Statevertaling – Bybelstigting
Droefheid van Paulus oor die ongeloof van Israel.
EKa spreek die waarheid 1in Christus, ek lieg nie — my gewete 2getuig saam met my 3in die Heilige Gees —
dat dit vir my ’n 4groot droefheid is en ’n onophoudelike smart vir my hart.
bWant 5ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote 6na die vlees, ’n 7vervloeking te wees, wég 8van Christus af.
c9Hulle is 10Israeliete aan wie 11die aanneming tot kinders behoort en 12die heerlikheid den 13die verbonde en 14die wetgewing en 15die erediens en 16die beloftes;
17aan wie die vaders behoort en 18uit wie die Christus is 19na die vlees — eHy wat 20oor alles is God, 21lofwaardig tot in ewigheid! Amen.
Volstrekte vrymag van die genade van God.
22MAAR ek sê 23dit nie fasof 24die woord van God 25verval het nie; gwant 26hulle is nie almal Israel 27wat uit Israel is nie.
hOok nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal 28kinders nie; imaar: in Isak sal jou 29nageslag genoem word.
Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die 30kinders van die vlees is nie, kmaar die 31kinders van die belofte 32word gereken as die nageslag.
Want dit is die woord van die belofte: l33Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ’n seun hê.
34En nie alleen dit nie, mmaar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader.
Want toe die kinders 35nog nie gebore was en 36nog geen goed of kwaad gedoen het nie — dat 37die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar 38uit Hom wat roep —
is vir haar gesê: n39Die oudste sal die jongste 40dien.
Soos geskrywe is: o41Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.
Wat sal ons dan sê? p42Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!
Want aan Moses sê Hy: qEk sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My 43ontferm 44oor wie Ek My wil ontferm.
So hang dit dan nie af van 45die een wat wil of van die een wat loop nie, maar 46van God wat barmhartig is.
Want die Skrif sê 47aan Farao: rJuis hiervoor het Ek jou laat 48optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.
So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy 49verhard wie Hy 50wil.
Jy sal dan vir my sê: 51Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?
Maar tog, 52o mens, wie is jy wat 53teen God antwoord? s54Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?
55Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om 56uit dieselfde klomp tdie een voorwerp 57tot eer en die ander 58tot oneer te maak nie?
59En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid 60die voorwerpe van toorn wat 61vir die verderf toeberei is, verdra het,
juis 62om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor 63die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy 64voorberei het tot heerlikheid,
65ons naamlik wat Hy 66geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?
Soos Hy ook in Hoséa sê: vEk sal 67die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;
en in die plek waar aan hulle gesê is: xJulle is nie my volk nie! — daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
68En Jesaja roep oor Israel uit: yAl is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net 69die oorblyfsel sal 70gered word;
want Hy volbring 71’n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here ’n saak wat verkort is, op die aarde sal doen.
En soos Jesaja tevore gesê het: zAs die Here van die leërskare vir ons 72nie ’n nageslag 73oorgelaat het nie, asoos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het.
74Wat sal ons dan sê? Dat 75die heidene, wat die geregtigheid 76nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid 77wat uit die geloof is;
terwyl Israel, bwat 78die wet van die geregtigheid nagejaag het, 79die wet van die geregtigheid nie bereik het nie.
Waarom? Omdat dit nie 80uit die geloof was nie, maar net asof dit 81uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp 82teen die steen van aanstoot.
83Soos geskrywe is: cKyk, Ek lê in Sion ’n steen van aanstoot en ’n rots van struikeling; den elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
| a Rom. 1:9. 2 Kor. 1:23; 11:31. Gal. 1:20. Filip. 1:8. 1 Thess. 2:5; 5:27. | 1 Dit is, by Christus, soos die woordjie in gebruik word in Matt. 5:34-36. Dit is ’n manier van eedswering wat die Skrif meermale in gewigtige sake gebruik. Of: soos dit diegene betaam wat in Christus is, dit is, wat ’n lid van Christus is. Sien Gén. 22:16. 2 Kor. 12:2.
