Statevertaling – Bybelstigting

Génesis 9

Verbond van God met Noag.

1

EN God het Noag en sy seuns 1geseën en aan hulle gesê: aWees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.

2

Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde 2beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee.

3

3Alles wat beweeg en 4lewe, sal julle voedsel wees. Net soos 5bdie groen plante, gee Ek dit alles aan julle.

4

cNet die vleis 6met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie.

5

dMaar wat julle 7eie bloed betref, dit sal Ek 8eis: 9van al die diere sal Ek dit eis. Ook 10van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis.

6

eHy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal 11deur die mens vergiet word; want God het die mens 12fna sy beeld gemaak.

7

Maar gjulle, wees vrugbaar en vermeerder; wemel op die aarde en vermeerder daarop.

8

Verder het God met Noag en sy seuns by hom gespreek en gesê:

9

13Maar Ek, hkyk, Ek rig my verbond met julle op en met julle 14nageslag ná julle,

10

en met al die lewende wesens wat by julle is: die voëls, die vee en al die wilde diere van die aarde by julle — al wat uit die ark uitgegaan het, 15naamlik al die diere van die aarde.

11

En Ek rig my verbond met julle op, dat 16alle vlees nie meer deur die waters van die vloed 17uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.

12

En God het gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, 18vir ewige geslagte:

13

19my boog gee Ek in die wolke; dit sal ’n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.

14

20As Ek dan wolke oor die aarde bring en hierdie boog verskyn in die wolke,

15

dan sal 21Ek dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die waters sal nie meer ’n vloed word om alle vlees te verdelg nie.

16

As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om gedagtig te wees aan 22die ewige verbond tussen 23God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.

17

En God het vir Noag gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek opgerig het tussen My en alle vlees wat op die aarde is.

Die seuns van Noag.

18

EN die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was iSem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van 24Kanaän.

19

Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners.

20

En Noag het as 25landbouer ’n wingerd begin plant.

21

Maar toe hy van die wyn gedrink het, het hy dronk geword en 26naak in sy tent gelê.

22

En Gam, die 27vader van Kanaän, het sy vader se naaktheid gesien en dit aan sy twee broers daarbuite te kenne gegee.

23

Toe neem Sem en Jafet die bo-kleed en hou dit op hulle skouers terwyl hulle agteruitloop, en hulle het die naaktheid van hulle vader bedek: hulle gesig was agtertoe gedraai, sodat hulle die naaktheid van hulle vader nie gesien het nie.

24

Toe Noag van sy 28wyn wakker word en 29merk wat sy jonger seun hom aangedoen het,

25

30sê hy: 31Vervloek is 32Kanaän! 33’n Kneg van die knegte moet hy wees vir sy broers.

26

Verder het hy gesê: Geseënd is die HERE, die God van 34Sem. Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.

27

35Mag God aan 36Jafet ruimte verskaf, en mag hy woon 37in die tente van Sem! Maar Kanaän moet sy dienskneg wees.

28

En Noag het ná die vloed driehonderd-en-vyftig jaar gelewe.

29

So was dan al die dae van Noag negehonderd-en-vyftig jaar, en hy het gesterwe.

a Gén. 1:28; 8:17. 1 God vernuwe die seën, wat Hy in Gén. 1:28 oor die mens uitgespreek het, om aan te toon dat die onderhouding en vermenigvuldiging van die menslike geslag, benewens alle heerskappy en mag wat die mens ná die val oor die redelose diere behou het, sowel ná as voor die sondvloed, van sy seën afhanklik was.
2 Of: kruip, en wat beweeg as ’n redelose dier.
b Gén. 1:29. 3 Dit is, allerlei eetbare diere, op die aarde, in die lug en in die waters.

4 Want wat op ’n natuurlike of onnatuurlike wyse doodgegaan het, is deur hierdie wet verbied.

5 Hebr. die groente, soos in Gén. 1:30. Dit is (volgens die algemene mening), bo en behalwe die groen plante en die vrugte, wat Ek julle tevore as voedsel verorden het, gee Ek julle nou ook allerlei lewende eetbare diere.

c Lev. 3:17; 7:26; 17:14; 19:26. Deut. 12:23. 6 God verbied die mense om bloederige vleis te eet, om hulle van alle wreedheid en geneentheid om dood te maak en te moor af te skrik. Vgl. Lev. 3:17; 17:11. Deut. 12:23.
d Ex. 21:12, 28. 7 Hebr. julle bloed van julle siele. Dit is, jul liggaamlike lewe.

8 Dit is, wreek, hetsy deur die verordening deur My ingestel, of op ander maniere waarop Ek straf. Sien die volgende vers.

9 Hebr. van die hand van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die hand van die mens, van die hand van ’n man van sy broeder. Sien Ex. 21:28.

10 Wie hy ook al mag wees, van hoë of lae stand, ryk of arm, man of vrou, omdat die mens sy broeder of suster en medemens is.

e Klaagl. 4:13. Matt. 26:52. Openb. 13:10.

f Gén. 1:27.

