Statevertaling – Bybelstigting

Levítikus 18

Wette met betrekking tot huweliksake en kuisheid.

1

VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2

Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is 1die HERE julle God.

3

Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle 2insettinge nie wandel nie.

4

My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God.

5

Hou dan my insettinge en my verordeninge awat 3die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die HERE.

6

4Niemand van julle mag naby sy 5naaste bloedverwant kom om die 6skaamte te ontbloot nie. Ek is die HERE.

7

Jy mag die skaamte van jou vader 7en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: 8sy is jou moeder — jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.

8

bJy mag die skaamte 9van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van 10jou vader.

9

Die skaamte van jou suster, die dogter van jou 11vader of die dogter van jou 12moeder, 13in die huis of 14buitekant gebore — haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.

10

Die skaamte van jou 15seun se dogter of van jou dogter se dogter — hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want 16hulle is jou eie skaamte.

11

cDie skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is — sy is jou suster, haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.

12

dJy mag die skaamte van 17jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant.

13

Jy mag die skaamte van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is jou moeder se bloedverwant.

14

eJy mag die skaamte van 18jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie 19naby sy vrou kom nie; sy is 20jou tante.

15

Jy fmag die skaamte van jou skoondogter nie ontbloot nie; 21sy is jou seun se vrou: jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.

16

gJy mag die skaamte 22van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou broer.

17

hJy mag die skaamte van ’n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; 23haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit.

18

24Jy mag ook geen vrou by haar 25suster as 26mededingster byneem om haar skaamte gelyk met die ander een, terwyl dié nog lewe, 27te ontbloot nie.

19

Ook imag jy nie naby ’n vrou kom 28terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie.

20

k29En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie.

21

lEn van jou kinders mag jy nie gee om vir 30Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God 31nie ontheilig nie. Ek is die HERE.

22

mMet ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê 32soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel.

23

nEn jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. ’n Vrou mag ook nie voor ’n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is 33’n gruwelike vermenging.

24

Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf.

25

So het die land dan onrein geword; en Ek 34besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners 35uitspuug.

26

oMaar júlle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef.

27

Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die land het onrein geword.

28

Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was.

29

Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen — die siele wat dit doen, moet 36uitgeroei word onder hulle volk uit.

30

Daarom moet julle my 37ordening onderhou om niks te doen van die 38gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.

1 Naamlik, vir wie julle as jul enigste God en Heiland moet gehoorsaam, en wat die gehoorsames beloon en die ongehoorsames kan en wil straf.
2 So word die afgryslike gewoontes genoem, wat deur toelating en algemene gebruik onder die genoemde volke só die oorhand gekry het dat dit as gestelde wette beskou was. Vgl. vers 30 en Lev. 20:23.
a Eség. 20:11, 13. Rom. 10:5. Gal. 3:12. 3 Hierdie spreuk leer drie dinge: (1) Die volmaaktheid van die leer van die wet. (2) Die geregtigheid van die werke. (3) Die loon wat sulke geregtigheid deur God toegesê is; maar omdat die verdorwe mens dit nie in hom het nie, so is die loon uit enkel genade, weens die versoening van Christus, wat deur die geloof aangeneem word, Jes. 53:11. Rom. 3:20-23, ens. Vgl. Deut. 6:25 se kanttekening.
4 Hebr. Man man sal nie, ens., dit is, geen man nie. Want al hierdie gebooie spreek eintlik tot die manspersone, maar só dat deur noodsaaklike gevolgtrekking die vroulike geslag daarby ingesluit is.

5 Die Hebreeuse woord word wel gebruik vir die man en die vrou, maar word hier eintlik vir die vrou gebruik, en dit is van toepassing op die grade of trappe van familieverwantskap en swaerskap wat hier beskryf word, asook die wat in ooreenstemming met sulke grade van verwantskap ingesluit kan word.

6 Hebr. naaktheid, en so in dit wat volg. Dit is ’n eerbare manier van spreek, wat dieselfde beteken as wat die Skrif andersins iemand beken noem. Sien Gén. 4:1 se kanttekening. ’n Soortgelyke manier van spreek is die kombers oplig, Deut. 22:30; 27:20.

7 Die woordjie en dien hier tot verklaring, asof ’n mens sê naamlik, want vader se skaamte en moeder se skaamte word hier as een verstaan. Sien ook verse 8, 16.

8 Dit is, jy is uit haar gebore; en verstaan bygevolg dieselfde van die vader, wat die skaamte van sy dogter nie mag ontbloot nie, omdat hy haar vader is, en sy uit hom voortgekom het.

b Lev. 20:11. 1 Kor. 5:1. 9 Dit is, van jou stiefmoeder; so ook van jou stiefvader. Want onder een voorbeeld moet die gelyke grade verstaan word.

10 Vir wie dit alleen geoorloof is om dit te ontbloot.

11 Dit is, van jou halfsuster aan vaderskant.

12 Dit is, van jou halfsuster aan moederskant.

13 Dit is, in ’n wettige huwelik.

14 Dit is, onwettig. Ander verstaan dit so dat God in die algemeen verbied om met ’n suster te trou, hetsy dat sy die dogter van jou vader is, in die huis gebore, dit is, jou volle suster, hetsy dat sy die dogter van jou moeder is, buitekant gebore, dit is, jou halfsuster aan moederskant. Soos in vers 11 verbied word om te trou met ’n halfsuster aan vaderskant.

