Statevertaling – Bybelstigting
Oor die verskeidenheid van geestelike gawes.
EN wat 1die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê 2dat julle onkundig moet wees nie.
Julle weet dat julle heidene was, 3weggevoer 4na die stomme afgode net 5soos julle ook al gelei is.
Daarom maak ek julle bekend adat niemand wat 6deur die Gees van God spreek, Jesus 7’n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus 8die bHere is nie, behalwe 9deur die Heilige Gees.
cDaar is wel 10verskeidenheid 11van genadegawes, maar dit is 12dieselfde Gees;
en daar is verskeidenheid 13van bedieninge, en tog is dit 14dieselfde Here;
en daar is verskeidenheid 15van werkinge, en tog is dit 16dieselfde God wat alles in almal werk.
Maar aan elkeen word 17die openbaring van die Gees gegee 18met die oog op wat nuttig is.
Want aan die een word deur die Gees 19’n woord van wysheid gegee, en aan die ander 20’n woord van kennis 21vanweë dieselfde Gees;
aan ’n ander weer 22geloof 23deur dieselfde Gees, en aan ’n ander genadegawes 24van gesondmaking 25deur dieselfde Gees;
aan ’n ander 26werkinge van kragte, aan ’n ander 27profesie, aan ’n ander 28onderskeiding van die geeste, aan ’n ander 29allerhande tale, aan ’n ander uitleg 30van tale.
Maar al hierdie dinge dwerk 31een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik euitdeel 32soos Hy wil.
Die eenheid van die liggaam nieteenstaande die verskeidenheid van lede.
f33WANT net soos die liggaam 34een is en 35baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, 36so ook Christus.
Want 37ons is almal ook 38deur een Gees 39gedoop tot een liggaam, g40of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal 41van een Gees 42deurdronge.
Want ook die liggaam is nie 43een lid nie, maar baie.
As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie 44aan die liggaam nie — behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?
En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie — behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?
45As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?
Maar nou het God elkeen van die lede 46in die liggaam gestel 47soos Hy gewil het.
48As almal een lid was, 49waar sou die liggaam wees?
Maar nou is daar wel 50baie lede, 51maar net een liggaam.
En 52die oog kan nie vir 53die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.
Maar veel eerder is dié lede van die liggaam 54noodsaaklik wat die swakste lyk;
en dié lede van die liggaam wat vir 55ons minder eerbaar lyk, 56beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons 57onsierlike lede 58oorvloediger sierlikheid,
terwyl ons sierlike lede dit 59nie nodig het nie; maar God het die liggaam 60saamgestel en 61aan die misdeelde lid oorvloediger eer 62gegee,
sodat daar geen 63verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede 64gelyke sorg vir mekaar mag dra.
En as een lid ly, 65ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
hMaar 66julle is die liggaam van Christus en lede 67afsonderlik.
En God het sommige 68in die gemeente gestel: i69in die eerste plek apostels, k70ten tweede profete, ten derde 71leraars, daarna 72kragte, daarna 73genadegawes van gesondmaking, 74helpers, 75regeringe, 76allerhande tale.
77Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?
Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit 78uitlê?
Maar beywer julle met die oog op 79die beste gawes; en ek wys julle 80’n nog uitnemender weg.
| 1 Hy verstaan daardeur nie soseer die inwendige geestelike gawe van die geloof en van die wedergeboorte nie, maar wel die uitwendige en wonderbare gawes wat toentertyd deur die Heilige Gees met die oplegging van hande aan sommige gegee is; dit word gawes in vers 4, en werkinge in vers 6 genoem, en in verse 8-10 beskryf.
2 Naamlik oor waar dit vandaan kom, vir watter doel dit gegee word, en hoe dit gebruik moet word. |
| 3 Naamlik soos dom diere laat verlei deur allerlei leuens en bedrieërye. Sien dergelike in 2 Tim. 2:26.
4 Om die afgode wat geen lewe, verstand of spraak het nie, te dien en oor toekomende dinge te vra. Sien Ps. 115:4-7. Háb. 2:18. 5 Naamlik deur die afgodiese priesters, waarsêers en ander instrumente van die duiwel, die een na die een afgod, die ander na die ander afgod. |
| a Mark. 9:39.
b Joh. 13:13. 1 Kor. 8:6. |
6 Gr. in.
7 Gr. anathema, sien oor hierdie woord Hand. 23:12. Rom. 9:3. Gal. 1:8, 9. Die heidene en vyande van die Christelike godsdiens het dit wel gedoen. Sien Plinius aan Trajanus. 8 Dit is, erken en bely dat Hy die ware Seun van God, die beloofde Messías en Saligmaker van die wêreld is. 9 Gr. in. |
| c Rom. 12:6. 1 Petr. 4:10. | 10 Gr. daar is verskeidenhede, dit is, die genadegawes is velerlei, die een voortrefliker as die ander, en ook verskillend uitgedeel, aan die een persoon wel en aan die ander nie, en dít in verskillende mate. Sien vers 8, ens.
