Statevertaling – Bybelstigting
Laat ons God nie versoek soos Israel gedoen het nie.
WANT ek wil nie hê, broeders, adat julle nie sou weet nie dat 1ons vaders almal onder 2die wolk was en balmal deur die see deurgegaan het,
en almal 3in Moses gedoop is in die wolk en in die see,
cen almal 4dieselfde 5geestelike spys geëet het,
den almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ’n geestelike rots 6wat gevolg het, en die rots 7was Christus.
Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, ewant hulle is 8neergeslaan in die woestyn.
En hierdie dinge was 9voorbeelde vir ons, dat ons 10nie begerig moet wees na slegte dinge soos fhulle begerig was nie.
En wees ook nie afgodedienaars soos 11sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: gDie volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan 12om te speel.
En laat ons nie hoereer hsoos sommige van hulle 13gehoereer het nie, en daar het op een dag 14drie-en-twintigduisend geval.
En laat ons Christus nie 15versoek isoos ook sommige van hulle 16gedoen het nie, en hulle het deur die slange omgekom.
En moenie murmureer ksoos ook sommige van hulle 17gemurmureer het nie, en hulle het deur 18die verderwer omgekom.
Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom 19as voorbeelde len is opgeskrywe as ’n waarskuwing aan ons mop wie 20die eindes van die eeue 21gekom het.
Daarom, 22wie meen dat hy staan, moet 23oppas dat hy nie val nie.
24Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n 25menslike nie; maar nGod is getrou, wat nie sal toelaat dat julle 26bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal 27saam met die versoeking ook die uitkoms 28gee, sodat julle dit sal kan verdra.
Die afgodery, gemeenskap met duiwels.
29DAAROM, my geliefdes, vlug vir 30die afgodediens.
Ek spreek soos met 31verstandige mense; oordeel self wat ek sê:
32die beker van danksegging wat ons met danksegging 33seën, is dit nie 34die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?
Omdat dit 35een brood is, is ons almal o36een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.
Let op Israel 37na die vlees: het die wat die offers eet, nie 38gemeenskap met die altaar nie?
Wat sê ek dan? pDat ’n afgod iets is, of dat ’n afgodsoffer iets is?
Nee, maar dat die heidene wat dit offer, qaan 39duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.
40Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die 41tafel van die Here en ook aan die 42tafel van die duiwels nie.
Of wil ons die 43ywer van die Here opwek? 44Is ons miskien sterker as Hy?
Die Christelike vryheid; die liefde.
r45ALLES is my geoorloof, maar 46nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles 47stig nie.
sLaat niemand 48sy eie voordeel soek nie, maar elkeen 49die voordeel van ’n ander.
Eet 50alles wat in die slaghuis verkoop word 51sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete.
tWant 52die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan.
En as een 53van die ongelowiges julle nooi en julle is 54gewillig om te gaan, veet dan 55alles wat julle voorgesit word 56sonder om navraag te doen, xter wille van die gewete.
Maar 57as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer — moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete — 58want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan —
ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van 59die ander; want waarom word 60my vryheid geoordeel deur ’n ander se gewete?
En as ek iets 61met danksegging geniet, waarom word ek belaster oor iets ywaarvoor ek dank?
zOf julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.
aWees geen oorsaak van struikeling 62vir Jode of Grieke of vir die gemeente van God nie;
net soos ek almal 63in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar dié van baie, sodat hulle bgered kan word.
| a Ex. 13:21. Núm. 9:18. Deut. 1:33. Neh. 9:12, 19. Ps. 78:14; 105:39.
b Ex. 14:22. Jos. 4:23. Ps. 78:13. |
1 Naamlik wat saam met Moses uit Egipte getrek het.
2 Naamlik wat homself geplaas het tussen die leër van die Egiptenaars en die van die Israeliete, en wat die Israeliete bedou en beskerm het toe hulle deur die Rooi See getrek het, Ex. 14:19, ens. Ps. 105:39. Paulus getuig hier dat dit ’n teëbeeld van ons doop is, soos Petrus spreek van die verlossing van Noag in die ark deur die sondvloed heen, 1 Petr. 3:20, 21. |
| 3 Dit is, deur Moses, of deur die diens van Moses. Of: in die leer van Moses, soos in Hand. 19:3 gesê word dat sommige gedoop is met die doop van Johannes, dit is, in die leer van Johannes, wat deur sy doop bevestig is. |
| c Ex. 16:15. | 4 Naamlik in die tekens, of: wat dieselfde saak beteken het; en dit nie net saam met mekaar nie, maar ook saam met ons; dit blyk daaruit, dat Paulus hier die woord doop gebruik, en hierna sê dat die rots Christus was. Die gevolgtrekking van Paulus sou anders nie vas wees nie, as dit nie was dat hulle en ons dieselfde spys in geestelike betekenis geëet het nie.
