Statevertaling – Bybelstigting

Filippense 2

1

AS daar dan enige 1troos 2in Christus 3is, as daar enige 4vertroosting 5van die liefde, as daar enige 6gemeenskap van die Gees, as daar enige 7innige tederheid en 8ontferming is,

2

9maak dan my blydskap volkome deur a10eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, 11een van siel, een van sin.

3

Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, bmaar in nederigheid moet die een die ander 12hoër ag as homself.

4

cJulle moet nie elkeen na 13sy eie belange 14omsien nie, maar elkeen ook na 15die ander s’n.

5

dWant 16hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

6

eHy, wat in die 17gestalte van God was, het dit 18geen roof geag om 19aan God gelyk te wees nie,

7

fmaar het 20Homself 21ontledig deur g22die gestalte van ’n dienskneg aan te neem 23en aan die mense gelyk geword;

8

hen 24in gedaante 25gevind 26as ’n mens, het Hy 27Homself iverneder deur 28gehoorsaam te word 29tot die dood toe, ja, 30die dood van die kruis.

9

k31Daarom het 32God Hom ook 33uitermate verhoog en Hom l34’n naam 35gegee wat 36bo elke naam is,

10

msodat 37in die Naam van Jesus sou 38buig elke knie van 39die wat in die hemel en 40die wat op die aarde en 41die wat onder die aarde is,

11

nen 42elke tong sou bely 43dat Jesus Christus die Here is 44tot heerlikheid van God die Vader.

12

Daarom, my geliefdes, soos julle altyd 45gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, 46werk julle eie heil uit 47met vrees en bewing;

13

owant dit is God 48wat in julle werk 49om te wil sowel as 50om te werk 51na sy welbehae.

14

pDoen 52alles q53sonder murmurering en 54teëspraak,

15

sodat julle 55onberispelik en 56opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 57’n krom en verdraaide geslag ronder 58wie julle 59skyn soos 60ligte in die wêreld,

16

deurdat julle die woord 61van die lewe 62vashou, smy tot ’n roem teen 63die dag van Christus, dat ek nie verniet 64geloop of verniet gearbei het nie.

17

Maar al word 65ek 66as ’n drankoffer uitgegiet 67oor die offer en 68bediening van julle geloof, tverbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal;

18

en om dieselfde rede 69moet julle ook bly wees en julle saam met my verbly.

Timótheüs en Epafrodítus gesante van Paulus aan die Filippense.

19

EN ek hoop 70in die Here Jesus om vTimótheüs gou na julle te stuur, sodat ek ook welgemoed kan wees as ek julle omstandighede te wete gekom het.

20

Want ek het niemand van 71dieselfde gesindheid wat 72julle belange 73opreg sal behartig nie;

21

xwant hulle soek 74almal hul 75eie belange, nie 76dié van Christus Jesus nie.

22

Maar julle ken 77sy beproefdheid, dat hy, 78soos ’n kind teenoor sy vader, 79saam met my in die evangelie gedien het.

23

Ek hoop dan om 80hom 81dadelik te stuur, so gou as ek sien hoe dit met 82my sal gaan;

24

en ek 83vertrou in die Here dat ek self ook spoedig sal kom.

25

Maar ek het dit noodsaaklik geag om 84Epafrodítus, 85my broeder en 86medewerker en 87medestryder, julle 88afgevaardigde en 89bedienaar van my behoefte, 90na julle te stuur,

26

want hy het 91na julle almal verlang en 92was besorg, omdat 93julle gehoor het dat hy siek was.

27

Want hy was ook siek 94tot by die dood; maar God was hom 95barmhartig, en nie hom alleen nie, maar 96ook my, dat ek nie 97droefheid op 98droefheid sou hê nie.

28

Ek het hom dus 99des te spoediger gestuur, sodat julle hom kan sien en julle weer verbly en ek 100minder bedroef kan wees.

29

Ontvang hom dan 101in die Here met alle blydskap yen hou 102sulke manne 103in eer.

30

Want 104ter wille van die werk van Christus het hy 105tot naby die dood gekom en 106sy lewe 107gewaag om aan te vul 108wat julle kortgekom het in die diensbetoning aan my.

