Statevertaling – Bybelstigting
Die vleeswording van die Woord.
INa die 1begin was 2die Woord, en die Woord was b3by God, en die Woord 4was God.
cHy was in die begin by God.
dAlle dinge het deur Hom 5ontstaan, en 6sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
eIn 7Hom was 8lewe, en f9die lewe was 10die lig van die mense.
gEn 11die lig 12skyn 13in die duisternis, en 14die duisternis het dit nie oorweldig nie.
hDaar was ’n man 15van God gestuur, wie se 16naam Johannes was.
Hy het tot ’n getuienis gekom om van 17die lig te getuig, sodat almal 18deur hom sou glo.
Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
iDie waaragtige lig wat 19elke mens 20verlig, was 21aan kom in die wêreld.
Hy was 22in die wêreld, ken die wêreld het deur Hom 23ontstaan, en die 24wêreld het Hom nie geken nie.
Hy het na 25sy eiendom gekom, en 26sy eie mense het Hom nie 27aangeneem nie.
lMaar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy 28mag gegee om 29kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
wat nie uit die 30bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar 31uit God gebore is.
mEn die Woord het 32vlees 33geword en het onder ons 34gewoon — nen ons het 35sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid 36soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — o37vol van genade en waarheid.
Getuienis van Johannes die Doper.
(Matt. 3:1-12 en ooreenk. pl.)
pJOHANNES getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat 38ná my kom, het 39voor my geword, want Hy was 40eerder as ek.
En quit sy volheid het ons almal ontvang, ja, 41genade op genade.
rWant die 42wet is 43deur Moses gegee; die 44genade en 45die waarheid het 46deur Jesus Christus gekom.
sNiemand het ooit God 47gesien nie; die eniggebore Seun twat 48in die boesem van die Vader is, dié het 49Hom 50verklaar.
51En dit is vdie getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?
En xhy het 52erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.
Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elía? En hy sê: 53Ek is nie. Is yu 54die profeet? En hy antwoord: Nee.
Toe sê hulle vir hom: Wie is u? — dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?
Hy antwoord: z55Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.
En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs.
En hulle vra hom en sê vir hom: 56Waarom doop u dan as u nie die Christus of Elía of adie profeet is nie?
Johannes antwoord hulle en sê: bEk doop met water, maar onder julle 57staan Hy vir wie julle nie ken nie —
dit is Hy wat 58ná my kom, wat voor my geword het, 59wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.
Dit het gebeur in 60Betábara, 61oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.
Die 62volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: cDáár is 63die Lam 64van God wat die sonde 65van die wêreld 66wegneem!
Dit is Hy van wie ek 67gesê het: Ná my kom ’n man wat voor my geword het, want Hy was 68eerder as ek.
En ek het Hom nie 69geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en 70met water gedoop.
dEn Johannes het getuig en gesê: Ek het die 71Gees soos ’n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.
En ek het Hom nie 72geken nie; maar Hy wat my gestuur het om 73met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, edit is Hy wat met die Heilige Gees 74doop.
En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.
Die eerste dissipels van Jesus.
DIE 75volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels;
en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: fDáár is die Lam van God!
En die twee dissipels het hom dit 76hoor sê en Jesus gevolg.
En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle:
Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi — dit wil sê, as dit vertaal word, 77Meester — waar 78is U tuis?
Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en dié dag by Hom gebly. En dit was 79omtrent die tiende uur.
Andréas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het.
Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messías gevind — dit is, as dit vertaal word, die 80Christus.
En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; 81jy sal ggenoem word Céfas, wat vertaal word 82Petrus.
Die 83volgende dag wou Jesus na Galiléa vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My.
hEn Filippus was van 84Betsáida, uit die stad van 85Andréas en Petrus.
Filippus het iNatánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind kvan wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret.
En Natánael sê vir hom: Kan daar 86uit Násaret iets goeds 87wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.
Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 88’n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.
Natánael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.
Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!
Jesus antwoord en sê vir hom: 89Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.
En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, lvan nou af sal julle die hemel geopend sien en 90die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.
| a Spr. 8:22. 1 Joh. 1:1.
b 1 Joh. 1:2. |
1 Naamlik van die skepping van alle dinge, sien Gén. 1:1 en die kanttekening, en gevolglik van ewigheid af; omdat daar niks anders voor die skepping was as die ewigheid nie, Joh. 17:5. Ef. 1:4.
