Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 46

Jakob trek af na Egipte.

1

EN Israel 1het weggetrek met alles wat aan hom behoort het, en in 2Berséba gekom; en hy het offerandes gebring aan 3die God van sy vader Isak.

2

En God het tot Israel gespreek 4in naggesigte en gesê: 5Jakob, Jakob! En hy antwoord: 6Hier is ek!

3

Toe sê Hy: aEk is God, die God van jou vader. 7Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, bwant Ek sal jou daar ’n groot nasie maak.

4

cEk sal saam met jou 8aftrek na Egipte, en 9Ek sal jou gewis ook weer laat optrek; 10en Josef sal jou oë toedruk.

5

dDaarna het Jakob weggetrek van Berséba af. En die seuns van Israel het hulle vader Jakob met hulle kinders en hulle vroue op die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.

6

En hulle het hul vee en besittings geneem wat hulle 11in die land Kanaän verwerf het, en in Egipte gekom, Jakob en sy hele geslag saam met hom:

7

sy seuns en sy kleinseuns saam met hom; 12sy dogters en kleindogters en sy hele geslag het hy saam met hom in Egipte gebring.

8

eEn 13dit is die name 14van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het — Jakob en sy seuns. Die eersgeborene van Jakob was Ruben.

9

En die seuns van Ruben: 15Henog en Pallu en Hesron en Karmi.

10

fEn die seuns van Símeon: 16Jémuel en Jamin en 17Ohad en 18Jagin en 19Sohar en Saul, die seun van die 20Kanaänitiese vrou.

11

gEn die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.

12

En hdie seuns van Juda: Er en Onan en Sela en Peres en Serag. Maar Er en Onan 21het gesterwe in die land Kanaän; ien die seuns van Peres was Hesron en Hamul.

13

En die seuns van Íssaskar: Tola en Puwa en 22Job en Simron.

14

En die seuns van Sébulon: Sered en Elon en Jágleël.

15

Dit is die seuns van Lea wat sy vir Jakob gebaar het in 23Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die 24siele van sy seuns en dogters was 25drie-en-dertig.

16

kEn die seuns van Gad: 26Sifjon en Haggi, Suni en Esbon, Eri en 27Aródi en Areëli.

17

lEn die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster; en die seuns van Bería: Heber en Málkiël.

18

Dit is die seuns van Silpa mwat Laban aan sy dogter Lea 28gegee het; en sy het vir Jakob hierdie 29sestien siele gebaar.

19

Die seuns van Ragel, 30die vrou van Jakob: Josef en Benjamin.

20

En nvir Josef is in Egipteland gebore Manasse en Efraim wat Ásenat, die dogter van 31Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het.

21

oEn die seuns van Benjamin: Bela en Beger en Asbel, Gera en Naäman, Egi en Ros, Muppim en Huppim en Ard.

22

Dit is die seuns van Ragel wat vir Jakob gebore is, almal saam veertien siele.

23

En die 32seuns van Dan: 33Husim.

24

pEn die seuns van Náftali: Jágseël en Guni en Jeser en Sillem.

25

Dit is die seuns van Bilha qwat Laban aan sy dogter Ragel gegee het; en sy het hulle vir Jakob gebaar, almal saam sewe siele.

26

Al die siele wat 34aan Jakob behoort het en, uit sy 35heup afkomstig, na Egipte gegaan het, behalwe die vroue van die seuns van Jakob, was almal saam 36ses-en-sestig siele.

27

En die seuns van Josef wat vir hom in Egipte gebore is, was twee siele. rAl die siele van die huis van Jakob wat in Egipte gekom het, was 37sewentig.

28

En hy het Juda voor hom uit gestuur na Josef, 38dat dié voor hom uit die pad moes wys na Gosen; en hulle het in die land 39Gosen aangekom.

29

Toe span Josef sy wa in, en hy trek op, sy vader Israel tegemoet na Gosen. En 40toe hy homself aan hom vertoon, 41het hy om sy hals geval en 42lank aan sy hals geween.

30

En Israel sê vir Josef: 43Nou kan ek sterwe nadat ek jou aangesig gesien het, 44dat jy nog leef!

31

Daarna het Josef met sy broers en die huis van sy vader gespreek: Ek sal optrek en aan Farao vertel en aan hom sê: My broers en die huis van my vader wat in die land Kanaän was, het na my gekom.

32

En die manne is herders van kleinvee — want hulle was 45veeboere — en hulle het hul kleinvee en hul beeste en alles wat hulle besit, saamgebring.

33

En as Farao julle laat roep en sê: Wat is julle nering?

