Statevertaling – Bybelstigting

1 Korinthiërs 2

Die aard van Paulus se prediking in Korinthe.

1

EN toe ek by julle gekom het, broeders, ahet ek nie aan julle 1die getuienis van God kom verkondig met 2voortreflikheid van woorde of van wysheid nie,

2

want ek het my 3voorgeneem om 4niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en 5Hom as gekruisigde.

3

bEk was ook by julle 6in cswakheid en in vrees en in veel bewing;

4

en my rede en my prediking dwas nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die 7betoning van gees en krag,

5

sodat julle geloof 8nie in wysheid van mense sou bestaan nie, emaar 9in die krag van God.

6

fTog spreek ons 10wysheid onder 11die volwassenes, maar ’n wysheid gnie 12van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se 13heersers, hwat 14vergaan nie.

7

Maar ons spreek 15die wysheid ivan God, wat bestaan kin 16verborgenheid wat bedek was en 17wat God 18van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid,

8

lwat 19niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie — mwant as hulle dit geken het, sou hulle 20die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie —

9

maar soos geskrywe is: nWat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en 21in die hart van ’n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.

10

oMaar God het dit aan 22ons deur 23sy Gees geopenbaar, want die Gees 24ondersoek alle dinge, ook 25die dieptes van God.

11

pWant wie van die mense weet wat in ’n mens is, behalwe 26die gees van die mens wat in hom is? So weet ook 27niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.

12

Ons het ewenwel nie die gees 28van die wêreld ontvang nie, qmaar die Gees 29wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade 30geskenk het.

13

Daarvan spreek ons ook, rnie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met 31dié 32wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike 33vergelyk.

14

Maar 34die natuurlike mens 35neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom 36dwaasheid, en hy 37kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik 38beoordeel word.

15

sMaar 39die geestelike mens beoordeel wel 40alle dinge; self egter word hy deur 41niemand 42beoordeel nie.

16

tWant wie het 43die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het 44die sin van Christus.

a vers 4. 1 Kor. 1:17. 1 Dit is, die evangelie, wat deur God aan ons geopenbaar is, en wat getuig van die wil van God tot ons saligheid, 1 Kor. 1:6.

2 Gr. voortreflikheid van woord of rede, dit is, ’n opgesmukte manier van spreek, waardeur ek probeer het om wyser as ander voor te kom of uit te munt, of om julle te oorreed. Sien 1 Kor. 4:19.

3 Gr. geoordeel.

4 Dit is, om nie oor enige ander wetenskap met julle te spreek nie, want al was die apostel in baie ander sake ervare, ewenwel wou hy niks anders aan hulle voorhou nie, as dit wat tot hulle saligheid nodig was.

5 Dit is, wat deur sy dood en deur sy opstanding, wat daarop gevolg het, ons van ons sondes verlos en die ewige saligheid deelagtig gemaak het, Rom. 4:25; 10:9, 10.

b Hand. 18:1.

c Hand. 18:3. 2 Kor. 10:10.

6 Hierdie dinge kan verstaan word, óf as die nederige stand, waarin die apostel hom gehou het toe hy in Korinthe was, sodat nie hý nie, maar slegs sy leer by hulle in aansien sou wees, teenoor die opgeblasenheid van diegene wat hierdie skeuringe veroorsaak het; óf as die versigtigheid en beskroomdheid, wat hy in die voorstelling van die leer van die saligheid aan die dag gelê het, om niks mensliks daarmee te vermeng nie, sodat die krag daarvan nie aan sy wysheid of welsprekendheid nie, maar slegs aan die aard van die leer wat hy verkondig het, en aan die medewerking van die Gees van God toegeskryf sou word; wat die beste met die volgende ooreenkom.
d vers 1. 1 Kor. 1:17. 2 Petr. 1:16. 7 Dit is, betoning van die geestelike krag, wat uitwendig deur wonders en inwendig deur die werking van die Heilige Gees by sy woord gevoeg is, 2 Kor. 3:3.
e 2 Kor. 4:7. 8 Dit is, nie sy oorsaak of fondament sou hê in redes of woorde wat deur die menslike wysheid bedink word nie.

