Statevertaling – Bybelstigting

Jakobus 2

Aanneming van die persoon word veroordeel.

1

MY broeders, laat julle 1geloof in onse Here Jesus Christus, 2die Here van die heerlikheid, nie wees a3met aanneming van die persoon nie.

2

Want as daar in julle 4vergadering 5’n man inkom met goue ringe aan die vingers, met ’n 6pragtige kleed aan, en daar kom ook 7’n arm man in met vuil klere aan;

3

en as julle 8opsien na hom wat die pragtige kleed dra, en vir hom sê: Gaan u 9op hierdie goeie plek sit, en vir 10die arme sê julle: Gaan jy daar staan of hier onder my voetbank sit —

4

11het julle dan nie by julleself onderskeid gemaak en 12regters met verkeerde oorlegginge geword nie?

5

bLuister, my geliefde broeders — 13het God nie die 14armes van hierdie wêreld 15uitverkies 16as rykes in die geloof en erfgename 17van die koninkryk wat Hy cbeloof het aan die 18wat Hom liefhet nie?

6

Maar julle het die arm man 19oneer aangedoen. 20Is dit nie juis die rykes wat julle oorweldig en julle 21voor die regbanke sleep nie?

7

Is dit nie hulle wat 22die edele Naam belaster 23wat oor julle aangeroep is nie?

8

As julle ewenwel 24die koninklike wet 25volbring volgens die Skrif: dJy moet jou naaste liefhê soos jouself — dan doen julle goed.

9

Maar as julle 26partydig is, 27doen julle sonde en word deur 28die wet as oortreders bestraf.

10

eWant 29wie 30die hele wet onderhou, maar in een opsig 31struikel, 32het aan almal skuldig geword.

11

Want Hy wat gesê het: fJy mag nie egbreek nie, 33het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ’n oortreder van die wet geword.

12

Julle moet 34so spreek en so doen soos diegene wat deur 35die wet van vryheid geoordeel sal word.

13

gWant 36die oordeel sal onbarmhartig wees oor die 37wat geen barmhartigheid bewys het nie; en 38die barmhartigheid roem teen die oordeel.

Nutteloosheid van geloof sonder werke.

14

h39WAT baat dit, my broeders, as iemand 40sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? 41Dié geloof kan hom tog 42nie red nie?

15

iAs daar nou ’n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het,

16

en een uit julle 43sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie — 44wat baat dit?

17

Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, 45in sigself dood.

18

Maar 46iemand sal 47sê: 48Jy het die geloof en 49ek die werke. 50Toon my jou geloof 51uit jou werke, en ek sal jou 52uit my werke 53my geloof toon.

19

Jy glo 54dat God één is. 55Jy doen goed; kdie duiwels 56glo dit ook, en 57hulle sidder.

20

Maar 58wil jy weet, 59o nietige mens, dat die geloof 60sonder die werke dood is?

21

Is Abraham, 61ons vader, 62nie uit die werke geregverdig ltoe hy Isak, sy seun, op die altaar 63geoffer het nie?

22

64Sien jy dat die geloof 65saamgewerk het met sy werke en dat die geloof 66volkome geword het uit die werke?

23

En 67die Skrif is vervul wat sê: mEn Abraham het God geglo, en 68dit is hom tot geregtigheid gereken, en 69hy is ’n vriend van God genoem.

24

70Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word 71uit die werke en nie 72alleen uit die geloof nie?

25

En is nRagab, 73die hoer, nie ook net so geregverdig 74uit die werke toe sy 75die boodskappers 76ontvang en 77met ’n ander pad weggestuur het nie?

26

Want soos die liggaam 78sonder gees dood is, so is ook 79die geloof 80sonder die werke dood.

a Lev. 19:15. Deut. 16:19. Spr. 24:23. Matt. 22:16. 1 Dit is, die Christengeloof, waarvan Christus die Fondament is, 1 Kor. 3:11 en die kanttekening.