2 Gr. ho logos, dit is, die woord, of die selfstandige woord, en die rede; soos ook met die woord rede by ons sowel die inwendige rede of die verstand van die mens bedoel word, as die gesproke woord, waarmee die inwendige rede aan ander verklaar word. Christus, die Seun van God, word nie net hier deur Johannes die Woord genoem nie, maar ook elders, 1 Joh. 1:1; 5:7. Openb. 19:13, omdat Hy die Wysheid van die Vader is en die afdruksel van sy persoon, Spr. 8:1, 12, 24. Kol. 1:15. Hebr. 1:3 en die kanttekening, asook omdat die Vader deur Hom sy verborge raad van ons saligheid sowel in die Ou as in die Nuwe Testament aan die mense geopenbaar het, vers 18. Hebr. 1:1. 3 Naamlik die Vader, as ’n persoon wat onderskeie is van die Vader. Sien vers 18. 4 Dit is, was die enige en ewige goddelike wese deelagtig, met die Vader en die Heilige Gees, Joh. 10:30. 1 Joh. 5:7. |
| c Joh. 17:5. |
| d Gén. 1:3. Ps. 33:6. Ef. 3:9. Kol. 1:16. Hebr. 1:2. | 5 Gr. geword, dit is, is deur Hom geskape.
6 Want die Vader het met en deur die Seun die wêreld geskape, Joh. 5:18, 19. |
| e Joh. 5:26. 1 Joh. 5:11.
f Joh. 8:12; 9:5; 12:46. |
7 Naamlik die Woord.
8 Dit is, die oorsprong en fontein van die lewe, soos in Ps. 36:10. Hand. 17:28. 9 Dit is, die Woord, wat die oorsprong van die lewe is. 10 Dit is, die bron en oorsprong van die lig, naamlik van die vernuf en verstand, waarmee die mens in die skepping begiftig was. |
| g Joh. 3:19. | 11 Dit is, daardie Woord, wat die mense verlig.
12 Dit is, verlig die verstand van die mens met enige kennis van God se natuur en werk, wat ná die val nog in die mens oorgebly het. Sien meer hieroor in Rom. 1:19, 20. 13 Dit is, in die verstand van die mens wat deur die val en die sonde verduister is, Hand. 26:18. 14 Of: die duisternis het dit nie begryp nie. Dit is, die verdorwe mense het die lig wat in hulle oorgebly het, nie gebruik om die Seun van God, die bron van hierdie lig, reg te ken, te dien en te eer nie, Rom. 1:21, 22. 1 Kor. 1:21. |
| h vers 33. Mal. 3:1. Matt. 3:1. Mark. 1:2, 4. Luk. 3:3; 7:27. | 15 Sien oor hierdie sending Luk. 3:2.
16 Sien oor hierdie naam Luk. 1:13, 63. |
| 17 Dit is, van daardie ewige Woord, waardeur die mense ook tot saligheid verlig word.
18 Naamlik deur Johannes, vgl. 1 Kor. 3:5. |
| i Joh. 8:12; 9:5; 12:46. | 19 Gr. alle.
20 Naamlik met rede en verstand. 21 Naamlik deur die natuurlike geboorte, soos in Joh. 18:37. |
| k Hebr. 1:2; 11:3. | 22 Naamlik as ’n onderhouer van en regeerder oor alles.
23 Gr. geword. 24 Dit is, die onwedergebore mense het Hom nie deur hul natuurlike wysheid geken nie. Hulle het Hom ook nie geken soos dit tot saligheid nodig was nie, 1 Kor. 1:21. |
| 25 Naamlik sy land of volk, dit is, na die Israelitiese volk, waaruit Hy sy menslike natuur aangeneem het, Rom. 9:5, wat Hy tot sy eiendom verkies het, en tot wie Hy in die besonder gekom het, nie net na sy menswording deur die verkondiging van die evangelie nie, maar ook voor sy menswording deur talle verskynings, openbarings en verlossings, Deut. 7:6. Ps. 147:19, 20.
26 Dit is, die grootste deel van die volk Israel, wat tot die uitwendige verbond behoort het en daarom hier sy eie mense genoem word. 27 Naamlik deur ’n ware geloof. |
| l Jes. 56:5. Rom. 8:15. Gal. 3:26. 2 Petr. 1:4. 1 Joh. 3:1. | 28 Of: reg en volmag.
29 Of: dat hulle kinders van God geword het. |
| 30 Gr. bloede, ’n Hebreeuse spreekwyse. Dit beteken, natuurliker- en vleeslikerwys. Op hierdie natuurlike geboorte en herkoms het die Jode uitermate geroem en staatgemaak, Joh. 8:39. Rom. 9:7, 8.