1 Of: vermaning. Want die Griekse woord beteken beide.

2 Dit is, in Christus se Naam, of: om Christus wil.

3 Of: plek het by julle; of: by julle mag geld.

4 Dit is, troosvolle aanspreking.

5 Dit is, uit opregte liefde gedoen.

6 Dit is, indien julle ook die genade van die wedergeboorte in die oordenking van hierdie vermaning toon. Of: indien julle deur een Gees aan mekaar verbind is.

7 Gr. ingewande. Sien Filip. 1:8 en die kanttekening.

8 Dit is, medelye, naamlik met my boeie en verdrukkinge. Sien Kol. 3:12. Hebr. 10:28.

a Rom. 12:16; 15:5. 1 Kor. 1:10. Filip. 3:16. 1 Petr. 3:8. 9 Dit is, vermeerder dit hoe langer hoe meer met jul Christelike lewenswandel.

10 Deur hierdie enigheid van sinne word nie net ’n eensgesindheid in die denke aangaande die belangrikste hoofsake van die Christelike leer verstaan nie, maar ook enigheid in wil, geneentheid en liefde, soos dit hier ook staan. Sien Hand. 4:32.

11 Gr. van een siel; of: die siele bymekaargevoeg hê.

b Rom. 12:10. 1 Petr. 5:5. 12 Naamlik in gawes, of in dienste.
c 1 Kor. 10:24; 13:5. 13 Dit is, sy voordeel, eer of gemak.

14 Naamlik vernaamlik, of alleenlik. Want andersins moet ook ’n Christen sy huisgenote versorg, 1 Tim. 5:8. Die apostel gebruik hier ’n woord wat eintlik beteken: om na iets te kyk soos na ’n teiken waarna ’n mens skiet.

15 Dit is, die belange wat tot sy naaste se voordeel, eer, diens en stigting strek.

d Matt. 11:29. Joh. 13:15. 1 Petr. 2:21. 1 Joh. 2:6. 16 Gr. dieselfde moet gevoel word, dit is, dat daar dan in julle dieselfde gesindheid en geneentheid moet wees tot nederigheid.
e 2 Kor. 4:4. Kol. 1:15. Hebr. 1:3. 17 Gr. morfe, dit is, gedaante, of gestalte waarmee dit hier vertaal is, omdat daardeur nie net ’n goddelike majesteit en heerlikheid bedoel word nie, maar ook die goddelike wese self, omdat daarsonder geen ware goddelike majesteit kan wees nie, en dit ook by niemand anders kan wees as by die waaragtige God nie, Jes. 42:8. Uit dit wat volg blyk dat deur hierdie woord ook die wese van God bedoel word, soos in hierdie vers gesê word, dat Hy aan God gelyk was, en in vers 7 dat Hy die gestalte van ’n dienskneg aangeneem het, dit is, nie net ’n diensbare en knegtelike hoedanigheid nie, maar ook ’n ware menslike natuur self met so ’n hoedanigheid beklee. Sodat die woorde gestalte van God te verstaan is as sy wese en hoedanigheid, waarin Hy van alle ewigheid af was, voordat Hy die menslike natuur aangeneem het. Sien Joh. 1:1, 14; 17:5.

18 Dit is, geen saak wat ongeoorloof of onregverdig was, wat Hom nie met reg toebehoort het nie, asof Hy dit geroof het.

19 Dit is, aan God sy Vader ooreenkomstig sy goddelike wese en gevolglik ook in majesteit en heerlikheid volkome gelyk te wees en te bly, as een met die Vader. Sien Joh. 5:18, 26; 10:30; 16:15. Hebr. 1:3.

f Ps. 8:6.

g Matt. 20:28. Joh. 13:14.

20 Naamlik geheel vrywilliglik.

21 Gr. leeggemaak, dit is, het die gebruik van sy goddelike heerlikheid vir ’n tyd as ’t ware afgelê om ons verlossingswerk in die staat van nederigheid te volbring, Hom daardeur as ’t ware ontledig, en in sy menslike natuur verborge gehou, terwyl Hy slegs sommige klein strale daarvan deur sy wonderwerke en andersins nou en dan laat skyn het, Joh. 1:14; 2:11. In vers 8 word dit verklaar met die woord verneder.

