Statevertaling – Bybelstigting

Filippense 1

Opskrif en seëngroet.

1

PAULUS en 1Timótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in 2Filíppi is, saam met die 3opsieners en 4diakens:

2

aGenade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!

Paulus se liefde vir die Filippense. Vrug van sy gevangenskap.

3

bEK dank my God elke maal as ek aan julle dink —

4

en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap —

5

5oor 6julle gemeenskap aan die evangelie van 7die eerste dag af tot nou toe,

6

omdat ek juis hierop vertrou, dat 8Hy wat c9’n goeie werk in julle begin het, dit 10sal voleindig tot 11op die dag van Jesus Christus;

7

soos dit 12vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal din my boeie sowel as in die 13verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in 14die genade is.

8

eWant 15God is my getuie hoe ek 16na julle almal verlang 17met die innige tederheid 18van Jesus Christus.

9

En dit bid ek dat 19julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word 20in kennis en alle 21ervaring,

10

om 22die dinge waar dit op aankom, 23te onderskei, sodat julle 24rein en 25vir niemand ’n aanstoot mag wees nie, tot op 26die dag van Christus,

11

vervul met die vrug 27van geregtigheid 28wat daar is deur Jesus Christus 29tot heerlikheid en lof van God.

12

En 30ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat 31wat my wedervaar het, eerder 32op bevordering van die evangelie uitgeloop het,

13

sodat 33my boeie openbaar geword het 34in Christus 35onder die hele keiserlike lyfwag en by 36al die ander,

14

fen die meeste van die broeders wat in die Here 37deur my boeie 38vertroue gekry het, dit des te meer waag om 39die woord onbevrees te spreek.

15

40Sommige preek Christus wel ook 41uit afguns en 42twis, maar ander ook 43uit welwillendheid:

16

die eerste verkondig Christus uit naywer, 44nie met suiwer bedoelinge nie, met die mening om aan my boeie 45verdrukking toe te voeg;

17

maar die ander 46uit liefde, omdat hulle weet dat ek 47bestem is 48tot die verdediging van die evangelie.

18

49Maar wat maak dit? In alle geval, op 50allerlei wyse, of dit 51onder ’n skyn of 52in waarheid is, word Christus verkondig; en 53hierin verbly ek my en sal ek my ook verbly.

19

gWant ek weet 54dat dit 55deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek,

20

volgens my 56reikhalsende verwagting en hoop hdat ek in niks 57beskaam sal word nie; maar dat Christus met alle vrymoedigheid, 58soos altyd so ook nou, 59groot gemaak sal word 60in my liggaam, 61of dit deur die lewe 62of deur die dood is.

21

63Want vir my is 64die lewe Christus en 65die sterwe wins.

22

Maar 66as ek in die vlees moet lewe, 67dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en 68wat ek sal kies, 69weet ek nie.

23

Want ek word van 70weerskante 71gedring: ek het verlange 72om heen te gaan en 73met Christus te wees, want dit is 74verreweg die beste;

24

maar om 75in die vlees te bly, is nodiger 76om julle ontwil.

25

En 77dit vertrou en weet ek dat ek sal 78bly, ja, saam 79met julle almal sal bly 80tot julle bevordering en blydskap 81in die geloof,

26

sodat 82julle roem 83oor my oorvloedig kan wees in Christus Jesus deur 84my teenwoordigheid weer by julle.

Vermaning om te volhard. Broederlike eenheid, ootmoed, heiligmaking.

27

iALLEENLIK, 85gedra julle 86waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, 87een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie,

28

en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur 88die teëstanders nie. Dit is vir 89hulle wel 90’n bewys van verderf, maar vir 91julle van redding, en dit 92van God;

29

omdat dit aan julle 93ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in 94Hom te glo nie, maar ook 95vir Hom 96te ly,

30

97terwyl julle dieselfde stryd het as wat julle 98in my gesien het en 99nou van my hoor.

1 Hy voeg Timótheüs se naam hier by  sy eie, as ’n opregte en ware leraar van die evangelie, om te toon dat Timótheüs ook alles goedkeur wat die apostel aan hulle skryf. Sien 2 Kor. 1:1. 1 Thess. 1:1. 2 Thess. 1:1.

2 Sien oor hierdie stad in Macedónië Hand. 16:12.

3 Gr. episkopois, dit is, opsieners, waarvan die woord biskop kom, wat algemeen gebruik is vir alle opsieners en regeerders van die kerk. Sien Hand. 20:17, 28. 1 Tim. 3:1. Tit. 1:5, 7. Want hier blyk dat daar in ’n gemeente meer as net een so ’n biskop was.

