Statevertaling – Bybelstigting

1 Korinthiërs 6

Berisping oor geskille tussen broeders.

1

DURF iemand van julle wat 1’n saak teen ’n ander het, 2gaan reg soek voor 3die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?

2

aWeet julle nie dat 4die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld 5deur 6julle geoordeel 7word, is julle dan onbevoeg vir 8die geringste regsake?

3

Weet julle nie dat ons 9engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

4

As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit 10wat in die gemeente 11die minste geag word.

5

Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen 12tussen sy broeders nie?

6

Maar 13gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges?

7

Dan is dit al werklik ’n 14gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. bWaarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?

8

Maar 15julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.

9

Of weet julle nie dat die 16onregverdiges 17die koninkryk van God nie sal beërwe nie?

10

18Moenie dwaal nie! cGeen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers 19sal die koninkryk van God beërwe nie.

11

dEn dit was 20sommige van julle; maar 21julle het jul laat eafwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig 22in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.

Ons liggame is die lede van Christus.

12

f23ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie 24deur iets laat oorheers nie.

13

Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal 25die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie 26vir hoerery nie, maar 27vir die Here; en 28die Here vir die liggaam.

14

gEn God het ook die Here opgewek en sal 29ons opwek deur sy krag.

15

Weet julle nie dat 30julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ’n hoer maak? Nee, stellig nie!

16

Of weet julle nie dat hy wat ’n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? hWant 31die twee, sê Hy, sal een vlees wees.

17

Maar 32wie die Here aanhang, is 33een gees met Hom.

18

Vlug vir die hoerery. 34Enige sonde wat ’n mens doen, 35is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf, 36sondig 37teen sy eie liggaam.

19

Of weet julle nie idat julle liggaam 38’n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, 39wat julle van God het, en dat julle nie aan 40julself behoort nie?

20

kWant julle is 41duur gekoop. Verheerlik God dan 42in julle liggaam en in julle gees 43wat aan God behoort.

1 Dit is, ’n geskil oor wêreldse dinge. Sien vers 3.

2 Gr. geoordeel word, of: hom laat oordeel.

3 Naamlik owerhede, wat hy so noem omdat die owerhede destyds meestal heidene was, vreemd van die geloof in Christus en die ware geregtigheid, en merendeels ook verdrukkers van die Christene.

a Matt. 19:28. Luk. 22:30. 4 Dit is, die gelowiges, wat hy so noem omdat hulle deur die Gees van Christus geheilig, en deur hul heilige belydenis en die heilige sakramente van ander afgeskei is.

5 Gr. in.

6 Naamlik wat sit as assessore by Christus, die hoogste Regter, wie se vonnis hulle ook sal goedkeur en regverdig verklaar, Matt. 19:28. Luk. 22:30.

7 Dit is, sal word.

8 So noem hy die sake van hierdie lewe en van hierdie wêreld, omdat hulle in die lig van die hemelse en geestelike sake as niks geag word nie.

9 Naamlik wat gesondig het en met kettings van duisternis bewaar word tot op die dag van die groot oordeel. Sien Matt. 25:41. 2 Petr. 2:4. Jud. vers 6.
10 Naamlik eerder as die onregverdiges of heidene. Die apostel sê dit by wyse van vergelyking teen diegene wat gemeen het dat niemand in die gemeente skrander genoeg was om hul geskille by te lê nie; maar die apostel verklaar dit in die volgende vers, en beveel dat hulle die skranderste en verstandigste persone onder hulle in hierdie sake tot bemiddelaars sou aanstel. Sien Ex. 18:21.

11 Gr. as niks geag word, naamlik volgens die oordeel van sommige onder julle.

12 Gr. sy broeder, dit is, tussen die een gelowige en die ander, soos die volgende vers verklaar.
13 Die apostel verbied hier nie dat ’n mens jou saak voor owerhede stel nie, maar wel as ’n mens dit sou doen tot ergernis en aanstoot voor ongelowige owerhede; soos die apostel ook nie verbied dat, wanneer iemand deur ander verdruk of voor die gereg geroep word, hy homself deur die hulp van ongelowige owerhede sou mag beskerm nie. Want die apostel het self in so ’n geval hom ook op ongelowige owerhede beroep en hul hulp gebruik, nie net teen heidene nie, maar ook teen die Jode. Sien Hand. 22:25; 23:17; 25:10.
b Spr. 20:22. Matt. 5:39. Rom. 12:17. 1 Thess. 5:15. 1 Petr. 3:9. 14 Gr. hettema. Dit beteken hier ’n gebrek aan liefde of moedigheid, waardeur die bose neigings oorwin word.
15 Dit is, sommige onder julle.
16 Dit is, wat ander benadeel of onreg aandoen.

17 Dit is, die ewige heerlikheid in die hemel, wat hier ’n erfenis genoem word, omdat dit nie uit verdienste gegee word nie, maar slegs aan diegene wat God uit genade tot sy kinders aangeneem het.

c Gal. 5:19. Ef. 5:5. Openb. 22:15. 18 Of: Moenie julleself bedrieg nie.

19 Naamlik tensy dat hulle hul bekeer en ophou om langer so te leef, Matt. 21:31, 32, soos die vers wat hierna volg meebring.

d Ef. 2:2. Kol. 3:7. Tit. 3:3.

e Hebr. 10:22.

