Statevertaling – Bybelstigting
Opskrif, seëngroet en danksegginge.
PAULUS,1 ’n geroepe apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en 2die broeder 3Sósthenes,
aan die gemeente van God wat in 4Korinthe is, a5aan die geheiligdes in Christus Jesus, b6die geroepe heiliges, csaam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus 7in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:
d8Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
Ek dank 9my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle 10in Christus Jesus gegee is,
edat julle 11in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, 12in elke woord en alle kennis;
soos 13die getuienis aangaande Christus 14bevestig is onder julle,
sodat julle 15in geen enkele genadegawe agterstaan nie, 16terwyl julle fwag op die openbaring van onse Here Jesus Christus,
gwat julle ook sal 17bevestig tot die einde toe, om 18in die dag van onse Here Jesus Christus 19onberispelik te wees.
hGod is 20getrou, deur wie julle geroep is tot i21die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.
Die onenighede in die gemeente van Korinthe.
MAAR 22ek vermaan julle, broeders, 23in die Naam van onse Here Jesus Christus, kom almal 24eenstemmig te wees, en dat daar geen 25skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle 26verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde 27mening.
Want dit is aan my deur die huisgenote van 28Chloë bekend gemaak aangaande julle, my broeders, dat daar twiste onder julle is.
Ek bedoel dit, dat elkeen van julle sê: lEk is 29van Paulus, en ek m30van Apollos, en ek 31van Céfas, en ek 32van Christus.
33Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle 34in die naam van Paulus gedoop?
Ek dank God dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe nCrispus en oGajus,
sodat niemand kan sê dat ek in my naam gedoop het nie.
Ek het ook nog die huisgesin van pStéfanas gedoop. Verder weet ek nie of ek iemand anders gedoop het nie.
Die wysheid van God en die wysheid van die wêreld.
WANT Christus het my 35nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, q36nie met wysheid van 37woorde nie, sodat 38die kruis van Christus nie 39verydel mag word nie.
Want 40die woord van die kruis is wel 41dwaasheid vir die wat verlore gaan, rmaar vir ons wat gered word, is dit 42die krag van God;
want daar is geskrywe: sEk sal die wysheid 43van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak.
tWaar bly 44die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie 45die wysheid van hierdie wêreld 46dwaas gemaak nie?
vWant aangesien 47in die wysheid van God die wêreld 48deur die wysheid God 49nie geken het nie, het dit God behaag om deur 50die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red;
want xdie Jode vra 51’n teken en die Grieke soek 52wysheid,
maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, y’n 53struikelblok vir die Jode en 54dwaasheid vir die Grieke;
maar vir die 55wat geroep is, Jode sowel as Grieke: 56Christus, die krag van God en zdie wysheid van God.
Want 57wat dwaas is by God, is wyser as die mense; en 58wat swak is by God, is sterker as die mense.
Want 59let op julle roeping, broeders: ajulle is nie baie wyse 60na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie;
maar 61wat dwaas is by die wêreld, het God 62uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, 63te beskaam;
en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en 64wat niks is nie, om 65wat iets is, 66tot niet te maak,
sodat 67geen vlees voor Hom sou roem nie.
Maar 68deur Hom is julle 69in Christus Jesus, bwat vir ons geword het 70wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en 71verlossing.
Daarom, soos geskrywe is: cDie wat roem, 72moet in die Here roem.
| 1 Sien oor die naam Paulus en dit wat volg, Hand. 13:9 en Rom. 1:1 se kanttekeninge.