11 Hier word die amp van die owerheid bevestig, en die swaard aan hom gegee om die boosdoeners te straf, Rom. 13:1, ens.

12 Sien Gén. 1:27. Alhoewel God se beeld deur die val geskend en verbreek is, het God nogtans enige oorblyfsels daarvan, om verskeie redes, in die mense behou; wat Hy nie geskend wil hê nie, maar Hy verorden hier die straf op sodanige skending.

g Gén. 1:28; 8:17.
h Jes. 54:9. 13 Dit is, wat My aangaan, om julle van my kant te verseker dat Ek alle mense en diere nie meer op hierdie manier sal verderf nie, daarom verbind Ek My aan julle met beloftes, en gee aan julle die teken wat hierna volg.

14 Hebr. saad. Dit is, julle nageslag, wat uit julle sal voortkom en gebore sal word. Sien Gén. 12:7. Ex. 28:43. Lev. 22:4. Deut. 4:37. 1 Sam. 24:22. 1 Kon. 2:33. Joh. 8:33. Rom. 1:3; 11:1. 2 Tim. 2:8.

15 Of: tot. Die betekenis is dan: tot al die diere van die aarde toe, wat die visse ook insluit.
16 Dit is, alle mense, en alles wat lewe, beweeg en gevoel het op die aarde.

17 Sien Gén. 8:21, 22. Verstaan so ’n vloed, waardeur die hele aarde met water bedek sou word tot verderwing van alle mense en diere wat hul woning op die aarde het. Afsonderlike watervloede en oorstromings van lande is hier uitgesluit.

18 Hebr. tot geslagte van ewigheid, dit is, solank as die wêreld sal bestaan. So ook in vers 16.
19 Verstaan die reënboog, wat in die natuur wel ’n teken is van reën, maar volgens die verordening van God ’n seker bewys is dat die wêreld nie weer deur reën en ’n algemene watervloed sal vergaan nie.
20 Hebr. As Ek dan ’n wolk oor die aarde wolk, dit is, as Ek die aarde met wolke oordek.
21 Dit is, Ek sal doen wat Ek belowe het. Sien Gén. 8:1 se kanttekening. So ook hier en die volgende vers.
22 Sien Gén. 8:21, 22 en 9:12 se kanttekeninge. Hebr. die verbond van ewigheid.

23 Dit is, My.

i Gén. 6:10. 24 Uit wie die Kanaäniete voortgekom het en die land Kanaän sy naam gekry het; die land wat die Israeliete, wat van Sem afkomstig is, later tot ’n erfdeel geword het.
25 Of: landman. Hebr. ’n man van die aarde of van die aardryk, dit is, ’n landbouer. So ook in Gén. 25:27 ’n man van die veld, dit is, wat meer in die veld vertoef as in die huis. Sien ook dieselfde manier van spreek in die Hebreeus in 1 Sam. 16:18, ’n man van die oorlog, dit is, ’n krygsman, en in Spr. 6:11, ’n man van die skild, dit is, wat skild en wapens in die oorlog gebruik, ens.
26 Naamlik onwetende, onverhoeds in die slaap van dronkenskap, en nie opsetlik nie.
27 Dit word herhaal, sien vers 18 en die kanttekening, tot groter straf van Gam en tot bemoediging van die Israeliete, toe God die volk deur Moses na die land van die Kanaäniete gelei het.
28 Dit is, van die slaap, waarin hy deur die drink van die wyn geval het.

29 Hetsy deur die ingewing van God, óf deurdat sy twee ander seuns hom dit vertel het, óf deur sy eie ondersoek.

30 Nie as ’n sondige mens, deur vleeslike toorn of verbystering nie, maar as ’n profeet, deur die ingewing van die Heilige Gees.

31 Dit is, haatlik voor God, veragtelik by die mense, ongelukkig op die aarde, wat homself en sy nageslag betref.

32 Verstaan nie net die seun nie, maar ook die vader Gam, en die nageslag van die seun.

33 Dit is, die mees veragte en slegste slaaf. Sien ook dieselfde manier van spreek in die Hebreeus in Pred. 1:2, ydelheid van ydelhede, en in Hos. 10:15, boosheid van boosheid, vir die allermeeste, ens. Vgl. Lev. 2:3 se kanttekening.

34 Sem word hier in die besonder genoem, nie net omdat hy die eerste lof ontvang het in die eer wat hy aan sy vader bewys het nie, vers 23, maar ook omdat die Messías en God se volk uit sy nageslag sou voortkom. Sien Gén. 10:21 se kanttekening.
35 Anders: Mag God Jafet lok of oorreed. Verstaan dit as ’n profesie van die roeping van die heidene (Jafet se nageslag), wat deur die lieflike verkondiging van die heilige evangelie sou geskied.

36 Die naam Jafet het die betekenis van ruimte.

37 Dit is, sy nageslag sal tot die gemeenskap van God se kerk gebring word.