Statevertaling – Bybelstigting

Efésiërs 5

1

WEES dan 1navolgers van God soos geliefde kinders;

2

aen wandel in liefde, bsoos Christus ons ook liefgehad het cen Hom vir ons oorgegee het as ’n gawe en offer aan God 2tot ’n lieflike geur.

3

dMaar hoerery en allerhande 3onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;

4

ook nie gemeenheid en dwase of 4lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer 5danksegging.

5

eWant dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, 6wat ’n afgodedienaar is, ’n erfdeel het in die koninkryk 7van Christus en van God nie.

6

fLaat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor 8die kinders van die ongehoorsaamheid.

7

Wees dan nie hulle deelgenote nie.

8

gWant vroeër was julle 9duisternis, maar nou is julle 10lig in die Here — wandel soos 11kinders van die lig.

9

hWant 12die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.

10

13En beproef wat die Here welbehaaglik is;

11

ien hou nie gemeenskap met die 14onvrugbare werke van die duisternis nie, maar 15bestraf dit liewer.

12

Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is 16skandelik selfs om te noem.

13

kMaar al die dinge 17wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, 18is lig.

14

Daarom 19sê Hy: lOntwaak, jy 20wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal 21oor jou skyn.

15

mPas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;

16

nen koop die 22tyd uit, omdat 23die dae boos is.

17

Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, omaar verstaan wat die wil van die Here is.

18

pMoenie dronk word van wyn nie — 24daarin is losbandigheid; maar 25word met die Gees vervul.

19

qSpreek onder mekaar met 26psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing 27in julle hart tot eer van die Here,

20

rterwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus,

21

en aan mekaar 28onderdanig is 29in die vrees van God.

Huislike pligte.

22

sVROUE, wees aan julle eie mans onderdanig, 30soos aan die Here.

23

tWant die man is die hoof van die vrou, vsoos Christus ook Hoof is van die gemeente; en 31Hy is die 32Verlosser xvan die liggaam.

24

Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook 33in alles aan hul eie mans wees.

25

yManne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en zHomself daarvoor 34oorgegee het

26

om dit te 35heilig, nadat Hy dit agereinig het 36met die waterbad 37deur die woord,

27

38sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; bmaar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.

28

So behoort die mans hulle eie vroue 39lief te hê soos hul 40eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;

29

want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.

30

cWant ons is 41lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.

31

dDaarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle 42twee sal eeen vlees word.

32

43Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.

33

In alle geval moet 44elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet 45die man eerbiedig.

1 Naamlik deur mekaar se gebreke en misdade te vergewe, soos in die laaste vers van die voorgaande hoofstuk genoem word.
a Joh. 13:34; 15:12. 1 Thess. 4:9. 1 Joh. 3:23; 4:21.

b Gal. 2:20. Tit. 2:14. 1 Petr. 3:18.

c Hebr. 8:3; 9:14.

2 Gr. tot ’n reuk van welriekendheid. ’n Beeld geneem van die offers van die Ou Testament, sien Gén. 8:21, waarvan gesê word dat dit ’n lieflike geur vir God is, nie ter wille van die offers self nie, maar ter wille van die heenwysing wat dit gehad het na Christus se offer en gehoorsaamheid. Sien Ps. 40:7. Hebr. 10:8, ens.
d Mark. 7:21. Ef. 4:29. Kol. 3:5. 3 Of: vuiligheid.
4 Gr. eutrapelia, hierdie woord word soms in die goeie sin verstaan as eerlike, vermaaklike redes, wat geoorloof en stigtelik is vir sekere tye en geleenthede, soos daarvan voorbeelde is in God se Woord, 1 Kon. 18:27. Dit word hier egter in die negatiewe sin verstaan as lawwigheid of spotterny, wat ligsinnige mense en spotters gewoonlik voortbring om mekaar te vermaak, en ’n mens eintlik guitigheid noem.

5 Gr. eugaristia, dit is, danksegging; hoewel die woord hier ietwat breër verstaan word as woorde wat aangenaam en dank waardig is.

e 1 Kor. 6:10. Gal. 5:19. Kol. 3:5. Openb. 22:15. 6 Naamlik omdat hy sy vertroue stel op goedere, en daarin sy lewe en geluksaligheid stel, in plaas daarvan om dit te stel en te soek in die lewende God. Sien Kol. 3:5. 1 Tim. 6:17.

7 Nie dat dit twee koninkryke is nie, maar omdat Christus as Middelaar dit verwerf en eerste ingeneem het, en ons saam met Hom deur God in die besit daarvan gestel sal word. Sien Openb. 3:21.

f Jer. 29:8. Matt. 24:4. Mark. 13:5. Luk. 21:8. Kol. 2:4, 18. 2 Thess. 2:3. 1 Joh. 4:1. 8 Dit is, wat aan die ongehoorsaamheid oorgegee is, soos kinders aan hulle vader, soos in Ef. 2:2.
g 1 Thess. 5:4. 9 Dit is, duister of onkundig van verstand, om behoorlik te kan onderskei tussen die goed en die kwaad. Sien Ef. 4:18.

