Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 50

Begrafnis van Jakob. Dood van Josef.

1

TOE val Josef op sy vader se aangesig, en hy het oor hom geween en hom 1gesoen.

2

En Josef het aan sy dienaars, die geneeshere, bevel gegee om 2sy vader 3te balsem. En die geneeshere het Israel gebalsem.

3

En 4veertig dae het 5daarvoor verbygegaan; want so lank duur die dae van balseming. En die Egiptenaars het hom 6sewentig dae lank beween.

4

En toe die dae van geween oor hom verby was, het Josef met die 7huis van Farao gespreek en gesê: As ek dan 8guns in julle oë gevind het, spreek tog dit voor die ore van Farao:

5

My vader het my alaat sweer en gesê: Kyk, 9ek gaan sterwe; in my graf 10wat ek vir my in die land Kanaän uitgekap het, daar moet jy my begrawe. Laat my dan nou tog optrek en my vader begrawe. Daarna sal ek terugkom.

6

En Farao sê: Trek op en begrawe jou vader soos hy jou laat sweer het.

7

Toe het Josef opgetrek om sy vader te begrawe, en 11al die 12dienaars van Farao, die 13oudstes van sy 14huis, het saam met hom opgetrek, en al die 15oudstes van Egipteland;

8

ook die hele 16huis van Josef en sy broers en die huis van sy vader. Net hulle kinders en 17hulle kleinvee en hulle beeste het hulle in die land Gosen laat agterbly.

9

En saam met hom het opgetrek strydwaens sowel as ruiters, sodat dit ’n baie 18groot trek was.

10

En toe hulle by die 19Steekdoring-dorsvloer kom, wat oos van die 20Jordaan lê, 21het hulle daar ’n groot en baie swaar rouklag gehou. En hy het oor sy vader rou laat bedrywe 22sewe dae lank.

11

Toe die 23inwoners van die land, die Kanaäniete, die roubedryf by die Steekdoring-dorsvloer sien, sê hulle: Dit is ’n swaar rou vir die Egiptenaars. Daarom het hulle 24dit 25Abel-Misráim genoem, 26wat oos van die Jordaan lê.

12

En sy seuns het met 27hom gedoen net 28soos hy hulle beveel het:

13

bsy seuns het hom weggebring na die land Kanaän en hom begrawe in die spelonk van die stuk grond van 29cMagpéla, die stuk grond wat Abraham as eiendomsgraf gekoop het van Efron, die Hetiet, oos van 30Mamre.

14

Daarna het Josef na Egipte teruggegaan, hy en sy broers en almal wat saam met hom opgetrek het om sy vader te begrawe, nadat hy sy vader begrawe het.

15

Toe die broers van Josef sien dat hulle vader dood was, het hulle gesê: Sê nou Josef gaan ons as vyande behandel en hy gaan ons 31werklik vergelde al die kwaad wat ons hom 32aangedoen het!

16

Daarom 33het hulle hierdie boodskap na Josef gestuur: 34U vader het voor sy dood bevel gegee met hierdie woorde:

17

So moet julle vir Josef sê: Ag, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het jou kwaad aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortreding 35van ons wat 36die God van u vader dien. En Josef 37het geween toe hulle met hom spreek.

18

38En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe.

19

Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want 39is ek din die plek van God?

20

Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen 40soos dit vandag is, om ’n groot volk in die lewe te hou.

21

Wees dan nou nie bevrees nie: ék sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en 41na hulle hart gespreek.

22

En Josef het in Egipte gewoon, hy en die huis van sy vader. En Josef het honderd-en-tien jaar gelewe.

23

En Josef het van Efraim 42kinders gesien van die derde geslag. Ook die kinders van eMagir, die seun van Manasse, is op 43Josef se knieë gebore.

24

En Josef het aan sy broers gesê: 44Ek gaan fsterwe, maar God sal gewis 45op julle ag gee en julle uit hierdie land laat optrek na die land wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het.

25

En Josef het die seuns van Israel laat sweer en gesê: As God sekerlik op julle ag sal gee — g46bring dan my gebeente hiervandaan op.

26

En Josef het gesterwe, 47honderd-en-tien jaar oud. En hulle het hom 48gebalsem, en hy is in ’n 49kis gesit in Egipte.

1 Terwyl hy ook sonder twyfel sy oë toegedruk het, soos God Jakob belowe het, Gén. 46:4.
2 Dit is, die dooie liggaam van sy vader.

3 ’n Ou gebruik van die Oosterse volke, waardeur hulle die dooie liggame met geurige kruie en kragtige speserye bestrooi en gevul het, en met salf wat daarvan gemaak is bestryk het; welke gebruik die heidene met bygeloof, maar die Israeliete met ’n heilige nadenke, tot ’n getuienis van die toekomende onverderflikheid van ons liggame, onderhou het. Sien 2 Kron. 16:14; 21:19. Mark. 16:1. Joh. 19:40.

4 Naamlik, sodat deur die langdurige balseming die krag van die kosbare kruie en salwe al die ledemate van die liggaam kon deurtrek.

5 Naamlik vir die balseming van Jakob.

6 Langer as wat die Israeliete Aäron en Moses beween het, wat slegs dertig dae geduur het, Núm. 20:29. Deut. 34:8. Maar sommige meen dat onder hierdie sewentig dae die voormelde veertig dae van die balseming ingereken moet word; in welke geval die bewening slegs dertig dae sou geduur het.

7 Verstaan die vorste, raadshere en vriende van Farao, wat daagliks by hom was; want aangesien hy in rou was, mog Josef nie by die koning verskyn nie, volgens die gebruik van Egipte en van ander lande. Vgl. Est. 4:2.