9 Dit is, in die goddelikheid van die leer, deur die krag van die Gees van God in ons harte verklaar, Hand. 16:14.

f Job 28:21.

g Jak. 3:15.

h 1 Kor. 15:24.

10 Dit is, die diepste verborgenhede van God se Woord, soos in vers 7. Andersins het hy ook die swakkes en kleines met melk gevoed. Sien 1 Kor. 3:2. Hebr. 5:12.

11 Of: die volmaaktes. Dit is, wat in die sake van die geloof meer toegeneem het, en nou nie meer in die eerste beginsels onderrig hoef te word nie. Sien Rom. 14:1, 2; 15:1. Filip. 3:15. Hebr. 5:14. Hierdie gelowiges word in vergelyking met ander volmaaktes genoem; andersins is hier niemand volmaak in kennis solank hy lewe nie, 1 Kor. 13:9.

12 Dit is, wat deur die menslike vernuf bedink en as groot geag word.

13 Dit is, die wyses en magtiges, soos in vers 8.

14 Naamlik met al hul wysheid en mag, omdat dit buite hierdie wêreld geen nut het nie.

i Rom. 16:25.

k 1 Kor. 4:1.

15 Dit is, wat God aan ons tot ons saligheid geopenbaar het.

16 Die apostel noem die leer van die evangelie so, omdat dit nooit deur enige menslike wysheid gevind is nie. Inteendeel, dit was vir die menslike wysheid bedek, totdat God dit deur sy profete en apostels geopenbaar het.

17 Naamlik die wysheid van God; waardeur verstaan word óf die persoon van Christus, wat in 1 Kor. 1:24 ook die wysheid van God genoem word; óf die verborgenhede van ons saligheid, deur God voorgeneem in Christus,  en daarna in die evangelie tot ons heerlikheid geopenbaar, Luk. 2:32. Beide kom goed met die volgende ooreen.

18 Gr. voor die eeue.

l Matt. 11:25. Joh. 7:48. Hand. 13:27. 2 Kor. 3:14.

m Joh. 16:3. Hand. 3:17; 13:27. 1 Tim. 1:13.

19 Naamlik vanuit hul natuurlike rede of verstand, hoe groot en skrander dit ook was. Sodanig was Herodes, Pilatus, Kájafas en ander magtiges in hierdie wêreld, asook die wysgere, skrifgeleerdes en dergelike. Andersins het Abraham ook deur God se Gees en openbaring die dag van Christus gesien, sien Joh. 8:56 met die kanttekening, en Dawid het hom daarin verbly, Ps. 16:9, saam met ander godsalige konings en profete, Luk. 10:24. Sommige van die owerstes van die Jode, soos Nikodémus en Josef van Arimathéa, het Hom ook geken; maar hulle was min in getal, en het nie met sy dood ingestem nie, Luk. 23:51. Sien dergelike spreekwyse in Joh. 3:32 en die kanttekening.

20 Naamlik wat die Middelpunt van hierdie wysheid van God is. So word Christus genoem ten opsigte van sy goddelike natuur, Ps. 24:7, wat na sy menslike natuur gekruisig is. Sien dergelike spreekwyse in Joh. 3:13. Hand. 3:15; 20:28 en die kanttekening.

n Jes. 64:4. 21 Die apostel voeg hierdie woorde tussenin, tot nadere verklaring van die voorgaande profetiese woorde, om te toon dat die verborgenhede van die evangelie en die grootte van die heerlikheid, wat God vir sy gelowiges hiernamaals berei het, so uitnemend is dat nie net geen oog en geen oor nie, maar selfs geen vernuf dit ooit uit sigself sou kon bedink of ook verstaan nie. Sien 1 Petr. 1:10-12.
o Matt. 13:11. 2 Kor. 3:18. 22 Naamlik wat God liefhet. Want dat die apostel nie net van die apostels spreek nie, maar ook van diegene wat deur hul woord in Christus glo, blyk uit dit wat volg.