10 Dit is, deur God se Gees verlig om die goed van die kwaad te onderskei, ander met ’n goeie voorbeeld voor te gaan, en daardeur soos ’n lig te skyn.

11 Dit is, wat die lig van die evangelie deelagtig is en daarvan belydenis doen, en julle so noem en daaroor roem, soos kinders oor hulle vader roem, 1 Thess. 5:5.

h Gal. 5:22. 12 Dit is, werking; of dit wat die Heilige Gees voortbring.
13 Dit is, naarstiglik ondersoek, en nadat dit ondersoek is bewys daarvan lewer en dit doen, soos in Rom. 12:2.
i Matt. 18:17. 1 Kor. 5:8; 10:20. 2 Kor. 6:14. 2 Thess. 3:14. 14 Dit is, wat nie net geen goeie vrugte voortbring nie, maar ook niks anders as slegte vrugte nie.

15 Naamlik altyd deur julle Christelike lewenswandel; en deur God se Woord, wanneer dit met vrug kan geskied. Sien 1 Kor. 14:24. Anders sê Christus ook dat sulke pêrels nie voor die varke gegooi moet word nie, Matt. 7:6.

16 Veel meer is dit dan skandelik om dit te doen.
k Joh. 3:20, 21. 17 Of: wat bestraf word, word deur die lig geopenbaar.

18 Dit is, aan die lig gelyk, naamlik in die suiwering en verklaring van alle dinge. Want God se Woord en die goeie voorbeelde van die gelowiges is soos die vuur, wat verlig en suiwer. Sien Matt. 5:16. 1 Kor. 3:13.

l Rom. 13:11. 1 Thess. 5:6. 19 Sommige verstaan dit as die woorde van die apostel, wat so spreek, gedryf deur die Gees van Christus, soos die profete deurgaans betuig: So spreek die Here, naamlik deur my tot julle. Ander verstaan dit as ’n aanhaling van woorde uit die profete, wat Paulus saamvoeg en verklaar, sien Jes. 9:1; 26:19; 60:1, waarin die hoofsaak van die bekering van die mens vervat is.

20 Naamlik die geestelike slaap van die sonde en dood van die sonde, wat wakker en lewend gemaak is deur die Woord en die Gees van Christus, soos in Ef. 2:1 gesê is. Hierdie vermaning gaan ten dele die gelowiges aan, wat soms ook in enkele algemene sondes slaap, en ten dele ook die ongelowiges, wat in dieselfde sondes dood is. Die eerstes vermaan hy om wakker te word deur die krag van die Gees van God, wat hulle reeds deelagtig is; die ander, om uit die dood op te staan, sodat hulle, terwyl hulle deur sulke vermanings die lewendmakende krag van Christus voel, ook daaraan gehoorsaam kan wees, soos Lasarus deur Christus se woord en krag uit die liggaamlike dood opgestaan het, Joh. 11:43, 44.

21 Naamlik as die Son van geregtigheid, om julle goed te lei, en soos kinders van die dag versigtig te laat wandel, soos die volgende vers verklaar.

m Kol. 4:5.
n Rom. 13:11. 22 Dit is, deur die goeie geleenthede om goed te doen en ander vir Christus te win, versigtig waar te neem; ’n beeld geneem van wyse handelaars.

23 Naamlik sowel vanweë die wanordelikheid van die mense, as vanweë die vervolgings. Hy gaan dan voort in die beeld geneem van handelaars, wat in moeilike en sorglike tye baie versigtig moet wees, om hul handel goed te bedryf, die slegte geleenthede te vermy en nie die goeie te versuim nie.

o Rom. 12:2. 1 Thess. 4:3.
p Spr. 23:29, 30. Jes. 5:11, 22. Luk. 21:34. 24 Naamlik wanneer dit misbruik word tot dronkenskap, en nie gebruik word vir noodsaaklike behoefte en matige vrolikheid nie.

25 Dit is, soek nie julle vermaak in vleeslike begeertes nie, maar in geestelike vermaak, waarvan sang een van die vernaamste is.

q Kol. 3:16. 26 Hierdie drie soorte geestelike gesange dien een doel, naamlik om die gees op te beur; en word deur sommige soos volg onderskei, dat psalms allerlei geestelike gesange is, wat nie net met die stem nie, maar ook met snarespel geoefen word; lofsange, danksegginge aan God, of lofgedigte van God se genade teenoor ons; en geestelike liedere sulke gedigte waarin allerlei geestelike leringe vervat is. Sien ook Kol. 3:16. Dit wil voorkom of hierdie verskillende name geneem is uit die verskillende opskrifte van die psalms van Dawid.