2 Naamlik dat ek so in my hart voel, soos ek spreek of skryf, 2 Kor. 1:12. 3 Dit voeg die apostel hierby om te bewys dat dit wat hy hier sal sê, nie voortkom uit ’n haastige onbedagsaamheid of vleeslike beweging nie, maar uit ’n ernstige gemoed wat deur die Heilige Gees in beweging gebring word. |
| 4 Naamlik dat ek sien dat die Joodse volk soveel openlike tekens wys deur hul veragting, verwerping en vervolging van die evangelie, dat hulle deur God en Christus verwerp is, soos blyk uit die volgende vers. |
| b Ex. 32:32. Rom. 10:1. | 5 Naamlik indien dit moontlik sou wees, of God se wil sou wees, soos Christus in soortgelyke onmoontlike bede hierdie voorwaarde daarby voeg, Matt. 26:39.
6 Dit is, na die uiterlike en natuurlike afkoms, Gén. 29:14. 7 Gr. anathema, dit is, om ’n verbanning of vervloeking te wees. Sien Gal. 1:8 en Hand. 23:12 se kanttekeninge. Nie dat die apostel wens om verstok of verhard te wees teen Christus, soos hulle was nie; want dit kan nie deur ’n godsalige gewens word nie; maar hy wens deur ’n oorvloeiende liefde, wat hom nogtans altyd aan die wil van God onderwerp, om die straf wat hulle, vanweë hul verhardheid, in God se regverdige oordeel te wagte is, namens hulle te mag dra, sodat hulle van hul hardheid en verbanning bevry mag word; soos Moses ook gedoen het vir die Israeliete, Ex. 32:32. Sien ook 1 Joh. 3:16. 8 Dit is, van Christus se aangesig. |
| c Deut. 7:6. Rom. 2:17; 3:2.
d Ef. 2:12. |
9 In hierdie twee verse beskryf hy die voordele wat die Jode bo die ander volke in die Ou Testament gehad het, om te toon dat hy nie sonder gewigtige rede so iets wens nie; en dat dit wat hy hierna van die Jode en hul verwerping verklaar, nie voortspruit uit enige kwaadwilligheid teen hulle, of geringskatting van hulle nie, maar slegs uit ’n heilige ywer tot verdediging van God se eer, waarheid en trou in die vervulling van sy beloftes.
10 Dit is die eerste eretitel van die Jode, dat hulle afkomstig is uit Jakob, wat deur God self Israel, dit is, ’n oorwinnaar van God, genoem is, nadat hy met Hom vir die seën geworstel het, Gén. 32:28. 11 Ons moet hier nie verstaan die aanneming tot kinders, waarvan die apostel spreek in Rom. 8:15, 29. Ef. 1:5 nie, want dit kan niemand ons ontneem nie, Rom. 8:38, 39, maar die aanneming van hierdie volk bo ander volke tot ’n volk van God, Ex. 4:22. Deut. 4:7; 7:6. Jer. 31:20. 12 Waardeur verstaan word óf al die heerlikheid waarmee God hulle verhoog het bo ander volke deur baie wonderbare verlossings; óf die verbondsark, wat die heerlikheid van God genoem word, 1 Sam. 4:21, 22, omdat die gérubs van die heerlikheid die ark bedek het, en dit ’n afskaduwing en teken was van God se heerlikheid en majesteit, Ps. 26:8. Hebr. 9:5. 13 Dit is, die tafels van die verbond, of van die wet, Deut. 9:11. Hebr. 9:4. 14 Naamlik wat deur God self uit die hemel aan hulle gegee is, Deut. 4:8, 32, of die wetgewing, waardeur verstaan word die burgerlike wet, soos in die voorgaande kanttekening die sedelike wet verstaan word. 15 Naamlik die seremonies wat God deur die priesters, eers in die tabernakel en later in die tempel, laat verrig het. 16 Naamlik van die Messías en sy weldade wat eers aan Abraham beloof is, en deur Moses en ander profete menigmaal hernu is, Hand. 2:39. Ef. 2:12. |
| e Jer. 23:6. Joh. 1:1. Hand. 20:28. Rom. 1:4. Hebr. 1:8-10. | 17 Dit is, wat afkomstig is van die patriarge en ander voorvaders, wat God se vriende en profete was.