34

dan moet julle antwoord: U dienaars was veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons sowel as ons vaders — sodat julle in die land Gosen kan woon. sWant elke herder van kleinvee is vir die Egiptenaars 46’n gruwel.

1 Dit het omtrent in die jaar 2239 ná die skepping van die wêreld gebeur, tien jaar ná Isak se dood, toe Josef negen-en-dertig jaar oud was.

2 Sien oor die plek Gén. 21:31 en die kanttekening.

3 Dit is, die God vir wie sy vader Isak geëer en aangeroep het. Hiermee het hy sy standvastige geloof in God se beloftes en sy dankbaarheid teenoor God se weldade betoon, en Hom gebid om raad en hulp op hierdie reis.

4 Die gesigte waardeur God Hom in daardie tye aan die mense geopenbaar het, was in die algemeen wanneer iemand nie geslaap het nie, deur die aanskouing van ’n gedaante wat óf deur die liggaamlike oog, soos in Gén. 15:1, 5, ens., óf deur die geestesoog, Sag. 3:1, opgemerk is; en soms wanneer iemand wel geslaap het, deur middel van drome, soos in Gén. 20:3. Job 33:15, 16. Beide kon óf in die dag, soos in Hand. 10:9, 10, óf in die nag, soos in Gén. 15:5 en hier, gebeur.

5 God noem sy naam twee maal, om hom aan te spoor om aandagtig te luister; soos in Gén. 22:11. 1 Sam. 3:10.

6 Sien Gén. 22:1 en die kanttekening.

a Gén. 26:24; 28:13; 32:9.

b Gén. 13:16; 16:10; 17:2; 22:17; 26:24; 35:11; 48:4.

7 Omdat jy en jou nageslag ’n tyd lank sal moet vertrek uit ’n land wat Ek aan jou en jou mense belowe het, Gén. 28:13, na ’n land waarin jou grootvader met vrees en bekommernis verkeer het, Gén. 12:12.
c Núm. 20:15. Deut. 10:22. Jos. 24:4-6. Ps. 105:23, 24, ens. Jes. 52:4. Hos. 11:1. 8 Naamlik, om jou te vergesel en by te staan. Verstaan die woord optrek ook in dié betekenis. Vgl. Gén. 24:7. Ex. 23:20; 32:34. Let hier vir eens en altyd op dat die woorde optrek, opklim, ens., asook aftrek, afklim, ens., meestal gebruik word ten opsigte van die ligging van die lande, stede en plekke, wat hoog of laag geleë is. Om te gaan na hoogliggende plekke, is optrek; en na laagliggende plekke, is aftrek. Sien Gén. 12:10; 13:1; 35:1. Ex. 19:3. Matt. 20:18. Luk. 10:30. Hand. 3:1. Die opgaan word deur God menslikerwys gesê; asook die afkom.

9 Dit is wel deels aan Jakob se dooie liggaam vervul, Gén. 47:29, 30; 50:13, maar vernaamlik aan sy nageslag, toe Moses hulle uit Egipte gelei het en Josua hulle in die land Kanaän gebring het.

10 Dit is, Josef sal by jou wees as jy sal sterwe, en sal (volgens die ou gewoonte van baie volke) jou oë toedruk ná jou dood. Hier word Jakob deur God verseker dat sy liewe seun Josef nog leef en dat hy tydens Josef se lewe in vrede sal sterf.

d Hand. 7:15.
11 Verstaan hierby: en daarbenewens in Mesopotámië.
12 Jakob het slegs een dogter gehad, naamlik Dina, vers 15, en slegs een kleindogter, vers 17. Die Heilige Skrif gebruik die meervoud vir die enkelvoud, soos ook in Gén. 21:7; hierna in vers 23. Núm. 26:8. 1 Kron. 2:8, 31.
e Ex. 1:2; 6:13. Núm. 26:5. 1 Kronieke 5-8. 13 Hierdie geslagsregister word hier en elders deur Moses so noukeurig beskryf, (1) om God se wonderwerk aan te wys in die vermenigvuldiging van die nageslag van Abraham; (2) om die stamme te onderskei, ten opsigte van die priesterdom, die koninklike waardigheid en die verdeling van die land Kanaän; (3) en vernaamlik om die afkoms van die Messías na die vlees na te volg.

14 Dit is, seuns en kleinseuns; asook dogter en kleindogter.

15 Vgl. die name van hierdie register met die herhaling daarvan in Númeri 26. 1 Kronieke 6-8.
f Ex. 6:14. 1 Kron. 4:24. 16 Ook Némuel genoem, Núm. 26:12.