22 Dit word verklaar met die woorde wat volg, naamlik dat Hy ’n ware menslike natuur aangeneem het, en daarmee saam ’n totaal nederige en veragte staat, soos van ’n slaaf of dienskneg, om so vir ons sondes te voldoen, en sy Vader tot ons verlossing te dien. Sien Jes. 53:11.

23 Gr. in gelykmaking aan die mense, dit is, aan die mense gelykgemaak geword, naamlik nie net ooreenkomstig die menslike natuur wat deur Hom aangeneem is nie, maar ook ooreenkomstig alle swakhede daarvan, sonder sonde. Sien Hebr. 2:17; 4:15. Of: soos ’n eenvoudige en veragte mens. Sien Rig. 16:7, 11. Ps. 82:7.

h Hebr. 2:14, 17; 4:15.

i Hebr. 2:9; 12:2.

24 Daardeur word dit wat tevore gestalte of aan mense gelykgemaak genoem is, verstaan. Saam met die uitwendige wandel onder die mense.

25 Dit is, bevind te wees.

26 Dit is, as ’n ware en ook as ’n eenvoudige en veragte mens. Sien vers 7.

27 Sien vers 7.

28 Naamlik deur Hom in alles gewillig aan die wil van sy Vader te onderwerp.

29 Dit is, nie net in allerlei bevele nie, maar ook in die swaarste, om die dood te sterwe; waaraan Hy andersins nie onderworpe was nie, nóg volgens sy goddelike natuur, wat onsterflik is, 1 Tim. 1:17, nóg volgens sy menslike natuur, omdat daarin geen sonde was nie, 1 Joh. 3:5, en daarom die loon daarvan nie verdien het nie, Rom. 6:23.

30 Dit is, die allerbitterste en allersmadelikste dood, wat ook deur God vervloek was, Deut. 21:23. Onder hierdie uiterste trap van vernedering sluit die apostel alle ander dinge in wat dit voorafgegaan het na liggaam en na siel, en druk dit so uit om die uiterste vernedering van Christus beter voor oë te stel, en om die gelowiges daarmee tot nederigheid te vermaan.

k Hand. 2:33.

l Hebr. 1:4.

31 Met die woord daarom word nie aangetoon dat Christus met hierdie vernedering die heerlikheid wat volg vir Homself verdien het nie; want alles wat Christus verdien het, het Hy vir ons verdien, Joh. 17:19; maar toon slegs aan wat hierop gevolg het, of gepas was om te volg. Sien dergelike in Hand. 20:26. Hebr. 3:7. 2 Petr. 1:10.

32 Naamlik die Vader.

33 Naamlik nadat Hy uit die dood opgestaan en na die hemel opgevaar het, aan die regterhand van God gaan sit het in die hoogste heerlikheid, Ef. 1:20. Hebr. 1:3, wat Hy wel volgens sy goddelike natuur van ewigheid af gehad het, Joh. 17:5, maar omdat Hy die gebruik daarvan in die staat van sy nederigheid as ’t ware afgelê het, het Hy dit ná sy hemelvaart weer aangeneem en dit glorieryk vertoon; en sy menslike natuur is na liggaam en na siel versier met so ’n hoë heerlikheid en geluksaligheid as wat ’n skepsel kan ontvang, wat al die heerlikheid van engele en ander mense ver te bowe gaan.

34 Daardeur word nie die blote naam, waardeur Hy van ander mense onderskei is, verstaan nie; want dié het Hy ook in die staat van sy nederigheid gehad; ook nie net die vermaardheid van sy persoon nie, maar wel die majesteit en heerlikheid daarvan. Sien Ef. 1:21.

35 Of: geskenk. Sien Filip. 1:29 se kanttekening. Waarmee te kenne gegee word dat hierdie verhoging gebeur het volgens die Vader se wil en welbehae.

36 Dit is, die allergrootste en hoogste heerlikheid.

m Jes. 45:23. Rom. 14:11. 37 Dit is, hierdie Jesus Christus wat só verheerlik is, en vanweë hierdie heerlikheid van Hom.