11 Naamlik om te profeteer, in vreemde tale te spreek en dergelike wat hierna beskryf word. 12 Naamlik wat al hierdie genadegawes werk en uitdeel; en daarom behoort diegene wat die voortreflikste gawes ontvang het, hom nie daaroor te verhef nie, of diegene wat mindere gawes het, te verag nie, aangesien Hy aan daardie persoon immers net sulke voortreflike gawes kon gee as aan die ander. |
| 13 Dit is, kerklike dienste, wat in vers 28 beskryf word.
14 Naamlik Jesus Christus, wat die bedieninge ingestel het, en wat die een vir hierdie diens roep, en die ander vir ’n ander diens, soos dit Hom behaag. Sien Ef. 4:11. |
| 15 Dit is, van die wonderbare gawes van gesondmaking en ander wonders. Sien verse 9, 10.
16 Naamlik die Vader deur sy Seun en Heilige Gees, aan wie die werkinge van hierdie genadegawes ook toegeskryf word, vers 11. Joh. 5:19, 21. |
| 17 Of: betoning, dit is, die gawe waardeur betoon en bekend word dat die Gees dit in hom gewerk het.
18 Naamlik tot stigting van die gemeente en tot algemene diens van almal. Daarom moet hulle ook vir geen ander doel gebruik word nie, nie tot selfverheffing of tot veragting van ander nie. |
| 19 Dit is, die gawe om die goddelike dinge uitsonderlik goed te verstaan, en dit tot saligheid en diens van die mense sorgvuldig te kan aanwend en gebruik.
20 Dit is, die gawe om goed in die Heilige Skrif onderlê te wees, en die regte betekenis daarvan grondig te verstaan; sommige het wel die gawe, al is dit so dat hulle daarmee saam nie die bekwaamheid het om hierdie kennis óf aan ander mee te deel, óf dit goed tot gebruik toe te pas nie. 21 Of: volgens. |
| 22 Naamlik om wonders te doen, wat ’n besondere vertroue is dat God hierin vir ons sal gee wat die gewone gang van die natuur te bowe gaan, wat ons in Christus se Naam van Hom sal bid. Sien Matt. 17:20. Hand. 14:8-10. 1 Kor. 13:2.
23 Gr. in. 24 Naamlik nie deur gewone middele van medisyne nie, maar met ’n woord, deur aanraking, of deur ander wonders, soos Petrus in Hand. 3:6, en Paulus in Hand. 28:8. Sien ook Hand. 14:3; 19:11, 12. Jak. 5:14, 15. 25 Gr. in. |
| 26 Hierdeur word die gawe verstaan om wonders te doen, nie net tot hulp en diens van die mense nie, maar ook tot straf van die huigelaars of vyande van Christus en sy leer. Sien daarvan Hand. 5:5 in Petrus en Hand. 13:11 in Paulus.
27 Dit is, om toekomende dinge met sekerheid vooruit aan te kondig. Ágabus het hierdie gawe gehad, Hand. 11:27, 28; 21:10, asook die vier dogters van Filippus, Hand. 21:9; of ook om die profetiese Skrifte uit te lê tot stigting, troos en bemoediging, 1 Kor. 14:3. Sien Rom. 12:7. Maar dit wil voorkom of hier die eerste verklaring van profeteer verstaan moet word. 28 Dit is, die gawe om die opregte en die valse leraars van mekaar te onderskei, en die gemeente teen die valse leraars te waarsku. Sien 1 Joh. 4:1. 29 Gr. soorte tonge; naamlik tale wat hulle nie geleer het nie, maar wat hulle deur ’n besondere wonder en goddelike onderwysing en ingewing kan spreek. Sien Mark. 16:17. Hand. 2:4. 30 Gr. van tonge, dit is, wat dít wat in ’n onbekende taal geskryf of gespreek was, in ’n bekende taal duidelik kon uitlê, en aan ander, wat dit nie verstaan nie, verklaar. |
| d Rom. 12:3, 6. Ef. 4:7.
e 1 Kor. 7:7. 2 Kor. 10:13. |
31 Sien vers 4.
32 Naamlik die Heilige Gees, wat aan niemand gebind is of deur niemand se bekwaamheid beweeg word nie, maar hierdie genadegawes ooreenkomstig sy vrye wil en welbehae uitdeel. |
| f Rom. 12:4, 5. Ef. 4:16. | 33 Die apostel gebruik hierdie beeld ook in Rom. 12:4, 5. Ef. 4:4, 12, 16, en dit is baie toepaslik om die lede van ’n geestelike liggaam tot vrede en eenheid aan te spoor.