2 So noem hy hierdie Sósthenes, nie net omdat hy ’n dissipel van Christus was nie, maar ook ’n vername leraar en metgesel van Paulus, en hooggeag deur die gemeente. Sien dergelike in 2 Kor. 1:1. Gal. 1:2. 3 Sommige meen dat dit dieselfde Sósthenes was wat tevore ’n owerste van die sinagoge in Korinthe was en tot Christus bekeer is, Hand. 18:17, en dat hy nou by Paulus was, of saam met hom van Korinthe af vertrek het vanweë die vervolging teen hom; dit is egter onseker. |
| a Joh. 17:19. Hand. 15:9. 1 Thess. 4:7.
b Rom. 1:7. Ef. 1:1. c 2 Tim. 2:22. |
4 Dit was die hoofstad van Acháje in Griekeland, geleë tussen twee seë, in die engte waarmee Peloponnesos aan Acháje verbind was, ’n baie ryk en beroemde handelstad, en by dit alles vol weelde en oordaad; dit is op ’n tyd deur die Romeine verwoes, maar daarna in die tyd van keiser Augustus weer opgebou en tot sy vorige bloeiende stand gebring. Sien Hand. 18:1 se kanttekening.
5 Dit is, wat deur Christus en sy gemeenskap van die menigte van die wêreld afgesonder is tot ’n gemeente van God. 6 Naamlik nie net uitwendig deur die Woord nie, maar ook inwendig deur die krag van die Heilige Gees, waardeur hy die beste deel van die gemeente, dit is, die ware gelowiges, verstaan, waarvan Christus spreek in Hand. 18:10. 7 Naamlik van Acháje, waarin Korinthe geleë was, soos in 2 Kor. 1:1 beskryf word. Of van die hele wêreld, waar die Naam van Christus aangeroep word, soos die gelowiges in Hand. 9:14 en 2 Tim. 2:22 met die woorde beskryf word. Want dit wat Paulus aan een gemeente skryf, is ’n voorskrif waarvolgens alle gemeentes hulle moet rig; soos Christus vir sy dissipels gesê het, Mark. 13:37. |
| d Rom. 1:7. 2 Kor. 1:2. Ef. 1:2. 1 Petr. 1:2. | 8 Sien hieroor Rom. 1:7 se kanttekening. |
| 9 Dit is die woord van die geloof, wat God as sy God erken, Rom. 1:8, en Christus as sy Saligmaker, Gal. 2:20, nie om ander gelowiges daarvan uit te sluit nie, maar om vir hulle ’n voorbeeld van die ware belydenis voor te skryf. Sien dergelike in Job 19:25. Ps. 18:3; 23:1; 27:1. Jes. 63:16. Joh. 20:28. 1 Tim. 1:15, ens.
10 Of: deur Christus Jesus. |
| e Kol. 1:9. | 11 Dit is, met allerlei geestelike gawes oorvloedig deur Hom begiftig is. Hiermee lê hy ’n fondament om vir hulle te wys dat hulle deur hierdie gawes nie hoogmoedig moet word, of teen mekaar moet roem nie, maar dat hulle God in Christus daarvoor moet dank, en dit gebruik tot stigting van mekaar in vrede en eenheid.
12 Of: in elke rede. Hiermee word verstaan, óf die gawe om dit wat hulle deur kennis opgedoen het, met bekwaamheid te kan uitspreek, óf die woord van die apostel self, waardeur hulle tot hierdie kennis van alle verborgenhede van die geloof gebring was, Hand. 20:20. |
| 13 Dit is, die woord van die evangelie van Christus, Rom. 1:16, soos hierna in 1 Kor. 2:1, ens.
14 Naamlik uitwendig deur verskeie wonders wat onder hulle plaasgevind het, 2 Kor. 12:12, en inwendig deur die verseëling van die Heilige Gees in hul harte, 1 Kor. 2:12. 2 Kor. 1:22. Sien ook Mark. 16:20. |
| f Filip. 3:20. Tit. 2:13. | 15 Naamlik wat nodig is tot saligheid en stigting. Andersins ken ons hier slegs ten dele, en profeteer slegs ten dele, 1 Kor. 13:9. Die apostel sê dit hier in die algemeen van die ware Christene wat onder hulle was, vir wie hy hierna in vers 10 vermaan oor die misbruik van hierdie gawes, ten opsigte van die gebreke wat ook onder sommige van hulle ingesluip het.