27 Dit is, nie net met die tong of instrumente nie, maar ook met die hart.

r Kol. 3:17. 1 Thess. 5:18.
28 Of: onderworpe, dit is, elkeen volgens sy roeping die ander met eerbied voorgaan, of mekaar in nederigheid behandel, Filip. 2:3.

29 Dit is, nogtans só dat die vrees van God altyd die reël en rigsnoer van julle onderdanigheid is.

s Gén. 3:16. 1 Kor. 14:34. Kol. 3:18. Tit. 2:5. 1 Petr. 3:1. 30 Naamlik Jesus Christus, soos staan in Ef. 6:5. Die rede hiervoor is dat die man die beeld van Christus dra in die regeer van die vrou, 1 Kor. 11:3, 7.
t 1 Kor. 11:3.

v Ef. 1:22; 4:15. Kol. 1:18.

x Rom. 12:5. 1 Kor. 12:27. Ef. 1:23; 4:12. Kol. 1:24.

31 Naamlik Christus. Want van die plig van die manne sal hierna in vers 25, ens., gespreek word.

32 Of: Saligmaker.

33 Naamlik in die vrees van God, soos in vers 21 staan, dit is, solank dit nie in stryd is met die liefde of die bevel van Christus nie, wat die Hoof is oor die man en die vrou. Sien Luk. 14:26.
y Kol. 3:19.

z vers 2. Gal. 1:4.

34 Naamlik in die dood.
a Tit. 3:5. 1 Petr. 3:21. 35 Dit is, af te sonder van alle wêreldse mense, en aan Hom alleen toe te eien. Waarmee die apostel te kenne gee dat ook die manne hul vroue in heiligheid by hulle moet neem, en moet bewaar van alle wêreldse losbandigheid en skandelikheid.

36 Dit is, deur sy bloed en Gees, waarvan die waterbad in die doop ’n teken en seël is, en tegelykertyd ’n middel waardeur die Gees van God hierdie reiniging meer en meer versterk. Sien Matt. 3:11. 2 Kor. 3:3. 1 Petr. 3:21.

37 Gr. in die woord.

b Kol. 1:22. 38 Hierdeur word die uiteinde van die reiniging deur die bloed en die Gees van Christus verstaan; waarvan die beginsel in die gelowiges reeds in hierdie lewe teweeggebring word, en die uiteindelike vervulling hiernamaals, wanneer die gemeente van Christus deur haar Bruidegom Christus ten volle berei sal wees vir hierdie geestelike bruilof. Sien Hoogl. 2:14; 4:7. Openb. 19:7.
39 Deur die woord liefde word ook die behoorlike sorg verstaan, soos in vers 29 verklaar word, en die eer, wat die man aan sy vrou as die swakkere verskuldig is, 1 Petr. 3:7.

40 Die apostel verwys hier na die skepping van die vrou uit die rib van die man, en gevolglik uit die liggaam van die man, Gén. 2:21, 22, soos hierna in vers 31 verklaar word.

c Rom. 12:5. 1 Kor. 12:27. 41 Naamlik van Christus. Hier spreek die apostel nie van die gemeenskap aan die menslike natuur nie, waardeur Christus wel die vlees en bloed deelagtig geword het, soos die kinders, Hebr. 2:14, maar van die geestelike gemeenskap tussen Hom en die ware gelowiges, waarvan Hy die Hoof, en hulle sy lede is. Sien Ef. 1:22; 2:15; 4:12, ens.
d Gén. 2:24. Matt. 19:5. Mark. 10:7.

e 1 Kor. 6:16.

42 Sien hieroor Matt. 19:5 en die kanttekeninge.
43 Nie van die liggaamlike huwelik nie, maar van die geestelike huwelik en die vereniging tussen Christus en sy gemeente, soos die apostel hier verklaar; hierdie vereniging noem hy ’n verborgenheid, omdat dit deur geen natuurlike mens begryp word nie, ja, selfs ook deur geen verstand ten volle deurgrond word nie, maar deur die geloof geken dat Christus ons Hoof en ons Bruidegom is, en ons sy geestelike bruid en lede, waardeur al die verworwe weldade en gawes, wat tot saligheid nodig is, deur Christus in ons as sy lede vloei.
44 Hiermee kom die apostel terug na die vermaning van man en vrou, nadat hy die verborgenheid van die vereniging van Christus met sy gemeente tussenin verklaar het.

45 Dit is, met eerbied die man onderdanig wees, soos die apostel tevore vermaan het.