20 Naamlik die een in die een sonde, en die ander in die ander. Want hoewel al hierdie sondes nie altyd in alle heidene openbaar was nie, was die wortel daarvan nogtans in hulle, en die een of die ander sonde breek altyd by geleentheid uit; en hulle was almal afgodedienaars. Sien Rom. 1:29. Ef. 2:1-3; 4:17, 18.

21 Dit is, van die heersende mag van sulke sondes laat suiwer; naamlik deur jul heiligmaking of wedergeboorte, en deur jul regverdigmaking, wat bestaan in die vergewing van sondes en toerekening van die geregtigheid van Christus, waarvan die doop ’n teken en seël is. Sien Mark. 1:4. Hand. 22:16. Rom. 6:4. Ef. 5:26. Tit. 3:5. 1 Petr. 3:21.

22 Dit is, ter wille van Jesus Christus en sy verdienste, want die bloed van Jesus Christus reinig ons van al ons sondes, 1 Joh. 1:7. Openb. 1:5.

f 1 Kor. 10:23. 23 Naamlik wat middelmatig is en nie verbied is in God se Woord nie. Hy spreek hier kortliks oor die gebruik daarvan, en sal dit hierna breedvoeriger bespreek in hfst. 7-11, en sal dit van ander sake onderskei.

24 Naamlik só dat ek die middelmatige dinge aan my diensbaar sou maak om dit nie te gebruik nie, tot stigting van my naaste. Of: onder die mag van iemand laat bring nie. Dit is, dat ek my deur enige menslike gebod sou laat bind om dit waarin die Here my vrygelaat het, nie te gebruik wanneer ek dit kan doen sonder dat ander daaraan aanstoot neem nie. Sien Rom. 14:14. 1 Kor. 7:23; 10:23.

25 Naamlik die maag; nie ten opsigte van sy wese nie, wat ’n deel is van die mens se liggaam wat in sy geheel sal opstaan; maar wel ten opsigte van die funksie daarvan in hierdie tydelike en natuurlike lewe, wat dan nie meer nodig sal wees nie. Sien Matt. 22:30. 1 Kor. 15:44. Openb. 7:16, 17.

26 Naamlik wat die heidene as ’n middelmatige saak beskou het, en wat selfs in Korinthe, waar daar vir hierdie sonde ’n openbare tempel opgerig was, baie algemeen was. Daarom handel die apostel eers en spesifiek hieroor, voordat hy by ander sake kom, wat hulle ook as middelmatig beskou het, en waarin hulle vir hulself onnodige strikke gestel het, of ernstig gesondig het.

27 Dit is, om die liggaam tot diens van die Here Jesus Christus te gebruik.

28 Dit is, die Here is ook die Here van die liggaam, omdat Hy Hom nie net tot verlossing van die siel nie, maar ook van die liggaam oorgegee het, vers 20.

g Rom. 8:11. 2 Kor. 4:14. 29 Dit is, ons liggame tot heerlikheid, Rom. 8:11. Filip. 3:21.
30 Dit is, ook julle liggame. Want omdat die ware gelowiges geheel en al met Christus verenig is soos met hulle hoof, 1 Kor. 12:12, 27, so is hulle liggame ook ’n deel van sy geestelike liggaam.
h Gén. 2:24. Matt. 19:5. Mark. 10:8. Ef. 5:31. 31 Hierdie teks, geneem uit Gén. 2:24, handel eintlik oor die huweliksband; maar Paulus pas dit ook toe op hoerery, omdat sulke oneerbare liefde en vleeslike vereniging hierdie persone oneerbaar en onwettiglik aan mekaar verbind, soos die huwelik man en vrou wettiglik en eerbaar verbind.
32 Naamlik deur die ware geloof en opregte liefde.

33 Dit is, geestelik; of: deur sy Gees met Hom verenig, 1 Kor. 12:13.

34 Naamlik wat deur die uitwendige daad van mense plaasvind.

35 Dit is, misbruik iets of doen leed aan iets wat buite die mens self is.

36 Dit moet as vergelyking verstaan word, naamlik meer as enige ander sonde. Want hoewel ’n dronkaard en veelvraat sy liggaam ook misbruik, gebeur dit nogtans deur iets wat nie deel van sy liggaam is nie, soos voedsel en drank; hy doen sy liggaam daardeur ook baie skade en skande aan, maar nie in so ’n erge mate as met hoerery nie.

37 Of: in.

i 1 Kor. 3:16. 2 Kor. 6:16. Ef. 2:21. Hebr. 3:6. 1 Petr. 2:5. 38 Wat daarom suiwer en rein gehou moet word, en waarin God gedien wil wees; wat die apostel ook van die hele mens getuig, 2 Kor. 6:16.

39 Naamlik om julle van jul aanneming tot kinders te verseker, Rom. 8:11, 15. 2 Kor. 1:22.

40 Naamlik om nie jul eie wil te doen nie, maar die wil van Hom aan wie julle behoort.

k 1 Kor. 7:23. Gal. 3:13. Hebr. 9:12. 1 Petr. 1:18. 41 Gr. teen ’n prys, naamlik deur die kosbare bloed van Jesus Christus, 1 Petr. 1:18, 19. Openb. 5:9.

42 Dit is, met liggaam en met siel, wat deur die Heilige Gees vernuwe is.

43 Naamlik nie net kragtens die reg van die skepping nie, maar ook kragtens die reg van die verlossing.