Statevertaling – Bybelstigting
Maria salf die voete van Jesus.
(Matt. 26:6 vv. en ooreenk. pl.)
ENa Jesus het 1ses dae voor die pasga na Betánië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit die dode opgewek het.
Hulle het toe vir Hom 2daar ’n maaltyd berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan tafel was.
En Maria het ’n pond 3egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.
Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai:
bWaarom is hierdie salf nie vir driehonderd 4pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?
En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ’n dief was cen die beurs gehad het en 5die bydraes geneem het.
Toe sê Jesus: 6Laat haar staan; sy het dit bewaar 7vir ddie dag van my begrafnis.
Want die earmes het julle 8altyd by julle, maar My het julle 9nie altyd nie.
En ’n groot menigte uit die Jode het verneem dat Hy daar was, en het gekom, nie alleen ter wille van Jesus nie, maar ook om Lasarus te sien, fwat Hy uit die dode opgewek het.
En die owerpriesters het 10besluit om Lasarus ook om die lewe te bring,
omdat baie van die Jode deur hom 11weggegaan en in Jesus geglo het.
Intog van Jesus in Jerusalem.
(Matt. 21:1 en ooreenk. pl.)
gDIE volgende dag het ’n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,
12palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: 13Hosanna! hGeseënd 14is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.
En Jesus het ’n jong esel 15gevind en daarop gaan sit, soos geskrywe is:
i16Moenie vrees nie, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom en Hy sit op die vul van ’n esel.
17Dit het sy dissipels egter eers nie verstaan nie; maar 18nadat Jesus verheerlik is, toe het dit hulle bygeval dat hierdie dinge van Hom geskrywe was en dat hulle dit aan Hom gedoen het.
19En die skare wat by Hom was toe Hy Lasarus uit die graf geroep en hom uit die dode opgewek het, het daarvan getuig.
Daarom het die skare Hom ook tegemoetgegaan, omdat hulle gehoor het dat Hy hierdie teken gedoen het.
En die Fariseërs het vir mekaar gesê: kSien julle dat julle 20niks vorder nie? Kyk, 21die hele wêreld loop agter Hom aan.
Sommige Grieke wil Jesus sien. Hy spreek van sy verhoging. ’n Stem uit die hemel. Jesus die lig van die wêreld.
EN daar was sommige 22Grieke onder die lwat opgekom het om op die fees te aanbid;
hulle het na Filippus gegaan mwat van Betsáida in Galiléa was, en hom gevra en gesê: My heer, ons wil Jesus graag 23sien.
Filippus kom en sê dit vir Andréas, en Andréas en Filippus vertel dit weer aan Jesus.
Maar Jesus antwoord hulle en sê: Die uur het gekom ndat die Seun van die mens 24verheerlik moet word.
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, oas 25die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
pWie sy 26lewe 27liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe 28haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.
As iemand My dien, laat hom My volg; en qwaar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.
rNou is my siel 29ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie 30uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom.
Vader, 31verheerlik u Naam! Daar het toe ’n stem uit die hemel gekom: Ek hét dit 32verheerlik, en Ek 33sal dit weer verheerlik.
En die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar 34’n donderslag gewees het. Ander het gesê: ’n Engel het met Hom gespreek.
Jesus antwoord en sê: sHierdie stem het nie om My ontwil gekom nie, maar 35om julle ontwil.
tNou is dit die 36oordeel van hierdie wêreld, vnou sal die 37owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.
xEn Ek, 38as Ek van die aarde verhoog word, sal 39almal na My toe 40trek.
En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.
Die skare antwoord Hom: Ons het uit 41die wet gehoor ydat die Christus tot in ewigheid bly; en hoe sê U dat die Seun van die mens verhoog moet word? Wie is hierdie Seun van die mens?
En Jesus sê vir hulle: Nog ’n klein tydjie zis 42die lig by julle. aWandel so lank as julle die lig het, sodat 43die duisternis julle nie oorval nie. En wie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie.
So lank as julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan word. Dit het Jesus gespreek, en Hy het 44weggegaan en Hom vir hulle verberg.
En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie;
sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: bHere, 45wie het ons 46prediking geglo, en aan wie is die 47arm van die Here 48geopenbaar?
Daarom 49kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja óók gesê het:
50cHy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
dDit het Jesaja gesê toe hy 51sy heerlikheid 52gesien en van Hom gespreek het.
eMaar tog het selfs baie van die owerstes 53in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, fom nie 54uit die sinagoge geban te word nie.
gWant hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.
En Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, 55glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het.
hEn wie My 56aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.
iEk het as 57’n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.
En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek 58oordeel hom nie; kwant Ek 59het nie gekom om die wêreld te 60oordeel nie, maar om die wêreld te red.
lWie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: mdie woord wat Ek gespreek het, 61dit sal hom oordeel in die laaste dag.
nWant Ek het nie 62uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ’n 63gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.