18 Naamlik Jode, soos die woordjie en aandui. Want Christus het uit die stam van Juda voortgespruit, Hebr. 7:14. Openb. 5:5. 19 Dit is, na sy menslike natuur, Rom. 1:3. 20 Naamlik, na sy goddelike natuur, is Hy bo alle dinge. 21 Deur hierdie titel word die waaragtige en ewige God onderskei van alle ander aan wie hierdie naam moontlik gegee mag word, Rom. 1:25. Sodat daarmee verklaar word dat die Here Christus die waaragtige en ewige God is saam met die Vader en die Heilige Gees. |
| f Núm. 23:19. Rom. 3:3. 2 Tim. 2:13.
g Joh. 8:39. Rom. 2:28. |
22 Of: Maar dit is nie moontlik dat die woord van God verval het nie. Hier begin die apostel om ’n groot beswaar te beantwoord, wat teen sy voorgaande leer ingebring sou kon word, naamlik hoe dit kon gebeur dat die regverdigheid en heiligheid alleen deur die geloof in Jesus Christus verkry word, terwyl die Jode met wie God sy verbond gemaak het en aan wie die belofte van die regverdigheid deur die Messías vernaamlik gemaak is, Christus en die geloof in Hom verwerp het. Dit kon dan die indruk geskep het, dat God se beloftes kragteloos geword het. Waarop die apostel antwoord dat die beloftes nie aan die vleeslike nakomelinge van Abraham gemaak is nie, maar aan diegene wat God sowel uit sy nageslag, as uit die heidene, kragtig, ooreenkomstig sy ewige verkiesing daartoe sou roep, terwyl Hy ander deur ’n regverdige en ondeurgrondelike oordeel in hul verdorwenheid laat verhard.
23 Naamlik van die verwerping van die Jode, vers 3. 24 Dit is, die beloftes van God wat aan Abraham en sy nakomelinge gemaak is, en wat deur die profete deurlopend herhaal is. 25 Dit is, vernietig of kragteloos gemaak, soos ’n kleipot wat in stukke breek, as iemand dit laat val. 26 Dit is, ware Israeliete, waarop God se beloftes eintlik gedui het. 27 Dit is, nakomelinge van Jakob. |
| h Gal. 4:23.
i Gén. 21:12. Gal. 3:29. Hebr. 11:18. |
28 Dit is, ware kinders en erfgename van die belofte.
29 Dit is, die ware nageslag, wat ’n erfgenaam sal wees van die beloftes; en nie in Ismael wat van die beloofde erfenis uitgesluit is nie, hoewel hy ook uit die vleeslike nageslag van Abraham was. |
| k Gal. 4:28. | 30 Dit is, wat alleen na die vlees uit Abraham gebore is.
31 Dit is, soos Isak uit die krag van God se belofte teen die loop van die natuur gebore is, net so sal die kinders van die belofte ook deur die krag van God se verkiesing en belofte tot die geloof gebring word. 32 Naamlik aan wie God sy geestelike seën en erfdeel belowe. |
| l Gén. 18:10. | 33 Naamlik van die volgende jaar. |
| m Gén. 25:21. | 34 Omdat dit wil voorkom of daar enige ongelykheid in die voorgaande voorbeeld is waarom God Isak bo Ismael uitverkies het, wat die seun van ’n diensmaagd was, en wat enige tekens van verkeerdheid getoon het toe hy opgegroei het, noem Paulus as tweede voorbeeld Esau en Jakob, waarin geen ongelykheid tussen die persone bespeur kon word in hul geboorte of hul werke nie, maar waar alleen God se genadige en onverdiende verkiesing die onderskeid was. |
| 35 Dit is, nog in hul moeder se liggaam was, Gén. 25:22, 23.
36 Naamlik waardeur hulle van mekaar onderskei kon word; want hulle was toe reeds in sonde ontvang, terwyl hulle in hul moeder se liggaam gelewe het, toe die goddelike antwoord aangaande hulle gegee is. Sodat God nie hul geloof in aanmerking geneem het nie, omdat van die ware gelowiges nie gesê kan word dat hulle gelyk is aan die ongelowiges nie, omrede hulle deur God se Gees geheilig is, daarom is hulle beter as die ongelowiges, Rom. 5:19. 37 Dit is, die genadige besluit van God om sommige uit die menslike geslag in Christus te verkies, Ef. 1:4. Of: sodat die voorneme wat volgens God se verkiesing is, kon bly staan. 38 Dit is, uit die onverdiende genade en goedgunstigheid van God, wat diegene wat Hy uitverkies het, ook kragtig roep en tot die geloof en die godsaligheid lei, Rom. 8:30. 2 Tim. 1:9. Sien ook Gal. 5:8. 1 Thess. 2:12. Dit is dus nie uit die geloof nie, want die geloof is nie in die roepende God nie, maar in die geroepe mens. |
| n Gén. 25:23. | 39 Omdat Esau die eersgeborene sou wees en Jakob die laasgeborene, Gén. 25:25, 26.
