Statevertaling – Bybelstigting

Levítikus 20

Straf vir verskillende misdade.

1

VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2

Jy moet ook aan die kinders van Israel sê: a1Elkeen uit die kinders van Israel of uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat van sy kinders aan 2Molog gee, moet 3sekerlik gedood word. Die volk van die land moet hom stenig.

3

En Ek sal 4my aangesig teen dié man rig en 5sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy kinders aan 6Molog gegee om 7my heiligdom te verontreinig en 8my heilige Naam te ontheilig.

4

En as die volk van die land hulle oë 9maar enigsins toemaak vir dié man as hy van sy kinders aan Molog gee, sodat hulle hom nie doodmaak nie,

5

dan sal Ek my aangesig rig teen dié man en sy 10geslag, en Ek sal hom en almal wat agter hom aan 11hoereer om agter Molog aan te hoereer, uitroei onder hulle volk uit.

6

En as ’n persoon hom begewe tot die 12bgeeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit.

7

cToon dan dat julle 13heilig is en wees heilig, want Ek is die HERE julle God.

8

En onderhou my insettinge en doen dit. Ek is die HERE wat julle 14heilig.

9

dWant 15elkeen wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word. Hy het sy vader of sy moeder gevloek. Sy 16bloedskuld 17is op hom.

10

eEn as iemand owerspel doen met ’n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word.

11

fEn as ’n man met sy vader se vrou gemeenskap het, het hy die skaamte van sy vader ontbloot. Hulle altwee moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.

12

gEn as ’n man met sy skoondogter gemeenskap het, moet hulle altwee sekerlik gedood word. Hulle het ’n 18gruwelike vermenging bewerk. Hulle bloedskuld is op hulle.

13

hEn as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het 19soos ’n mens met’n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. 20Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.

14

iEn as ’n man ’n vrou en haar moeder neem, is dit ’n skandelike daad; hulle moet hom en 21dié twee met vuur verbrand: daar mag geen bloedskande onder julle wees nie.

15

kEn as ’n man vleeslike gemeenskap het met ’n dier, moet hy sekerlik gedood word, en die dier moet julle doodslaan.

16

En as ’n vrou naby enige dier kom om daarmee te doen te hê, moet jy die vrou en 22die dier doodslaan. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.

17

lEn as ’n man sy suster neem, sy vader se dogter of sy moeder se dogter, en hy haar skaamte sien en sy sy skaamte sien, is dit ’n 23skande. Daarom moet hulle voor die oë van die kinders van hulle volk uitgeroei word. Hy het die skaamte van sy suster ontbloot; hy moet 24sy ongeregtigheid dra.

18

mEn as ’n man 25met ’n vrou gemeenskap het wat onwel is, en haar skaamte ontbloot — hy het haar fontein ontbloot en sý die fontein van haar bloed — dan moet hulle altwee uitgeroei word onder hulle volk uit.

19

nOok mag jy die skaamte van jou moeder se suster en van jou vader se suster nie ontbloot nie, want hy het sy bloedverwante ontbloot; hulle moet hul ongeregtigheid dra.

20

oEn as ’n man met sy 26tante gemeenskap het, het hy die skaamte van sy oom ontbloot. Hulle moet hul sonde dra; 27sonder kinders sal hulle sterwe.

21

pEn as ’n man sy broer se vrou neem, is dit 28bloedskande. Hy het die skaamte van sy broer ontbloot; 29sonder kinders sal hulle wees.

22

qOnderhou dan al my insettinge en al my verordeninge en doen dit, dat die land waarheen Ek julle bring om daarin te woon, julle 30nie uitspuug nie.

23

rEn julle mag nie wandel in die insettinge van die nasie wat Ek voor julle uit verdrywe nie; want al hierdie dinge het hulle gedoen; daarom het Ek ’n afsku van hulle gekry.

24

En Ek het vir julle gesê: Júlle sal hulle land in besit neem, en Ék sal dit aan julle as besitting gee, s’n land 31wat oorloop van melk en heuning. Ek is die HERE julle God wat julle van die volke 32afgesonder het.

25

tDaarom moet julle ’n onderskeid maak tussen die rein en onrein diere, en tussen die onrein en rein voëls; en maak 33julleself nie ’n gruwel deur diere of deur voëls of deur enigiets wat op die aarde roer nie — wat Ek vir julle afgesonder het deur dit onrein te verklaar.

26

En julle moet vir My heilig wees, want Ek, die HERE, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.

27

vEn as daar in ’n man of vrou ’n 34gees van ’n afgestorwene is of ’n gees wat waarsê, moet hulle sekerlik gedood word. Hulle moet gestenig word. Hulle bloedskuld is op hulle.

a Lev. 18:21. 1 Hebr. Man man. So ook in vers 9.

2 Sien Lev. 18:21 se kanttekening.

3 Hebr. dodende gedood word, dit is, sonder enige verskoning. So ook in verse 9-12, 15, ens.

4 Sien Lev. 17:10 se kanttekening. So ook hierna, vers 5, ens.

5 Naamlik deur ’n besondere straf, wat Ek ook in hierdie lewe oor hom sal laat kom, indien hy nie deur die owerheid gestraf word nie. So ook in dit wat volg.

