Statevertaling – Bybelstigting
Die insameling vir die Christene in Jerusalem.
WAT 1die insameling 2vir die heiliges betref, 3moet julle ook so doen soos ek vir 4die gemeentes van Galásië 5gereël het.
aOp elke 6eerste dag 7van die week moet 8elkeen van julle self 9opsy sit en 10opspaar namate sy 11voorspoed is, sodat die insamelinge 12nie eers plaasvind as ek kom nie.
En wanneer ek aangekom het, sal ek 13die persone wat julle goedkeur, 14met briewe stuur om julle 15gawe na Jerusalem te bring.
En as dit die moeite 16werd is 17dat ek ook gaan, kan hulle saam met my reis.
Planne van Paulus. Verskillende aanbevelinge. Groete.
MAAR bek sal na julle kom 18nadat ek deur Macedónië gereis het, want ek gaan deur Macedónië.
En 19moontlik sal ek by julle vertoef of ook 20oorwinter, sodat 21julle my kan voorthelp 22waarheen ek ook al mag reis.
Want ek wil julle nie nou net 23in die verbygaan sien nie, maar ek hoop om ’n tyd lank by julle te bly 24as die Here dit toelaat.
Maar ek sal 25in Éfese bly tot 26Pinkster toe.
Want ’n groot en 27kragtige 28deur het vir my oopgegaan, en daar is 29baie teëstanders.
En as 30Timótheüs kom, sorg dat hy 31sonder vrees by julle is, want hy doen 32die werk van die Here net 33soos ek.
Laat niemand hom dan 34minag nie, maar help hom verder 35in vrede, dat hy na my toe kan kom; want ek wag vir hom saam met die broeders.
Met betrekking tot die broeder 36Apollos, by hom het ek 37sterk 38aangedring om saam met die broeders na julle te gaan; maar hy was 39heeltemal onwillig om nou te gaan; hy sal egter gaan wanneer die tyd vir hom geleë is.
40Waak, 41staan in die geloof, 42wees manlik, 43wees sterk.
44Laat alles by julle in liefde geskied.
En ek versoek julle, broeders — julle weet dat 45die huisgesin van 46Stéfanas 47die eersteling van Acháje is en dat hulle hul 48tot diens van die heiliges 49gestel het —
dat julle ook 50onderworpe moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat 51saamwerk en arbei.
En ek verbly my 52oor die aankoms van Stéfanas en Fortunátus en Acháïcus, omdat hulle 53my gemis aan julle vergoed het.
Want hulle het 54my gees 55verkwik en 56julle s’n ook. 57Erken sulke manne dan.
Die gemeentes 58van Asië groet julle. 59Áquila en Priscílla saam met 60die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.
Al die broeders groet julle. cGroet mekaar 61met ’n heilige kus.
Die groete 62van Paulus, met my eie hand.
As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom 63’n vervloeking wees! 64Maranáta!
65Die genade van die Here Jesus Christus sy met julle!
66My liefde met julle almal in Christus Jesus! Amen.
| 1 Naamlik van die geld, wat bymekaargemaak word in die gemeente.
2 Dit is, vir die arm gelowiges in Jerusalem, onder wie daar groot gebrek was, sowel vanweë die hongersnood, deur Ágabus vooruit aangekondig, Hand. 11:28, asook vanweë die wrede vervolging wat hierdie gemeente ondergaan het, wat daardeur genoodsaak was om bystand te versoek by die bloeiende Griekse gemeentes. Sien oor hierdie kollekte ook Rom. 15:25, 26. 2 Kor. 8:1, ens. Gal. 2:10. 3 Dit is, volg die gemeentes se voorbeeld na, sowel in die mildelike gee van gawes, Rom. 12:13, as in die onderhouding van die manier van insameling daarvan, wat in die volgende vers beskryf word. 4 Sien oor hierdie gemeentes Gal. 1:2 se kanttekening. 5 Naamlik op watter geskikte wyse en tyd hierdie kollekte ingestel en gehou kan word. |
| a Hand. 11:29. 2 Kor. 8:4; 9:1. | 6 Gr. een. ’n Hebreeuse spreekwyse. Sien dergelike spreekwyse in Gén. 1:5. Dan. 9:1. Sien ook Matt. 28:1. Mark. 16:9. Luk. 24:1.