31 Dit is, wat deur die Gees en die Woord van God wedergebore en vernuwe is, Joh. 3:5. 1 Petr. 1:23. |
| m Jes. 7:14. Matt. 1:16. Luk. 1:31; 2:7.
n Matt. 17:2. 2 Petr. 1:17. o Kol. 1:19; 2:9. |
32 Dit is, ’n ware mens, ons in alles gelyk, Hebr. 2:17, maar sonder sonde, Hebr. 4:15. Sien Jes. 40:5. Joël 2:28.
33 Naamlik nie deur verandering of vermenging nie, maar deur aanneming van die menslike natuur, in eenheid van persoon, Gén. 2:7. 1 Kor. 15:45, soos verklaar word in Filip. 2:7. Hebr. 2:14, 16. 34 Gr. ’n tent gehad, dit is, vir ’n tyd onder ons gewandel en vertoef. 35 Dit is, duidelike tekens van sy goddelike majesteit, sowel in sy doop en wonderwerke, Joh. 2:11, as in sy verandering op die berg en in sy opstanding. 36 Dit is, soos dit Hom, wat uit die Vader van ewigheid af op ’n onuitspreeklike wyse gebore is, toebehoort en betaam het, Spr. 8:24. Miga 5:1 en die kanttekening. 37 Sien hieroor vers 17. |
| p verse 26, 30. Matt. 3:11. Mark. 1:7. Luk. 3:16. | 38 Of: agter my. Sien ook vers 27 se kanttekening.
39 Of: voor my gestel, dit is, bo my verhewe. Anders: was voor my. 40 Gr. eerste, dit is, waardiger as ek; of: voor my, omdat Hy vanweë sy goddelike natuur van ewigheid af is. |
| q Kol. 2:10. | 41 Dit is, die een genade op die ander in oorvloed; of: die genade van die Nuwe Testament op die genade van die Ou Testament; of: die genade van die heerlikheid op die genade van die regverdigmaking en wedergeboorte. |
| r Ex. 20:1, ens. | 42 Naamlik die tien gebooie, ook genoem die sedewet, met bedreiging van die ewige vloek teen die oortreders, en ook die seremoniële wet.
43 Dit is, deur die diens van Moses, Hebr. 3:2, 5, 16. 44 Naamlik van die verlossing van die vloek van die wet, Rom. 10:3, 4. Gal. 3:13, en van die aanneming tot kinders, Rom. 8:15. 45 Dit is, die vervulling, sowel van die beloftes, 2 Kor. 1:20, as van die seremonies en voorbeelde, Kol. 2:17 se kanttekening. 46 Naamlik as Seun en Here van sy huis, soos in Hebr. 3:1-6. |
| s Ex. 33:20. Deut. 4:12. Joh. 6:46. 1 Tim. 6:16. 1 Joh. 4:12.
t Matt. 11:27. |
47 Dit is, geken, naamlik met ’n volkome en duidelike kennis van sy wese en wil.
48 Dit is, wat een in wese met die Vader is, deur Hom geliefd, en aan wie daarom al die geheime wysheid van die Vader bekend is. 49 Of: dit. 50 Dit is, die saligmakende kennis van God en van sy raad duidelik en volkome geopenbaar, soveel as wat vir ons nodig is om van God te weet tot ons saligheid. |
| v Joh. 5:33. | 51 Of: Dit is ook. |
| x Joh. 3:28. Hand. 13:25. | 52 Naamlik openlik en vrymoediglik wie hy was, soos die volgende woorde dit te kenne gee. |
| y Deut. 18:18. | 53 Naamlik Elía, die Tisbiet, van wie julle verkeerdelik meen dat hy in eie persoon sou terugkeer na die wêreld, hoewel Johannes ook andersins Elía genoem word, Matt. 17:12, omdat hy in die krag en gees van Elía gekom het, Luk. 1:17.
54 Naamlik daardie besondere profeet, wat vooruit aangekondig is in Deut. 18:15. Van hierdie profeet het die Jode verkeerdelik gemeen dat hy iemand anders as die Messías sou wees. |
| z Jes. 40:3. Matt. 3:3. Mark. 1:3. Luk. 3:4. | 55 Sien hieroor Matt. 3:3 se kanttekening. |
| a Deut. 18:18. | 56 Dit is, uit watter gesag en opdrag voer u hierdie nuwe manier van doen uit? |
| b Matt. 3:11. Mark. 1:7. Luk. 3:16. Hand. 1:5; 11:16; 19:4. | 57 Dit het Johannes nie gesê direk nadat Christus deur hom gedoop is nie, maar nadat Hy uit die woestyn, waar Hy veertig dae versoek was, teruggekom het, naby die plek waar Johannes gedoop het. |
| 58 Of: agter my, dit is, wie se voorloper ek is, om die weg vir Hom te berei. Sien vers 15.