4 Hierdie woord word soms in die algemeen verstaan as allerlei dienaars, Matt. 20:26. Rom. 13:4, ook as die leraars van die kerk, 1 Kor. 3:5. 2 Kor. 11:23. Ef. 3:7, soms in die besonder, soos hier, as diegene wat die gemeente dien in die versorging van die armes, 1 Tim. 3:8, 12, sien oor hierdie instelling en amp Handelinge 6.

a Rom. 1:7. 1 Petr. 1:2.
b Ef. 1:15. Kol. 1:3. 1 Thess. 1:2. 2 Thess. 1:3.
5 Naamlik ek dank God, vers 3.

6 Dit is, oor die groot weldaad dat die evangelie ook aan julle verkondig is, en dat julle dit deur die geloof aangeneem het. Sien 1 Joh. 1:3.

7 Naamlik dat julle die evangelie ontvang en aangeneem het.

c Joh. 6:29. 1 Thess. 1:3. 8 Naamlik God die Vader.

9 Naamlik van die geloof in Christus en van die bekering tot God.

10 Dit is, meer en meer sal vermeerder, versterk en bewaar.

11 Naamlik waarop Christus julle uit hierdie lewe tot Hom sal neem, of uit die dood sal opwek op die oordeelsdag.

d Ef. 3:1; 4:1. Kol. 4:3, 18. 2 Tim. 1:8. 12 Naamlik volgens die reg en die wet van die liefde, wat geen kwaad bedink nie, alle dinge glo, en alle dinge hoop, 1 Kor. 13:5, 7.

13 Naamlik in die gehoorsaal en elders. Sien vers 13.

14 Dit is, wat aan my deur God gegee is, nie net om in Christus te glo nie, maar ook om ter wille van Hom te ly.

e Rom. 1:9; 9:1. 2 Kor. 1:23; 11:31. Gal. 1:20. 1 Thess. 2:5. 1 Tim. 5:21. 2 Tim. 4:1. 15 Dit is ’n manier van eedswering, wat die apostel hier gebruik omdat dit nodig was dat die Filippense van sy liefde vir hulle verseker sou wees.

16 Dit is, julle almal liefhet. Sien 2 Kor. 9:14.

17 Gr. in die ingewande; ’n Hebreeuse spreekwyse, aangesien die ingewande deur ’n groot inwendige liefde as ’t ware in beweging kom en ontsteld word. Sien Luk. 1:78.

18 Dit is, watter emosie of liefde in my ontstaan om Christus wil, vir wie julle met geloof aangeneem het, of omdat ons Jesus Christus as ’n gemeenskaplike Saligmaker het.

19 Dit is, die deug van die liefde wat in julle is tot God en julle naaste, waarin al die deugde van die eerste en tweede tafel verstaan word.

20 Of: met, deur kennis, naamlik van goddelike dinge wat tot saligheid noodsaaklik is.

21 Naamlik innerlike oortuiging van die verstand, waardeur die goddelike dinge begryp en onderskei word.

22 Of: wat uitnemend is. Die Griekse woord beteken beide. Want die kennis van hierdie goddelike dinge verskil baie en is uitnemender as enige ander kennis van wêreldse dinge. Sien Rom. 2:18.

23 Dit is, nadat julle die leringe aan God se Woord beproef en getoets het, dit reg mag verstaan en onderskei.

24 Dit is, sonder geveinsdheid of bedrog.

25 Sien Matt. 18:7, naamlik waardeur hy verhinder, of tot ’n val gebring sou word, in die Christelike wedloop. Gr. onergerlik, of: onaanstootlik.

26 Sien vers 6.

27 Dit is, van godsaligheid, vroomheid en nuwe gehoorsaamheid.

28 Dit is, wat in ons gewerk en voortgebring word deur die Gees van Christus.

29 Dit is die doel waartoe en waarom alle goeie werke gedoen moet word. Sien Ps. 115:1. Matt. 5:16. 1 Kor. 10:31. 1 Petr. 2:12; 4:11.

30 Dit is, word nie verslae of neem nie aanstoot aan my gevangenskap nie, maar verstaan dit van my.

31 Dit is, hierdie gevangenskap en verdrukking van my, wat ek ly ter wille van die evangelie.

32 Dit is, dat dit allesbehalwe ’n verhindering is vir die voortgang en verspreiding van die evangeliese leer, dat dit ook, deur die bestiering van God, daartoe dienstig en bevorderlik is.

33 Dit is, die rede waarom ek met boeie of kettings gevang is en gehou word; dat dit nie as gevolg van enige misdryf is wat ek gepleeg het nie, maar slegs as gevolg van die leer van die evangelie.

34 Dit is, waarmee ek ter wille van Christus gebind is. Sien Ef. 4:1.

35 Of: hof of huis van keiser Nero, dit is, aan sy raadsmanne en hofdienaars. Sien Filip. 4:22. Gr. praitorion.

36 Naamlik plekke, of mense, naamlik in hierdie stad Rome en omliggende dele.

f Ef. 3:13. 1 Thess. 3:3. 37 Dit is, deur my onskuld, standvastigheid en dapperheid, wat blyk en deur my getoon word in hierdie gevangenskap van my.