34 Dit is, nie in baie liggame verdeel nie, so is die algemene Christelike kerk ook slegs een geestelike liggaam, Hoogl. 6:9. Rom. 12:5. Ef. 2:14; 4:4, 5. Niemand moet hierdie eenheid deur twis of skeuringe verbreek nie. 35 Naamlik wat verskeie genadegawes, waardigheid en bediening het. 36 Naamlik het slegs een liggaam, waarvan Hy die Hoof is, en wat baie en verskeie lede het. Of: so ook Christus, dit is, die liggaam van Christus, naamlik die gemeente, wat so deur Christus, die Hoof van die gemeente, genoem word. |
| g Gal. 3:28. | 37 Naamlik gelowiges, wat as lede tot hierdie liggaam van Christus behoort.
38 Gr. in een Gees, dit is, deur die Gees van die wedergeboorte, wat slegs een is, en ons gevolglik ook tot eenheid vermaan en verbind. 39 Naamlik die gemeente van Christus, waarin ons ingelyf word deur die doop, wat die bad van die wedergeboorte is, Ef. 5:26. Tit. 3:5, en ons ook tot eenheid verbind. 40 Dit is, van watter afkoms, staat of toestand ons ook is. 41 Of: met een Gees deurdrenk. 42 Ook die nagmaal van die Here, waartydens ons almal een drank uit een beker drink, vermaan en verbind ons om, terwyl ons alle verdeeldheid vermy, na eenheid te streef om een geestelike liggaam en eensgesind te wees. Die apostel gebruik dergelike rede in 1 Kor. 10:17, dat, soos ons by die nagmaal almal deel aan een brood het, so word ons ook daardeur vermaan dat ons, wat baie is, tog een liggaam is. |
| 43 Naamlik bestaan nie uit een lid alleen nie, maar uit baie en verskillende lede; so bestaan ook die liggaam van die gemeente uit baie lede, wat verskeie genadegawes en bedieninge het, waarvan sommige regeer en ander geregeer word, sommige leer en ander geleer word, sommige in die gemeente spreek en ander aandagtig luister. |
| 44 Gr. uit die liggaam nie. Die apostel vergelyk die voet en die oor hier met diegene wat mindere genadegawes of bedieninge in die gemeente het, en die hand en die oog met die wat meerdere en voortrefliker genadegawes en bedieninge het; hy vermaan die eerstes, dat hulle die ander hul besondere genadegawes en bedieninge nie moet misgun nie, maar met hulle eie staat en toestand tevrede moet wees, Deut. 28:13. |
| 45 Die apostel wys hiermee aan hoe nodig dit is dat hierdie verskeidenheid van genadegawes en bedieninge in die gemeente teenwoordig is, tot welstand van die gemeente. |
| 46 Elkeen naamlik op sy plek, en elkeen tot sy besondere gebruik en diens vir die hele liggaam; so doen Hy ook met die lede van die gemeente, Hy stel elkeen tot sy besondere diens, en gee elkeen sy gawes daarvoor.
47 Sien vers 11. |
| 48 Dit is, as die lede van die gemeente almal dieselfde bediening en genadegawes gehad het.
49 Dit is, hoe sou die gemeente kon bestaan en opgebou word? Want een lid kan dit nie alleen doen nie. |
| 50 Naamlik wat verskillende roepings, genadegawes en werkinge het.
51 Naamlik tot wie se nut en opbou elkeen sy deel moet aanwend en bydra. |
| 52 Dit is, diegene wat die voortreflikste roepings, genadegawes of bedienings het; soos ook deur die hoof die voorgangers en regeerders van die gemeente verstaan word.
53 Dit is, vir diegene wat ook wel voortreflike genadegawes of bedienings het, maar nie so uitnemend soos die oog nie. Sien Deut. 28:13. |
| 54 Naamlik tot onderhouding en diens van die hele liggaam; want die oog kan niks kry of aangryp sonder die hand nie, en die hoof kan nie loop sonder die voete nie. |
| 55 Geen ledemate van die liggaam deur God geskape, is in hulleself minder eerbaar nie; maar dat sommige as sodanig beskou word, gebeur op grond van mense se denkwyse, volgens die gebruik wat die ledemate in die liggaam het.