23 Naamlik wat deur die Woord en met die Woord kragtig in ons is. Sien 2 Kor. 3:8. 1 Joh. 2:27.

24 Die apostel sê dit, nie omdat die Heilige Gees wat in ons woon, oor enige goddelike saak onkundig sou wees nie, en wat Hy sou moet probeer uitvind, maar omdat aan Hom, wat saam met die Vader en die Seun dieselfde God is, ook die allerdiepste sake van God geheel en al bekend is; soos van God gesê word dat Hy die harte en niere deursoek omdat hulle voor Hom oop en bekend is, Rom. 8:27. Openb. 2:23.

25 Dit is, die mees verborge raad van God. Sien Jes. 40:13.

p Spr. 27:19. Jer. 17:9. 26 Dit is, die redelike siel en die verstand van die mens weet wat in hom is. Sien 1 Joh. 3:20.

27 Naamlik onder die skepsele. Want die Seun ken die Vader, en die Vader die Seun, Matt. 11:27, en hier ook die Heilige Gees, as enige God saam met die Vader en die Seun, Rom. 8:27.

q Rom. 8:15. 28 Dit is, wat wêreldse dinge leer, en in wêreldse dinge sy vermaak het of sy geluk daarop plaas.

29 Dit is, wat van God uitgaan en aan sy kinders beloof en gegee word, Joh. 14:16. Rom. 8:15.

30 Naamlik tot ons troos en saligheid, dit is, Christus en sy weldade, Rom. 8:32. Kol. 2:9, 10.

r vers 4. 1 Kor. 1:17. 2 Petr. 1:16. 31 Naamlik, woorde. Of: redevoeringe, beweegredes.

32 Naamlik in sy goddelike inspirasies en Skrifte, nie opgesmuk met menslike welsprekendheid nie, maar kragtig in hul geestelike eenvoud.

33 Of: saamvoeg. Gr. saam oordeel; dit is, omdat die leer geestelik is, stel ons dit ook so voor, nie met wêreldse nie, maar met geestelike woorde.

34 Gr. die siellike mens, dit is, wat geen ander of hoër wysheid het, as wat die lig van die natuur en die menslike vernuf vir hom leer nie. Sien Jud. vers 19.

35 Naamlik om dit homself tot saligheid toe te eien, Rom. 8:5. Sien ’n voorbeeld in Hand. 17:18; 25:19.

36 Sien 1 Kor. 1:21-23.

37 Naamlik behalwe deur die genade en krag van God se Gees, wat die verstand verlig en die harte open, Hand. 16:14.

38 Dit is, met oordeel onderskei van menslike en wêreldse leringe.

s Spr. 28:5. 39 Dit is, wat deur die Gees van God verlig en wedergebore is.

40 Naamlik wat nodig is tot saligheid. Want die gelowiges dwaal soms ook wel in sommige sake, maar in sodanige wat nie so nodig is tot saligheid nie; of wanneer hulle hierdie gawe van onderskeiding nie genoeg opwek deur ywer en gebede nie. Sien Joh. 10:4, 27. 1 Thess. 5:21. 1 Joh. 4:1.

41 Naamlik wat nie wedergebore of geestelik is nie; andersins moet ook die gees van die profete aan die profete onderworpe wees, 1 Kor. 14:29, 32.

42 Dit is, met oordeel onderskei, soos in vers 14.

t Jes. 40:13. Rom. 11:34. 43 Naamlik die Gees van die Here, soos dit in Jes. 40:13 uitgedruk word, waar hierdie woorde staan. Dit is, die sin of die bedoeling van die Gees van die Here, Rom. 8:27.

44 Dit is, die bedoeling van Christus wat deur sy Woord en Gees aan ons bekendgemaak is, soos hiervoor verklaar is, verse 10, 12.