6 Sien vers 2.

7 Naamlik, as hy daar sou inkom, terwyl hy met sulke gruwelike sondes besmet is. Vgl. Lev. 15:31.

8 Hebr. die Naam van my heiligheid. Sien Lev. 18:21 se kanttekening.

9 Hebr. toemakende toemaak. Dit is, met opset so ’n misdaad ongemerk laat verbygaan, sonder om dit te straf.
10 Of: huisgesin; dit is, kinders en nageslag, wat in die voetspore van sy afgodery volg; soos uit die volgende woorde verstaan kan word. Vgl. Ex. 20:5.

11 Dit is, afgodery bedryf deur van die HERE af te wyk (wat die ware Man van sy volk is, Hos. 2:18, 19. 2 Kor. 11:2) om die afgode aan te hang. Daar word gesê dat God jaloers is wanneer dit gebeur, Ex. 20:5. Deut. 5:9. Sien Lev. 17:7 se kanttekening.

b Lev. 19:31. 12 Sien hieroor Lev. 19:31 se kanttekening.
c Lev. 11:44; 19:2. 1 Petr. 1:16. 13 Sien Lev. 11:44 se kanttekening.
14 Naamlik deur julle af te sonder van die wêreld, en julle uit genade deur die verdienste van die Messías te regverdig, en julle tot ’n heilige lewe deur my Gees te vernuwe. So kan hierdie woord ook verstaan word in Eség. 37:28.
d Ex. 21:17. Spr. 20:20. Matt. 15:4. 15 Hebr. man man.

16 Hebr. sy bloede (in die meervoud); dit is, hy is die oorsaak en dra die skuld dat sy bloed vergiet moet word. Sien soortgelyke manier van spreek in Jos. 2:19. 2 Sam. 1:16. So ook hierna in vers 11. Net so in Matt. 27:25. Hand. 18:6.

17 Anders: sal op hom wees.

e Lev. 18:20. Deut. 22:22. Joh. 8:5.
f Lev. 18:8.
g Lev. 18:15. 18 Sien Lev. 18:23, asook die kanttekening.
h Lev. 18:22. 19 Sien Lev. 18:22 en die kanttekening.

20 Naamlik hulle albei, tensy deur die een geweld gebruik is, teen die wil van die ander. Sien Deut. 22:25.

i Lev. 18:17. 21 Naamlik, indien hulle albei kennis van die gruwelike daad gehad het. Ten minste moes die skuldiges sterwe.
k Lev. 18:23.
22 Naamlik, om die gedagtenis van sulke gruwelike sonde weg te neem, en om alle mense af te skrik, sodat hulle dit nie navolg nie.
l Lev. 18:9. 23 Die Hebreeuse woord beteken gewoonlik ’n goeie daad of weldadigheid, maar hier en in Spr. 14:34 heeltemal die teendeel, dit is, ’n verkeerde, skandelike, afskuwelike daad, waarmee ’n mens God ten hoogste vertoorn, sy naaste ontstig en homself in die skande bring. So word ook die woord seën as die teendeel daarvan geneem, dit is, vloek. Sien Job 1:5 en die kanttekening.

24 So ook in verse 19, 20. Sien Lev. 5:1 se kanttekening.

m Lev. 18:19. 25 Naamlik terwyl hy goed weet dat sy onwel is. Vgl. Lev. 15:24 se kanttekening.
n Lev. 18:12, 13.
o Lev. 18:14. 26 Dit is, die vrou van sy oom, wat deur die huwelik sy tante geword het.

27 Dit is (soos sommige verklaar), hulle sal gedood word, of: God sal hul gemeenskap vervloek, sodat daar geen kinders van sal kom of oorbly nie, indien hulle nie deur die owerheid gestraf word nie.

p Lev. 18:16. 28 Hebr. afsondering, dit is, ’n saak wat uit die midde van die mense weggeruim en geweer behoort te word vanweë die onreinheid daarvan. Die Hebreeuse woord word ook gebruik vir die onreinheid van ’n vrou wat haar maandstonde het, waarom sy van die gemeenskap van mense afgesonder moes wees, Lev. 15:19, 20, ens. Van hierdie wet moes die wet waarna in Deut. 25:5 verwys word, uitgesluit word.

29 Sien die voorgaande vers se kanttekening.

q Lev. 18:26. 30 Sien Lev. 18:25 se kanttekening.
r Lev. 18:3, 30.
s Ex. 3:8. 31 Sien oor hierdie manier van spreek Ex. 3:8.

32 Naamlik, sodat julle my volk en eiendom sou wees, om My hier te ken en te dien, en hierna in ewigheid saam met My te lewe. Sien vers 26. Ex. 19:5. Deut. 7:6.

t Lev. 11:2. Deut. 14:4. 33 Sien Lev. 11:43 se kanttekening.
v Deut. 18:10. 1 Sam. 28:7. 34 Sien Lev. 19:31 se kanttekening, asook in hierdie hfst., vers 6, waar verbied word om waarsêers raad te vra. Maar hier word die straf vasgestel teen die waarsêers en dergelike dodebesweerders.