Statevertaling – Bybelstigting
Laaste onderwys aan die dissipels (vervolg). Innige vereniging van Jesus en sy dissipels.
EK1 is die ware wynstok, en my Vader is die 2landbouer.
3aElke loot wat in My nie 4vrug dra nie, 5neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié 6maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
bJulle is alreeds 7rein deur die woord wat Ek tot julle 8gespreek het.
9Bly in My, soos 10Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra 11van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want 12sonder My kan julle 13niks doen nie.
cAs iemand in My nie bly nie, dword hy 14uitgewerp soos 15die loot en 16verdroog, en hulle maak dit 17bymekaar en gooi dit in die 18vuur, en dit verbrand.
As julle in My bly en my woorde 19in julle, esal julle 20vra net 21wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel 22vrug dra; en julle sal my dissipels 23wees.
Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie 24liefde van My.
fAs julle my gebooie 25bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
Dit het Ek vir julle gesê, dat 26my blydskap in julle 27kan bly en 28julle blydskap 29volkome kan word.
gDít is my 30gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.
hGroter liefde het niemand as dit nie, dat iemand 31sy lewe 32vir sy vriende gee.
33iJulle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.
Ek 34noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg 35nie weet wat sy heer 36doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, komdat Ek alles wat Ek van my Vader 37gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
lJulle het My nie 38uitverkies nie, maar Ek het julle 39uitverkies en julle 40aangestel mom 41vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat 42wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
Dit gebied Ek julle, 43dat julle mekaar moet liefhê.
nAs 44die wêreld julle haat, 45moet julle weet dat hy My 46voor julle gehaat het.
oAs julle 47van die wêreld was, sou die wêreld 48sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie 49van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld 50uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.
Onthou die woord wat Ek vir julle 51gesê het: p’n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. qAs hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar.
rMaar al 52hierdie dinge sal hulle aan julle doen 53ter wille van my Naam, omdat hulle 54Hom nie ken wat My gestuur het nie.
sAs Ek nie gekom en met hulle gespreek het nie, sou hulle 55geen sonde hê nie; maar nou het hulle 56geen verskoning vir hul sonde nie.
Wie my haat, haat ook my Vader.
tAs Ek nie 57die werke onder hulle gedoen het wat 58niemand anders gedoen het nie, sou hulle 59geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat
Maar die woord wat in hulle 60wet geskrywe is, moet vervul word: vHulle het My 61sonder oorsaak gehaat.
xMaar as die Trooster gekom het ywat 62Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader 63uitgaan, sal Hy van My 64getuig.
zEn julle 65getuig ook, omdat julle van die 66begin af met My is.
| 1 Dit is, Ek mag inderwaarheid met ’n wynstok vergelyk word, my Vader met ’n wynbouer, en julle, my dissipels, met die lote, vers 5. Dit wil voorkom of Christus terwyl Hy uitgegaan het, verby of deur wingerde gegaan het, en daaruit geleentheid gevind het om hierdie gelykenis voor te stel; soos Hy meermale gedoen het by dergelike geleenthede. Sien Joh. 4:10, 32, 35.
2 Dit is, die wynbouer, wat My daartoe geordineer en as ’t ware geplant het, en wat die ranke snoei en daarop ag gee. |
| a Matt. 15:13. | 3 Dit is, elkeen wat My slegs uiterlik bely, en ewenwel nie van harte glo nie.
4 Naamlik van die geloof in sy lewe voortbring nie. 5 Dit is, Hy sny die loot af, en werp dit uit sy gemeenskap. 6 Of: reinig. Dit is, Hy suiwer die loot, naamlik deur sy Woord en Gees, en ook deur kruis en lyding. |
| b Joh. 13:10. | 7 Of: rein vanweë die woord. Dit is, gereinig.
8 Naamlik en wat julle met ’n ware geloof aangeneem het. |
| 9 Naamlik deur My met ’n ware geloof standvastig aan te hang.
10 Dit is, Ek sal in julle bly; en gevolglik aan julle meer en meer die sap van die geestelike lewe meedeel om vrugte te kan voortbring. 11 Dit is, uit sy eie krag of natuur. |
| 12 Dit is, wanneer julle van My afgesonder is, of: sonder my krag.
13 Gr. nie iets, dit is, heeltemal niks nie, naamlik wat vir die saligheid vereis word. |
| c Eség. 15:2, ens.
d Matt. 3:10; 7:19. Kol. 1:23. |
14 Naamlik buite die wingerd, dit is, buite die gemeenskap van die ware gelowiges.
15 Dit is, die onvrugbare loot. 16 Dit is, meer en meer ontbloot van die geestelike gawes, 2 Petr. 2:20. 17 Hierdie bymekaarmaak sal geskied deur die engele, Matt. 13:41, uit alle hoeke van die wêreld. 18 Daardeur word die helse vuur voorgestel. |
| e Jer. 29:12. Matt. 7:7; 21:22. Mark. 11:24. Luk. 11:9. Joh. 14:13; 16:24. Jak. 1:5. 1 Joh. 3:22; 5:14. | 19 Dit is, indien julle my gebooie nie net onthou nie, maar dit ook geduriglik onderhou, 1 Joh. 3:21, 22.
