Statevertaling – Bybelstigting
Laaste onderwys aan die dissipels (slot). Van die Trooster en van Jesus se wederkoms.
HIERDIE1 dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie mag 2struikel nie.
aHulle sal julle 3uit die sinagoges ban. Ja, daar kom ’n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy 4’n diens aan God bewys.
bEn dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie.
cMaar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer die uur kom, julle kan onthou dat Ek julle dit gesê het. Maar Ek het julle dit nie van die begin af 5gesê nie, omdat Ek saam met julle 6was.
En 7nou gaan Ek na Hom wat My gestuur het; en niemand van julle 8vra My: Waar gaan U heen nie?
Maar omdat Ek dit vir julle gesê het, het 9droefheid julle hart vervul.
Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal 10die Trooster 11nie na julle kom nie; dmaar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;
en as Hy kom, sal Hy die wêreld 12oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:
13van sonde, omdat hulle 14in My nie glo nie;
en 15van geregtigheid, 16omdat Ek na my Vader gaan en julle My 17nie meer sal sien nie;
en 18van oordeel, eomdat 19die owerste van hierdie wêreld 20geoordeel is.
Nog 21baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit 22nou nie dra nie.
Maar wanneer Hy 23gekom het, die Gees van die waarheid, fsal Hy julle in 24die hele waarheid lei; gwant Hy sal nie 25uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy 26hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.
Hy sal My 27verheerlik, omdat Hy dit sal neem 28uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.
29hAlles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.
i’n 30Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ’n 31klein tydjie, en julle sal My sien, omdat Ek na die Vader gaan.
Sommige van sy dissipels het toe onder mekaar gevra: 32Wat is dit wat Hy vir ons sê: ’n Klein tydjie, en julle sien My nie; en weer ’n klein tydjie, en julle sal My sien; en: Ek gaan na die Vader?
Hulle het dan gevra: Wat is dit wat Hy sê: ’n Klein tydjie? Ons weet nie wat Hy sê nie.
En Jesus het 33gemerk dat hulle Hom wou vra, en Hy sê vir hulle: Ondervra julle mekaar daaroor dat Ek gesê het: ’n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer ’n klein tydjie, en julle sal My sien?
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle 34sal ween en rou bedryf, maar die wêreld sal bly wees. En julle sal bedroef wees, maar julle droefheid 35sal in blydskap verander.
36k’n Vrou 37het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, 38dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat ’n mens in die wêreld gebore is.
Julle het dan ook nou droefheid, maar Ek sal julle 39weer sien len julle hart sal 40bly word, en niemand 41neem julle blydskap van julle weg nie.
En in daardie dag sal julle My 42niks vra nie. mVoorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal 43vra in my Naam, sal Hy julle gee.
44Tot nou toe het julle 45niks in my Naam gevra nie. 46Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap 47volkome kan wees.
Hierdie dinge het Ek deur gelykenisse tot julle gespreek, maar daar kom ’n uur wanneer Ek nie meer 48deur gelykenisse tot julle sal spreek nie, maar julle 49openlik 50van die Vader sal vertel.
51In daardie dag sal julle in my Naam bid; en Ek 52sê nie vir julle dat Ek die Vader aangaande julle sal vra nie;
want die Vader self het julle lief, 53omdat julle My liefgehad nen geglo het dat Ek van God 54uitgegaan het.
oEk het van die Vader uitgegaan en in die wêreld gekom. Weer 55verlaat Ek die wêreld en gaan na my Vader.
Sy dissipels sê vir Hom: Kyk, nou spreek U ronduit en gebruik geen gelykenis nie.
Nou weet ons pdat U 56alles weet en nie nodig het dat iemand U iets vra nie. 57Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het.
Jesus antwoord hulle: 58Glo julle nou?
qKyk, die uur kom en het nou gekom dat julle 59uitmekaar gejaag sal word, elkeen 60na sy eie toe, en My alleen sal laat; rtog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader met My is.
Dit het Ek vir julle gesê, sdat julle 61in My 62vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het 63die wêreld 64oorwin.
| 1 Naamlik oor die haat en vervolging van die wêreld teen julle.