5 Naamlik die manna, wat ’n geestelike spys genoem word, omdat dit vir die Israeliete nie net tot liggaamlike voedsel gedien het nie, maar ook tot ’n buitengewone teken van Christus se vlees moes wees, en daarom ’n geestelike heenwysing na Christus gehad het, soos Christus breedvoerig in Johannes 6 verklaar, en soos hierna vir dieselfde rede, die rots geestelik genoem word. |
| d Ex. 17:6. Núm. 20:11. Ps. 78:15. | 6 Naamlik wat die Israeliete gevolg het, met die strome of spruite wat uit die rots gevloei het, nadat Moses dit geslaan het, Núm. 20:8. Ps. 105:41.
7 Dit is, was ’n teken en voorbeeld van Christus, wat deur die Vader ten dode toe geslaan is om ons ontwil, om aan ons die strome van die lewende water uit te deel, Joh. 7:38. Dit is ’n spreekwyse wat gebruiklik is by die sakramente, soos die brood en die wyn by die nagmaal die liggaam en bloed van Christus genoem word, omdat dit ’n teken en seël daarvan is. Dat sommige wil sê dat die betekenis sou wees: Christus was die rots, is nie net in stryd met die woordorde van die teks nie, maar ook met die saak self, omdat nie van al die Israeliete gesê kan word dat hulle uit Christus gedrink het nie, aangesien baie van hulle nie geglo het nie, en God geen welgevalle in hulle gehad het nie, vers 5. Hebr. 4:2. |
| e Núm. 26:65. | 8 Naamlik vanweë hul ongeloof, soos Paulus verklaar in Hebr. 3:17-19. |
| f Núm. 11:4, 33. Ps. 106:14. | 9 Dit is, tot voorbeelde en waarskuwings, naamlik dat ons, as ons dergelike sondes navolg, nieteenstaande dat ons hierdie heilige tekens ook deelagtig sou gewees het, dieselfde straf wat vir daardie rede oor hulle gekom het, ook nie sal ontgaan nie. Sien oor hierdie woord vers 11. Filip. 3:17. 1 Tim. 4:12. Tit. 2:7.
10 Gr. geen begeerders van slegte dinge is nie, naamlik van afgodery, hoerery en dergelike, wat hierna beskryf word. |
| g Ex. 32:6. | 11 Dit is, ’n groot deel van hulle, naamlik wat met die gegote kalf afgodery bedryf het.
12 Dit is, om te dans, te lag en in koorsang op die fluit te speel en te sing, soos die afgodedienaars ná hulle afgodiese maaltye gewoonlik gedoen het, Ex. 32:6. |
| h Núm. 25:1, 9. Ps. 106:29. | 13 Naamlik in die land van die Midianiete waar hulle deur die raad van Bíleam tot afgodery en hoerery verlei is, Númeri 25.
14 In Núm. 25:9 word gesê vier-en-twintigduisend. Dit kan egter wees dat daar tussen drie- en vier-en-twintigduisend geval het, waarvan die apostel by die kleiner getal gebly het. Ander meen dat daar drie-en-twintigduisend met die swaard gedood was in navolging van die voorbeeld van Pínehas se ywer, en dat die ander duisend, van die hoofde van die volk, daarna op die bevel van Moses opgehang is. |
| i Núm. 21:5. Ps. 106:14. | 15 Dit is, terg, of sy mag om die ondankbares te straf in twyfel trek nie, soos die Israeliete in Núm. 21:5, toe hulle met die manna nie tevrede was nie, ook nie met die water nie, wat die Here wonderbaarlik vir hulle geskenk het; en soos die Korinthiërs, wat liewer aan die maaltye van die afgodedienaars, wat vol aanstoot en gevaar was, deelgeneem het, as die eenvoudige voedsel wat die Here vir hulle by hul huis gegee het.
