Statevertaling – Bybelstigting
Die dienaars van Christus en die bedienaars van die verborgenhede van God.
SO moet ons dan beskou word aas dienaars van Christus en 1bedienaars van die verborgenhede van God.
En verder word van die bedienaars vereis bdat hulle 2getrou bevind moet word.
Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur 3’n menslike regbank beoordeel word; ja, ek 4beoordeel myself nie eens nie,
want ek is my van 5geen ding bewus nie. c6Daardeur is ek egter nie geregverdig nie; maar 7Hy wat my beoordeel, is die Here.
dDaarom moet julle nie 8voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, e9wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en 10die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen 11lof van God ontvang.
Die hoogmoed van die Korinthiërs: nederigheid en gesag van die apostels.
12HIERDIE dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas 13om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer f14om nie te dink 15bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie 16die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ’n derde nie.
Want 17wie trek jou voor? gEn wat het jy wat jy nie ontvang het nie? En as jy dit dan ontvang het, waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie?
18Alreeds is julle versadig, alreeds het julle ryk geword, 19sonder ons het julle geheers. 20Het julle tog maar geheers, sodat 21ons saam met julle kon heers!
22Want dit lyk vir my dat God 23ons apostels die laaste plek 24aangewys het has tot die dood veroordeel; want ons het i’n skouspel geword 25vir die wêreld, vir die engele sowel as vir die mense.
k26Ons is dwaas ter wille van Christus, maar 27julle is verstandig in Christus. Ons is swak, maar julle sterk. Julle is in aansien, maar ons in oneer.
Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word lgeslaan, en swerwe ons rond,
men 28swoeg ons deur met ons eie hande te werk. Word ons uitgeskel, nons seën; word ons vervolg, ons verdra dit;
word ons belaster, ons troos; soos 29uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal 30tot nou toe.
Ek skrywe hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maar ek 31vermaan julle oas my geliefde kinders.
Want al sou julle tienduisend 32tugmeesters in Christus hê, dan het julle tog nie baie vaders nie; pwant in Christus Jesus het ek julle 33vader geword deur die evangelie.
Ek vermaan julle dan, qword my 34navolgers.
Daarom het ek Timótheüs, wat 35my geliefde en getroue seun in die Here is, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan 36my handelwyse in Christus, soos ek oral in elke gemeente leer.
Maar 37sommige het opgeblase geword, asof ek 38nie na julle sou kom nie;
tog sal ek gou na julle kom, ras die Here wil, en dan sal ek te wete kom, 39nie die woorde van die wat opgeblase is nie, 40maar hulle krag;
swant 41die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag.
Wat wil julle hê? Moet ek 42met die roede na julle kom of 43met liefde en in die gees van sagmoedigheid?
| a Matt. 24:45. 2 Kor. 6:4. Kol. 1:25. Tit. 1:7. | 1 Gr. oikonomous, dit is, huisversorgers, of hoofdienaars van God se huis. Naamlik in die uitdeel en bedien van sy Woord en sy sakramente, 1 Kor. 2:7. Sien oor hierdie woord Luk. 16:1 se kanttekening. |
| b Luk. 12:42. | 2 Dit is, in sy opdrag hierin nie die perke oorskry, of te kort doen nie, Hebr. 3:5. |
| 3 Gr. ’n menslike dag; ’n manier van spreek geneem van die gewone regspraak, waarin op sekere dae regsitting gehou word om te oordeel oor sake wat voorkom. Nie dat die een profeet nie ook die woorde van die ander sou mag beoordeel nie, want hy beveel die teendeel in 1 Kor. 14:29, maar hy spreek van so ’n beoordeling soos in kanttekening 4. Paulus verwys hier in die besonder na die laaste dag, wanneer alles na behore geoordeel sal word, Matt. 25:14, ens. Luk. 19:12.
4 Dit word nie verstaan as die selfbeproewing of ons in die geloof is en hoe ons verhouding met God is nie, 1 Kor. 11:28. 2 Kor. 13:5, maar as ’n beoordeling waarin iemand hom bo ’n ander verhef en prys in sy diens, of onder ’n ander stel en afkeur, soos dit hier in sommige bestraf word, dat die een vir Paulus bo Petrus, ens., verhef het, en die ander weer vir Petrus of Apollos, ens., bo hom gestel het. Hy onderwerp dit hier aan God se oordeel, omdat die mense menigmaal op grond van gevoelens hierin oordeel, soos die volgende ook uitwys. |
| c Ex. 34:7. Job 9:2. Ps. 143:2. | 5 Naamlik wat die getroue bediening van my apostelskap aangaan, waarvan hy hier spreek; daarin het ek ’n skoon gewete.
