Statevertaling – Bybelstigting

1 Korinthiërs 13

Die uitnemendheid van die liefde.

1

AL sou ek 1die tale 2van mense en 3engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ’n 4klinkende 5metaal of ’n luidende simbaal geword.

2

aEn al sou ek die gawe 6van profesie hê en 7al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die 8geloof hê, sodat ek bberge kon 9versit, en ek het nie die liefde nie, 10dan sou ek niks wees nie.

3

En al sou ek al my goed 11uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om 12verbrand te word, en ek 13het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

4

14cDie liefde is 15lankmoedig en 16vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde 17praat nie groot nie, is nie 18opgeblase nie,

5

handel nie 19onwelvoeglik nie, dsoek nie 20sy eie belang nie, word nie 21verbitterd nie, 22reken die kwaad nie toe nie,

6

is nie bly 23oor die ongeregtigheid nie, emaar is bly 24saam met die waarheid.

7

Dit 25bedek alles, 26glo alles, 27hoop alles, 28verdra alles.

8

Die liefde 29vergaan 30nimmermeer; maar 31profesieë — 32hulle sal tot niet gaan; of 33tale — hulle 34sal ophou; of 35kennis — dit sal tot niet gaan.

9

Want 36ons ken 37ten dele en ons profeteer ten dele.

10

Maar as 38die volmaakte 39gekom het, dan sal 40wat ten dele is, tot niet gaan.

11

41Toe ek ’n kind was, het ek gepraat soos ’n kind, 42gedink soos ’n kind, 43geredeneer soos ’n kind; maar nou dat ek ’n man is, het ek 44die dinge van ’n kind afgelê.

12

fWant 45nou sien ons deur ’n 46spieël 47in ’n raaisel, maar 48eendag van 49aangesig tot aangesig. 50Nou 51ken ek ten dele, maar 52eendag sal ek ten volle ken, net soos ek 53ten volle geken is.

13

En 54nou 55bly geloof, hoop, liefde — hierdie drie; maar die 56grootste hiervan is die liefde.

1 Gr. met tonge.

2 Dit is, wat sommige mense in die wêreld sou kon spreek.

3 Die engele, wat geeste is, Hebr. 1:14, het eintlik nie tonge soos ons nie, maar dit moet verstaan word as die voortreflikheid en menigte van tale, wat ook die engele sou kon spreek wanneer hulle by die mense is.

4 Of: weergalmende.

5 Dit is, instrument gemaak van metaal, waarmee ’n mens ’n groot geluid sonder aangenaamheid of inhoud maak.

a Matt. 7:22. Rom. 12:7.

b Matt. 17:20; 21:21. Mark. 11:23. Luk. 17:6.

6 Sien oor hierdie gawe Rom. 12:7. 1 Kor. 12:10.

7 Sien ook oor hierdie gawe 1 Kor. 12:8, 10.

8 Naamlik om allerlei wonders te doen. Sien 1 Kor. 12:9, 10.

9 Dit is, een van die grootste wonders kon doen, soos om ’n berg van die een plek na ’n ander te verplaas.

10 Dit is, dan sou die gawes vir my geen nut gehad het nie, en dit sou nie diensbaar wees tot saligheid nie.

11 Die Griekse woord beteken om brood in stukke te sny, om iemand te voed.

12 Naamlik ter wille van Christus se Naam en waarheid; wat die grootste daad van Christelike onverskrokkenheid is.

13 Dit is, dit nie uit liefde vir God se eer gedoen en om die gemeente daarmee te bou en in die waarheid te bevestig nie, maar uit eergierigheid of ander bymotiewe en insigte.

c Spr. 10:12. 1 Petr. 4:8. 14 Dit is, ’n mens wat die ware liefde het.

15 Dit is, verdra deur die genade van die Heilige Gees die smaadhede en onreg wat hom aangedoen word, en bedwing die toorn en die wraakgierigheid.

16 Dit is, geneë en bereid om aan elkeen, ook aan die vyande, goed te doen.

17 Of: verkeerdelik, voorbarig, ligsinnig, naamlik met woorde of met dade.

18 Dit is, verwaand, eergierig, terwyl hy baie van homself hou en ander verag.

d 1 Kor. 10:24. Filip. 2:4. 19 Of: onbetaamlik.

20 Of: die dinge wat van homself is, dit is, nie die dinge wat tot sy eie voordeel strek nie, maar tot die welvaart van die naaste en van vele ander.

21 Naamlik tot toorn, heftigheid en wraakgierigheid.

22 Of: bedink geen kwaad nie. Dit is, oorweeg nie in sy gemoed hoe hy sy naaste uit wraakgierigheid enige kwaad sal aandoen nie. Of: vermoed geen kwaad in die optrede van die naaste, uit argwaan en ’n kwade vermoede nie.

e 2 Joh. vers 4. 23 Of: in die ongeregtigheid nie, naamlik as iemand onreg doen, of ook as iemand onreg aangedoen word.