16 Naamlik in sy tweede koms, wanneer ons, in alles wat ons nog ontbreek, eers volmaak sal word, 1 Kor. 13:10-12. Sien ook 1 Petr. 1:7, 13. |
| g 1 Thess. 3:13; 5:23. | 17 Of: versterk, naamlik in die geloof en die goeie dinge, wat reeds in julle begin is.
18 Dit is, op die laaste dag, wanneer Christus sal verskyn om te oordeel, en om die wat aan Hom behoort, volkome te verlos, Rom. 2:16. Ef. 4:30. 19 Of: wat niemand sal kan beskuldig nie, Rom. 8:1, 33. |
| h 1 Kor. 10:13. 1 Thess. 5:24.
i Jer. 32:40, ens. Joh. 15:5. Gal. 2:20. 1 Joh. 1:3. |
20 Naamlik in die uitvoering van sy beloftes, dat Hy belowe het dat Hy die wat aan Hom behoort, nie sal verlaat nie. Sien Jes. 49:15.
21 Naamlik nie net die uitwendige, waardeur ons bely dat ons gemeenskap aan Christus en sy weldade het nie; maar in die besonder die inwendige, waarin ons deur die geloof, en deur die Gees van Christus met Hom verenig en al sy weldade deelagtig is. Sien Rom. 8:32. Ef. 3:17. 1 Joh. 1:3. |
| k Rom. 12:16; 15:5. Filip. 2:2; 3:16. 1 Petr. 3:8. | 22 Hier begin die apostel om hulle teen skeuringe te vermaan, en hulle te waarsku dat hulle geen aannemers van die persoon ten opsigte van die leraars moet wees nie, omdat daaruit onenigheid voortspruit; ook nie ter wille van uitwendige gawes die een meer aanhang as die ander nie. Die leraars self vermaan hy dat hulle die evangelie nie met menslike wysheid of welsprekendheid moet opsmuk nie, maar dit voorhou in eenvoud en krag van die Gees van Christus.
23 Dit is, deur Christus, of: om Christus wil. 24 Dit is, eenderse spreekwyse gebruik van dieselfde geloof, of van die gronde van daardie geloof; omdat naamlik uit die verskeidenheid van spreek dikwels verskeidenheid van gevoelens kom, of ten minste ydele getwis. 25 Gr. skismata, wat eintlik verdeeldhede is, wat in die gemeente ontstaan oor enkele verskille in die geloof wat nie fundamenteel is nie; of wat die geloof self nie aangaan nie, maar slegs die liefde en uitwendige verordeninge; wat, sowel as ketterye (wat eintlik die fondamente van die leer raak), onder die werke van die vlees getel word, Gal. 5:20, hoewel dit soms ook breër gebruik word. 26 Of: saamgevoeg; ’n gelykenis geneem van ’n saak wat uit baie dele bestaan, wat, as die dele bymekaar gevoeg is, ’n volkome werk of liggaam vorm. 27 Dit is die ander middel om ware eenheid in die gemeente te behou, naamlik om saam met eenderse spreekwyse ook dieselfde gesindheid en mening te behou. |
| 28 Dit wil voorkom of sy ’n vroom vrou was, en iemand van aansien by die gemeente van Korinthe. |
| l 1 Kor. 3:4.
