Statevertaling – Bybelstigting
Die opwekking van Lasarus.
EN daar was ’n man siek, Lasarus van Betánië, die dorp 1van Maria en haar suster Martha.
aEn dit was Maria wat die Here 2gesalf het met salf en sy voete afgedroog het met haar hare, wie se broer, Lasarus, siek was.
Die susters het toe 3na Hom gestuur en gesê: Here, hy vir wie U liefhet, is siek.
En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie 4tot die dood toe nie, bmaar 5tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God 6daardeur 7verheerlik kan word.
En Jesus het Martha en haar suster en Lasarus liefgehad.
En toe Hy hoor dat hy siek is, het Hy twee dae vertoef in die plek waar Hy was.
Eers daarna sê Hy aan die dissipels: Laat ons weer 8na Judéa gaan.
Die dissipels sê vir Hom: Rabbi, cdie Jode het 9onlangs probeer om U te stenig, en gaan U weer 10daarnatoe?
Jesus antwoord: Is daar nie 11twaalf ure 12in die dag nie? As iemand in die 13dag wandel, stamp hy hom nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien.
Maar as iemand in die nag wandel, stamp hy hom, omdat die lig nie 14in hom is nie.
Dit het Hy gespreek; en daarna sê Hy vir hulle: Lasarus, ons vriend, dslaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak.
Sy dissipels sê toe: Here, as hy slaap, sal hy 15gesond word.
Maar Jesus het gespreek van sy dood, terwyl hulle gedink het dat Hy van 16die rus van die slaap spreek.
En toe sê Jesus vir hulle ronduit: Lasarus is dood.
En Ek is bly om julle ontwil dat Ek nie daar was nie, sodat julle 17kan glo. Maar laat ons na hom toe gaan.
En Thomas, wat 18Dídimus genoem word, sê vir sy mededissipels: Laat ons ook gaan om saam met 19Hom te sterwe.
Toe Jesus dan gekom het, het Hy gevind dat hy al vier dae in die graf was.
En Betánië was naby Jerusalem, omtrent 20twee myl daarvandaan.
En baie van die 21Jode het al 22by Martha en Maria gekom om hulle oor hul broer te troos.
En toe Martha hoor dat Jesus kom, het sy Hom tegemoetgegaan. Maar Maria 23het in die huis bly sit.
En Martha sê vir Jesus: Here, as U hier gewees het, sou my broer 24nie gesterf het nie.
Maar selfs nou weet ek dat 25alles wat U van God vra, God U sal gee.
Jesus sê vir haar: Jou broer sal opstaan.
Martha antwoord Hom: Ek weet dat hy sal opstaan 26in die eopstanding in die 27laaste dag.
Jesus sê vir haar: 28fEk is die opstanding en die lewe; gwie in My glo, sal 29lewe al het hy ook 30gesterwe;
hen elkeen wat lewe en in My glo, sal 31nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?
Sy antwoord Hom: Ja, Here, iek glo dat U die Christus is, die Seun van God, wat in die wêreld sou kom.
En nadat sy dit gesê het, gaan sy en roep Maria, haar suster, stilletjies en sê: Die Meester is hier en Hy roep jou.
Sy het, toe sy dit hoor, vinnig opgestaan en na Hom toe gegaan.
En Jesus het nog nie in 32die dorp gekom nie, maar was op die plek waar Martha Hom tegemoetgegaan het.
En toe die Jode wat by haar in die huis was en haar getroos het, sien dat Maria vinnig opstaan en uitgaan, het hulle haar gevolg en gesê: Sy gaan 33na die graf om daar te ween.
En toe Maria kom waar Jesus was en Hom sien, val sy aan sy voete neer en sê vir Hom: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie.
Toe Jesus haar dan sien ween en die Jode wat saam met haar gekom het, ook sien ween, het Hy 34geweldig bewoë geword in sy gees en Hom 35ontstel
en gesê: Waar het julle hom neergelê? Hulle sê vir Hom: Here, kom kyk.
kJesus het 36geween.
Die Jode sê toe: Kyk, hoe lief Hy hom gehad het!
En sommige van hulle sê: Kon Hy lwat die oë van die blinde man geopen het, nie maak dat hierdie man ook nie gesterf het nie?
En Jesus het weer in Homself geweldig bewoë geword en by die graf gekom. En dit was ’n spelonk, en ’n steen het 37daarteen gelê.
Jesus sê: Neem die steen weg. Martha, die suster van die oorledene, sê vir Hom: Here, hy ruik al, want 38hy is al vier dae dood.
Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy 39die heerlikheid van God sien nie?