38 Dit is, dapper of vrymoedig geword het.

39 Naamlik van God, dit is, om die leer van die evangelie te bely en te verkondig.

40 Hierdeur bedoel die apostel sommige leraars wat die regsinnige leer goed gepreek het, omdat daar staan dat hulle Christus gepreek het, maar dat hulle hart nie suiwer was nie, maar met afguns en twis teenoor Paulus gevul.

41 Naamlik wat Paulus die eer misgun het wat aan hom gegee is deur diegene wat deur sy prediking tot bekering gekom het.

42 Of: stryd, naamlik teen Paulus en die ander opregte leraars, vir wie hulle daarmee wou hinder, of ’n deel van sy eer van hom af weg wou trek.

43 Gr. deur ’n welbehae, dit is, met ’n opregte, goedwillige en toegeneë hart tot bevordering van die mense se saligheid.

44 Naamlik ten opsigte van hulle hart, waarmee hulle die leer gepreek het, nie met suiwer en opregte bedoelinge nie. Sien vers 15.

45 Dit is, om my kruis nog meer te verswaar, omdat hulle probeer om my deur hul prediking by die gemeente verdag en veragtelik te maak.

46 Naamlik tot eer van God, stigting van die gemeente en saligheid van die mense.

47 Of: hier lê, naamlik gevange. Of: deur God hiertoe geroep is.

48 Dit is, om die leer van die evangelie ook in hierdie boeie te verkondig en te verdedig teen al die vyande daarvan; waarin, omdat ek dikwels deur die boeie verhinder word om dit te doen, hulle my uit liefde te hulp kom. Of: vanweë die verdediging.

49 Naamlik wat sal dit wees of teweegbring? Sal dit óf julle óf my ontstel? Geensins nie.

50 Gr. alle.

51 Naamlik van ywer tot verspreiding van die evangelie, waarmee hulle hul afguns en twis probeer bedek.

52 Dit is, met ’n opregte en suiwer gemoed, sonder geveinsdheid of bedrog.

53 Naamlik nie net dat Christus inderwaarheid gepreek word nie, maar ook dat Hy immers deur hierdie ander, hoewel nie met suiwer bedoelinge nie, gepreek word en dat sy leer só deur hulle versprei word tot die saligheid van die mense.

g 2 Kor. 1:11. 54 Dit is, hierdie verdrukking wat hulle my uit afguns en haat aandoen.

55 Dit is, deur die ondersteuning of hulp van die Heilige Gees, wat ek deur julle gebed vir my van Christus sal verkry.

h Rom. 5:5. 56 Letterlik: ’n hoof wat strek. Die Griekse woord beteken ’n reikhalsende verlange. Sien Rom. 8:19.

57 Dit is, in die skande kom deur af te wyk of op te gee.

58 Naamlik vroeër, in die voorgaande jare van my diens, waarin baie verdrukkinge my ook oorgekom het en met dapperheid deur my oorwin is.

59 Dit is, geëer, geroem. Sien oor hierdie woorde Luk. 1:46 se kanttekening.

60 Dit is, deur die lyding wat my liggaamlik aangedoen mag word. Of: deur my verlossing.

61 Dit is, of ek nog die lewe behou, om Hom nog te dien en te verheerlik deur die prediking van die evangelie.

62 Dit is, of dat ek deur die keiser omgebring en doodgemaak word, om Christus met my dood te vereer en sy leer met my bloed te bevestig.

63 Of: Want Christus is my wins in die lewe en in die sterwe.

64 Dit is, indien ek nog in die lewe bly, sal ek my lewe bestee ter ere en tot diens van Christus.

65 Dit is, indien ek gedood word, sal dit nie vir my skade nie, maar groot wins bring, omdat ek in die plek van die aarde die hemel, en in die plek van hierdie ellendige sterflike lewe ’n geluksalige ewige lewe sal win.

66 Dit beteken hier nie om volgens die begeerlikhede van die vlees te lewe nie, soos in Rom. 8:1, maar om in hierdie liggaamlike en tydelike lewe te bly.

67 Of: as ek nog in die vlees mag lewe, dan sou dit vir my vrugbare arbeid beteken. Gr. ’n vrug van die werk.

68 Naamlik indien aan my die keuse van beide gegee is: óf om te sterwe óf om in die lewe te bly.

69 Naamlik omdat daar in beide opsigte baie gewigtige redes is; sodat ek beswaarlik weet watter as die gewigtigste my die meeste behoort te lei.