38 Dit is, alle redelike skepsele moet hulle onderwerp, selfs sy vyande teen hulle wil. Die apostel verwys hier na dit wat God sê, Jes. 45:23, en pas dit hier op Jesus Christus toe, soos ook in Rom. 14:11. Hierdie woorde moet dus nie letterlik verstaan word nie, naamlik dat as die Naam Jesus genoem word, ’n mens die knieë sou moes buig, soos sommige uit misverstand van hierdie teks, en nie sonder bygeloof nie, doen; want die engele en bose geeste, van wie hier ook gespreek word, het eintlik geen knieë nie. Dit moet egter verstaan word as beeld van die uiterlike eerbied, wat ’n mens aan konings of vorste, onder wie ’n mens staan, betoon. Hier word die onderwerping van alle skepsele aan Christus, as die Here van die here en Koning van die konings, verstaan, Openb. 19:16, die Owerste oor die konings van die aarde, Openb. 1:5, en die Here van almal, Hand. 10:36.

39 Naamlik die heilige engele en salige siele, Openb. 5:13.

40 Dit is, alle mense wat op die aarde lewe.

41 Dit is, alle mense wat gesterwe het en in die grafte is; of ook alle bose geeste en verdoemde mense wat in die hel is, dit is, alle redelike skepsele, in watter plek van die geskape wêreld hulle ook sou mag wees. Want hoewel die duiwels en die goddelose en verdoemde mense nie aan Christus die nodige onderdanigheid en eer bewys nie, moet hulle nogtans, ten spyte daarvan, aan Hom as die Here en Regter oor almal, onderworpe wees. Sien Ps. 22:30; 72:9.

n Joh. 13:13. 1 Kor. 8:6; 12:3. 42 Naamlik van alle nasies en volke, en ook van alle redelike skepsele, nie net van die goeies nie, maar ook van die slegtes, wat, hoe ernstig hulle hul ook teen Christus stel, Hom egter nieteenstaande daarvan moes bely, Mark. 5:7. Hand. 16:17, en sal hulle Hom in die laaste oordeel moet erken as die Regter van die lewendes en van die dooies, en as die Here, Matt. 7:22.

43 Of: dat die Here Jesus die Christus is, dit is, die Gesalfde.

44 Dit is, watter belydenis strek tot verbreiding van die heerlikheid van die Vader, wat alleen uit barmhartigheid en genade teenoor ons, hierdie Seun van Hom, Jesus, tot Here en Saligmaker gestel en gegee het.

45 Naamlik die evangelie, deur dit met ’n ware geloof aan te neem, en met ’n godsalige lewenswandel te belewe.

46 Dit is, beywer, bearbei, terwyl julle die middele wat God tot bevordering daarvan verordineer het, gebruik.

47 Dit is, met ’n gevoel van nederigheid oor julleself, en met groot en kinderlike sorgvuldigheid, terwyl julle vrees dat julle iets sou mag doen of nalaat waardeur julle God sou kon vertoorn, of wat tot saligheid hinderlik sou wees. Sien oor hierdie spreekwyse Ps. 2:11. 1 Kor. 2:3. 2 Kor. 7:15. Ef. 6:5. Hebr. 12:28. 1 Petr. 1:17.

o 2 Kor. 3:5. 48 Dit word daarby gevoeg, sodat ’n mens uit hierdie voorgaande vermaning nie sou dink of aflei dat die mens die saligheid uit homself en deur sy eie krag sou kon bewerk nie. Sien Filip. 1:6. 2 Kor. 3:5. Jak. 1:17.

49 Dit is, nie net die vermoë om te wil nie, maar om te wil self; wat die wil kragtig neig en buig om die goeie te kies, en sodoende van onwilliges gewilliges maak, deur die krag van die Heilige Gees, Joh. 3:5; 6:44. Rom. 9:16. 1 Petr. 1:3.

50 Of: om uit te werk, dit is, die nakoming en volbringing van die goeie wat ’n mens wil.

51 Dit is, nie volgens enige voorgaande goeie hoedanigheid of voorbereiding, wat Hy in die mens sou vind nie, maar na sy welbehae, uit louter genade. Sien Ef. 1:5, 9, 11; 2:8. 2 Tim. 1:9.

p Rom. 12:17. 1 Petr. 2:12.

q 1 Petr. 4:9.