Hulle neem toe die steen weg waar die oorledene lê. En Jesus het sy oë opgeslaan en 40gesê: Vader, Ek dank U dat U My verhoor het;
en Ek het geweet dat U My altyd verhoor, mmaar ter wille van die skare wat rondom staan, het Ek dit gesê, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.
En nadat Hy dit gesê het, het Hy met ’n groot stem geroep: Lasarus, kom uit!
En die oorledene het uitgekom, aan hande en voete met 41grafdoeke gebind, en sy gesig was toegedraai nmet ’n doek. Jesus sê vir hulle: Maak hom los en laat hom gaan.
Die Fariseërs hou raad om Jesus om te bring.
EN baie van die Jode wat na Maria gekom het en aanskouers was van wat Jesus gedoen het, het in Hom geglo.
Maar sommige van hulle het na die Fariseërs gegaan en hulle vertel wat Jesus gedoen het.
oEn die owerpriesters en die Fariseërs het 42die Raad byeengeroep en gesê: pWat sal ons doen? — want hierdie man doen baie tekens.
As ons Hom so 43laat begaan, sal almal in Hom glo; en die Romeine 44sal kom en 45ons land en ons nasie albei afneem.
En een van hulle, Kájafas, wat 46daardie jaar hoëpriester was, sê vir hulle: Julle weet niks nie
en dink nie daaraan qdat dit vir ons voordelig is 47dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie omkom nie.
En dit het hy nie uit homself gesê nie; maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir 48die volk sou sterwe.
En nie alleen vir die volk nie, maar ook om 49die verstrooide kinders van God rtot 50’n eenheid saam te voeg.
Van dié dag af het hulle toe saam 51beraadslaag om Hom om die lewe te bring.
Daarom het Jesus nie meer in die openbaar onder die Jode gewandel nie, maar 52daarvandaan weggegaan na die streek naby die woestyn, na ’n stad met die naam van 53Efraim. En daar het Hy vertoef met sy dissipels.
En die 54pasga van die Jode was naby; en baie het uit dié landstreek na Jerusalem opgegaan voor die pasga om hulle te 55reinig.
sEn hulle het Jesus gesoek; en terwyl hulle in die tempel staan, sê hulle vir mekaar: Wat dink julle, sal Hy nie na die fees kom nie?
En die owerpriesters en die Fariseërs het ook ’n bevel 56gegee dat as iemand wis waar Hy was, hy dit moes bekend maak, sodat hulle Hom 57gevange kon neem.
| 1 Dit is, waar Maria en Martha gewoon het, Luk. 10:38. Joh. 12:1. Sien oor die ligging van hierdie dorp vers 18. |
| a Matt. 26:6. Mark. 14:3. Luk. 7:37. Joh. 12:3. | 2 Sien hieroor Joh. 12:3. |
| 3 Naamlik na Betábara aan die oorkant van die Jordaan, waar Hy toe was. Sien Joh. 10:40. |
| b vers 40. Joh. 9:3. | 4 Naamlik om daarin te bly, naamlik tot die tyd van die algemene opstanding uit die dode.
5 Gr. vir die heerlikheid van God. 6 Naamlik deur hierdie siekte, soos die Griekse woord duidelik uitwys. 7 Naamlik wanneer Hy hom uit die dode sal opwek. |
| 8 Naamlik van waar Hy uitgewyk het, omdat die Jode Hom wou stenig, Joh. 10:40. |
| c Joh. 8:59; 10:31. | 9 Want dit was omtrent twee maande gelede.
10 Naamlik om U daar in gevaar te begewe. |
| 11 Dit moet verstaan word volgens die tydrekening van die Jode, wat die ure van die sonsopkoms tot die sonsondergang getel het, en die dag altyd in twaalf ure verdeel het. Sien ook Matt. 20:3 en die kanttekening.
12 Gr. van die dag. 13 Christus vergelyk hier sy lewe met die dag en sy sterwe met die nag, soos in Joh. 9:4, en wil daarmee sê, dat soos die dag sekere ure het, naamlik solank die lig van die wêreld, dit is die son, skyn, dat sy lewe op aarde ook so ’n vasgestelde grens of tyd het, deur sy Vader vasgestel. Vóór die tyd sal die mense nie sy lewe kan neem, of die uitvoering van die werke van sy roeping verhinder nie. Christus wil daarmee sê dat wanneer dié tyd verstreke is, hulle dan mag sal kry om Hom dood te maak. |
| 14 Dit is, nie sy oë verlig nie. |
| d Matt. 9:24. Mark. 5:39. Luk. 8:52. |
| 15 Gr. behou word. Hulle wil sê: dit is ’n goeie teken dat hy van die siekte sal genees. |
| 16 Dit is, van die natuurlike en letterlike slaap. |
| 17 Dit is, in julle geloof gesterk word deur sy opwekking. |
| 18 Dit is, tweeling, met hierdie Griekse woord word die Hebreeuse woord Thomas weergegee; soos Céfas deur die woord Petrus in Joh. 1:43.