70 Naamlik deur twee begeertes, wat hierna genoem word.

71 Naamlik in my gemoed, terwyl ek nie weet wat ek as die beste sal beskou nie, omdat daar in beide opsigte kragtige en dringende redes is.

72 Dit is, van hierdie lewe te skei. ’n Beeld geneem van diegene wat uit ’n herberg vertrek om die reis na hul vaderland voort te sit. Of: om los te maak. ’n Beeld geneem van diegene wat op ’n skip na ’n ander land of plek wil reis, wat die tou van die skip losmaak om die reis te onderneem. Sien dergelike in 2 Tim. 4:6.

73 Naamlik in die hemel, met my siel, wat hulle nie kan doodmaak nie. Sien Matt. 10:28. Luk. 23:43.

74 Gr. veelmeer, beter, naamlik vir my. Sien Ps. 16:11. Rom. 8:18.

75 Dit is, in hierdie liggaamlike lewe. Sien vers 22.

76 Naamlik om julle en ander gemeentes in die geloof te versterk, en nog baie ander vir Christus te win.

77 Sommige kerkvaders meen dat die apostel dit vir seker geweet het deur ’n besondere openbaring van God (soos in Hand. 23:11), dat hy nie in die eerste gevangenskap omgebring sou word nie; en dat wanneer hy vrygelaat is, hy daarna in Asië, Sírië, Griekeland en elders vir nog tien jaar sou preek, en daarna weer in Rome gevang en doodgemaak sou word. Dit is egter onseker; en dit blyk uit Filip. 2:17, dat hy dit nie uit ’n gewisse kennis, verkry deur goddelike openbaring, sê nie, maar uit ’n waarskynlike veronderstelling en hoop, uit al die omstandighede van die saak, dat hy in hierdie eerste verdediging nie ter dood veroordeel sou word nie. Dit het ook gebeur, soos uit die briewe blyk, wat hy daarna in sy boeie geskryf het. In sy tweede verdediging verklaar hy dat die tyd van sy heengaan naby was, 2 Tim. 4:6, 16.

78 Naamlik in die lewe.

79 Dit is, nog tot julle, Filippense, sal kom en ’n kort tyd saam met julle bly.

80 Dit is, om met my lering en prediking julle meer en meer in kennis en godsaligheid te laat toeneem.

81 Dit is, wat voortspruit uit die geloof, of: wat sal ontstaan tot vermeerdering van julle geloof.

82 Naamlik dat julle deur my, ’n apostel van Christus, tot die geloof bekeer en daarin versterk kan wees.

83 Gr. in my, naamlik wanneer julle deur jul gebede my vrylating verkry het.

84 Naamlik wat ek hoop die Here sal gee.

i Gén. 17:1. 1 Kor. 7:20. Ef. 4:1. Kol. 1:10. 1 Thess. 2:12; 4:1. 85 Of: wandel. Die Griekse woord beteken: soos ’n goeie burger hom betaamlik in sy stad gedra, in sy omgang en wandel ’n voorbeeld stel. Sien ook Filip. 3:20 en die kanttekening.

86 Dit is, soos diegene wat die leer van die evangelie geleer en aangeneem het, betaam. Sien Ef. 4:1. 1 Thess. 2:12.

87 Sien Hand. 4:32 en die kanttekening. Deur die gees word die verstand bedoel, en deur die siel die wil en geneentheid. Die een kan ook ’n verklaring van die ander wees. Ander verstaan deur die woord gees die Heilige Gees.

88 Dit is, wat óf met valse leer, óf met swaar vervolginge en dreigemente hulle teen die leer van Christus stel, om dit te vernietig.

89 Naamlik die vervolgers en valse leraars.

90 Dit is, ’n seker teken dat hulle die verderf tegemoetgaan. Sien 2 Thess. 1:5.

91 Naamlik gelowiges, wat julle nóg deur valse leer laat verlei, nóg deur vrees vir vervolging laat afskrik, om van die ware geloof af te wyk.

92 Dit voeg hy daarby sodat hulle nie sou meen dat hul standvastigheid ’n verdienstelike oorsaak van die saligheid sou wees nie; en sodat hulle sou weet dat hierdie standvastigheid nie van hulleself nie, maar van God kom, soos in die volgende vers verklaar word.

93 Of: om Christus wil geskenk is. Sien Ef. 2:8.

94 Naamlik Christus.

95 Dit is, om sy ontwil; ter wille van sy leer en saak.

96 Om ter wille van Christus aan verdrukkinge en vervolginge onderworpe te wees, en om dit met lydsaamheid te verdra en te oorwin, Matt. 5:12. Hand. 5:41.

97 Naamlik om te stry en te volhard.

98 Naamlik toe ek by julle was. Sien hieroor Hand. 16:19, ens.

99 Naamlik uit die berigte van wat ek hier in Rome daagliks moet ly in my boeie.