40 Hier moet nie ’n uiterlike diens of heerskappy verstaan word nie; want Esau het Jakob nie in die opsig gedien nie, maar ’n ewige en geestelike heerskappy, wat God se kinders hiernamaals sal hê, waarvan die erfenis en heerskappy in die land Kanaän ’n voorbeeld was, Hebr. 11:13-16, en waarvan Esau uitgesluit was. |
| o Mal. 1:2. | 41 Omdat die woord dien skynbaar nie duidelik genoeg was om die verkiesing van Jakob en die verwerping van Esau in God se voorneme aan te dui nie, voeg die apostel hierdie teks, Mal. 1:2, nog daarby om voorgaande te verklaar en bewys hiermee dat hierdie diens of onderwerping van Esau aan Jakob gepaardgaan met God se ewige en onverdiende liefde teenoor Jakob en regverdige haat teenoor Esau; soos uit die vervolg duidelik sal word. |
| p Deut. 32:4. 2 Kron. 19:7. Job 34:10. | 42 Naamlik dat Hy die mense, wat gelyk is aan ander, so ongelyk behandel, dat Hy die een liefhet en verkies en die ander haat en verwerp. Dit is vir die natuurlike denkvermoë vreemd; maar die apostel antwoord dat hierin geen onreg is nie, omdat God die wat Hy verkies, uit genade verkies, en die wat Hy verwerp, regverdiglik verwerp; soos hy uit God se Woord bewys, die verkiesing met die voorbeeld van Moses, en die verwerping met die voorbeeld van Farao. |
| q Ex. 33:19. | 43 Dit is, daadwerklik en voortdurend bly ontferm; of: meer en meer ontferm.
44 Dit is, diegene oor wie Ek voorgeneem het om My te ontferm; of: diegene oor wie Ek My begin ontferm het. Deur die verdubbeling van hierdie woorde word die eerste oorsprong en die volharding daarin verstaan. As dit ontferming is, is dit geen onreg nie, want ontferming wys op die ellende van die mens, en is ’n weldaad wat onverdiend is, en slegs uit goedwilligheid voortkom, en van geen onregverdigheid beskuldig kan word nie, omdat dit niemand veronreg nie. |
| 45 Dit is, die mens wat deur sy goeie wil en goeie lewenswandel, God daartoe sou oorhaal, Rom. 11:35. Filip. 2:13, omdat niemand dit uit homself besit nie.
46 Naamlik wat dit alles besluit en na die welbehae van sy wil uitvoer, sien vers 18. Ef. 1:11. |
| r Ex. 9:16. | 47 Met die voorbeeld van Farao bewys hy die tweede deel van die antwoord op die voorgaande teëwerping, naamlik dat daar ook geen onreg is ten opsigte van hulle wat in hul sonde oorgelaat en verwerp word nie, omdat God dit regverdiglik doen, en dit laat gebeur tot eer van sy Naam.
48 Deur laat optree (Gr. verwek of opgewek) kan verstaan word óf die verwekking van Farao as koning, óf sy bewaring te midde van al die plae wat God oor hom en sy volk laat kom het. Daarmee word tegelyk sy verharding teen die volk van Israel en God se bevel verstaan, soos uit die gevolgtrekking van Paulus in die volgende vers blyk. Nie dat Hy hom verwek het om te sondig nie, want dit is nie moontlik nie, Jak. 1:13, maar omdat Hy hom regverdiglik in sy sondes verlaat het, en aan sy eie bose en hoogmoedige begeertes oorgegee het, waardeur hy so lank teen God en sy gebod gestry het, totdat God die verdiende straf oor hom uitgevoer het en so sy eer en mag aan hom voor die hele wêreld getoon het. Sien Spr. 16:4. Háb. 1:12. |
| 49 Dit is, neem die hardheid van hul harte, wat hulle in hulself het, nie weg nie, maar gee hulle daaraan oor. Sien meer hieroor in Rom. 1:24 se kanttekening.