6 Naamlik voor God, of in God se oordeel; soos Dawid ook spreek in Ps. 143:2, en Paulus in Gal. 2:16. Want dit is een ding om tot sy eie troos ’n skoon gewete te hê in sy optrede voor God, 1 Joh. 3:21, maar dit is iets anders om deur sy optrede voor God regverdig te wees. Die eerste wys die naarstigheid en opregtheid van sy optrede, waarvan Dawid ook dikwels in sy psalms getuig; die tweede wys ’n volmaaktheid sonder gebreke, wat Paulus, soos ook Dawid, in hulleself nie gevind het nie, Ps. 19:13. Filip. 3:12, 13, ens. 7 Naamlik as hoogste Regter, nie net in die uitwendige saak van my bediening nie, maar ook van my gewete, waaroor die Here Christus alleen die Regter is. Hy sal op die laaste dag daadwerklik daaroor oordeel, soos die volgende vers verklaar. |
| d Matt. 7:1. Rom. 2:1.
e Dan. 7:10. Openb. 20:12. |
8 Naamlik van die oordeel, waarin Christus ook die verborge sake van die gewete aan die lig sal bring, Rom. 2:16.
9 Of: wat in die duisternis verborge is, ens. 10 Dit is, met watter opregtheid, en tot watter doel elkeen sy optrede in sy diens gerig het. Hiermee bestraf hy skynbaar diegene wat wel die evangelie verkondig, maar méér vir hul eie eer of ter wille van die guns van mense, as tot eer van God en uit begeerte dat mense die saligheid verkry. 11 Dit is, nie net ’n openbare getuienis van sy goeddoen nie, maar ook beloning, Rom. 2:6. 2 Kor. 5:10. |
| f Spr. 3:7. Rom. 12:3. | 12 Sommige verstaan daardeur dit wat die apostel oor die gebreke en opgeblasenheid van sommige leraars hiervoor gesê het, en dat hy dit in sy en Apollos se persoon sou bestraf, sonder om die name van daardie leraars te noem, om hulle te spaar. Omdat hiervoor egter baie dinge in die persoon van Paulus, Céfas en Apollos gesê is, wat nie op sulke leraars van toepassing kan wees nie, en Paulus ook nie gewoond is om die gebreke van sodaniges op hom te neem nie, om hulle te spaar, maar veelmeer sy voorbeeld teenoor sodaniges te stel om die gemeente teen hulle te waarsku, daarom word dit wel so paslik verstaan as die gebreke van die gemeente self, wat sodanige onderskeid onder die getroue leraars en apostels gemaak het, waardeur hierdie verdeeldhede veroorsaak is, sonder dat al die leraars skuld daaraan gehad het. Hy verklaar dat hy in sy en Apollos se persoon vir hulle gewys het hoe hulle die leraars, wie dit ook was, moes beskou, naamlik slegs as dienaars van Christus, wat hulle op Christus gewys het en die ware eenheid in Christus, en nie na hulleself, om ’n besondere aanhang te verwerf nie.
13 Dit is, om julle reg te onderrig, hoe julle jul ten opsigte van jul leraars moet gedra, en hoe julle hulle moet ag. 14 Naamlik nie van julle leraars, ook nie van julleself, wat deur hulle onderrig is nie. 15 Naamlik deurlopend in die Woord van God, wat oral die nederigheid en eenheid by ons aanprys. Of: bo dit wat ons hiervoor aan julle geskryf het. 16 Dit is, die een lidmaat van die gemeente teen die ander, omdat hy deur hierdie of deur daardie leraar tot Christus gebring is, en deur sy diens hierdie of daardie gawes tot stigting van Christus se gemeente deelagtig geword het. |
| g Joh. 3:27. Jak. 1:17. | 17 Of: wie onderskei jou? Naamlik hetsy dat jy ’n leraar is, wat in gawes bo ander uitstaan, hetsy ’n lidmaat van die gemeente, wat deur hierdie of daardie leraar tot die geloof in Christus en ander geestelike gawes gebring is. Hy wil sê, dit is God in Christus, wat jou deur sy genade van ander onderskei; nie die leraar nie, ook nie jy self nie. Want hoewel Paulus plant en Apollos natmaak, is dit God alleen wat laat groei, 1 Kor. 3:6. |
| 18 Dit is, julle verbeel julle dat julle nou heeltemal gelukkig is, en dat julle in geestelike gawes niks meer kortkom nie, maar dat julle die volmaaktheid in alles verkry het en bo al die ander uitmunt, soos ’n koning in sy ryk. Die apostel sê dit by wyse van ’n verwyt, om hulle daarna deur sy voorbeeld en die uitwysing van sy ellendige staat tot nederigheid te vermaan. Sien dergelike in Openb. 3:17.
19 Dit is, sonder dat ons deel gehad het aan julle heerskappy, of inbeelding daarvan, en rus en welstand. 20 Naamlik in daad en waarheid. 21 Hy sê dit, omdat iemand wat ’n ander bemin, bly is daaroor as dit met hom goed gaan en as hy in alles voorspoedig is, en die geluk van so een as sy eie ag. |
| h Ps. 44:23. Rom. 8:36. 2 Kor. 4:11.
i Hebr. 10:33. |
22 Hier begin hy, tot waarskuwing, om sy voorbeeld en die van die ander apostels voor te hou, om hulle tot nadenke en ’n nederige gevoel van hulleself en van hul staat te bring, en hulle eerder tot lyding as tot roem te vermaan.