2 Of: aanstoot neem. Dit is, om nie daardeur, soos deur ’n onverwagte gebeurtenis, in jul geloof swak te word of wankelmoedig gemaak te word nie. |
| a Joh. 9:22, 34; 12:42. | 3 Sien hieroor Joh. 9:22 en die kanttekening.
4 Of: ’n offerande bring, offer. |
| b Joh. 15:21. 1 Kor. 2:8. |
| c Joh. 13:19; 14:29. | 5 Naamlik so duidelik en openlik.
6 Naamlik en nie binnekort van julle sou weggaan soos Ek nou sal doen nie. |
| 7 Dit is, nou kom die tyd nader dat Ek die wêreld sal verlaat.
8 Naamlik nou, soos julle voorheen wel gedoen het, Joh. 13:36; 14:5. |
| 9 Naamlik wat julle verhinder om My te vra waarheen, waarom en vir watter doel Ek van julle weggaan. |
| d Luk. 24:49. Joh. 14:26; 15:26. | 10 Of: die Voorspraak, dit is, die Heilige Gees. Sien Joh. 14:16.
11 Naamlik met sy oorvloedige en wonderbaarlike gawes en werkinge. |
| 12 Naamlik sowel deur die prediking van die apostels, as deur sy inwendige werking. |
| 13 Dit is, dat hulle swaar gesondig het.
14 Naamlik soos in die ware Messías, maar My soos ’n goddelose gedood het. |
| 15 Dit is, dat Ek onskuldig gedood is, en as een wat regverdig is vir die onregverdiges gely het.
16 Dit is, waarvan my hemelvaart ’n vaste getuienis is. 17 Naamlik ná my hemelvaart, Hand. 3:21. |
| e Joh. 12:31; 14:30. Ef. 2:2. Kol. 2:15. | 18 Dit is, dat Ek mag het om alles te regeer en te rig, ook om die ongelowiges tot die ewige dood te veroordeel, Matt. 28:18. Hand. 2:36.
19 Dit is, die duiwel. Sien Joh. 12:31. Ef. 2:2. 20 Dit is, veroordeel. Omdat die duiwel deur my dood van sy mag en heerskappy ontneem sal word, Kol. 2:15. Hebr. 2:14. |
| 21 Naamlik wat dien tot versterking en nadere verklaring van dit wat Ek tevore aan julle gesê het, Joh. 15:15.
22 Naamlik vanweë jul teenswoordige swakheid en bedroefdheid. |
| f Joh. 14:26.
g Joh. 12:49. |
23 Dit is, ná my hemelvaart oor julle uitgestort sal wees.
24 Naamlik wat julle nodig het om te weet tot uitvoering van jul amp, sodat julle dit nie net sal weet nie, maar ook in die onderrig hiervan nie sal kan dwaal nie, Matt. 28:19. 25 Dit is, alleen, sonder die Vader en My. Sien Joh. 5:30. 26 Naamlik van die Vader en van My. Sien Joh. 3:32; 15:15. |
| 27 Naamlik deur sy getuienis, gawes en wonderwerke.
28 Dit is, dieselfde leer van die saligheid wat Ek julle geleer het, sal Hy ook aan julle openbaar, aangesien Hy dit van My sal ontvang. |
| h Joh. 17:10. | 29 Dit is, al die goddelike eienskappe wat die Vader het, het Ek ook, as sy eniggebore Seun, een in wese met Hom. |
| i Joh. 7:33. | 30 Naamlik daar sal ’n klein tydjie wees, wanneer Ek in die graf sal lê.
31 Naamlik van veertig dae, nadat Ek weer opgestaan het, voordat Ek na die hemel sal opvaar. |
| 32 Dit is, wat bedoel Hy daarmee? |
| 33 Naamlik deur sy alwetendheid, wat hulle self ook erken, vers 30. |
| 34 Naamlik gedurende die tyd van my lyding en afwesigheid van julle.
35 Naamlik as julle My weer lewend sal sien. |
| k Jes. 26:17. | 36 Gr. Die vrou.
37 Naamlik vanweë die smart en barensnood, Gén. 3:16. 38 Dit is, gee sy nie meer daarop ag nie. |
| l Joh. 20:20. | 39 Naamlik ná my opstanding.