24 Of: in die waarheid, dit is, as iemand doen, of aangedoen word, wat reg en behoorlik is.

25 Of: verdra. Die Griekse woord beteken albei. Omdat daar egter direk hierna oor die verdraagsaamheid gespreek word, pas die woord bedek hier beter, omdat dit ook ’n werk eie aan die liefde is, Spr. 10:12. 1 Petr. 4:8. Of: Dit soek in alle dinge dit wat goed is en ten beste dien.

26 Naamlik wat enigsins geloofwaardig en nie openlik vals is nie, naamlik aangaande die optrede van sy naaste, deur altyd die goeie daarin te soek, solank die teendeel nie blyk nie.

27 Naamlik van God, dat Hy hom sal verlos en bystaan, Job 13:15, en van die mense, dat hulle dit nie so sleg bedoel, gesê of gedoen het nie; of dat hulle, as hulle geval het, weer sal opstaan.

28 Dit is, verduur ter wille van vrede alle onreg wat hom aangedoen word, sonder om hom te wreek.

29 Gr. val of verval, soos in Rom. 9:6.

30 Dit is, die liefde sal in hierdie lewe nie ophou om hierdie vrugte voort te bring nie, en in die toekomende lewe sal dit nie ophou nie, maar altyd blywend en volmaak wees, hoewel nie altyd besig met dieselfde werkinge nie.

31 Sien 1 Kor. 12:10.

32 Naamlik in hierdie lewe, as die genadegawe sal ophou, soos ná die tyd van die apostels gebeur het; sowel as in die toekomende, wanneer die voorsegging van toekomende dinge nie nodig sal wees nie.

33 Gr. tonge. Sien 1 Kor. 12:10.

34 Naamlik net soos die profesieë.

35 Naamlik die onvolmaakte kennis, wat ons nou in hierdie lewe deur die bediening van die Woord verkry, soos in die volgende verse verklaar word.

36 Naamlik nou, in hierdie lewe.

37 Nie dat ons nou nie alles sou weet wat vir ons tot saligheid nodig is nie, Joh. 16:13. 1 Kor. 1:5. 2 Tim. 3:15, maar die apostel sê dit ten opsigte van en in vergelyking met die kennis wat ons van goddelike sake sal hê in die toekomende lewe. In vergelyking daarmee reken hy hierdie kennis, wat ons nou het, slegs as ’n klein deeltjie.

38 Dit is, die volmaakte kennis van goddelike sake, vir soveel ’n gewone mens sal kan bevat en wat vir ons tot volmaakte vreugde en saligheid nodig sal wees.

39 Wat eers in die toekomende lewe sal wees.

40 Dit is, hierdie onvolmaakte kennis. Sien vers 8.

41 Die apostel vergelyk die kennis wat ons nou in hierdie lewe het, met die kennis wat klein kinders het; en die kennis wat ons in die toekomende lewe sal hê, met die kennis van volwasse manne. So ’n onderskeid is daar tussen hierdie twee, en selfs nog baie groter.

42 Of: verstaan.

43 Naamlik deur met my verstand die dinge te oorweeg.

44 Dit is, die klein, eenvoudige en kinderlike kennis, wat ek gehad het.

f 2 Kor. 3:18. 45 Naamlik solank ons in hierdie lewe is.

46 Dit is, tussen die kennis wat ons nou het, en die kennis wat ons ná hierdie lewe sal hê, is daar sodanige verskil soos wanneer ’n mens die beeld van die gesig van iemand in ’n outydse spieël sien, en wanneer hy die gesig self aanskou.

47 Dit is, so ’n verskil is daar ook, soos wanneer iemand iets op ’n onduidelike manier in die vorm van ’n raaisel voorstel, en of hy dit doen met helder, juiste en duidelike woorde.

48 Naamlik in die toekomende lewe.

49 Dit is, duidelik en volmaak. Sien 1 Joh. 3:2.

50 Naamlik in hierdie lewe.

51 Dit is, ook ek self, hoewel ek ’n apostel is, en in die derde hemel opgeneem was, waar ek onuitspreeklike woorde gehoor het, 2 Kor. 12:4.

52 Naamlik in die toekomende lewe.

53 Naamlik deur God, wat my volkome ken, my liefhet, as sy eiendom erken, en deur hierdie liefde van Hom my ook dieselfde kennis sal gee.

54 Sien vers 12.

55 Dit is, ons het nodig dat al drie hierdie deugde in ons is en bly. Want sonder geloof kan ons nie geregverdig word nie en is dit onmoontlik om God te behaag; sonder hoop kan die geloof nie staande bly nie, en deur die liefde moet die geloof werksaam wees.

56 Gr. meerdere, naamlik omdat die geloof en die hoop in die toekomende lewe sal ophou, omdat ons dan metterdaad die dinge waarin ons nou glo en waarop ons nou hoop, sal geniet en besit; maar die liefde sal ewiglik bly en volmaak wees. Sien vers 8.