23 Sommige vertaal hierdie woorde met ons wat die laaste apostels is, ens. Dit dui dan op ons wat ná Christus se hemelvaart geroep is, soos Paulus, Bárnabas, Silas, Apollos, Timótheüs en dergelike, waarom hulle ook deur sommige uit kleinagting laaste apostels genoem is. Sien oor die woord apostels Rom. 16:7; 2 Kor. 8:23 en die kanttekeninge. 24 Of: te voorskyn gebring het, ten toon gestel het. Paulus verwys hier na die gewoonte van die heidene, wat die misdadigers in die publieke arena te voorskyn gebring het, om hulle tot vermaak van ander voor die wilde diere te gooi, of hulle tot die dood toe teen daardie diere te laat veg. Hulle het dit ook dikwels met die Christene gedoen, 1 Kor. 15:32. 25 Dit is, vir die redelike skepsele in die wêreld. Hy verdeel hulle in engele en mense, waarvan die goeie engele en goeie mense getuies was van hul lyding en met hulle medelye gehad het; en die slegte engele en slegte mense hul vermaak daarin gevind het, soos daar in die arenas allerlei soorte mense en menings gevind was. |
| k 1 Kor. 2:3. | 26 Dit is, deur die wêreld as dwase mense geag.
27 Naamlik volgens julle mening en inbeelding. |
| l Hand. 23:2. |
| m Hand. 18:3; 20:34. 1 Thess. 2:9. 2 Thess. 3:8.
n Matt. 5:44. Luk. 6:28; 23:34. Hand. 7:60. Rom. 12:14. |
28 Sien ’n voorbeeld hiervan in Paulus, Hand. 18:3. 1 Kor. 9:6. |
| 29 Dit is, oral waar ons kom, probeer die wêreldse mense om van ons ontslae te raak, hulle werp ons uit soos vuilgoed en afskraapsel, of ook soos vervloekte mense, soos die Griekse woord katharma ook soms gebruik word. Sien Klaagl. 3:45.
30 Dit is, nie net een of twee maal nie, maar geduriglik, tot nou toe. |
| o 1 Thess. 2:11. | 31 Naamlik om julle tot nadenke en verbetering van hierdie gebreke te bring. |
| p Hand. 18:11. Gal. 4:19. Fil. vers 10. Jak. 1:18. | 32 Gr. paidagogous, dit is, leermeesters of tugmeesters; naamlik wat julle in die sake van Christus verder onderrig, nadat ek julle deur die evangelie van Christus voortgebring het. Die apostel sê dit omdat ’n vader sy kinders met meer gevoel en opregter liefde onderrig as ’n tugmeester. Sien 2 Kor. 11:20.
33 Gr. verwek. Of: gegenereer, voortgebring, dit is, aanvanklik tot die geloof gebring. Want die prediking van die evangelie is die middel waardeur ons deur God se Gees wedergebore word, Fil. vers 10. 1 Petr. 1:23. |
| q 1 Kor. 11:1. Filip. 3:17. 1 Thess. 1:6. 2 Thess. 3:9. | 34 Naamlik in nederigheid, vreedsaamheid, lydsaamheid, eenvoudigheid, ens. |
| 35 Naamlik nie net omdat ek hom deur die evangelie vir Christus verwek het nie, maar ook omdat hy soos ’n opregte seun in alles my voetspore volg, 1 Tim. 1:2; 4:6.
36 Dit is, my lewenswandel, Ps. 1:1, 6, en my manier van doen in die voorstelling van die evangelie van Christus, soos hy dadelik byvoeg, met alle opregtheid en eenvoud. |
| 37 Hy sê dit nie net van sommige leraars, wat vanweë ’n sekere mate van uiterlike welsprekendheid ’n baie hoë dunk van hulleself gehad en Paulus se eenvoud verag het nie; maar ook van sommige lidmate wat deur sulke leraars onderrig is, en hulleself, hoewel dit hulle nog aan baie ontbreek het, as groot meesters geag en ander langs hulle verag het, soos in die volgende verse verklaar word.
38 Naamlik om sulke gebreke reg te stel en na behore te straf. |
| r Hand. 18:21. Hebr. 6:3. Jak. 4:15. | 39 Dit is, die roem van welsprekendheid of van kennis in geestelike sake.
40 Naamlik wat hulle met die daad bewys in geloof, liefde, en ander Christelike deugde of gawes, wat God se Gees kragtig werk, 1 Joh. 3:18. |
| s 1 Kor. 2:4. 1 Thess. 1:5. 2 Petr. 1:16. | 41 Dit is, die staat van ’n Christenmens of kind van God, waarin God sy ryk oprig, Rom. 14:17. |
| 42 Dit is, met die uitoefening van straf en tugtiging, 2 Kor. 10:6.
43 Dit is, vriendelikheid en toegeneentheid. Want andersins is ’n vader se straf ook uit liefde, Hebr. 12:6. |