Statevertaling – Bybelstigting

Levítikus 26

Belofte en bedreiging.

1

JULLE amag vir julle geen 1afgode maak nie; en ’n gesnede beeld of ’n 2klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en ’n 3steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.

2

My sabbatte moet julle hou en bmy heiligdom 4ontsien. Ek is die HERE.

3

cAs julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,

4

sal Ek 5julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.

5

En die 6dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe-oes, en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood d7volop eet en veilig in julle land woon.

6

Ook sal Ek vrede gee in die land, esodat julle sal 8lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard 9sal deur julle land trek nie.

7

En julle sal jul vyande agtervolg, en hulle sal voor julle 10val deur die swaard.

8

11fVyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tienduisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.

9

En Ek sal 12My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en my verbond sal Ek met julle bevestig.

10

Julle sal 13ou koring van vorige jare eet 14en die oue laat plek maak 15vir die nuwe.

11

gEn Ek sal my 16tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen 17afsku hê nie.

12

En Ek sal in jul midde 18wandel 19en vir julle ’n God wees, en júlle sal vir My 20’n volk wees.

13

Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle 21jukskeie verbreek en het julle 22regop laat loop.

14

hMaar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie;

15

en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ’n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond 23verbreek —

16

dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking 24oor julle beskik: die tering en die koors wat 25die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet.

17

En Ek sal my 26aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en ijulle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.

18

En 27as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle 28sewevoudig weens julle sondes te tugtig.

19

En Ek sal 29julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak 30soos yster en julle aarde 31soos koper.

20

32En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie.

21

En as julle jul 33teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes.

22

En Ek sal die wilde diere van die veld onder julle in stuur, en dié sal julle 34kinderloos maak en julle vee uitroei en julle verminder, sodat julle 35paaie verlate sal wees.

23

En as julle hierdeur jul nie deur My laat tugtig nie, maar julle 36teen My versit,

24

sal Ek 37My ook kteen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes.

25

En Ek sal ’n swaard oor julle bring wat die 38wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal Ek pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.

26

As Ek vir julle die 39staf van die brood verbreek, sal tien vroue julle brood 40in een oond bak en julle brood 41by die gewig teruggee; en julle sal eet, maar nie versadig word nie.

27

As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My versit,

28

sal Ek My 42in grimmigheid teen julle versit, en Ék sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.

29

lEn julle sal die vlees van julle seuns eet, en die vlees van julle dogters sal julle eet.

30

En Ek sal julle 43hoogtes verwoes en mjulle 44sonpilare verdelg en julle lyke op die 45lyke van julle 46drekgode gooi; en my siel sal ’n afsku van julle hê.

31

En Ek sal julle stede puinhope maak en julle 47heiligdomme verwoes en julle 48lieflike geur nie ruik nie.

32

Ja, Ek self sal die land verwoes, sodat julle vyande wat 49daarin gaan woon, daaroor verstom sal staan.

33

En Ek sal julle onder die volke verstrooi en ’n swaard agter julle uittrek; en julle land sal ’n wildernis en julle stede puinhope word.

34

Dan sal die land vir sy nsabbatte 50vergoeding kry, al die dae van sy verwoesting, terwyl julle in die land van julle vyande is; dan sal die land rus en vir sy sabbatte vergoeding gee.

35

Al die dae van sy verwoesting sal dit rus — die rus wat dit nie gehad het in julle sabbatte toe julle daarin gewoon het nie.

36

En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het — 51Ek sal in hulle hart ’n vreesagtigheid bring in die lande van hulle vyande, sodat die geruis van ’n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug, 52soos ’n mens vir ’n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.

37

En hulle sal struikel 53die een oor die ander soos vir die swaard, alhoewel niemand agtervolg nie; en julle sal voor julle vyande 54nie kan standhou nie.

38

Maar julle sal omkom onder die nasies, en die land van julle vyande sal julle verteer.

39

En die wat onder julle oorgebly het, sal oor hulle ongeregtigheid wegteer in die lande van julle vyande, ja, ook 55oor die ongeregtighede van hulle vaders saam met hulle wegteer.

