Statevertaling – Bybelstigting

Filippense 4

1

DAAROM,1 my geliefde broeders, na wie ek ook 2verlang, 3my blydskap a4en kroon, 5staan 6so vas 7in die Here, geliefdes.

2

Ek vermaan 8Euódia en ek vermaan Síntiché om 9eensgesind te wees 10in die Here.

3

En ek vra jou ook, 11opregte 12metgesel, wees 13hierdie vroue 14behulpsaam wat met my 15saamgestry het in die evangelie, 16ook saam met Clemens en my ander 17mede-arbeiders 18wie se name 19in die boek van die lewe b20is.

4

c21Verbly julle 22altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!

5

Laat julle 23vriendelikheid aan alle mense bekend word. d24Die Here is naby.

6

eWees oor niks 25besorg nie, maar laat 26julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging 27bekend word by God.

7

fEn 28die vrede van God, 29wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle 30sinne 31bewaar in Christus Jesus.

8

Verder, broeders, alles wat waar is, galles wat 32eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat h33rein is, alles wat 34lieflik is, alles wat 35loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, 36bedink dit.

9

37En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en 38die God van vrede 39sal met julle wees.

Erkentlikheid van Paulus vir die gawe wat hy van die Filippense ontvang het. Groete.

10

EK het my grootliks verbly 40in die Here dat julle nou eindelik weer 41opgeleef het iom 42aan my belange te dink; waaraan julle ook 43gedink het, maar julle het 44die geleentheid nie gehad nie.

11

Nie dat ek dit 45uit gebrek sê nie, want ek 46khet geleer 47om vergenoeg te wees met 48die omstandighede waarin ek is.

12

49Ek weet om 50lverneder te word, ek weet ook om 51oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek 52onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.

13

53Ek is tot 54alles in staat deur Christus wat my 55krag gee.

14

Nogtans het julle goed gedoen toe julle 56deel gehad het in 57my verdrukking.

15

mEn julle, Filippense, weet ook 58dat in die begin van die evangelie, toe ek van Macedónië vertrek het, geen gemeente 59deel gehad het in my 60rekening van uitgawe en inkomste nie, behalwe julle alleen.

16

Want ook 61in Thessaloníka het julle vir my behoefte meer as een maal iets gestuur.

17

Nie dat ek die gawe 62soek nie, maar ek soek 63die vrug wat oorvloedig word 64op julle rekening.

18

Maar ek het 65alles ontvang, en 66ek het oorvloed. Ek het dit volop noudat ek van Epafrodítus ontvang het wat deur julle gestuur is, n67’n lieflike geur, ’n welgevallige offer, welbehaaglik by God.

19

En 68my God sal 69elke behoefte van julle 70vervul 71na sy rykdom 72in heerlikheid 73deur Christus Jesus.

20

Aan onse God 74en Vader die heerlikheid tot 75in alle ewigheid! Amen.

21

Groet elke heilige in Christus Jesus. Die broeders wat saam 76met my is, groet julle.

22

Al die heiliges, en veral die wat 77aan die keiserlike huis behoort, groet julle.

23

78Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.

a 1 Thess. 2:19. 1 Naamlik omdat ons burgerlike gedrag en lewenswyse in die hemele is, en daar so ’n heerlikheid na liggaam en siel deur Christus vir ons berei is; soos in die laaste verse van die voorgaande hoofstuk verklaar word, waarna hierdie woorde verwys.

2 Gr. sterk begeer, dit is, wat ek met groot begeerte en liefde van die hart bemin, en na wie ek baie verlang. Sien Filip. 1:8.

3 Dit is, wat my rede gee, dat ek my oor jul geloof en Christelike wandel verbly en verheug.

4 Dit is, ’n eer en sieraad van my diens, waardeur julle tot Christus bekeer is. Só word ’n deugsame vrou die kroon van haar man genoem, Spr. 12:4, en godsalige kinders ’n kroon van hul ouers, Spr. 17:6. Sien 1 Thess. 2:19. Openb. 3:11.