m Hand. 18:24. 1 Kor. 16:12. |
29 Naamlik ’n dissipel, soos ook in dit wat volg.
30 Dat deur hierdie Apollos ook baie mense in Korinthe tot die geloof gebring is, blyk uit Hand. 18:24, 27. 31 Dit is, van Petrus, sien Joh. 1:43. Gal. 2:9. Hieruit volg nogtans nie dat Petrus ook in Korinthe gepreek het nie, maar dit kan wees dat sommige van sy dissipels daar was, wat hulle op Petrus of op Petrus se leer beroem het. Want dat hulle ook Paulus, Céfas en Apollos se name vir hierdie doel misbruik het, en nie net die name van ander leraars nie, blyk uit dit wat volg in 1 Kor. 4:6 en die kanttekening. 32 Hulle was die eenvoudige en opregte Christene, wat geen partydigheid wou navolg nie; en het daarmee goed gedoen. |
| 33 Van hier af verder voer die apostel verskeie redes aan, waarmee hy bewys dat sulke verdeeldhede onbehoorlik is. Want dit wil eerstens hieruit voorkom of hulle Christus wil verdeel, wat alleen die Hoof van sy gemeente is, wanneer hul slegs ’n deel van die gemeente van Christus noem, en die ander dele van Paulus, Petrus, Apollos en ander leraars. Bowendien ook dat Christus nie alleen die Verlosser van sy gemeente sou wees nie, en eindelik dat hulle in iemand anders se naam as in Christus se Naam gedoop sou wees.
34 Naamlik om hierdeur Paulus se naam aan te neem. Sien Matt. 28:19 oor hierdie spreekwyse. |
| n Hand. 18:8.
o Rom. 16:23. |
| p 1 Kor. 16:15, 17. |
| q 1 Kor. 2:1, 4. 2 Petr. 1:16. | 35 Dit is, nie hoofsaaklik nie. Want al die apostels was gestuur om te doop, Matt. 28:19, anders sou die apostel ook nie hierdie mense mag gedoop het nie. Maar hulle het hierdie diens, waarvoor minder gawes nodig was as om te preek, aan ander, hulle dissipels en leraars, oorgelaat om geen tyd te verloor nie. Sien Hand. 10:48.
36 In die woorde wat volg ontbloot die apostel die bron waaruit hierdie verdeeldhede onder die Korinthiërs gespruit het; naamlik daaruit, dat sommige leraars probeer het om die opregtheid en eenvoud van die evangelie van Christus op te smuk met menslike welsprekendheid, en te vermeng met menslike wysheid of wysbegeerte, waardeur die ore van sommige luisteraars gestreel geword het en ander opregte leraars verag of verbygegaan is; hierdie optrede het die apostel met sy voorbeeld en ander redes weerlê. 37 Gr. woord, of: rede, naamlik wat die menslike wysheid leer, 1 Kor. 2:4, of: met kunstige welsprekendheid. 38 Dit is, die woord van die kruis, soos in die volgende vers verklaar word. 39 Dit is, van sy lof en krag beroof word, wat gebeur as ’n mens die lof en krag aan die menslike wysheid of welsprekendheid toeskryf. |
| r Rom. 1:16. | 40 Dit is, die leer van die evangelie van Christus wat vir ons gekruisig is.
41 Dit is, word deur die wat verlore gaan as dwaasheid beskou, en deur die wêreldwyses as dwaasheid gereken. 42 Dit is, die middel waardeur die Gees van Christus die geloof en die wedergeboorte kragtig in ons werk tot ons saligheid, Rom. 1:16. 2 Kor. 3:3, 4. |
| s Job 5:12. Jes. 29:14. | 43 Dit is, wat as wêreldwyses beskou word, of wat aan hulleself sulke wysheid toeskryf. Die profeet haal hierdie woorde aan teen diegene wat die Woord van God, voorgestel deur die profete, verag het, en meer van menslike leringe gehou het. |
| t Jes. 33:18. | 44 Dit is, die wêreldwyse. Dit wil voorkom of hierdie woorde uit Jes. 33:18 aangehaal is, waar dergelike spreekwyse, hoewel verander, gevind word; of dit is die woorde van Paulus self, wat hy uit die voorgaande getuienis trek. Die betekenis kom op dieselfde neer.
45 Naamlik wanneer die mense die goddelike sake volgens die wysheid van hierdie wêreld wil afmeet. 46 Dit is, as dwaas aangetoon; of ook deur ’n regverdige oordeel aan dwaasheid oorgegee. Sien Rom. 1:21, 22. |
| v Matt. 11:25. Luk. 10:21. | 47 Dit is, in die skepping van die hemel en die aarde, waardeur God sy wysheid in die besonder openbaar, Rom. 1:20.