56 Of: bedek, of omring ons met oorvloediger eer, naamlik deur hulle te bedek en met eerbaarheid te benoem. 57 Naamlik wat mismaak, verdraai of verkort is of enige ander gebrek het, of wat ter wille van eerbaarheid bedek moet word. 58 Naamlik omdat ’n mens poog om daardie gebreke te bedek of met sierlike kleding mooi te maak. So behoort ’n mens ook met die onaansienlike lidmate van die gemeente te doen; ’n mens moet hulle daaroor nie verag nie, maar veel eerder vereer en hul gebreke bedek. |
| 59 Naamlik om meer versier te word nie, omdat hulle in hulleself sierlik genoeg is.
60 Gr. saamgemeng, of: saamgevoeg. 61 Dit is, aan so ’n lid, wat hierdie eer nodig het. Dit moet ons dan vermaan, dat ons dieselfde ook behoort te doen aan die onaansienlike lidmate in die gemeente. 62 Dit is, deur die natuurlike eerbaarheid word ons geleer en beveel om sulke lede te eer. |
| 63 Gr. skeuring, naamlik wat noodwendig sou ontstaan indien die een lid die ander nie na behore wil dien nie; en dit sou noodwendig tot die ondergang van die hele liggaam lei. So is dit ook in die gemeente.
64 Gr. dieselfde. |
| 65 Dit is, wys hulle metterdaad dat die ander se lyding hulle ook aangaan, en doen hulle alles om die lydende lid van die lyding te bevry. So moet die lede van die gemeente ook doen, Hebr. 13:3. |
| h Rom. 12:5. Ef. 1:23; 4:12; 5:23. Kol. 1:24. | 66 Die apostel pas nou die voorgaande beeld op die gemeente toe, wat die geestelike liggaam van Christus is, waarvan elke gelowige in die besonder ’n lidmaat is; om die rede behoort hulle hul so teenoor hul medelidmate te gedra, soos in die beeld aangewys is dat die uiterlike ledemate van ’n liggaam teenoor mekaar doen.
67 Gr. uit ’n deel, dit is, elke gelowige is ’n besondere lid en deel van dieselfde liggaam, wat uit alle dele en lidmate saamgevoeg is; so moet elke deel dan in sy ordelike plek beskou en geag word, en alles bydra tot diens en nut van die geheel. |
| i Ef. 4:11.
k Ef. 2:20. |
68 Naamlik om in die gemeente bepaalde dienste te bedien. Hy spreek nou verder van hierdie bedieninge, tot verklaring van vers 5.
69 Sien Luk. 6:13 oor die woord apostels. Aan hulle word die eerste en vernaamste plek onder die kerkdienaars van die Nuwe Testament toegeskryf, omdat hulle deur Christus self, sonder bemiddeling van mense, geroep is, Gal. 1:1, in die leer nie kon dwaal nie, deur die hele wêreld gestuur is om te preek, en met besondere mag voorsien is om wonders te doen en die ongehoorsames te straf. 70 Sien vers 10. Rom. 12:7. Ef. 4:11. 71 Dit is, wat gewoonlik geroep is om die Skrif tot opbou van die gemeente uit te lê, en die leer van die Skrif teen die valse leraars te bevorder en te verdedig. Sien Ef. 4:11. 72 Dit is, wat die gawe ontvang het om met wonders die leer te bevestig, en die mag om die hardnekkiges op ’n buitengewone manier te straf. 73 Dit is, wat die gawe het om deur wonders ongeneeslike en alle ander siektes te genees. Sien vers 9. 74 Dit is, wat die armes en siekes versorg en help. 75 Dit is, wat aangestel is om die gemeente in goeie orde te hou en te bestuur, wat die ouderlinge is, Rom. 12:8. 1 Tim. 5:17. 76 Gr. soorte tonge. Sien vers 10. |
| 77 Dit is, omdat die dienaars in die kerk nie almal dieselfde, en ook nie gelykwaardige bedieninge het nie, behoort diegene wat die hoogste het, nie diegene te verag wat ’n mindere het nie; en laasgenoemde behoort die ander nie hul gawes te misgun, en so onder mekaar te begin twis nie; maar elkeen sy besondere diens, tot stigting en vrede aanwend. |
| 78 Of: vertaal, naamlik uit vreemde tale. Sien vers 10. |
| 79 Gr. die betere, dit is, hoewel die genadegawes verskillend is, die een voortrefliker as die ander, en dat elkeen met sy eie tevrede moet wees, hoe gering dit ook is, en hulle hul moet beywer om dit tot die meeste nut en stigting van die gemeente aan te wend, nogtans is dit ook prysenswaardig dat ’n mens deur gepaste middele probeer om die beste en voortreflikste gawes te bekom.
80 Gr. ’n weg na uitnemendheid, naamlik wat hy in die volgende hoofstuk aanwys; dat ons, met nalating van alle twis, hoogmoed en veragting, al ons dade uit en volgens liefde rig. |