5 Dit is, bly standvastig. ’n Beeld geneem van soldate, wat in die stryd nie wyk of vlug nie, maar staande bly. Sien 1 Kor. 16:13. Gal. 5:1. Ef. 6:11. Kol. 4:12. 2 Thess. 2:15.

6 Naamlik soos julle tot nou toe gedoen het. Of: soos ek julle nou onderrig het.

7 Dit is, in die geloof en die gehoorsaamheid van die Here Christus. Of: deur die krag van die Here.

8 Hierdie twee vroue, soos uit die volgende vers blyk, was lidmate van die gemeente van die Filippense en het baie goed gedoen tot bevordering van die evangelie, maar onder hulle het misverstande en twis ontstaan, wat vir die gemeente ergerlik en skadelik was.

9 Naamlik nie net aangaande die leer nie, maar ook ten opsigte van die toegeneentheid van die gemoed. Sien Filip. 2:2; 3:16.

10 Dit is, met sodanige heilige eenheid wat die Here ons beveel, en wat vir Hom aangenaam is.

b Ex. 32:32. Ps. 69:29. Openb. 3:5; 20:12; 21:27. 11 Sien oor hierdie woord Filip. 2:20 en 1 Tim. 1:2 se kanttekeninge. Tit. 1:3.

12 Of: jukgenoot. Die Griekse woord beteken iemand wat ’n juk saam met ’n ander trek. Waardeur nie Paulus se vrou verstaan word, soos sommige gemeen het nie; want dit is seker dat Paulus nie getroud was toe hy die eerste brief aan die Korinthiërs geskryf het nie, soos blyk uit 1 Kor. 7:7. ’n Mens lees nêrens, en dit is ook nie geloofwaardig, dat hy daarna getroud is nie. Ook gee die Griekse taal geen aanleiding dat dit van ’n vrou gesê sou kon word nie. Hierdeur word egter iemand van die leraars in die gemeente van die Filippense verstaan, wat getrou die juk van die diens van die evangelie saam met die apostel gedra en getrek het, soos hy sodanige elders sy medestryder noem, Filip. 2:25. Fil. vers 2. ’n Beeld van twee osse wat saam ’n juk trek. Sien 2 Kor. 6:14.

13 Naamlik wat sopas genoem is.

14 Naamlik om hulle weer tot eensgesindheid te bring.

15 Dit moet nie verstaan word dat hulle die evangelie openlik saam met Paulus gepreek het nie, want dit verbied die apostel die vroue, 1 Kor. 14:34, 35. 1 Tim. 2:12, maar dat hulle in die besonder, ter wille van die belydenis van die leer van die evangelie, baie teëspoed en verdrukkinge standvastig uitgestaan het. Die apostel gebruik hier ’n beeld geneem van diegene wat om ’n prys meeding. Sien 2 Tim. 2:5. Hebr. 10:32.

16 Dit kan gevoeg word óf by die woord behulpsaam, óf by die woord saamgestry. Of hierdie Clemens daarna ’n opsiener van die kerk van Rome was, is onseker.

17 Naamlik in die werk van die diens van die evangelie. Sien Rom. 16:3, 9, 21. Filip. 2:25. Fil. verse 1, 24.

18 Dit spreek die apostel van hierdie mede-arbeiders van hom volgens die oordeel van die liefde, 1 Kor. 13:7.

19 Dit is, in die register van die uitverkorenes tot die ewige lewe, waardeur God se besluit van die ewige verkiesing verstaan word. Sien Ex. 32:32, 33. Luk. 10:20. Openb. 3:5; 17:8; 20:12, 15.

20 Naamlik geskryf, ’n beeld geneem van die inskrywing van burgers of van soldate in ’n register, om hulle daardeur te ken en vir ware burgers of soldate te hou.

c 1 Thess. 5:16. 21 Sien Rom. 12:12. 2 Kor. 13:11. Filip. 3:1.