7 Gr. van die sabbatte, waardeur dikwels die hele week bedoel word. Sien Mark. 16:9. Joh. 20:1. Hierdie eerste dag word deur Johannes die dag van die Here genoem, Openb. 1:10, omdat die Here Christus op dié dag uit die dode opgestaan het. Op hierdie dag het die apostels gewoonlik hul samekomste gehou, Joh. 20:19, 26. Hand. 20:7. 8 Naamlik elke lidmaat van julle gemeente, wat enige middele het. 9 Naamlik om te voorsien in die lewensbehoeftes van die armes. Want om nou en dan iets eenkant te sit, belas nie soseer nie, en die klein bietjies saam maak baie. 10 Dit is, op die manier sal julle mettertyd as ’t ware ’n skat bymekaarmaak soos blyk uit die Griekse woord. Of: met die sekerheid dat julle vir jul daarmee ’n skat in die hemel bymekaarmaak, Matt. 6:20. 11 Die Griekse woord beteken eintlik om ’n goeie pad of reis te hê, soos in Rom. 1:10, en word by wyse van vergelyking vir allerlei vorme van voorspoed gebruik. Elkeen moet dan gee volgens die maat waarmee die Here hom geseën het, 2 Kor. 8:12. 12 Naamlik wat dan inderhaas, en gevolglik nie so goed en voordelig vir die armes sal kan plaasvind nie. |
| 13 Naamlik om die ingesamelde aalmoese getrou oor te bring.
14 Hierdie met briewe kan gevoeg word by die voorgaande woorde wat julle goedkeur, in hierdie betekenis: persone wat julle self deur briewe aan my sal noem en te kenne gee dat julle hulle daarvoor bekwaam en getrou reken. Of dit kan gevoeg word by die daaropvolgende woord stuur, naamlik met my aanbevelingsbriewe aan die gemeente van Jerusalem. 15 Gr. julle genade, dit is, julle aalmoes, wat julle slegs uit goedheid en barmhartigheid, deur die genade van God, vir hulle sal gee. Sien 2 Kor. 8:1. |
| 16 Of: nodig is.
17 Die apostel bied sy dienste aan om gewilliglik daardie moeite te doen, sou hulle dit nodig ag; wat hy ook gedoen het, soos blyk uit Hand. 24:17. Rom. 15:25. |
| b 2 Kor. 1:15. | 18 Die apostel het dus, toe hy hierdie brief geskryf het, nog nie in Macedónië gekom nie, maar dit blyk uit verse 8 en 19, dat hy toe nog in Éfese was. |
| 19 Dit is, as die Here dit sal toelaat. Sien vers 7. Jak. 4:15.
20 Dit is, gedurende die hele winter by julle bly, sodat julle van my diens genoegsaam gebruik kan maak. 21 Dit is, sommige uit julle gemeente, wat julle daarvoor sal benoem. 22 Naamlik hetsy na Jerusalem, as dit nodig gevind word dat ek hierdie diens self sal verrig, of êrens anders heen sal reis om die evangelie te versprei. |
| 23 Of: terwyl ek deurreis, sonder om by julle te bly.
24 Omdat Hy besonderlik deur sy Gees ons reise bestier, waarheen Hy ons wil stuur; en soms deur sy Gees verhinder, sodat ons nie kan gaan waarheen ons ons voorgeneem het om te gaan nie. Sien ’n voorbeeld daarvan in Hand. 16:7. Sien ook Jer. 10:23. Rom. 1:10. Jak. 4:15. |
| 25 Waar hy reeds twee jaar lank was, Hand. 19:10.
26 Sien oor hierdie woord Hand. 2:1 en 20:16 se kanttekeninge. |
| 27 Ten opsigte van die kragtige seën wat die Here gee tot verspreiding van die evangelie en die bekering van vele.
28 Dit is, ’n goeie geleentheid word hier aan my gegee om die evangelie te versprei. Sien Hand. 14:27. 2 Kor. 2:12. Openb. 3:8. 29 Naamlik wat probeer om die loop van die evangelie te verhinder; daarom is my teenwoordigheid hier nog nodig, om hulle teë te staan en die gemeente teen hulle te versterk. |
| 30 Sien oor hom Hand. 16:1. 1 Tim. 1:2. Paulus het hom gestuur om saam met Erástus die gemeentes te besoek, Hand. 19:22.
31 Naamlik vir die vyande van die evangelie, sowel van die heidene as van die valse broeders, wat die vroom leraars van die evangelie baie verdriet aangedoen het, en hulle in gevaar gebring het. 32 Naamlik die verkondiging van die evangelie, 1 Tim. 3:1. 33 Hy verkondig met dieselfde ywer en trou as ek die evangelie en behartig die diens van die Woord, Filip. 2:20; hoewel hy geen apostel is nie, maar ’n evangelis, 2 Tim. 4:5. |
| 34 Naamlik oor sy jonkheid, 1 Tim. 4:12.
35 Dit is, dat hy met sekerheid en voorspoedig, sonder swarigheid en gevaar na my toe kan kom. |
| 36 Sien oor hierdie Apollos Hand. 18:24, ens.; 19:1. 1 Kor. 1:12; 3:6, 22.
37 Gr. baie. 38 Of: vermaan. 39 Hy het sonder twyfel gewigtige redes daarvoor gehad; sommige meen om die party wat gesê het: Ek is van Apollos, 1 Kor. 1:12, met sy teenwoordigheid nie te ondersteun nie. |
| 40 Naamlik teen die liste en aanslae van die Satan, 1 Petr. 5:8.