2 Hiermee word die waardigheid van die Christengeloof aangedui. Dit dui nie alleen daarop dat Christus vir ons gekruisig is nie, 1 Kor. 2:2, maar ook dat Hy van ewigheid af God is, en nou in heerlikheid aan die regterhand van God sit in die hoogste plek. Sien 1 Kor. 2:8. Hebr. 1:3. 1 Petr. 3:22. Ander voeg hierdie woorde van die heerlikheid by die woord geloof; omdat die geloof vernaamlik daarop wys dat Christus deur sy lyding in sy heerlikheid ingegaan het, en alle gelowiges ook daarin sal bring en dit deelagtig maak.

3 Dit is, van die uiterlike dinge van die mens, wat niks aan die saak toedoen nie, soos rykdom, mag, ens. Sien hieroor Hand. 10:34 en Rom. 2:11 se kanttekeninge.

4 Gr. sinagoge, verstaan hierdeur nie die Joodse skole of sinagoges, waar die Christene nie meer gekom het om hul godsdiens te beoefen nie, maar allerlei plekke waar die Christene bymekaargekom het om hul godsdiens te beoefen.

5 Dit is, ryk mense wat vanweë hul rykdom of voorkoms voorgetrek word, wat dikwels gevind word onder diegene wat in verse 6 en 7 beskryf word.

6 Gr. blinkende.

7 Naamlik hoewel hy vroom en gelowig is.

8 Dit is, almal saam julle oë met eerbied op hom vestig.

9 Gr. goed, of: ereplek.

10 Naamlik wat in die vergadering kom. Sien vers 2.

11 Of: is julle nie in julleself veroordeel nie? Dit is, in jul gewetens daarvan oortuig dat julle daardeur verkeerd doen nie?

12 Dit is, julle het geoordeel dat jul verkeerde oorlegginge in hierdie aanneming van die persoon goed en reg was. Of: regters wat verkeerde oorlegginge het, dit is, verkeerde regters.

b Joh. 7:48. 1 Kor. 1:26, ens.

c Ex. 20:6. 1 Sam. 2:30. Spr. 8:17. Matt. 5:3.

13 Dit is, het julle nie gelees, geleer of verstaan, dat God, ens.

14 Nie almal nie, maar meer armes as rykes, 1 Kor. 1:26.

15 Naamlik van ewigheid af, voor die grondlegging van die wêreld, Ef. 1:4, en in die tyd geroep.

16 Of: om ryk te word in die geloof, ens., soos die hieropvolgende woorde hierdie betekenis vereis. Sien dergelike spreekwyse in Rom. 8:29.

17 Naamlik van die hemele, en van alle hemelse goedere, hoewel hulle nie die goedere van hierdie wêreld het nie.

18 Naamlik hetsy armes of rykes; die apostel voeg dit by, sodat die rykes nie sou meen dat hulle van die uitverkiesing en hierdie koninkryk ten ene male uitgesluit sou wees nie.

19 Naamlik deurdat julle aan sodanige ryk man meer eer bewys as aan ’n gelowige arm man, wat julle verag.

20 Hy bewys dat sulke ryk mense hierdie eer nie waardig is nie, vanweë hul boosheid, omdat hulle die gelowiges met geweld onderdruk.

21 Naamlik om die gelowiges daar onder die skyn van reg valslik te beskuldig, en onbarmhartig te laat veroordeel. Sien Matt. 10:17.

22 Naamlik van die Here Jesus Christus, die Seun van God.

23 Naamlik toe julle in sy Naam gedoop is. Of: na wie julle vernoem is, naamlik Christene. ’n Hebreeuse spreekwyse. Sien dergelike in Gén. 48:16. Jes. 4:1.

d Lev. 19:18. Matt. 22:39. Mark. 12:31. Rom. 13:9. Gal. 5:14. Ef. 5:2. 1 Thess. 4:9. 24 Dit is, die vernaamste en algemene wet, waaronder alle ander wette ingesluit is, soos ’n algemene grootpad ook ’n koningsweg genoem word, Núm. 21:22. Of: wat God, die Here en Koning oor almal, ons voorgeskryf en gebied het.

25 Of: onderhou. Want as aanvaar word dat iemand die hele wet van die liefde tot sy naaste onderhou het; maar hy die persone behandel soos gesê is, dan is hy ’n oortreder van dié wet; omdat daar geen plek vir liefde tot die naaste kan wees, waar die naaste verag word nie; soos in die volgende vers verklaar word.