22 Naamlik nie alleen in tyd van voorspoed nie, maar ook van teëspoed en verdrukking, omdat dit vir die Christene salig is, Jak. 1:2. Sien Filip. 2:17, 18.

d 1 Kor. 10:11. Hebr. 10:25. 23 Of: billikheid, redelikheid, wat ’n besondere, voortreflike en noodsaaklike deug is, as ’n mens nie op die uiterste reg aandring nie, maar aan sy naaste ter wille van vrede en stigting toegee en as ’t ware wyk, vir soveel die Woord van God en ’n goeie gewete kan verdra. Sien Rom. 15:1, 2. 1 Kor. 9:19. 2 Tim. 2:24. Tit. 3:2.

24 Dit is, is oral by ons, en hoor en sien al ons woorde en ons dade. Of: is naby met sy koms om te oordeel, wanneer ons van al ons woorde en ons dade sal moet rekenskap gee, Jak. 5:9.

e Ps. 55:23. Matt. 6:25. 1 Tim. 6:8, 17. 1 Petr. 5:7. 25 Naamlik met angstige bekommernis, wat voortkom uit wantroue van God se voorsienigheid, Matt. 6:25. Anders is die gelowiges ook verplig om vir hulle eie mense te sorg, 1 Tim. 5:8.

26 Dit is, die sake wat julle begeer en versoek.

27 Dit word menslikerwys gespreek; want andersins ken God van Homself al ons nood en ons gebrek beter as ons self. Sien Matt. 6:32.

f Joh. 14:27. Rom. 5:1. Ef. 2:14. 28 Sien oor hierdie vrede Rom. 5:1 en 14:17 se kanttekeninge.

29 Dit is, wat so groot en uitnemend goed is, dat dit deur geen menslike verstand begryp kan word nie, veel minder met menslike woorde uitgespreek kan word.

30 Of: gedagtes.

31 Die Griekse woord beteken om iets met wagte of besetting teen die vyande te bewaar. Sien 1 Petr. 1:5.

g Rom. 13:13.

h 1 Thess. 4:3-5.

32 Of: waardig, edel.

33 Of: kuis.

34 Of: vriendelik.

35 Of: ’n goeie boodskap is, waarvan mense met lof spreek.

36 Naamlik om dit met ’n ernstige voorneme en ywer voor te stel en te betrag.

37 Hier verklaar die apostel breedvoeriger wat hy tevore in die algemeen vermaan het, dat hulle hom sou navolg, Filip. 3:17.

38 Sien Rom. 15:33; 16:20. 2 Kor. 13:11. 1 Thess. 5:23.

39 Naamlik met sy genadige teenwoordigheid, bystand en seën.

i 2 Kor. 11:9. 40 Sien vers 4.

41 Gr. weer groeiende of spruitende geword het. ’n Beeld geneem van die bome, wat in die winter dood voorkom, en teen die somer weer uitspruit en groen word.

42 Dit is, aan my behoeftes in hierdie boeie. Of: vir my te sorg.

43 Naamlik voorheen, hoewel julle dit nie gestuur het nie.

44 Naamlik om die gawes op die gepaste manier aan my te stuur.

k 1 Tim. 6:6. 45 Dit is, asof ek gebrek moes ly, of nie in staat sou wees om dit geduldig te ly nie.

46 Naamlik sowel uit die Woord van God, as deur die ervaring en oefening.

47 Dit is, tevrede en baie gerus te wees. Sien oor hierdie deug 1 Tim. 6:6. Hebr. 13:5.

48 Of: die dinge wat ek het, al is dit weinig en matig.

l 1 Kor. 4:11. 2 Kor. 11:27. 49 Dit is, ek het geleer, soos in die vorige vers.