50 Die woord wil word hier nie gebruik as ’n wil wat geen rede het vir wat dit doen nie. Want die wil van God is ’n maatstaf van alle regverdigheid, Deut. 32:4, en word nooit geskei van sy wysheid en regverdigheid nie, al is dit so dat die redes daarvan nie aan ons geopenbaar is nie, of dat dit ons verstand te bowe gaan, Rom. 11:33, 34, waarmee ons altyd tevrede moet wees. Dit is dan die besluit van Paulus uit die voorgenoemde voorbeelde van Moses en Farao. |
| 51 Of: Waarom beskuldig en vertoorn Hy Hom nog? Naamlik oor hulle wat Hy verhard, aangesien hulle volgens sy wil, wat onweerstaanbaar is, verhard word. Dit is ’n nuwe teëwerping van die vlees teen die voorgaande woorde van Paulus, waarop die antwoord volg. |
| s Jes. 45:9. Jer. 18:6. | 52 In die woord mens lê die eerste rede van die antwoord, aangesien ’n nietige mens nie veronderstel is om met God te redetwis nie, omdat hy te gering en onbekwaam is om oor God se handelswyse ’n oordeel te vel.
53 Of: God teëspreek? 54 Dit is die tweede rede van Paulus se antwoord, waarmee hy aantoon dat dit onbetaamlik is dat ’n mens van God rekenskap van sy dade eis, aangesien God sy Skepper is en hy God se maaksel of skepsel. Sien Jes. 45:9. |
| t 2 Tim. 2:20. | 55 Dit is die derde rede van Paulus se antwoord. Dit is geneem van die reg en mag wat God oor alle mense het, wat nie minder is as die mag van die pottebakker oor sy klei nie.
56 Waardeur die oorsprong van die hele verdorwe menslike geslag uit een bloed, afgebeeld word. Hand. 17:26. 57 Dit is, tot eerbare gebruik, 2 Tim. 2:20. 58 Dit is, tot minderwaardiger of veragteliker gebruik. |
| 59 Dit is die vierde rede van Paulus se antwoord, geneem van die loflike doel, waarom God dit doen, naamlik om toorn, dit is, regverdige straf, te bewys teen die voorwerpe van toorn, nadat Hy hulle met groot lankmoedigheid in hulle verdorwenheid en weerspannigheid verdra het.
60 Dit is, oor hulle waaroor God voorgeneem het om sy regverdige toorn te bewys. 61 Naamlik gedeeltelik deur hulself, omdat hulle ’n vermaak het in hulle verdorwenheid en weerspannigheid; en gedeeltelik deur God se regverdige oordeel, wat hulle daarin verlaat het om die verdiende straf oor hulle te bring, soos met Farao gebeur het. |
| 62 Dit is die ander doel wat God voorgehad het in die verkiesing van sy volk, naamlik om sy oorvloedige genade en heerlikheid te bewys, wat Hy hulle deelagtig wil maak, Rom. 8:29.
63 Dit is, hulle oor wie Hy Hom wou ontferm, om hulle deur Christus van die verderf te verlos. 64 Dit is, van ewigheid voorbeskik en uitverkies het tot die ewige lewe, Ef. 1:4-6. |
| 65 Tot hiertoe het die apostel gespreek oor God se voorneme in die verkiesing van sommige en die verwerping van ander. Nou gaan hy verder en handel oor die roeping van hulle wat verkies is, gedeeltelik uit die Jode, maar die meeste uit die heidene; hierdie roeping is die middel en die kenmerk, waardeur die uitverkorenes van God van ander onderskei word.