26 Naamlik soos tevore verklaar is in verse 1, 2, ens.

27 Gr. werk, dit is, doen ’n werk wat sonde is, deur te stry teen die liefde vir die naaste.

28 Naamlik soos in die vorige vers meegedeel.

e Deut. 27:26. Matt. 5:19. Gal. 3:10. 29 Nie dat iemand die hele wet volmaak kan onderhou nie, maar dit word gesê onder voorbehoud, as daar iemand sou wees, of indien iemand hom daarop sou beroem, soos die jongman, Matt. 19:20.

30 Naamlik behalwe hierdie een ding waarin hy ’n misstap begaan.

31 Dit is, sondig; ’n beeld geneem van diegene wat, terwyl hulle wandel of loop, hul voet stamp en val. Sien Jak. 3:2.

32 Dit is, het hom skuldig gemaak aan die straf wat die wet teen die oortreders uitspreek, Deut. 27:26: Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou, ens. Want wie dit aandurf om die Wetgewer in die een te verag, durf dit ook aan om Hom in die ander te verag; en wie een lid van die liggaam skade aandoen, van hom word gesê dat hy die hele liggaam skade aangedoen het.

f Ex. 20:14. Matt. 5:27. 33 Dit is een en dieselfde Wetgewer, wat sowel die een as die ander verbied het.
34 Naamlik sonder aanneming van die persoon.

35 Dit is, deur die evangelie, waardeur verkondig word dat ons deur Christus vrygemaak is van die vloek van die wet, sien Jak. 1:25, en gevolglik ’n swaarder oordeel te wagte sal wees, as ons hierdie genade tot onbarmhartigheid misbruik. Ander vertaal dit: soos diegene wat deur die wet van vryheid (dit is, volgens die leer van die evangelie), voortaan julle broeders sal oordeel, sonder aanneming van die persoon.

g Matt. 6:15; 18:35. Mark. 11:25. Luk. 16:25. 36 Dit is, wat nie met barmhartigheid, of genade van vergewing versag of getemper is nie.

37 Dit is, wat geen liefde aan sy naaste betoon het nie, waaronder ook diegene is wat vanweë aanneming van die persoon die arme verag. Sien Matthéüs 25.

38 Sommige verstaan dit as die barmhartigheid van God, wat teen die streng oordeel van die wet roem, wat deur Christus oorwin en weggeneem is van alle gelowiges. Maar dit wil voorkom of die voorgaande woorde vereis dat dit verstaan word as die barmhartigheid van die mens, wat hy aan sy naaste bewys het. Die barmhartigheid roem, dit is, laat die mens wat dit gedoen het, in Christus roem en hom verbly teen die oordeel van die verdoemenis, dat dit nie oor hom sal kom nie; aangesien dit seker is dat dit nie sal kom oor die ware gelowiges nie, Joh. 5:24. Rom. 8:1. 1 Kor. 15:55, en hy deur die werke van barmhartigheid en liefde verseker is van die waarheid en opregtheid van sy geloof, Matt. 25:35, 36. Gal. 5:6.

h Matt. 7:26. Jak. 1:23. 39 Naamlik tot troos en saligheid van die mens.

40 Dit is, uiterlik bely en roem, nieteenstaande dat hy in werklikheid geen ware geloof het nie.

41 Dit is, so ’n geloof, wat sonder die werke is.

42 Of: Kan dié geloof hom red? Dit is, regverdig maak voor God?

i Luk. 3:11. 1 Joh. 3:17.
43 Dit is, die liefde slegs met woorde aan hulle sou betoon.

44 Hy wil sê: Niks, nie vir die arme nie, ook nie vir diegene wat slegs met woorde liefhet nie.

45 Of: op sigself, dit is, het geen nut tot regverdigmaking nie; en geen krag om salig te maak nie, nie meer as wat ’n dooie liggaam sonder siel krag het om enige werke van die lewe te doen nie. Sien vers 26.
46 Naamlik wat die ware en lewende geloof het, wat werksaam is deur goeie werke.