16 Naamlik Christus versoek het, want dit is die Engel van die verbond, die ewige Seun van God, wat voor hulle uit in die woestyn getrek het, en vir wie hulle geterg het. Sien Ex. 14:19; 23:20. Jes. 63:9. |
| k Ex. 16:2; 17:2. Núm. 14:36. Ps. 106:25. | 17 Die Israeliete het in die woestyn menigmaal teen God gemurmureer, wanneer iets hulle ontbreek het, of wanneer hulle nie tevrede was met die weldade wat God aan hulle bewys het nie; maar hier word in die besonder verwys na die geskiedenisse in Núm. 11:4, 33, toe hulle vleis begeer het en daaroor deur God deur middel van verskeie plae geteister is, en in Núm. 16:1, 2, toe Korag saam met sy bende teen Moses en Aäron gemurmureer het, en sommige deur vuur verteer en sommige deur die aarde verslind is.
18 Hierdie naam word wel nie in hierdie geskiedenis gevind nie, maar word deur Paulus bygevoeg, óf om hierdeur die strengheid van God self in hierdie strawwe te verstaan, óf ’n engel wat God vir hierdie vernieling gebruik het, soos Hy gedoen het in Ex. 12:23. Jes. 37:36. |
| l Rom. 15:4. 1 Kor. 9:10.
m Filip. 4:5. Hebr. 10:25. |
19 Dit is, voorbeelde van strawwe oor sodaniges. Sien vers 6.
20 Dit is, die laaste tye, waarin die genade van God kragtiger is en die boosheid meer; om hierdie rede moet ons deur die genade van God des te meer waaksaam wees, 1 Tim. 4:1. 2 Petr. 3:3. 21 Of: ontmoet. |
| 22 Dit is, wat hom inbeeld dat hy só vas in die geloof is, dat hy nie in sulke sondes sou verval nie.
23 Dit is, versigtig wees dat hy nie daardeur tot ’n val gebring word nie, deur daardie sondes en ergernisse te begaan waaroor God die Israeliete gestraf het. Hieruit blyk dat die apostel nie die gelowiges, in stryd met sy eie leer, vermaan om aan hulle saligheid te twyfel nie; Rom. 5:1; 8:31, maar hy waarsku net die eiewyse mense om nie op hulleself staat te maak nie en die oorsake, waardeur hulle tot ’n val gebring kan word, te ontvlug. Want die ware gelowiges het, as hulle uit swakheid sou val, die belofte van wederoprigting. Sien Ps. 37:24, en die vers hierna. |
| n 1 Kor. 1:8. 1 Thess. 5:24. 2 Petr. 2:9. | 24 Naamlik waardeur julle tot die gemeenskap met die afgodedienaars en hulle maaltye gebring is.
25 Dit is, wat voortgespruit het uit jul menslike swakheid, en uit vrees vir die ongenade van die afgodedienaars, wat julle daartoe versoek het. Hy troos hulle hiermee en vermaan hulle met die oog op die toekoms tot meerdere standvastigheid, omdat God aan ons hierdie belofte gee, dat Hy die wat aan Hom behoort nie bo hul kragte sal laat versoek nie. 26 Dit is, bo die krag wat julle reeds deur God se Gees ontvang het. Want uit onsself is ons tot niks in staat nie, Joh. 15:5. 2 Kor. 3:5. Filip. 4:13. 27 Naamlik wat Hy oor julle sal laat kom, ook al is die versoekinge heelwat meer as wat tot nou toe gebeur het, Joh. 16:33. 28 Gr. maak. |
| 29 Dit is, aangesien ons dan aan die een kant hierdie voorbeelde van God se straf en aan die ander kant van God se getroue belofte het.
30 Naamlik nie alleen die afgodediens self nie, maar ook wat daartoe aanleiding of vermoedens sou gee, of wat tekens daarvan is; waarvan hy tot nou toe gespreek het. |
| 31 Dit is, soos met diegene wat in die verborgenhede van ons geloof ervare en onderrig is. |
| 32 Of: die beker van seëning. Want die Griekse woord eulogia beteken sowel danksegging as seëning. Maar aangesien die apostel hierna, 1 Kor. 11:24, die woord danksegging of dank gebruik, soos die evangeliste ook doen, Matt. 26:27. Mark. 14:23. Luk. 22:17, word die woord danksegging daarom ook hier in die teks behou.