40

Dan sal hulle hul ongeregtigheid bely en die ongeregtigheid van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen My gehandel het; en ook dat hulle hul teen My versit het,

41

56sodat Ék My ook teen hulle versit het en hulle in die land van hulle vyande moes bring; of, as hulle 57onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan 58boet vir hul 59ongeregtigheid,

42

sal Ek dink aan my verbond met Jakob; en ook aan my verbond met Isak en ook aan my verbond met Abraham sal Ek dink, en aan die land sal Ek dink.

43

Maar die land moet eers 60van hulle verlate wees en moet vir sy sabbatte vergoeding kry, terwyl dit woes lê 61sonder hulle; en húlle sal vir hul 62ongeregtigheid boet, omdat, ja, omdat hulle my verordeninge verwerp en hulle siel van my insettinge ’n afsku gehad het.

44

Maar 63ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, overwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek ’n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die HERE hulle God.

45

Maar Ek sal 64tot hulle beswil dink aan die verbond van 65die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle ’n God te wees. Ek is die HERE.

46

Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat die HERE tussen Hom en die kinders van Israel by die berg Sinai deur die diens van Moses gegee het.

a Ex. 20:4. Deut. 5:8; 16:22. Ps. 97:7. 1 Sien Lev. 19:4 se kanttekening.

2 Die Hebreeuse woord beteken alles wat soos ’n pilaar opgerig of op ’n pilaar geplaas was ter ere van die afgode, Ex. 23:24. Deut. 16:22.

3 Hebr. steen van die beeld of afbeelding.

b Lev. 19:30. 4 Sien Lev. 19:30 se kanttekening.
c Deut. 28:1, ens.
5 Wat julle nodig het, naamlik die vroeë en laat reëns.
d Lev. 25:19. 6 Die betekenis is dat die oes so oorvloedig sou wees dat hulle al die graan nie sou kon dors vóór die druiwe-oes nie, en dat die druiwe-oes ook so oorvloedig sou wees dat hulle die wyn nie in die kelders sou kon berg vóór die saaityd nie; sodat hulle deur die werk oorval sou word.

7 So ook in Lev. 25:19.

e Job 11:18, 19. 8 Of: slaap of neerlê. So ook in Gén. 19:4.

9 Dit is, sal deur geen oorlog gekwel word nie. So is die woord swaard vir oorlog gebruik in Núm. 14:3. 2 Sam. 12:10. Jes. 1:20. Eség. 30:4. Vgl. Gén. 27:40 se kanttekening.

10 Dit is, vergaan deur die oorlog. So ook in die volgende vers en in Núm. 14:3. 2 Sam. 3:29. Ps. 78:64. Jer. 20:4.
f Jos. 23:10. 11 ’n Bepaalde getal word hier gestel vir ’n onbepaalde hoeveelheid, soos in verse 18, 26. Gén. 4:15, 24, ens. Núm. 14:22. 1 Sam. 18:7. Job 5:19. Die betekenis hier is dat min Israeliete baie van hul vyande sou verslaan.
12 Of: die gesig op jou hê, naamlik, om jou goed te doen.
13 Verstaan dit as die oes wat lank bewaar kan word, wat smaaklik en voedsaam bly.

14 Dit is, so ’n oorvloed sal Ek gee, dat die ou oes in die skure nog nie opgeruim óf verbruik sal wees nie, wanneer die nuwe daarin gebring en gestoor sal moet word.

15 Hebr. van die aangesig van die, ens.

g Eség. 37:26. 2 Kor. 6:16. 16 Dit is, Ek wil maak dat my genade en woord en godsdiens julle steeds sal bybly, sodat Ek jul God sal bly en julle my volk. Vgl. die volgende vers.

17 Die Hebreeuse woord beteken om iets met groot verfoeiing te verwerp en ’n afkeer daarvan te hê. So ook in verse 15, 30, 43, 44.