47 Naamlik vir ’n huigelaar, wat roem oor sy geloof, en geen goeie werke voortbring nie.

48 Naamlik ’n geloof wat sonder goeie werke is. Of: Jy sê dat jy die geloof het. Laat dit so wees.

49 Dit is, ’n geloof met die werke, of wat werksaam is deur die goeie werke.

50 Dit is, kom nou, as jy ’n ware geloof het, soos jy roem en jou dit verbeel, wys dit dan deur die werke, soos ’n boom deur sy goeie vrugte toon dat hy ’n goeie boom is, Matt. 7:17, 18.

51 Ander lees: sonder jou werke, wat ook ’n goeie verklaring is. Maar die meeste Griekse boeke het uit jou werke.

52 Naamlik uit die vrugte van ’n ware geloof as ’n seker bewys daarvan.

53 Naamlik dat dit ’n opregte en ware geloof is.

k Mark. 1:24. 54 Dit is, jy glo nie, soos die heidene, dat daar baie gode is nie, maar dat daar slegs een God is, wat Hom in sy Woord geopenbaar het, Deut. 6:4. 1 Kor. 8:6.

55 Naamlik in soverre dat jy glo dat hierdie artikel waar is, soos dit ook is; maar sodanige kennis van en instemming met die artikels van die geloof is nie genoeg vir ’n opregte en ware geloof nie. Die bewys volg.

56 Dit is, weet en stem ook in dat daar slegs een God is; hulle het daarom nogtans geen ware geloof nie.

57 Of: beef, naamlik vir die verskriklike oordeel van God, waarvoor hulle in bewaring gehou word, 2 Petr. 2:4. Hulle vertrou nie op die genade van God en wil Hom nie as hul Vader dien nie.

58 Dit is, wil jy nog duideliker onderrig word in hierdie leerstuk, ek sal dit nog duideliker bewys met die voorbeelde van Abraham en Ragab.

59 Dit is, jy geveinsde, wat tevergeefs oor die geloof roem, sonder om dit met die werke te toon.

60 Dit is, as dit sonder goeie werke is, soos in vers 17.

l Gén. 22:10. 61 Dit is, wat die vader van alle ware gelowiges is, Rom. 4:1, 11, 16, wie se geestelike kinders daarom deur geen ander geloof geregverdig word, as waardeur Abraham geregverdig is nie.

62 Dit wil voorkom of dit in stryd is met dit wat Paulus in Romeine 4 en Galásiërs 3 sê, waar hy leer en bewys dat Abraham nie uit die werke geregverdig is nie, maar deur die geloof. Dit het selfs ook sommige kerkvaders laat twyfel of hierdie brief van Jakobus ook as Heilige Skrif erken behoort te word. Maar as ’n mens die saak goed insien, is daar hoegenaamd geen teenstrydigheid nie. Want die oogmerk van Paulus is om (teen die vals apostels) te leer dat die mens nie voor God geregverdig word deur sy eie geregtigheid nie (wat bestaan uit die werke van die wet wat ons gedoen het), maar slegs deur die geloof, dit is, deur die geregtigheid van Christus, wat met ’n ware geloof aangeneem word, Rom. 3:28. Gal. 2:16. Filip. 3:9. Tit. 3:4, 5. Hebr. 10:38. Hy bewys dit met die voorbeeld van Abraham in Romeine 4. Maar die oogmerk van Jakobus is om (teen die mondchristene) te leer dat die geloof, waardeur ons voor God geregverdig word, nie net kennis met instemming is, of ’n uiterlike belydenis van die artikels van die geloof nie, maar ook ’n vaste vertroue van die hart op die genade van God in Christus, wat in die ware gelowiges goeie werke verwek en voortbring, waardeur hulle verseker word en aan ander betoon dat hulle die ware saligmakende geloof het, en voor God geregverdig is. Vir dié doel verwys hy hier ook na die voorbeeld van Abraham, en hy bewys dat sy geloof, waardeur hy voor God geregverdig is, sodanige geloof was, en dat dit vernaamlik uit daardie groot werk van die geloof blyk, toe hy sy seun Isak wou opoffer. Beide hierdie leringe, sowel van Paulus as van Jakobus, is waar en Skrifmatig, en geensins met mekaar in stryd nie. Daarom, as Jakobus hier sê dat Abraham uit die werke geregverdig is, dit is, soos hy self verklaar, uit die werk toe hy Isak opgeoffer het, dan verstaan hy onder hierdie woorde uit die werke dat Abraham met sy werke betoon dat hy ’n ware en lewende geloof gehad het, en dat hy deur die goeie werke, as vrugte daarvan, voor God en die mense betoon het dat hy waarlik voor God geregverdig was. Jakobus gebruik die woord geregverdig nie in die betekenis soos Paulus dit doen, as hy spreek oor die regverdigmaking van die mense voor God nie, maar as ’n bewys van die regverdigmaking voor God en die mense; soos hy ook deur die woord geloof, as hy in vers 24 ontken dat ons slegs daardeur geregverdig word, ’n blote instemming met en belydenis van die Christengeloof bedoel, wat nie gepaardgaan met vertroue en goeie werke nie, soos die ware saligmakende geloof wel doen. Want dat Abraham, om presies te wees, nie uit daardie werk voor God geregverdig is nie, blyk helder en duidelik uit Gén. 15:6, waar gesê word dat Abraham al enkele jare tevore, voordat hy sy seun opgeoffer het, toe hy die belofte van hierdie seun geglo het, deur God deur die geloof geregverdig is, soos Jakobus ook hier betuig, in vers 23.

