wel baie jong kinders, ja, selfs ook die wat maar pasgebore is, soos in Gén. 21:8. Ex. 1:17; 2:8; maar dit word ook gebruik vir ouer kinders, soos vir Josef toe hy sewentien jaar oud was, Gén. 37:30, vir al die kinders van Jakob, toe Ruben omtrent veertien jaar oud was, Gén. 33:1, en hier vir Benjamin, toe hy omtrent vier-en-twintig jaar oud was.

26 Dit is, wat gebore is toe sy vader oud was.

a Gén. 42:15. 27 Of: plaas, dit is, dat ek hom mag aanskou, om die waarheid van julle woorde te toets. Sien Gén. 42:15, 16. Soms word hierdie manier van spreek gebruik vir genade of guns bewys, soos in Jer. 39:12; 40:4.
28 Want die vader sal dit nie toelaat nie.
b Gén. 43:3, 5. 29 Hebr. nie nog ’n keer nie of nie voortgaan om my aangesig te sien nie. Sien Gén. 43:5.
30 Naamlik Ragel. Sien Gén. 46:19 se kanttekening.

31 Naamlik twee seuns, Josef en Benjamin.

c Gén. 37:33. 32 Hebr. verskeurende verskeur. Josef verstaan hier vir die eerste keer wat sy broers hul vader wysgemaak het; dat hul vader op hierdie tydstip nie anders geweet het nie as dat Josef verskeur was.
d Gén. 42:38. 33 Of: graf. Sien Gén. 37:35 en die kanttekening, en hierna, vers 31.
34 Dit is, vir wie hy met baie innige en hartgrondige toegeneentheid liefhet, en soos sy eie hart bemin. Sien dergelike manier van spreek in 1 Sam. 18:1.
e Gén. 43:9. 35 Dit is, ek.

36 Hebr. van my vader af, dit is, soos sommige dit verklaar, toe hy van my vader af weggetrek het.

37 Dit is, sal ek verplig bly tot betaling van die skuld en strafwaardig by my vader wees, al die dae van my lewe; soos in Gén. 43:9, sien die kanttekening daar.

38 Juda betoon hier in die besonder bekommernis oor sy vader, en liefde vir sy broer Benjamin.

39 Dit is, my.

40 Hebr. vind, dit is, oorkom, wedervaar, bejeën, ontmoet. Sien hierdie manier van spreek in Ex. 18:8. Deut. 4:30. Est. 8:6. Job 31:29, ens. Hierdie hele verhaal van Juda het Josef se hart so geraak en laat ontsteek dat hy hom nie langer kon bedwing sonder om te ween en hom aan sy broers bekend te maak nie.