18 Naamlik, om julle in die geestelike te onderrig, te heilig en te begelei na die ewige saligheid; en in die liggaamlike met oorvloed van gesondheid, vrugbaarheid, rykdom en vrede te seën.

19 Sien Gén. 17:7 se kanttekening. Eség. 11:20.

20 Dit is, wat Ek uit genade deur die beloofde Messías sal verlig, regverdig en heilig tot ewige saligheid, 1 Kor. 1:30.

21 Hiermee word die diensbaarheid wat die Israeliete in Egipte soos ’n juk moes dra vergelyk. Sien hierdie en soortgelyke manier van spreek in Jer. 27:2, 8; 28:2, 13, 14. Net so ook in Nah. 1:13.

22 Hebr. met oprigting; dit is, met die hoof omhoog, wat voortkom uit ’n geruste, versekerde en manlike gemoed.

h Deut. 28:15. Klaagl. 2:17. Mal. 2:2.
23 Dit is, om dit kragteloos te maak, en dat Ek my beloftes nie volbring nie, vanweë jul ongeloof en ongehoorsaamheid. So ook in Jes. 24:5.
24 Naamlik soos owerstes, wat, terwyl hulle oor julle soos streng regters heers, julle sal straf en kwel, om my regverdige oordele teen julle uit te voer. Vgl. hierdie manier van spreek met ’n ander soortgelyke een in 2 Kon. 8:1, sien die kanttekening daar.

25 Sien 1 Sam. 2:33.

i Spr. 28:1. 26 Sien Lev. 17:10 se kanttekening.
27 Dit is, as Ek so ver met my strawwe voortgegaan het en julle daardeur nog nie tot gehoorsaamheid aan My beweeg is nie.

28 Sien vers 8 se kanttekening.

29 Dit is, die krag waaroor jy trots is.

30 Dit is, droog, sonder om reën te gee.

31 Dit is, hard en onvrugbaar.

32 Dit is, julle sal arbei met liggaam en siel, en met al jul middele om julle te help, maar dit sal alles nietige en vergeefse arbeid wees.
33 Hebr. in teenheid wandel, soos ook in verse 23, 24, 27, 28, 40, 41. Dit is, julle met opset en moedswil teen My verhef, of My soos teëstanders behandel, My weerstaan (mensliker wys gesproke); terwyl julle my gebooie verag, omdat julle deurgaans moedswillig daarteen sal sondig. Anders: as julle ligsinnig, roekeloos, sonder sorg of agterdog wandel, omdat julle jul sal wysmaak dat julle wedervaringe, goed of sleg, nie van My kom nie, maar by geval, en My daarom behoorlike eerbied en gehoorsaamheid sal weier.
34 Sien Eség. 5:17.

35 Naamlik, wat in jul lande is, wat niemand sal durf gebruik nie, uit vrees vir die wilde diere.

36 Sien vers 21 se kanttekening.
k 2 Sam. 22:27. Ps. 18:27. 37 Dit is, julle met my regverdige strawwe en oordele teëkom. Anders: in of by geval met julle handel, naamlik, soos een wat geen sorg meer vir julle sal dra om aan julle goed te doen nie. Maar Ek sal so met julle handel dat alle plae julle skynbaar as ’n ongeluk sal oorval. Vgl. Ps. 18:27.
38 Dit is, die straf wat julle sal verdien, omdat julle deur jul afval en ongehoorsaamheid my verbond kragteloos gemaak het. Sien vers 15.
39 Dit is, die krag van allerlei voedsel om te voed, en vernaamlik van die brood, waarop die lewe van die mens deur die seën van die HERE steun, soos ’n swak liggaam op ’n staf steun. Sien hierdie manier van spreek ook in Eség. 4:16.

40 Die betekenis is dat daar so ’n skaarsheid van brood sal wees dat een oond vir baie vroue genoeg sal wees om vir baie huisgesinne te bak, waar ’n huisgesin andersins dikwels volgens sy grootte self ’n oond sou benodig.

