Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 5

Nakomelinge van Adam deur Set tot op Noag.

1

DIT is die 1stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak 2ana die gelykenis van God.

2

bMan en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en 3hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.

3

Toe Adam 4honderd-en-dertig jaar 5oud was, het hy ’n seun verwek 6na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en 7hom Set genoem.

4

En die dae van Adam, c8ná die geboorte van Set, was agthonderd jaar. En hy het seuns en dogters 9gehad.

5

So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, negehonderd-en-dertig 10jaar, en hy het gesterwe.

6

Toe Set honderd-en-vyf jaar oud was, dhet hy die vader van Enos geword.

7

En Set het ná die geboorte van Enos nog agthonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

8

So was dan al die dae van Set negehonderd-en-twaalf jaar, en hy het gesterwe.

9

Toe Enos negentig jaar oud was, het hy die vader van eKenan geword.

10

En Enos het ná die geboorte van Kenan nog agthonderd-en-vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

11

So was dan al die dae van Enos negehonderd-en-vyf jaar, en hy het gesterwe.

12

Toe Kenan sewentig jaar oud was, het hy die vader van 11Mahalálel geword.

13

En Kenan het ná die geboorte van Mahalálel nog agthonderd-en-veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

14

So was dan al die dae van Kenan negehonderd-en-tien jaar, en hy het gesterwe.

15

Toe Mahalálel vyf-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van Jered geword.

16

En Mahalálel het ná die geboorte van Jered nog agthonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

17

So was dan al die dae van Mahalálel agthonderd-vyf-en-negentig jaar, en hy het gesterwe.

18

Toe Jered honderd-twee-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van 12fHenog geword.

19

En Jered het ná die geboorte van Henog nog agthonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

20

So was dan al die dae van Jered negehonderd-twee-en-sestig jaar, en hy het gesterwe.

21

Toe gHenog vyf-en-sestig jaar oud was, het hy die vader van Metúsalag geword.

22

En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog driehonderd jaar 13hmet God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad.

23

So was dan al die dae van Henog driehonderd-vyf-en-sestig jaar.

24

En Henog het met God gewandel; 14en hy was daar nie meer nie, iwant God het hom weggeneem.

25

Toe Metúsalag honderd-sewen-en-tagtig jaar oud was, het hy die vader van 15Lameg geword.

26

En Metúsalag het ná die geboorte van Lameg nog sewehonderd-twee-en-tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

27

So was dan al die dae van 16Metúsalag negehonderd-nege-en-sestig jaar, en hy het gesterwe.

28

Toe Lameg honderd-twee-en-tagtig jaar oud was, het hy ’n seun verwek

29

en hom 17Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom 18uit die aarde wat die HERE vervloek het.

30

En Lameg het ná die geboorte van Noag nog vyfhonderd-vyf-en-negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.

31

So was dan al die dae van Lameg sewehonderd-sewen-en-sewentig jaar, en hy het gesterwe.

32

En Noag was 19vyfhonderd jaar oud, en Noag 20het die vader geword van Sem, Gam en Jafet.

a Gén. 1:26; 9:6. 1 Kor. 11:7. 1 Of: verhaal, register, rekening, optelling van geboortes, of geslagte, dit is, van diegene wat uit Adam gebore is; dit is nie almal nie, maar diegene uit wie die Here Christus, na die vlees, deur Set se linie, gebore is, Lukas 3, en wat vir die grootste deel die ware godsdiens, tot die sondvloed toe, bewaar het.

2 Sien Gén. 1:26, 27.

b Gén. 1:26. Matt. 19:4. Mark. 10:6. 3 Sowel die vrou as die man; nieteenstaande die onderskeid in hul oorsprong, naamlik dat Adam van die aarde, en Eva uit Adam geskape was.
4 Hebr. dertig en honderd jaar, en so word hier en elders in die Hebreeuse taal die kleiner getal meestal voor, en die groter getal daarna gestel.

5 Hebr. geleef het, so staan dit ook in die volgende verse.

6 Teenoor God se beeld en gelykenis, waarvolgens Adam geskape was, word hier nou Adam se beeld en gelykenis gestel, waarvolgens Set gebore is. God se beeld was volmaak, maar ná die val was Adam se beeld heeltemal verdorwe; waardeur nou alle mense wat natuurlik uit Adam gebore word, sondig, ellendig, en aan die dood onderworpe is. Sien Rom. 5:12.

7 Naamlik, na aanleiding van die woorde wat Eva gespreek het toe sy hierdie seun gekry het. Sien Gén. 4:25.

c 1 Kron. 1:1. 8 Hebr. nadat hy Set verwek het, en so in die volgende verse.

9 Hebr. verwek, en so in die volgende verse.

10 Hebr. negehonderd jaar en dertig jaar. Alhoewel in die Hebreeus die woordjie jaar twee maal gebruik word, word dit nie in Afrikaans gedoen nie.
d Gén. 4:26.
e 1 Kron. 1:2.
11 In Luk. 3:37 staan daar Mehaláleël.
f 1 Kron. 1:3. 12 Hebr. Ganog. Sien Judas, verse 14, 15.
g Jud. vers 14.
h Hebr. 11:5. 13 Dit is, hy het ’n heilige lewe voor God gelei met ’n groot ywer en besondere voortdurendheid, deur hom af te sonder van die goddeloosheid en bose sedes van die wêreld. Sien soortgelyke manier van spreek in Gén. 6:9. Miga 6:8 en vgl. Jer. 12:3 se kanttekening.
i 2 Kon. 2:11. Hebr. 11:5. 14 Dit word verklaar in Hebr. 11:5 en die kanttekening, dat hy weggeneem en oorgebring is in die ewige lewe.
15 Hebr. Lemeg.
16 Hierdie Metúsalag was die oudste van alle mense wat op die aarde geleef het, van wie die Heilige Skrif melding maak.
17 In die Nuwe Testament (in die Grieks) word hy Noë genoem, sien Luk. 3:36. Hebr. 11:7. 1 Petr. 3:20. Die twee Hebreeuse woorde noag en nigam, wat beide hier gebruik word, het ’n sekere ooreenkoms. Die een beteken rus, waarvan die naam Noag geneem is, die ander een vertroos, wat as die rede vir die benaming aangewys word, want Lameg het gesien, nadat hy sonder twyfel deur die Heilige Gees onderrig is, dat Noag vir iets besonders gebruik sou word.

18 Sien Gén. 3:17-19; 4:11.

19 Hebr. ’n seun van vyfhonderd jaar. Dit is, Noag was soveel jaar oud, of was in sy vyfhonderdste jaar. Hierdie manier van spreek word dikwels in die Heilige Skrif gevind. Sien Gén. 7:6; 11:10; 17:17, ens.

20 Dit beteken hier: hy het begin om kinders te verwek; soos ook in Gén. 11:26. Want hierdie drie seuns is nie in een jaar gebore nie, maar soos sommige meen eers Jafet, daarna Sem en laaste Gam. Sien Gén. 9:24; 11:10. Sem word hier eerste gestel, as ’n godvrugtige voorvader van onse Here Jesus Christus, na die vlees, asook van alle Hebreërs. Sien Gén. 10:21, ens.