41 Dit is, bly standvastig, 1 Kor. 15:58. 42 Naamlik in alle swarighede en gevare, sodat julle dit met dapperheid oorwin. 43 Naamlik na die siel, met geestelike sterkte beklee, om daardeur alle versoekings teë te staan en te oorwin. |
| 44 Die apostel het hierdie vermaning tevore breedvoerig uiteengesit, hfst. 13, en hy herhaal dit hier in die slot van die brief, omdat die liefde baie nodig is om alle tweespalt en skeuring uit die weg te ruim, wat gewoonlik ontstaan uit ’n gebrek aan liefde. |
| 45 Gr. die huis. Dit is, die mense in die huis of huisgesin.
46 Sien oor hom 1 Kor. 1:16. Dit wil voorkom of hy ’n diaken in die gemeente van Korinthe was en ’n man van aansien. 47 Dit is, dat hierdie huisgesin onder die eerstes in Acháje was wat die evangelie aangeneem het en tot Christus bekeer en deur Paulus gedoop is, 1 Kor. 1:16. Epénetus word ook so genoem, Rom. 16:5, omdat hy ook een van die eerstes was; hulle behoort daarom des te meer geprys en geag te word. 48 Om die arm gelowiges te dien met die insameling en uitdeling van aalmoese, en ander hulp te bewys, Hand. 6:1. Rom. 15:25. 49 Gr. verorden, dit is, het hulle vrywillig en heeltemal tot daardie diens gestel, met dien verstande dat hulle daartoe wettiglik geroep is, Hand. 6:3, 5. |
| 50 Naamlik nie net deur gehoorsaamheid in die sake wat hulle diens aangaan nie, maar ook deur eerbied ter wille van hul diens, Ef. 5:21.
51 Naamlik saam met hulle, in dieselfde of soortgelyke diens, wat ter wille van hul diens in ere gehou moet word, 1 Thess. 5:13. |
| 52 Hierdie drie het vanaf Korinthe na Paulus gereis, om aan hom die stand van sake in die gemeente aldaar bekend te maak. Om hulle van alle kwade vermoedens te bevry, prys hy hulle, en verklaar dat hul koms vir hom aangenaam was.
53 Naamlik julle afwesigheid, dit is, ek is deur hul koms só vergenoegd, asof ek in hulle, wat min is, alle ander lidmate van die gemeente van Korinthe by my gehad het. |
| 54 Dit is, my siel, my hart.
55 Of: rus gegee, naamlik deur hul gesprekke en deur alles wat hulle my oor die stand van sake in julle kerk meegedeel het. 56 Naamlik omdat ek verseker is, as julle sal verstaan dat my siel verkwik is, dat ook julle siele daardeur verkwik sal word. 57 Dit is, hou hulle in hoë agting, waarde en liefde. |
| 58 Die apostel was dus toe in Asië, nie in Macedónië nie. Sien verse 5, 8.
59 Sien oor hulle Rom. 16:3 en die kanttekeninge. Hulle het saam met Paulus vanaf Korinthe na Éfese vertrek, Hand. 18:2, 18. 60 Sien ook Rom. 16:5. |
| c Rom. 16:16. 2 Kor. 13:12. 1 Thess. 5:26. 1 Petr. 5:14. | 61 Sien Rom. 16:16 se kanttekening. |
| 62 Naamlik waarmee ek hierdie brief onderteken het. Dit wil voorkom of die apostel ’n spesifieke manier gehad het om sy handtekening te maak, wat aan die gemeentes bekend was, met my eie hand, van Paulus, sien Kol. 4:18. 2 Thess. 3:17, sodat sy briewe duidelik van ander onderskei sou word, en dat hy gewoond was om die volgende apostoliese wens, vers 23, ook met sy eie hand onder al die briewe te skryf. |
| 63 Gr. anathema, sien oor hierdie woord Rom. 9:3. Gal. 1:8.
64 Dit is ’n Aramese of Siriese woord, wat skynbaar destyds gebruiklik was om ’n baie ernstige vervloeking, wat deur die Hebreërs gerem genoem word, uit te druk; en dit beteken, volgens sommige, die Here kom of ons Here kom. Die apostel spreek hierdie vloek uit oor die onbekeerlike mense, nie uit ’n slegte gemoedstoestand nie, maar uit ’n apostoliese gees en heilige ywer. Sien Jud. verse 14, 15. |
| 65 Dit is die gewone slot van al die briewe van die apostel. |
| 66 Omdat die apostel sekere dinge in hierdie brief enigsins hard voorstel, verklaar hy hier dat dit nie uit kwaadwilligheid nie, maar uit liefde vir hulle gedoen is. |
Einde van die eerste brief van PAULUS aan die Korinthiërs.