19 Naamlik Christus, ons Meester, aangesien Hy Hom immers in gevaar wil begewe. Sien vers 8. |
| 20 Gr. vyftien stadia. [’n Stadion is ongeveer eenhonderd-vyf-en-tagtig meter.] Vyftien stadia is ongeveer ’n bietjie meer as ’n halfuur se stap. Sien Luk. 24:13 se kanttekening. |
| 21 Naamlik wat in Jerusalem en omstreke gewoon het, soos uit die voorgaande vers blyk.
22 Of: by die vroue wat rondom Martha en Maria was. |
| 23 Of: het in die huis gesit. |
| 24 Dit is, ek vertrou dat U hom van sy siekte sou genees het. |
| 25 Naamlik selfs ook dat my broer weer lewend word. |
| e Dan. 12:2. Luk. 14:14. Joh. 5:29. | 26 Dit is, in die algemene opstanding van alle mense.
27 Naamlik van hierdie wêreld. |
| f Joh. 1:4; 5:24; 14:6.
g Joh. 3:16, 36; 6:47. 1 Joh. 5:10. |
28 Dit is, Ek is die bewerker en oorsaak van die opstanding en die lewe.
29 Dit is, sal tot die ewige lewe weer opgewek word. 30 Naamlik na die liggaam. |
| h Joh. 6:51. | 31 Naamlik die ewige en tweede dood, Openb. 20:6. |
| i Matt. 16:16. Mark. 8:29. Luk. 9:20. Joh. 6:69. |
| 32 Naamlik Betánië. |
| 33 Naamlik wat buite die dorp was, volgens die gewoonte van die Jode. |
| 34 Of: baie vertoornd, in sy gemoed. Sien ook vers 38.
35 Naamlik deur medelye en droefheid, Hebr. 4:15. |
| k Luk. 19:41. | 36 Of: trane gestort. |
| l Joh. 9:6. |
| 37 Gr. daarop. |
| 38 Gr. hy is vier dae, naamlik in die graf, soos blyk uit vers 17. |
| 39 Dit is, die wonderbaarlike opwekking van jou broer, waardeur die krag van God gesien en sy eer rugbaar gemaak word. |
| 40 Christus bid tot sy Vader, nie omdat Hy as Seun van God nie die mag sou hê om dooies op te wek nie, Joh. 5:21, maar omdat Hy Hom as Middelaar in die gebruik van hierdie mag aan die wil van die Vader onderwerp het, Filip. 2:7, 8. Hebr. 10:7. |
| m Joh. 12:30. |
| n Joh. 20:7. | 41 Of: omwindsels, waarmee hy begrawe was, volgens die gewoonte van die Jode, Joh. 20:6, 7. |
| o Ps. 2:2. Matt. 26:3. Mark. 14:1. Luk. 22:2. Hand. 4:27.
p Joh. 12:19. |
42 Gr. sunedrion, sien daaroor Matt. 5:22 se kanttekening. |
| 43 Gr. toelaat.
44 Naamlik teen ons as teen rebelle. 45 Gr. ons plek, naamlik die stad en die tempel van Jerusalem uitroei. |
| 46 Die hoëpriesteramp was toe deur die Romeine toegeken vir ’n sekere tyd, soms ook van jaar tot jaar, Luk. 3:2. Hand. 4:6, teen die bevel van God. Sien Núm. 35:28. Jos. 20:6. Hebr. 7:23. |
| q Joh. 18:14. | 47 Hy het dit wel verstaan as die politieke omstandighede van die Joodse volk, maar God het sy tong op hierdie wyse bestuur dat hy onwetend geprofeteer het oor die vrug van die dood van Christus, tot versoening en behoudenis van die uitverkore kinders van God. |
| 48 Naamlik van die Jode. |
| r Ef. 2:14-16. | 49 Dit is, die uitverkorenes uit alle volke oor die ganse wêreld, Openb. 5:9.
50 Gr. een, naamlik tot een liggaam, kudde of gemeente, soos in Joh. 10:16. Ef. 2:14. |
| 51 Dit is, in hul Raad besluit. |
| 52 Naamlik van Jerusalem en omstreke.
53 Anders: Efrem, wat sommige meen die stad Efraim of Efron kon wees, waarvan ’n mens lees in 2 Kron. 13:19. |
| 54 Dit was die laaste pasga wat Christus gehou het, waartydens Hy gekruisig is.
55 Naamlik volgens die bevel van God, Núm. 9:6. 2 Kron. 30:15. |
| s Joh. 7:11. |
| 56 Dit is, laat afkondig.
57 Gr. kon gryp. |