48 Naamlik soos dit behoort en tot saligheid nodig is, Rom. 1:18, 20. 49 Deur die mens se natuurlike verstand en rede. 50 Dit is, deur die verkondiging van die gekruisigde Christus, wat die wêreldse mense as dwaasheid beskou, vers 23. |
| x Matt. 12:38; 16:1. Joh. 4:48. | 51 Dit is, wonders. Sien Matt. 16:4. Joh. 4:48.
52 Dit is, redes, wat deur die menslike vernuf as wysheid beskou word. |
| y Matt. 11:6. Joh. 6:60, 66. | 53 Gr. skandalon. Naamlik vanweë sy geringe en veragte staat in die wêreld, omdat hulle ’n magtige Koning in die wêreld verwag het, wat hulle soos klein konings oor ander sou laat heers. Sien ook Luk. 2:34.
54 Naamlik dat ons die lewe sou verwerf deur die dood van ’n gekruisigde mens. |
| z Kol. 2:3. | 55 Naamlik nie net uitwendig deur die Woord nie, want so is die eerder genoemdes, wat verlore gaan, ook geroep; maar ook inwendig en kragtig deur die Gees van God en volgens sy voorneme, verse 26, 27. Rom. 8:28, 30.
56 Dit is, Christus self, wat die mag en wysheid van God genoem word, omdat Hy die uitgedrukte beeld van die persoon van die Vader is, deur wie Hy sy goddelike mag en wysheid in die verlossing van die mense, bo alle dinge betoon het, vers 30, óf die verkondiging van Christus, wat tevore, in vers 18, ook die krag van God genoem is. Sien Spr. 8:1. Matt. 11:19 en Luk. 11:49 se kanttekeninge. |
| 57 Dit is, wat die wêreldse mense as dwaasheid ag, is wyser as wat hulle met al hul wêreldse wysheid is.
58 Dit is, wat hulle as swak en van geen krag ag om die mense tot die saligheid te bring nie, is sterker of kragtiger as hulle met al hul vermetele welsprekendheid en aansienlikheid. |
| a Joh. 7:48. Jak. 2:5. | 59 Dit is, let op hoe julle geroep is. Of: julle let op julle roeping, dit is, let op diegene onder julle wat geroep is, naamlik tot die gemeenskap van Christus en van sy gemeente.
60 Dit is, na die uitwendige staat en agting van die mense. |
| 61 Dit is, diegene wat deur die wêreldwyses as dwase, swakkes, onedeles, ens., beskou word.
62 Dit is, volgens sy ewige verkiesing tot sy gemeente gebring. 63 Dit is, om aan te toon dat dit in sake wat die saligheid aangaan nie vir God geld nie, maar ydel is. |
| 64 Dit is, wat so geringgeag word, asof dit niks is nie, 1 Kor. 3:7.
65 Dit is, wat as iets, of iets groots, geag word. 66 Dit is, te toon dat dit ydel en onnut is. |
| 67 Dit is, geen mens, soos in Gal. 2:16, naamlik asof daar iets in hom sou wees, waardeur God beweeg sou word om hom, eerder as ander, hierdie genade te bewys. |
| b Jer. 23:5. Joh. 17:19. | 68 Dit is, deur sy genade en krag; soos in Rom. 11:36. Sien 1 Joh. 4:1, 2, 4, 6.
69 Dit is, deur die geloof met Christus verenig, Rom. 8:1. 70 Dit is, oorsaak en inhoud van alle ware wysheid en geregtigheid en heiligmaking. 71 Naamlik van alle booshede en ellendes van die liggaam en van die siel; wat volkome sal gebeur op die laaste dag, wat daarom die dag van verlossing genoem word, Ef. 4:30. Sien ook Luk. 21:28. Rom. 8:23. |
| c Jes. 65:16. Jer. 9:23, 24. 2 Kor. 10:17. | 72 Dit is, alles aan Hom alleen toeskryf, met danksegging, Jer. 9:23. |