41 Dit is, die brood sal sy gewig hê, maar nie sy voedende krag volgens die gewig nie.

42 Of: in hittige gramskap teengaan of ontmoet.
l Deut. 28:53. 2 Kon. 6:28. Klaagl. 4:10.
m 2 Kron. 34:7. 43 Verstaan hoë plekke soos berge en heuwels, waarop hulle aan die afgode offers gebring het; of die hoë timmerwerk van die altare. Sien hieroor ook Núm. 33:52. Eség. 6:3.

44 Die Hebreeuse woord beteken beelde wat hul naam gekry het van hittigheid en warmte, of (soos sommige meen) omdat hulle in die son ten toon gestel is. Ander verstaan die huise en altare wat ter ere van die son opgerig was; of waarop die vuur as ’n god geëer was. Sien oor hierdie beelde ook 2 Kron. 14:5. Eség. 6:4, ens.

45 So noem Hy die afgebreekte stukke van die afgode en hul rompe; net soos dit veragtelik weggegooi sou word, so sou die liggame van die afgodsdienaars ook verag en nie waardig geag word om begrawe te word nie.

46 Of: drek, dit is, wat deur God nie anders as mensedrek geag word nie; en wat elkeen daarom regmatig as stinkende drek behoort te verfoei. En die beelde van die afgode word dikwels so genoem, om ons van afgodery, soos van ’n afskuwelike vuilheid, te laat walg. Sien Deut. 29:17. 1 Kon. 15:12. 2 Kon. 17:12; 21:11. Jer. 50:2. Eség. 6:6; 14:3; 20:7, ens.

47 Verstaan die tempel, wat ook so in die meervoud genoem word in Eség. 21:2. Die rede is, omdat die tempel verskillende dele gehad het, naamlik die Allerheiligste, die Heilige en die voorhowe.

48 Naamlik, wat van jul offer kom; dit is, jul offers sal nie vir My aangenaam wees nie. Vgl. Gén. 8:21. Jes. 1:11-13, ens.

49 Naamlik, as julle daaruit verdryf sal wees. Sien die volgende vers.
n Lev. 25:2. 50 Dit is, die land sal sy rus kry, wat julle geweier het om te gee, teen my wet, Lev. 25:4. Sien die volgende vers.
51 Dit is, Ek sal al hul moed en dapperheid wegneem, en hulle ’n vrees aanjaag, sodat hulle sonder nood verskrik sal word.

52 Hebr. die vlug van ’n swaard.

53 Hebr. die man oor sy broer.

54 Hebr. vir julle sal nie wees nie of julle sal nie die bestendigheid of opstanding of krag hê om julle op te rig nie.

55 Naamlik, wat hulle nagevolg het. Sien God se dreigement in Ex. 20:5.
56 Anders: ja, Ek sal My teen hulle versit en hulle in die land van hulle vyande bring. Dan sal hulle onbesnede hart hom immers verneder, en Ek sal aan die straf van hul ongeregtigheid ’n welgevalle hê.

57 Dit is, onboetvaardig, moedswillig, terwyl hulle nie die sonde van hulle af wegwerp nie, maar by hulle hou en voed. So ook in Jer. 9:26. Eseg. 44:7. Hand. 7:51.

58 Of: ’n welgevalle het aan die straf van hul ongeregtigheid. Dit is, sodat hulle opreg die straf wat hulle vanweë hul sondes verdien het, beken en hulle gevolglik van harte bekeer.

59 Sien Lev. 5:1 se kanttekening.

60 Of: ter wille van.

61 Of: ter wille van.

62 Soos in vers 41.

o Deut. 4:31. Rom. 11:1, 26, ens. 63 Dit is, bo en behalwe dat Ek aan hulle sal dink as hulle hul tot My sal bekeer, so sal Ek ook aan hulle dink as hulle deur hul vyande in gevangenskap gehou sal word en nog in onboetvaardigheid volhard.
64 Of: vir hulle. Vgl. Ps. 79:8.

65 Hebr. die voriges, dit is, wat Ek met die oues, naamlik hul voorvaders, wat Ek uit Egipteland gelei het, gesluit het.