17 Hy word in Núm. 26:12. 1 Kron. 4:24 nie onder die kinders van Símeon genoem nie. Dit wil voorkom of hy en die wat aan hom behoort in dié tyd reeds gesterf het.

18 Ook Jarib genoem, 1 Kron. 4:24.

19 Ook Serag genoem, Núm. 26:13.

20 Synde van ’n vervloekte nasie. Dit was vir God se volk verbode om met iemand daarvan te trou. Dit word beskryf tot skande van Símeon, asook van Juda, Génesis 38, en tot eer van die ander, wat hierdie voorbeelde nie gevolg het nie.

g 1 Kron. 6:1.
h Gén. 38:3-5.

i 1 Kron. 2:5.

21 Sien Gén. 38:7, 10. Hulle word hier wel genoem, maar nie om in die getal, wat in vers 15 vermeld word, gereken te word nie.
22 Anders Jasub genoem, Núm. 26:24. Hy moet onderskei word van Job wie se lewe en geskiedenis in sy boek beskryf word. Die name word ook in die Hebreeus op verskillende maniere geskryf.
23 Sien Gén. 25:20. Lea se kinders is in Paddan-Aram gebore, maar die nageslag van haar seuns wat hier genoem word, is later in Kanaän gebore.

24 Dit is, mense; sien Gén. 12:5 se kanttekening.

25 Hier word Jakob bygereken, maar Er en Onan word uitgesluit. Sien vers 12.

k 1 Kron. 5:11. 26 Hebr. Tsifjon, anders: Sefon, Núm. 26:15; en so hierna Esbon vir Etsbon, en in vers 10 Sohar vir Tsohar, ens.

27 Anders: Arod, Núm. 26:17.

l 1 Kron. 7:30.
m Gén. 29:24. 28 Naamlik as slavin, Gén. 29:24.

29 Naamlik dertien seuns, twee kleinseuns en een dogter.

30 Só word Ragel in die besonder genoem, omdat Jakob slegs vir haar volgens God se instelling vir hom verkies het, en van Laban gevra het. Sien Gén. 29:18.
n Gén. 41:50; 48:5. 31 Sien oor hom Gén. 41:45 se kanttekening.
o 1 Kron. 7:6; 8:1.
32 Dit is, seun; sien vers 7 se kanttekening.

33 Ook Suham genoem, Núm. 26:42.

p 1 Kron. 7:13.
q Gén. 29:29.
34 Anders: Al die siele van Jakob wat in Egipte gekom het.

35 Dit is, wat uit sy vlees en bloed gebore is. Dit beteken dieselfde as om uit iemand se lendene voort te kom. Sien Gén. 35:11. Ex. 1:5. Rig. 8:30.

36 Die vier genoemde somme, naamlik van drie-en-dertig (vers 15), van sestien (vers 18), van veertien (vers 22) en van sewe (vers 25) vorm tesame sewentig. Maar hier word slegs diegene getel wat uit Jakob gebore is en met hom in Egipte aangekom het; sodat Jakob en Josef met sy twee seuns, wat nie saam met Jakob in Egipte gekom het nie, nie bygereken moet word nie.

r Deut. 10:22. Hand. 7:14. 37 Onder hierdie getal is Jakob, Josef en sy twee seuns, inbegrepe.
38 Naamlik hoe en waar hulle hul die beste in Gosen sou kon vestig.

39 Sien Gén. 45:10 en die kanttekening.

40 Dit wil voorkom of Josef, toe hy naby aan sy vader gekom het, homself met alle vriendelikheid aan hom vertoon het, om deur hom herken te mag word.

41 Sien Gén. 33:4; 45:14. Luk. 15:20. Hand. 20:37.

42 Anders: ’n tyd lank. Hebr. nog.

43 Hebr. Hierdie keer; die betekenis is: Ek is nou gewillig om te sterwe.

44 Of: omdat, aangesien.

45 Hebr. manne van vee of veemanne, dit is, wat met vee werk; so ook in vers 34. So ook manne van skepe, 1 Kon. 9:27, dit is, wat hulle met skeepvaart besighou, seevaarders; vgl. ook Gén. 9:20 se kanttekening.
s Gén. 43:32. Ex. 8:26. 46 Sien Gén. 43:32. Hierdie veragtelike staat het vir die Israeliete deur God se regering drieërlei voordeel meegebring, (1) dat hulle ’n goeie, vrugbare weiveld vir hul diere gekry het; (2) dat hulle daarin byeen was en saam in vrede kon woon; (3) dat hulle, omdat hulle van die afgodiese Egiptenaars afgesonder was, die suiwer godsdiens met meer vryheid kon beoefen.