52 Naamlik wat die Here julle beveel, hoe swaar dit ook vir die vlees sou mag wees.

53 Dit is, gewillig en met geduld.

54 Of: twis, beraadslaging, naamlik of julle dit wat God gebied, sal doen of nie. Want die Griekse woord beteken óf in sy gedagtes, óf met woorde oor en weer argumenteer of kibbel.

r Spr. 4:18. Matt. 5:14. 55 Dit is, sodat die mense nie met reg julle wandel sou kon berispe nie. Sien Luk. 1:6. Ef. 5:26, 27.

56 Of: eenvoudig, sonder bedrog. Sien Matt. 10:16.

57 Dit is, ongelowige en onwedergebore mense. Sien Hand. 2:40.

58 Naamlik mense.

59 Dit is, en voortaan ook moet skyn en verlig.

60 Of: voorligters, sterre. Sien Spr. 4:18. Matt. 5:14.

s 2 Kor. 1:14. 1 Thess. 2:19. 61 Dit is, waarin ons die ewige lewe, en die weg om daartoe te kom, aangewys word, en wat ons daartoe lei. Sien Joh. 6:68.

62 Dit is, die gesonde leer van die evangelie standvastig vashou, bely en beoefen. Of: voordra.

63 Naamlik wanneer Hy sal kom om alle mense te oordeel, of om my uit hierdie lewe te verlos.

64 Naamlik, in my loopbaan van diens aan julle, julle bedien het deur die prediking van hierdie woord.

t 2 Kor. 7:4. 65 Naamlik deur my bloed te vergiet ter wille van die evangelie.

66 Die Griekse woord beteken om so geoffer te word, soos in die Ou Testament benewens die offer van meel ook wyn as ’n drankoffer geoffer was. Die apostel verwys hier na die stort van sy bloed; want die bloed van die martelare is vir die Here ’n aangename offer, Ps. 116:15.

67 Dit is, omdat ek julle deur die verkondiging van die evangelie aan God as ’t ware opgeoffer en geheilig het, en daarmee tot julle diens was om julle tot die geloof te bring, waarin julle deur my dood bevestig sal word.

68 Gr. leitourgia. Sien oor hierdie woord Rom. 15:16. 2 Kor. 9:12 se kanttekening. Hebr. 8:2, 6.

69 Dit kan óf vermanend verstaan word, dat hulle hul dan moet verbly; óf verhalend, dat hulle dit reeds doen.
v Hand. 16:1. Rom. 16:21. 1 Thess. 3:2. 70 Dit is, met hulp en deur die genade van die Here; indien dit Hom sal behaag. Sien Hand. 18:21. 1 Kor. 4:19. Jak. 4:15.
71 Gr. gelyksielig, dit is, wat vir julle dieselfde omgee as ek en hy.

72 Naamlik wat die opbou van julle gemeente en wat julle saligheid betref.

73 Die Griekse woord beteken eintlik: so opreg soos dit van nature kom, soos die ouers vir hul kinders sorg wat uit hulle gebore is.

x 1 Kor. 10:24; 13:5. 74 Dit is, byna almal, of meeste van hulle, soos in Matt. 10:22. Mark. 1:5. Joh. 10:8.

75 Dit is, hul eie gemak, nut of eer.

76 Dit is, dit wat tot bevordering van Christus se ryk, eer en leer behoort.

77 Dit is, die bewys van sy opregtheid en getrouheid, wat hy voorheen dikwels getoon het. Of: hoe hy altyd opreg en getrou bevind was.

78 Dit is, nie soos ’n kneg uit dwang nie, maar met ’n onderdanige en bereidwillige gesindheid. Sien 1 Kor. 4:17. 2 Tim. 2:1.

79 Dit is, my gehelp het in die verkondiging, verbreiding en verdediging van die leer van die evangelie.

80 Naamlik Timótheüs, so ’n voortreflike jongman en getroue leraar, wat vir my so nuttig en behulpsaam was.

81 Dit kan óf by die woord stuur, óf by die woord sien gevoeg word.

82 Naamlik wat my ampsbediening betref.

83 Dit is, ek hoop vas daarop en het min twyfel daaroor; want die woord beteken hier nie ’n vaste sekerheid van die hart nie, maar ’n groot en vaste hoop. Sien Filip. 1:25.
84 Sien oor hom ook Filip. 4:18. Sommige meen dat hy dieselfde man sou wees wat Épafras genoem word, Kol. 1:7; 4:12. Fil. vers 23, maar dit is onseker.