15 En so afwaarts in die reguit linie, van alle kinders van jou kinders.

16 Dit is, hulle het deur middel van jou kinders uit jou voortgekom.

c Lev. 20:17.
d Lev. 20:19. 17 Naamlik, wat jou tante is aan vaderskant; soos in die volgende vers van die tante aan moederskant gespreek word.
e Lev. 20:20. Eség. 22:11. 18 Dit is, van die vrou van die broer van jou vader, soos die volgende woorde meebring; wie se skaamte die skaamte van die oom genoem word, omdat sy met hom een vlees is.

19 Naamlik, om met haar vleeslike gemeenskap te hê. Sien Gén. 20:4 se kanttekening.

20 Naamlik aangetroude tante, met wie ’n neef van die oorledene ook nie mog trou nie. Daarom was ’n huwelik tussen die oom en sy broer se dogter nog meer ongeoorloof.

f Lev. 20:12. 21 Net so was die huwelik tussen die skoonseun en die skoonmoeder ook ongeoorloof, Lev. 20:14.
g Lev. 20:21. 22 Van hierdie wet was in die tyd uitgesluit wanneer die broer gesterf het sonder om manlike erfgename na te laat; want dan moes die naaste broer of bloedverwant met die weduwee trou, om vir sy oorlede broer ’n nageslag te verwek, Deut. 25:5. Matt. 22:24. Sommige gereformeerde verklaarders meen dat uit hierdie wet noodsaaklik volg dat ’n vrou wat met die een broer getroud was, nie ná sy dood met die ander broer mag trou nie; en net so dat ’n man wat met die een suster getroud was, ná haar dood nie met die ander suster mag trou nie.
h Lev. 20:14. 23 Verstaan die stiefdogter, die stiefseun en die kinders wat uit hulle voortgekom het, van wie die stiefvader en die stiefgrootvader hulle moes onthou soos van hul eie kinders en kleinkinders.
24 Hierdie wet word deur sommige aldus verstaan dat ’n man nie tegelyk twee vroue in die huwelik mog hê nie. Want hoewel enkele voorvaders dit gedoen het, en God dit in daardie tyd geduld het, was dit nogtans nie van die begin af so nie, soos Christus leer in Matt. 19:8, uit Gén. 2:24, en is dit in die Nuwe Testament afgeskaf. Baie verstaan egter hier deur die woord suster die vrou se eie suster.

25 Volgens die eerste mening in die vorige kanttekening sou die woord suster hier nie een wat uit dieselfde natuurlike ouers gebore is beteken nie, maar enige ander vrou, soos die woord suster in Ex. 26:3. Eség. 3:13, ens. met ander vertaal word. Sien ook Eség. 1:9 en die kanttekening.

26 Dit is, wat haar skande, verdriet en kwelling aandoen; wat gewoonlik gebeur waar meer as een vrou is. Sien 1 Samuel 1. Veelmeer waar twee susters saam is, soos te sien is in die vroue van Jakob, Génesis 30.

27 As ’n mens dit verstaan as die ware suster, kan hierdie woorde dien tot vergroting van die benoudheid wat sy van haar eie suster in haar lewe sou ervaar. Gevolglik kan hieruit geensins afgelei word dat die man ná haar dood met haar suster sou mog trou nie. Sien hieroor vers 16 se kanttekening.

i Lev. 20:18. 28 Dit is, wanneer sy as gevolg van haar bloedvloeiing afgesonder moet word. Sien Lev. 12:2; 15:24, 25 en die kanttekeninge.
k Lev. 20:10. 29 Hebr. En tot die vrou van jou naaste sal jy nie gee jou vleeslike gemeenskap nie. So ook meermale in dit wat volg.
l Lev. 20:2. Deut. 18:10. 2 Kon. 17:17; 23:10. 30 So word die afgod van die Ammoniete genoem, wat anders ook Milkom genoem word, 1 Kon. 11:5, 7, tot wie se godsdienstige eer die ouers hul kinders lewend laat verbrand het, of (soos sommige skryf) ten minste tussen twee groot vure laat deurgaan het, om (soos die ouers gemeen het) gesuiwer te word, wat God hier uitdruklik verbied. Sien ook Lev. 20:2. Deut. 18:10. 2 Kon. 17:17; 23:10.

31 Dit is, nie onteer nie, deur te doen wat Hy verbied het, en na te laat wat Hy gebied het. Vgl. Lev. 22:2. So word van God se insettinge en sabbat gesê dat dit ontheilig word, Neh. 13:17. Ps. 89:32.

m Lev. 20:13. 32 Dit is, soos ’n man met ’n vrou het. So ook in Lev. 20:13.
n Lev. 20:15, 16. 33 Of: ’n gruwelike versteuring en verwarring van die orde van God wat in die natuur ingestel is, en ’n skandelike ontering van eerbaarheid.
34 Dit is, straf vanweë sy ongeregtigheid; so ook in Jes. 26:21. Jer. 36:31. Sien Gén. 21:1 se kanttekening.

35 Die Hebreeuse woord beteken eintlik deur walging opgooi wat die maag nie kan verdra nie; wat vergelyk word met ’n land wat deur slegte inwoners belas is. So ook in vers 28 en Lev. 20:22.

o Lev. 20:22.
36 Hieruit (asook uit ander tekste) blyk duidelik dat die Hebreeuse woord wat hier gebruik word, ook dikwels ’n smadelike lyf- en doodstraf insluit.
37 Hebr. onderhouding, dit is, wat Ek beveel het om te onderhou. So ook in Gén. 26:5. Elders word hierdie woord vertaal met diens waarneem, soos in Núm. 3:7, ens. Sien die kanttekening daar.

38 Hebr. insettinge van gruwels. Sien vers 3 se kanttekening.