59 Dit is, ek is nie waardig om Hom selfs die geringste diens te bewys nie. Sien Matt. 3:11 se kanttekening. |
| 60 Gr. ’n huis van oorgang, dit is, die plek waar die rivier oorgesteek word.
61 Of: aan, by, langs die Jordaan. Sien Matt. 4:15; 19:1. |
| c vers 36. Jes. 53:5, 7. | 62 Naamlik nadat Johannes vir die Fariseërs gesê het wie hy was.
63 Dit is, die Messías, afgeskadu deur die paaslam en daaglikse offerandes, soos in 1 Kor. 5:7, en beloof soos in Jes. 53:7. 64 Dit is, deur God geordineer en aangestel. 65 Dit is, van al diegene wat vanuit die hele wêreld in Hom sal glo, Joh. 6:33, 35. 2 Kor. 5:19. 66 Of: opneem, naamlik om die straf op die sonde te dra en ons daarvan te verlos, Jes. 53:11, 12. 1 Petr. 2:24. |
| 67 Sien die verklaring in vers 15.
68 Gr. eerste. Sien vers 15 se kanttekening. |
| 69 Naamlik van aangesig, of volkome.
70 Gr. in, so ook in vers 33. |
| d Matt. 3:16. Mark. 1:10. Luk. 3:21. | 71 Naamlik die Heilige Gees, Matt. 3:16. |
| e Matt. 3:11. | 72 Naamlik voordat Hy na my toe gekom het om gedoop te word. Want toe Christus na hom toe gekom het, het God aan hom geopenbaar, dat dit die persoon was, Matt. 3:14, en daarna is hy deur hierdie teken nog meer bevestig in hierdie kennis.
73 Gr. in. 74 Sien Matt. 3:11 en die kanttekening. |
| 75 Naamlik die tweede dag nadat Johannes die Fariseërs geantwoord het. |
| f vers 29. Ex. 12:3. Jes. 53:7. Hand. 8:32. |
| 76 Naamlik sodanig dat hulle dit ook geglo het. |
| 77 Of: Leraar.
78 Gr. verblyf U, dit is, waar loseer U? Sien vers 40. |
| 79 Dit is, teen die aand, omtrent twee uur voordat die son ondergaan. Sien Joh. 11:9. |
| 80 Dit is, Gesalfde; met hierdie Naam is die beloofde Saligmaker in die Ou Testament genoem, Ps. 2:2. Dan. 9:25, 26, omdat Hy deur God verordineer is as ons enigste en hoogste Profeet, Koning en Priester, van wie die gesalfde profete, konings en priesters in die Ou Testament voorbeelde was. |
| g Matt. 16:18. | 81 Wat hier beloof word, het gebeur in Luk. 6:14.
82 Dit is, steen, of rots. Sien Matt. 16:18. |
| 83 Dit is, die derde dag ná die antwoord van Johannes aan hulle wat deur die Fariseërs gestuur was. |
| h Joh. 12:21. | 84 Sien oor Betsáida Matt. 11:21. Mark. 8:22 en die kanttekening.
85 Dit is, uit dieselfde stad van waar Andréas en Petrus afkomstig was. |
| i Joh. 21:2.
k Gén. 3:15; 22:18; 26:4; 49:10. Deut. 18:18. 2 Sam. 7:12. Jes. 4:2; 7:14; 9:5; 40:10, 11; 53:1, ens. Jer. 23:5; 33:14. Eség. 34:23. Dan. 9:24. Sag. 6:12; 9:9. |
| 86 Dit is, uit so ’n veragte plek en wat in Galiléa geleë was. Sien Joh. 7:41, 42.
87 Dit is, voortkom. |
| 88 Dit is, ’n opregte en ongeveinsde man, soos ware Israeliete behoort te wees. |
| 89 Of: Omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien, daarom glo jy. |
| l Gén. 28:12. | 90 Naamlik om Hom, as hul Here, tot diens te wees, soos gebeur het by sy geboorte, Luk. 2:9, 13, in die woestyn, Matt. 4:11, en daarna in sy lyde, Luk. 22:43, in sy opstanding, Luk. 24:4, en in sy hemelvaart, Hand. 1:10. |