85 Dit is, my medebroeder en ’n leraar van die heilige evangelie.

86 Naamlik in die werk van die verkondiging van die evangelie.

87 Naamlik in die geestelike stryd teen die vyande van die evangelie, met groot moeite en lewensgevaar.

88 Gr. apostolon, welke woord in die besonder beteken een wat deur Christus self geroep en uitgestuur is, om die evangelie deur die hele wêreld te verkondig, Gal. 1:1. Ef. 4:11. Hier word dit egter breër verstaan in die algemeen, as een wat deur iemand afgevaardig is, om in sy naam of namens hom iets te doen. Epafrodítus was deur die Filippense na Paulus in Rome gestuur, om vir hom die middele te bring wat hulle tot sy onderhoud bygedra het. Of ook: julle leraar; want so word hierdie woord ook soms verstaan as allerlei leraars. Sien Rom. 16:7. 2 Kor. 8:23.

89 Waarom die apostel hom so noem, word breedvoeriger verklaar in Filip. 4:18.

90 Naamlik nou dadelik met hierdie brief.

91 Dit is, om julle almal weer te sien en by julle te wees.

92 Die Griekse woord beteken ’n baie kommerlike verwagting van enige kwaad of leed, met groot benoudheid in die hart. Sien Matt. 26:37. Mark. 14:33.

93 Naamlik en geweet het dat julle, wat hom so baie liefhet, baie hartseer daaroor sou wees.

94 Dit is, dat hy in groot gevaar was dat hy aan hierdie siekte sou sterf.

95 Dit is, het hom uit genade in die lewe behou en weer sy gesondheid herstel.

96 Naamlik dat ek die genade wat aan hom bewys is, beskou, asof dit aan my betoon is, vanweë die hulp wat ek van hom ontvang.

97 Naamlik vanweë die dood van so ’n voortreflike leraar en nuttige instrument in die kerk van God.

98 Naamlik wat my daagliks in hierdie boeie deur die vyande van die evangelie aangedoen word.

99 Naamlik so vinnig as wat hy weer gesond geword het. Of: des te yweriger, des te vinniger.

100 Naamlik soos ek was, omdat julle jul getroue leraar so lank moes ontbeer.

y 1 Kor. 9:14. Gal. 6:6. 1 Thess. 5:12. 1 Tim. 5:17. Hebr. 13:17. 101 Dit is, ter wille van die Here, wie se dienaar hy is. Of: verwelkom hom nie met ’n wêreldse vreugde nie, maar soos dit die Here behaaglik is.

102 Dit is, wat dienaars is van die evangelie, en vernaamlik diegene wat so getrou is soos hy en Timótheüs.

103 Of: in waarde, of: kosbaar.

104 Dit is, ter wille van die werk waartoe Christus hom geroep het; of dit wat hy tot verbreiding van die ryk van Christus en van Christus se eer aangeneem het. Waardeur óf in die algemeen die bediening van die Woord verstaan word met alles wat daarmee verband hou, óf in die besonder die diens wat hy aan die apostel verrig het, deur dit waarvoor die Filippense hom gestuur het, oor te bring, en wat hy nog gedoen het om die apostel in sy boeie te dien. Dit alles dien ook tot verbreiding en diens van die koninkryk van Christus.

105 Dit is, was in groot gevaar van sy lewe, naamlik óf op die gevaarlike reis, óf hier in Rome, omdat hy my help en dien in die verspreiding van die evangelie.

106 Gr. sy siel.

107 Die Griekse woord beteken om te beraadslaag sonder om op sy lewe ag te slaan of te let. Dit is, nadat hy oordink het wat hy behoort te doen, of hy sy lewe in gevaar moet stel of sy diens moet versaak, het hy besluit om liewer sy lewe te waag.

108 Dit is, sodat, terwyl julle self nie hier teenwoordig kan wees om my in my boeie te dien nie, hy in julle almal se plek hierdie dinge kon doen. Gr. julle gebrek van bediening aan my.