33 Gr. eulogoumen, die woord beteken sowel seën as danksegging. Maar hier moet dit as seën en nie as danksegging nie, vertaal word, want daar kan nie gesê word dat ons die beker dankie sê nie, soos die Griekse samevoeging van die woorde of konstruksie sou vereis; maar wel dat ons die beker seën. Deur hierdie manier van seën word nie verstaan dat die wyn deur die krag van enkele woorde in die wesenlike bloed van Christus verander nie, maar dat dit geheilig word met gebede, danksegging en herhaling van die instelling en die doel van die heilige nagmaal, of van ander gewone drank af te sonder en tot hierdie heilige gebruik toe te eien, soos die woord seën ook gebruik word in Gén. 2:3. Ex. 20:11, waar gesê word dat God die sewende dag geseën en geheilig het, omdat Hy dit van die ander gewone dae afgesonder en tot ’n heilige gebruik toegeëien het. Sien hieroor die verklaring in Matt. 26:26 se kanttekening. 34 Dit is, ’n teken en onderpand van die geestelike gemeenskap wat ons met Christus se bloed en liggaam het, soos in vers 18 gesê word dat die Israeliete gemeenskap met die altaar gehad het, en in vers 20, dat diegene wat die afgodsoffer geëet het, gemeenskap met die duiwels gehad het. Dit is ’n spreekwyse wat gebruiklik is by die sakramente. Sien vers 4. 1 Kor. 11:24, 25. |
| o Rom. 12:5. 1 Kor. 12:27. | 35 Naamlik wat gebreek word en waaraan ons gemeenskap het. Of: Want ons almal is een brood en een liggaam.
36 Dit is, ’n geestelike liggaam, waarvan Christus die hoof is. Sien Rom. 12:5. 1 Kor. 6:15; 12:12, ens. |
| 37 Dit is, die Joodse volk, na die vlees afkomstig van Israel; hulle het daardie tyd nog hulle tempel en godsdiens gehad, hoewel die krag daarvan deur Christus se koms tot niet gemaak is.
38 Dit is, met die beoefening van die godsdiens wat op en rondom die altaar deur hulle gedoen is, en waarmee hulle betuig het dat hulle dit steeds as goed beskou. |
| p 1 Kor. 8:4. |
| q Lev. 17:7. Deut. 32:17. | 39 Want baie van die heidense gode, wat hulle deur hul beelde vereer het, was bose geeste. Sien Lev. 17:7. Deut. 32:17. En hoewel hulle soms enkele afgestorwe mense en ander skepsele, of ook selfs die Skepper van die hemel en die aarde, daardeur wou vereer, soos in Hand. 17:23. Rom. 1:21 te sien is, word nogtans gesê dat hulle aan die duiwels die eer gee, omdat die duiwel ’n inspireerder en insteller van sulke beeldediens was, waardeur God nie geëer nie, maar onteer is, Jes. 40:18; 42:8. |
| 40 Naamlik met reg en behoorlikheid, sodat julle deur dit te doen, ook God sou kan behaag nie. Sien dergelike spreekwyse in Matt. 6:24. 2 Kor. 6:14.
41 Dit is, die spys en die drank van die tafel van die Here, wat deur die Christene geniet word as ’n teken van die gemeenskap met Christus. 42 Dit is, die spys en die drank van die maaltye, wat as ’n teken van die gemeenskap met die duiwels geniet word. |
| 43 Dit is, wil ons Hom deur ons optrede tot toorn verwek, en gevolglik sy straf ons op die hals haal, Deut. 32:21. Die Griekse woord beteken eintlik om tot jaloersheid te verwek.
44 Naamlik om sy straffende hand van ons af te weer, wanneer dit ons sal tref. |
| r 1 Kor. 6:12. | 45 Naamlik wat middelmatig is, wat op sigself nie deur God in die Nuwe Testament beveel is nie, soos onder andere die eet van allerlei voedsel, as dit sonder ergernis kon gebeur. Die apostel handel nou verder oor twee ander gevalle, wat hy onder sekere voorwaardes in die vervolg toelaat.
46 Naamlik vir my nie. 47 Naamlik vir my naaste nie. |
| s 1 Kor. 13:5. Filip. 2:4. | 48 Naamlik slegs sy eie, of tot nadeel en ontstigting van sy naaste, Rom. 15:2.