66 Naamlik nie net uitwendig deur die Woord nie, maar ook inwendig deur sy Gees, soos die woordjie uit meebring; want andersins is volgens die uitwendige roeping sowel Jode as heidene geroep, Matt. 22:14. Rom. 8:28, 30. 1 Kor. 1:26. |
| v Hos. 2:22. | 67 Naamlik die heidene, wat Hy in die Ou Testament verbygegaan het, en wat Hy nou deur Christus ook tot sy volk sou aanneem saam met die uitverkorenes uit die Jode, Ef. 2:13. 1 Petr. 2:10. So bewys die apostel dat hy niks anders verkondig nie, as dit wat deur die profete vooruit aangekondig was wat sou plaasvind; naamlik dat Hy uit heidene en Jode die ware Israel van God sou vergader, Rom. 11:26. 1 Petr. 2:10. |
| x Hos. 1:10. 1 Petr. 2:10. |
| y Jes. 10:22. | 68 In hierdie drie verse bewys hy dat dit vooruit aangekondig is, dat God in sy kragtige roeping die grootste gedeelte van die Jode sou verbygaan, en slegs die oorblyfsel daarvan, saam met die uitverkorenes uit die heidene, sou red.
69 Dit is, ’n klein gedeelte, wat Hy laat oorbly uit die groot menigte wat verlore gaan, soos in Rom. 11:5. 70 Die Hebreeuse woord in Jes. 10:22 beteken eintlik: sal in of na Hom terugkeer, naamlik na God, soos in vers 21 genoem word. Die betekenis is dieselfde, hoewel sommige meen dat in Jesaja bedoel word die terugkeer van enkeles uit die gevangenis van Babel, wat ’n voorbeeld was van die uitverkorenes se uitgang uit die Babel van die sonde en die wêreld. |
| 71 Gr. ’n woord of rede. Sommige meen dit is ’n dreigement teen die goddelose Jode, wat God sou afsny en verwerp, terwyl Hy nogtans onder hulle die wat aan Hom behoort, altyd sal behou. Ander neem dit as die besluit of die standvastigheid van God se besluit in die behoud van sy volk, nieteenstaande die weerspannigheid van die grootste menigte van die ander; wat met die volgende vers goed ooreenkom. |
| z Jes. 1:9.
a Gén. 19:24. Jes. 13:19. Jer. 50:40. Eség. 16:46. |
72 Dit is, ’n klein oorblyfsel, soos ’n bietjie saad is, wat oorgebly het teenoor die hele oes. Hierdie oorblyfsel het God daarna gebruik as ‘n saad, om daaruit sy kerk uit Jode en heidene weer te laat groei.
73 Dit is, wat Hy vir Homself kragtig bewaar het, te midde van al die goddeloses en huigelaars. Sien Rom. 11:4, 5. |
| 74 Hiermee besluit die apostel hierdie verhandeling van die verkiesing en roeping van sommige en die verwerping van ander, met ’n gevolgtrekking wat hy hieruit maak oor die vervulling daarvan, sowel onder Jode as heidene, soos dit die gewoonte van die apostel is om met sulke gevolgtrekkings af te sluit, soos te sien is in Rom. 8:31.
75 Dit is, die uitverkorenes onder die heidene. 76 Dit is, wat hulle saam met ander oorgegee het aan alle ongeregtigheid en goddeloosheid, voordat hulle deur die krag van hierdie roeping tot Christus bekeer is, Rom. 1:18. Ef. 2:1-3, ens. 77 Dit is, die geregtigheid van Christus deur die ware geloof aangeneem, 2 Kor. 5:21. Filip. 3:9. |
| b Rom. 10:2; 11:7. | 78 Naamlik in die uitwendige onderhouding van die wet en die seremonies.
79 Dit is, hulle het die geregtigheid wat voor God bestaan, nie verkry of tot die ware besit daarvan gekom nie. |
| 80 Naamlik in Christus, soos in die volgende vers genoem word.
81 Naamlik waarin hulle ver te kort geskiet het, soos die apostel tevore geleer het, Rom. 3:20. 82 Dit is, hulle het aanstoot geneem aan die eenvoudige uiterlike afkoms en die kruis van Christus. Sien 1 Kor. 1:23. |
| c Ps. 118:22. Jes. 8:14; 28:16. Matt. 21:42. 1 Petr. 2:6.
d Ps. 2:12. Spr. 16:20. Jes. 28:16. Jer. 17:7. |
83 Naamlik deur die profeet Jesaja, Jes. 8:14; 28:16, welke twee gedeeltes die apostel saamvoeg. Christus word hier ’n steen van aanstoot genoem ten opsigte van die ongehoorsames en weerspanniges, soos Petrus verklaar in 1 Petr. 2:7, 8. |