En Ek weet dat sy gebod 64die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek — net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.
| a Matt. 26:6. Mark. 14:3. Luk. 7:37. Joh. 11:2. | 1 Deur hierdie ses dae moet verstaan word die tyd toe Christus die eerste keer na Betánië gekom het. Matt. 26:2 en Mark. 14:1 spreek slegs van twee dae; maar dit verwys na die tyd toe die owerpriesters raad gehou het om Hom gevange te neem en dood te maak, soos ook afgelei kan word uit vers 19. |
| 2 Naamlik in die huis van Simon die melaatse. Sien Matt. 26:6. |
| 3 Gr. pistikes. Sien oor hierdie woord Mark. 14:3 se kanttekening. |
| b Mark. 14:5. | 4 Gr. denarii, sien oor die waarde daarvan Matt. 18:28 en Mark. 14:5 se kanttekeninge. |
| c Joh. 13:29. | 5 Gr. wat gewerp is, dit is, bygedra, naamlik deur godsalige vroue en ander, tot onderhouding van Christus en sy dissipels. Sien Luk. 8:3 en die kanttekening. |
| d Mark. 14:8. | 6 Of: Laat haar begaan.
7 Dit is, tot voorbereiding van my begrafnis. Sien hieroor Matt. 26:12 se kanttekening. |
| e Deut. 15:11. Matt. 26:11. Mark. 14:7. | 8 Naamlik om aan hulle weldadigheid te betoon, Deut. 15:11.
9 Naamlik wat my liggaamlike teenwoordigheid betref. |
| f Joh. 11:44. |
| 10 Gr. beraadslaag. Dit is, in hul Raad besluit. |
| 11 Naamlik van die owerpriesters na Betánië, om hom daar te sien. |
| g Matt. 21:8. Mark. 11:8. Luk. 19:36. |
| h Ps. 118:26. | 12 Sien oor hierdie hele geskiedenis Matt. 21:8, ens.
13 Sien oor hierdie woord ook Matt. 21:9 en die kanttekening. 14 Of: mag Hy wees. |
| 15 Naamlik deur die diens van sy dissipels, wat Hy daarvoor uitgestuur het, soos die ander evangeliste breedvoeriger beskryf. |
| i Jes. 62:11. Sag. 9:9. Matt. 21:5. | 16 Sien hieroor Matt. 21:5 se kanttekeninge. |
| 17 Naamlik dat dit die vervulling van hierdie profesie was.
18 Dit is, toe hulle ná sy opstanding en hemelvaart die Heilige Gees ontvang het. |
| 19 Of: En die skare wat by Hom was het getuig dat Hy Lasarus uit die graf geroep en hom uit die dode opgewek het. |
| k Joh. 11:47. | 20 Naamlik met al jul vorige weerstand teen Hom; en dat julle daarom ’n ander plan moet maak om Hom teë te staan.
21 Dit is, die grootste gedeelte van die volk hang Hom aan, en volg Hom as hul Leraar. |
| l Hand. 8:27, 28. | 22 Wat óf onbesnede heidene was, wat ook in die voorste deel van die tempel mog kom om te bid, 1 Kon. 8:41, 42, óf Jode wat onder die Grieke gewoon het, óf Jodegenote wat uit die heidendom tot bekering gekom het, soos die Ethiopiër was, Hand. 8:27, 28. |
| m Joh. 1:45. | 23 Dit is, begroet en aanspreek. |
| n Joh. 13:32; 17:1. | 24 Naamlik deur sy dood en opstanding, waarna Hy ook onder die heidene deur die verkondiging van die evangelie verheerlik geword het. |
| o 1 Kor. 15:36. | 25 Met hierdie beeld wil Christus sê dat Hy eers moet sterf en daarna weer opstaan, om die mense, sowel Jode as Grieke, tot saligheid te bring. Sien Jes. 53:10, 11. |
| p Matt. 10:39; 16:25. Mark. 8:35. Luk. 9:24; 17:33. | 26 Gr. siel.
27 Dit is, bo My liefhet. Sien hieroor Matt. 10:37. 28 Dit is, bereid is om dit ter wille van My prys te gee. Sien Luk. 14:26. |
| q Joh. 14:3; 17:24. |
| r Matt. 26:37-39. Mark. 14:34. Luk. 22:44. | 29 Naamlik deur die oordenking van my komende swaar lyding.
30 Naamlik van my swaar lyding. Sien Matt. 26:39. |
| 31 Naamlik deur my dood.