8 Sien Gén. 18:3 se kanttekening.

a Gén. 47:29. 9 Sien Gén. 48:21 se kanttekening, en hierna vers 24.

10 So het ander ook, toe hulle nog geleef het, hul grafte voor hulle dood laat gereedmaak. Sien 2 Kron. 16:14. Jes. 22:16. Matt. 27:60.

11 Dit is, die meerderheid, naamlik almal wat beskikbaar was en weg van die huis kon wees. Vgl. Matt. 3:5.

12 Sy hofdienaars en edeles. Sien Gén. 20:8 se kanttekening.

13 Sy raadshere en ander hooggeplaaste amptenare.

14 Dit is, hofhouding. Sien Gén. 34:19 se kanttekening.

15 Vorste, offisiere en vooraanstaande persone van die land.

16 Dit is, huisgesin, huisgenote, dienaars en slawe. Vgl. die voorgaande vers en Gén. 7:1 se kanttekeninge.

17 Dit is, hul klein- en grootvee. Sien Gén. 12:16 se kanttekening.

18 Hebr. swaar, dit is, groot of talryk in menigte. Vgl. Núm. 20:20. 1 Kon. 3:9; 10:2. 2 Kon. 6:14. 2 Kron. 1:10.
19 Verstaan hier ’n gelyke, leë en oop plek wat met dorings begroei of omhein was, of waaromheen ’n menigte dorings gegroei het. Vir Steekdoring vind ons dieselfde Hebreeuse woord atad in Rig. 9:14. Ps. 58:10. Ander behou hierdie Hebreeuse woord Atad as die eienaam van hierdie plek.

20 Sien Gén. 13:10 se kanttekening.

21 Hebr. het hulle daar ’n rouklag gerouklaag.

22 Dit is, Josef het ’n tydperk van sewe dae verorden, om alles wat vir die rouplegtigheid en die begrafnis nodig was, gereed te maak. Sien Jesus Sirag 22:12.

23 Hebr. inwoner. So ook in dit wat volg, Kanaäniet.

24 Naamlik die bogenoemde plek.

25 Dit is, die rou van die Egiptenaars, of die roubeklaers van die Egiptenaars.

26 So ook in vers 10.

27 Naamlik Jakob.

28 Sien Gén. 49:29.

b Hand. 7:15, 16.

c Gén. 23:16.

29 Sien Gén. 49:30.

30 Sien Gén. 49:30 se kanttekening.

31 Hebr. vergeldende vergelde of terugkeer.

32 Hebr. terugbetaal of vergelde het; naamlik vir al die ootmoedige bede en vriendelike smekinge, wat hy aan ons gerig het toe hy in ons hande was, en ons hom afgewys het. Sien Gén. 42:21. So ook hierna, vers 17.

33 Hebr. hulle het beveel aan of tot Josef; dit is, hulle het enkele afgevaardig na Josef, aan wie hulle beveel het om namens hulle iets voor te lê.

34 Hulle begeer vergewing van Josef, en gebruik daartoe vier redes: (1) omdat hul vader (soos hulle sê) dit voor sy dood begeer het; (2) omdat hulle sy broers was; (3) omdat hulle berou gehad en hul sondes erken het; (4) omdat hulle dieselfde godsdiens as hy beoefen het.

35 Wat dieselfde God as u dien, wat ons beveel het om mekaar se misdade te vergewe, soos ons begeer dat Hy ons genadig sal wees.

36 Sien Gén. 26:24; 31:42 en die kanttekeninge.

37 Sonder twyfel omdat hulle baie bewoë gespreek het oor ’n saak, wat hy nie sonder ontroering kon aanhoor nie, des te meer omdat hy hul vrees vir straf bemerk het en wantroue oor sy goedheid.

38 Naamlik, nadat hulle die verslag gehoor het van diegene wat hulle na Josef afgevaardig het.
d Gén. 45:5. 39 Dit is, is ek God, wat die mag sou hê om julle kwaad aan te doen, julle, aan wie God, deur my, goed wil doen en wil behou?
40 Dit is, soos dit huidig blyk, en vir alle mense sigbaar is.
41 Sien Gén. 34:3 se kanttekening.
e Núm. 32:39. 42 Hebr. kinders van die derde; dit is, kinders van kindskinders. Sien oor dergelike seën Job 42:16. Ps. 128:6. Hier begin die vervulling van die profesie van Jakob, Gén. 48:19.

43 Dit is, vir wie Josef tydens hul vroegste kinderjare met blydskap en vreugde op sy skoot gesit en mee gespeel het, soos ’n mens gewoonlik met klein kinders doen. Vgl. Gén. 30:3.

f Hebr. 11:22. 44 Sien vers 5.

45 Hebr. op julle ag gewende ag gee; dit is, Hy sal sekerlik op julle ag gee, naamlik volgens sy genade; om aan julle goed te doen en sy beloftes aan julle te volbring. Sien Gén. 21:1 se kanttekening, en hier die volgende vers.

g Ex. 13:19. Jos. 24:32. 46 Dit beveel hy, nie uit bygeloof nie, maar uit ’n vaste geloof, waardeur hy dit as seker gehou het dat sy geslag die land Kanaän sou besit en dat dit vir hul almal tot ’n voorbeeld en onderpand van die hemelse Kanaän was. Daarom begeer hy dat sy beendere uiteindelik daarheen gebring sou word. Sien Hebr. 11:22.
47 Hebr. ’n seun van honderd-en-tien jaar.

48 Sien vers 2 se kanttekening.

49 Waarin sy dooie liggaam bewaar was, om op die regte tyd na die land Kanaän vervoer te mag word, wat honderd-vyf-en-vyftig jaar daarna gebeur het toe die kinders van Israel uit Egipte getrek het.