49 Dit is, soek ook dit wat tot voordeel van ’n ander is, want ons moet ons naaste liefhê soos onsself; ons mag onsself dan ook wel liefhê, maar nie ten koste van ons liefde vir ons naaste nie. |
| 50 Dit is, alle soorte. Hier laat die apostel dan in die eerste plek toe dat alles wat op die mark kom deur ons as voedsel gebruik mag word, hoewel dit nogtans menigmaal gebeur het dat ’n deel van dit wat aan die afgode geoffer was, ook daar verkoop is, wanneer dit nie opgebruik is by maaltye of offers nie. Wanneer dit egter op die mark of in die slaghuise gebring is, was die afgod nie meer daarmee vereer nie, maar was dit as gewone voedsel beskou.
51 Of: sonder om onderskeid te maak, naamlik of dit tevore geoffer was of nie; want die Griekse woord beteken albei. |
| t Ex. 19:5. Ps. 24:1; 50:12. | 52 Dit is, al is dit so dat dit tevore deur die afgodedienaars misbruik was, nogtans hou dit nie op om ’n skepsel van die Here te wees nie; Hy het dit geskape om met danksegging te gebruik, 1 Tim. 4:4. |
| v Luk. 10:7.
x 1 Kor. 8:7. |
53 Naamlik in sy huis, sonder dat die maaltyd ter ere van die afgod berei is, soos die heidene die oorskot van sulke geofferde diere of voedsel dikwels vir besondere en openbare maaltye gebruik het.
54 Dit is, ag dat dit gepas is om te gaan, om burgerlike gemeenskap of buurmanskap te onderhou. Hierdeur gee die apostel te kenne dat ’n mens ook, voordat jy daarheen gaan, goed moet oorweeg waarvoor jy genooi word. 55 Dit is, van alles. 56 Of: sonder om onderskeid te maak. |
| 57 Naamlik van die swakgelowiges, wat daardeur aanstoot sou kon neem; of ook van die ongelowiges, wat saam met julle aansit, en julle daardeur sou kon beskou as mense sonder godsdiens of as mense wat van hulle heidense godsdiens deel sou wees, indien julle, terwyl julle vermaan is, nogtans daarvan sou eet.
58 Die apostel haal hier weer dieselfde gedeelte uit Psalm 24 aan, om te bewys dat ’n mens sulke voedsel wel kan laat staan, aangesien daar meer voedsel is, wat God op die aarde geskape het vir ons gebruik. |
| 59 Naamlik wat jou daaroor vermaan en as gevolg daarvan aanstoot neem, om die redes wat hiervoor beskryf is.
60 Dit is, waarom sal ek met die ergerlike gebruik van vryheid veroorsaak dat die gewete van ’n ander my optrede veroordeel of dit belaster? Of: omdat ek uit God se Woord weet dat dit my nou vrystaan, waarom sal ek die oordeel van my gewete aan die oordeel van die gewete van ’n ander, wat nog swak is, onderwerp, of my deur hom laat belaster? Dit is vir my genoeg dat ek die eet van sulke voedsel op daardie oomblik ter wille van my naaste nalaat, en ewenwel in my gemoed die vryheid behou om dit op ’n ander tydstip, sonder aanstoot te eet, en God daarvoor te dank. |
| y Rom. 14:6. 1 Tim. 4:3. | 61 Of: deur genade. Naamlik deur die genade van die evangelie, waarin Christus ons van die juk van die seremonies en die onderskeid van voedsel vrygestel het. |
| z Kol. 3:17. |
| a Rom. 14:13. | 62 Onder hierdie drie groepe verstaan die apostel alle mense wat óf Jode, óf heidene, óf Christene was, waarvan nie een deur ons geërger moet word deur die gebruik van ons vryheid nie; met dien verstande dat dit sodanige persone is van wie ’n mens hoop dat hulle daardeur deur ons gewin kan word. |
| b 1 Kor. 9:22. | 63 Dit is, probeer behaag. Dit moet soos die voorgaande verstaan word, naamlik ten opsigte van die gebruik of die nalaat van die Christelike vryheid, en nie ten opsigte van die leer of ander sake, wat deur God gebied of verbied word nie. Sien Gal. 1:8, 10. |