32 Naamlik deur baie wonders en getuienisse. 33 Naamlik deur die opstanding uit die dode en dit wat daarop sal volg. |
| 34 Naamlik omdat hierdie stem meer was as ’n menslike stem. |
| s Joh. 11:42. | 35 Naamlik sodat julle mag glo dat die Vader My gestuur het. |
| t Joh. 16:11. Ef. 2:2.
v Joh. 14:30. Kol. 2:15. |
36 Die woord oordeel word in die Heilige Skrif soms positief vir verlossing en wederoprigting gebruik, Ps. 135:14; 140:13, soms negatief vir veroordeling en verdoemenis, Joh. 3:17; 5:24. Dit kan egter hier in beide betekenisse goed verstaan word, naamlik dat die uitverkorenes in die hele wêreld nou van die mag van die duiwel verlos en weer opgerig sal word, en dat die bose en ongelowiges in die wêreld nou veroordeel en verdoem sal word.
37 Dit is, die duiwel sal nou sy mag en heerskappy, wat hy deur die sonde oor die mense gekry het, verloor in diegene wat die evangelie sal glo, Kol. 2:15. Hebr. 2:14. |
| x Núm. 21:9. 2 Kon. 18:4. Joh. 3:14; 8:28. | 38 Of: wanneer.
39 Dit is, nie net die Jode nie, maar ook die heidene, wat in My sal glo, Joh. 3:14, 15. 40 Dit is, nieteenstaande die weerstand van die duiwel en die vlees, trek tot gehoorsaamheid aan My en vervolgens tot die ewige heerlikheid saam met My bring. |
| y 2 Sam. 7:16. 1 Kron. 22:10. Ps. 45:7; 89:37; 110:4. Jes. 9:5. Jer. 23:6. Eség. 37:26. Dan. 2:44; 7:14, 27. Miga 4:7. Hebr. 1:8. | 41 Dit is, die Skrif, wat dit wel sê in Ps. 102:27, 28; 110:4, maar daarby ook sê dat Hy eers moes sterf, Jes. 53:8, 12. Dan. 9:26, en só in sy heerlikheid ingaan, Luk. 24:26. |
| z vers 46. Joh. 1:9; 8:12; 9:5.
a Jer. 13:16. Ef. 5:8. 1 Thess. 5:4. |
42 Dit is, Ek wat die lig is, Joh. 8:12.
43 Naamlik van onwetendheid en verstoktheid. |
| 44 Naamlik na Betánië, Matt. 21:17. Mark. 11:11. Luk. 21:37. |
| b Jes. 53:1. Rom. 10:16. | 45 Naamlik van hierdie volk, dit is, baie min.
46 Gr. gehoor, dit is, dit wat deur ons gepreek en deur die volk gehoor is. 47 Dit is, die evangelie, wat ’n krag van God is tot saligheid, Rom. 1:16. 48 Naamlik sodanig, dat hy dit verstaan en aangeneem het, Matt. 16:17. |
| 49 Naamlik aangesien tevore gesê was, dat God hulle deur ’n regverdige oordeel as gevolg van hul weerspannigheid in hul blindheid sou laat en daarin oorgee, 2 Thess. 2:11. |
| c Jes. 6:9. Eség. 12:2. Matt. 13:14. Mark. 4:12. Luk. 8:10. Hand. 28:26. Rom. 11:8. | 50 Sien hieroor Matt. 13:14, 15. |
| d Jes. 6:1. | 51 Naamlik van Christus, wat die enige God is met die Vader en die Heilige Gees.
52 Naamlik in die gesig van die goddelike heerlikheid wat beskryf word in Jes. 6:1, ens. |
| e Joh. 7:13, 48.
f Joh. 9:22. |
53 Naamlik dat Hy die Messías was, soos Nikodémus erken het dat daar baie sulkes onder hulle was, Joh. 3:2.
54 Naamlik volgens die besluit van die owerstes van die Jode, Joh. 9:22. |
| g Joh. 5:44. |
| 55 Dit is, glo nie net in My nie, soos in Mark. 9:37. Joh. 7:16. |
| h Joh. 10:30; 14:9. | 56 Dit is, ken en in My glo. |
| i vers 35. Jes. 42:6; 49:6. Joh. 1:9; 8:12; 9:5. Hand. 13:47. | 57 Sien vers 35. Joh. 9:5. |
| k Joh. 3:17; 9:39. | 58 Dit is, veroordeel.
59 Naamlik in my staat van vernedering. 60 Dit is, veroordeel, of verdoem. |
| l Joh. 3:18; 8:24.
m Mark. 16:16. |
61 Dit is, dit sal die reël wees waarvolgens hy geoordeel sal word; of: dit sal ’n skuldigbevinding teen hom wees, dat hy regverdiglik veroordeel word. |
| n Deut. 18:18. Joh. 3:11; 5:20; 7:16; 8:28; 14:10, 24; 16:13. | 62 Sien Joh. 7:16.
63 Dit is, ’n leer wat Hy My beveel het om te preek. |
| 64 Dit is, die mense tot die ewige lewe bring. |