40 Naamlik wanneer julle My weer lewend by julle sien, Luk. 24:41. 41 Naamlik omdat die oorsaak van julle blydskap altyd sal duur, aangesien Ek dan nie meer sal sterf nie, maar vir altyd in die ewige heerlikheid sal wees, en vir julle ook daar ’n plek sal berei, Joh. 14:2. |
| m Jer. 29:12. Matt. 7:7; 21:22. Mark. 11:24. Luk. 11:9. Joh. 14:13; 15:7. Jak. 1:5. 1 Joh. 3:22; 5:14. | 42 Dit is, geen ding hoef te vra nie, omdat die Heilige Gees julle in alles sal onderrig.
43 Of: bid. |
| 44 Dit is, julle het wel tot nou toe, soos die ander gelowiges in die Ou Testament, in jul gebede die oë gevestig op die Messías, wat nog sou kom, Dan. 9:17. Maar voortaan, wanneer Ek die verlossingswerk volbring het, sal julle jul gebede met meerdere kennis en vertroue doen as julle oë gevestig is op My as die Messías wat beloof was en my verdienste en voorbidding.
45 Of: nie iets, naamlik omdat Ek self by julle was en julle alles geleer en van alles voorsien het. 46 Of: Begeer. 47 Of: vervul. Dit is, meer en meer toeneem deur die verkryging van alle geestelike gawes. |
| 48 Gr. in gelykenisse; dit is, deur bedekte maniere van spreek, soos oor die vrou wat in barensnood is, vers 21, en andersins.
49 Dit is, reguit, met duidelike woorde. 50 Dit is, van dit wat die koninkryk van God aangaan en van die groot dade van God, soos Hy ná sy opstanding self en ná sy hemelvaart deur sy Heilige Gees gedoen het, Hand. 1:3; 2:11. |
| 51 Naamlik nadat julle die Heilige Gees ontvang het.
52 Dit is, Ek wil julle nie slegs daarmee troos, dat Ek die Vader aangaande julle sal vra nie; wat Ek nogtans ook sal doen, Rom. 8:34. 1 Joh. 2:1. |
| n Joh. 17:8. | 53 Dit moet hier nie so verstaan word, dat die liefde van die apostels vir Christus ’n oorsaak sou wees, wat die liefde van die Vader vir hulle sou verdien nie, omdat die liefde van God ’n oorsaak is waarom ons God en Christus liefhet, 1 Joh. 4:19, maar dat hierdie liefde van hulle vir Christus ’n vrug en kenteken is van die liefde wat die Vader vir hulle koester. Sien Luk. 7:47.
54 Dit is, nie net gebore van die Vader nie, maar ook deur Hom in die wêreld gestuur, om die werk van die verlossing te verrig. |
| o Joh. 13:3. | 55 Dit is, sal dit binnekort verlaat, naamlik na my liggaamlike teenwoordigheid. Want na sy Godheid bly Hy altyd by ons, Matt. 28:20 en die kanttekening. |
| p Joh. 21:17. | 56 Naamlik omdat U deur u alwetendheid reeds antwoorde op ons gedagtes het, nog voordat ons U iets wil vra, vers 19.
57 Gr. Hierin, dit is, hierdeur. |
| 58 Dit is, sê julle dat julle so vas glo? |
| q Sag. 13:7. Matt. 26:31. Mark. 14:27.
r Joh. 8:29; 14:10. |
59 Of: verstrooi, naamlik as julle herwaarts en derwaarts van My af sal wegvlug.
60 Gr. in sy eie, naamlik plek of huis. |
| s Jes. 9:5. Joh. 14:27. Rom. 5:1. Ef. 2:13. Kol. 1:20. | 61 Dit is, wanneer julle op My vertrou, of: deur My.
62 Dit is, gerustheid in jul gemoed, nieteenstaande al die swarighede wat oor julle sal kom. 63 Dit is, alles in die wêreld wat jul saligheid sou teëwerk. 64 Naamlik nie slegs vir My nie, Joh. 14:30 se kanttekening, maar ook vir julle, omdat julle deur die geloof met My verenig is. |