20 Of: bid, begeer, naamlik volgens God se wil, 1 Joh. 5:14 en die kanttekeninge. 21 Naamlik wat tot julle troos of saligheid nodig is. |
| 22 Naamlik van die geloof, wat die goeie werke is, waardeur God verheerlik word, Matt. 5:16. Rom. 6:4.
23 Dit is, daadwerklik toon dat julle my dissipels is, Joh. 13:35. |
| 24 Naamlik wat Ek vir julle koester. |
| f Joh. 14:15, 21, 23. 1 Joh. 5:3. | 25 Dit is, onderhou. |
| 26 Dit is, waarmee Ek oor julle verblyd is.
27 Dit is, nie verminder of verander word nie, maar dat Ek My altyd oor julle mag verbly. 28 Dit is, waarmee julle jul in My verheug, as jul Saligmaker, Joh. 17:13. 1 Petr. 1:8, 9. 29 Dit is, meer en meer toeneem en hierna volkome kan word. |
| g Lev. 19:18. Matt. 22:39. Joh. 13:34. Ef. 5:2. 1 Thess. 4:9. 1 Petr. 4:8. 1 Joh. 3:23; 4:21. | 30 Naamlik wat Ek julle in die besonder beveel of by julle ingeprent wil hê. |
| h Rom. 5:7. Ef. 5:2. 1 Joh. 3:16. | 31 Gr. sy siel.
32 Dit is, vrywilliglik oorgee. |
| i Matt. 12:50. 2 Kor. 5:16. Gal. 5:6; 6:15. Kol. 3:11. | 33 Dit is, julle sal in my vriendskap bly. |
| k Joh. 8:26. | 34 Gr. sê; dit is, Ek beskou julle voortaan nie net as diensknegte nie, maar ook as vriende.
35 Dit is, gewoonlik nie weet nie. 36 Dit is, van voorneme is om te doen; omdat die meesters nie gewoonlik hul geheime openbaar aan hul diensknegte nie. 37 Dit is, alles wat die Vader My beveel het om aan die mense tot hul saligheid te leer en te openbaar. |
| l Joh. 13:18. Ef. 1:4.
m Matt. 28:19. Mark. 16:15. Kol. 1:6. |
38 Naamlik eerste, om julle Here en Saligmaker te wees.
39 Naamlik uit die wêreld, om my vriende te wees en om julle salig te maak, vers 19. 40 Dit is, daartoe geroep. 41 Gr. heen te gaan en vrug te dra. Naamlik deur die ganse wêreld, om deur onderrig en goeie voorbeelde die mense te bekeer. 42 Naamlik wat nodig en nuttig is vir die voortbrenging van hierdie vrugte. |
| 43 Of: sodat julle mekaar liefhet. |
| n 1 Joh. 3:13. | 44 Dit is, die wêreldse mense.
45 Of: weet julle. 46 Of: die Eerste, dit is, die Owerste, van julle. |
| o Joh. 17:14. Gal. 1:10. | 47 Gr. uit.
48 Gr. die eie, dit is, wat eie is, of wat gelyk is. 49 Gr. uit. 50 Dit is, afgesonder om aan My gelyk te wees en My te volg, Rom. 8:29. |
| p Matt. 10:24. Luk. 6:40. Joh. 13:16.
q Matt. 24:9. Joh. 16:2. |
51 Naamlik tevore, Joh. 13:16. |
| r Matt. 10:22. Joh. 16:3. | 52 Naamlik: haat, vervolg en die woord verag.
53 Dit is, uit haat vir My en my leer. 54 Dit is, die Vader. |
| s Rom. 4:15; 5:20. | 55 Dit is, nie so ’n swaar sonde soos hulle nou het nie, maar sou hulle hul enigsins kon verontskuldig vanweë hul onwetendheid, Joh. 9:41.
56 Of: geen dekmantel, of: voorwendsel. |
| t Joh. 10:37. | 57 Dit is, die wonderwerke of tekens.
58 Naamlik van diegene wat hulle uitgegee het vir die Messías; of ook selfs nie van die vorige profete nie. 59 Soos tevore in vers 22. |
| v Ps. 35:19; 69:5. | 60 Dit is, in die Skrifte van die Ou Testament (vgl. Joh. 10:34), want dit staan geskrywe in Ps. 35:19; 69:5, waar dit wat van Dawid as ’n voorbeeld van Christus gesê is, in Christus vervul word.
61 Gr. vir niks. |
| x Joh. 14:26; 16:7. Hand. 5:32.
y Luk. 24:49. |
62 Naamlik as die eniggebore Seun van God. Die Trooster is Christus se Gees en word ook so genoem, Rom. 8:9. Gal. 4:6.
63 Naamlik sowel ten opsigte van sy persoon, wie se eienskap dit is om van ewigheid af van die Vader en van die Seun uit te gaan, as ten opsigte van sy krag en werking. 64 Naamlik deur sy wonderbaarlike gawes en inwendige oortuiging, dat Ek die ware Saligmaker is. |
| z Hand. 1:8, 21; 5:32. | 65 Naamlik met jul leer en wonderwerke, wat julle in my Naam doen.
66 Naamlik van my prediking, Matt. 4:17, 18. Van toe af het julle my leer gehoor en my wonderwerke gesien. |