50 Naamlik deur armoede en gebrek; en om daarin tevrede te wees.

51 Dit is, oorvloed van lewensonderhoud te hê, en dit reg te gebruik.

52 Die apostel gebruik hier ’n Griekse woord wat eintlik beteken: om onderrig te word in die verborgenhede van enige godsdiens, wat nie aan elke mens geopenbaar is nie; en wil daarmee te kenne gee dat hy hierdie saak ten volle verstaan en geleer het.

53 Dit voeg hy daarby, sodat dit nie lyk asof hy hierdie deug aan homself en sy krag toeskryf nie.

54 Naamlik tot alles wat vooraf gesê is en dergelike dinge.

55 Naamlik deur die genade en werking van sy Heilige Gees, waarsonder ons niks goeds kan dink óf doen nie, Joh. 15:5. 2 Kor. 3:5. Filip. 1:29; 2:13.

56 Dit is, julle het dit ter harte geneem, asof dit julle self raak, Hebr. 13:3. Of: het ook iets aan my gegee om in my behoefte daarin te voorsien.

57 Naamlik wat ek hier ly in boeie, gebrek en armoede.

m 2 Kor. 11:9. 58 Dit is, van die tyd af toe ek die evangelie die eerste maal onder julle gepreek het.

59 Of: met my iets gedeel het in my rekening, ens., naamlik hetsy vir my behoeftes, of om aan ander arm gemeentes ’n hand te reik.

60 ’n Beeld van getroue rentmeesters of handelaars, wat noukeurig in hul rekeningboeke opteken wat en van wie hulle iets ontvang, wat hulle uitgee, en waaraan dit bestee is, om goeie rekenskap te hou en te kan gee.

61 Sien oor hierdie stad en die apostel se verblyf daarin Handelinge 17.
62 Dit is, dat dit vir my veral sou gaan oor die gawes wat julle aan my gestuur het.

63 Dit is, dat julle geloof deur sulke vrugte oorvloedig getoon word. Of: dat julle die vrug en vergelding van hierdie milddadigheid van julle ryklik mag verkry.

64 Dit is, sodat ek as ’t ware in my rekeningboek kan aanteken wat ek van julle ontvang het. Hy verwys hier ook na die voorgaande beeld.

n Hebr. 13:16. 65 Naamlik wat julle aan my gestuur het; soos hierna verklaar word.

66 Dit is, meer as genoeg vir my lewensonderhoud, sodat julle nie meer hoef te stuur nie, soos ook die volgende sin, Ek het, ens., dit ook te kenne gee.

67 Gr. soos ’n reuk van welriekendheid. Die apostel verwys hier na die dankoffers van die Ou Testament, wat voorbeelde was van ons geestelike dankoffers in die Nuwe Testament, waaronder die werke van weldadigheid teenoor die dienaars van die Woord en die armes ook is, wat hy met hierdie beskrywing verklaar as baie aangenaam te wees vir die Here, om hulle meer en meer daartoe aan te spoor. Sien Hebr. 13:16.

68 Naamlik in wie ek glo, en vir wie ek dien in sy gemeente.

69 Dit is, alles wat julle nodig het tot julle onderhoud.

70 Dit is, in oorvloed aan julle gee.

71 Naamlik omdat al die goed van hierdie wêreld Hom toebehoort, Ps. 24:1. 1 Kor. 10:26. Of: volgens die rykdom van sy barmhartigheid, Ef. 2:4.

72 Dit is, baie heerlik en milddadig.

73 Gr. in.

74 Dit is, wat ons Vader deur Christus geword het, en ons sy kinders, teenoor wie Hy vaderlikgesind is, en wat Hy vaderlik sal versorg, Matt. 6:32. Joh. 20:17.

75 Gr. tot die eeue van die eeue.

76 Naamlik hier in Rome.
77 Gr. uit, dit is, sommige wat keiser Nero in sy paleis dien. Sien Filip. 1:13 en die kanttekening.
78 Sien Gal. 6:18.

Einde van die brief van PAULUS aan die Filippense.