63 Dit is, wou offer, of besig was om hom te offer. Hierdie werk was ’n duidelike bewys van ’n opregte en baie sterk geloof, Rom. 4:18-20.

64 Of: Jy sien dan.

65 Naamlik om deur die goeie werke kragtig te bewys en te betuig dat hy voor God geregverdig was.

66 Dit is, verklaar en betoon om ’n geloof te wees, wat al sy dele gehad het, en volmaak of opreg was. Soos hierdie woorde volkome word ook gebruik word vir: volmaak bewys word, 2 Kor. 12:9.

m Gén. 15:6. Rom. 4:3. Gal. 3:6. 67 Dit is, deur daardie werk het hy betoon dat dit waar is wat die Skrif van hom sê, dat hy deur die geloof geregverdig is, omdat uit hierdie werk blyk dat hy die ware regverdigmakende geloof besit het, en deur die geloof voor God geregverdig is. Hier blyk ook dat Jakobus die regverdigmaking voor God inderwaarheid nie aan die werke toeskryf nie, maar aan die geloof wat deur die werke bewys word.

68 Sien die verklaring hiervan in Rom. 4:3 en die kanttekening.

69 Hierdie woorde word nie in Génesis 15 gevind nie, maar die saak kan afgelei word uit dit wat gesê word in Gén. 22:12, 16, 18, en hy word so genoem in 2 Kron. 20:7. Jes. 41:8.

70 Of: Julle sien dan nou, soos in vers 22.

71 Dit is, om geregverdig te wees soos dit deur die goeie werke betuig en bewys word.

72 Dit is, nie deur so ’n geloof wat sonder goeie werke is nie, of wat geen goeie werke daarmee saam voortbring nie.

n Jos. 2:1; 6:23. Hebr. 11:31. 73 Sien oor hierdie woord Hebr. 11:31 en die kanttekening.

74 Sien vers 21 se verklaring. Hieruit blyk ook dat, omdat sy inderwaarheid nie deur hierdie een goeie werk voor God geregverdig kon word nie, hierdie woorde daarom oneintlik verstaan moet word, naamlik dat sy met hierdie werk betoon het dat haar geloof ’n ware en regverdigmakende geloof was. Sien Hebr. 11:31.

75 Of: gestuurdes, naamlik wat gestuur is om die land Kanaän te verken.

76 Naamlik in vrede, Hebr. 11:31, sonder om hulle aan te gee, maar aan hulle alle hulp bewys het.

77 Naamlik om aan die gevaar te ontkom. Sien Josua 2.

78 Dit is, sonder die lewendmakende siel, waardeur die liggaam beweeg en werke van die lewe voortbring; soos in Ps. 104:29. Jes. 2:22. Dit is, sonder asem of beweging.

79 Dit is, die kennis van en instemming met die artikels van die geloof; of die uiterlike belydenis daarvan.

80 Dit is, as dit nie saamgaan met die goeie werke nie. Sien verse 17, 20.