Statevertaling – Bybelstigting
Die gebed van Jesus vir sy dissipels.
DIT het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, 1adie uur het gekom; 2verheerlik u Seun, sodat u Seun 3U ook kan verheerlik —
bsoos U Hom mag 4oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom 5gegee het, die ewige lewe kan gee.
En cdit is 6die ewige lewe, dat hulle U ken, 7die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U 8gestuur het.
dEk het U 9verheerlik op die aarde. 10eDie werk wat U My 11gegee het om te doen, het Ek 12volbring.
En nou, Vader, 13verheerlik My by Uself met die heerlikheid fwat Ek by U gehad het 14voordat die wêreld was.
Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My 15uit die wêreld 16gegee het. Hulle het aan 17U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar.
Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, 18van U kom.
Want 19die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit 20ontvang gen waarlik erken dat Ek 21van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My 22gestuur het.
Ek bid vir hulle; Ek bid nie 23vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan 24U behoort.
En halles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is 25in hulle 26verheerlik.
En Ek 27is nie meer in die wêreld nie, maar hulle 28is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, 29bewaar 30in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle 31een kan wees net soos Ons.
iToe Ek saam met hulle in die wêreld was, 32het Ek hulle in u Naam bewaar. kOor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, 33behalwe die seun van die verderf, 34sodat ldie Skrif vervul sou word.
Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge 35in die wêreld, sodat hulle 36my blydskap 37volkome 38in hulle kan hê.
Ek het hulle 39u woord gegee, men die wêreld het hulle 40gehaat, omdat hulle nie 41van die wêreld is nie, net soos Ek nie 42van die wêreld is nie.
Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld 43wegneem nie, maar dat U hulle 44van die Bose bewaar.
Hulle is nie 45van die wêreld nie, net soos Ek nie 45van die wêreld is nie.
46Heilig hulle in u waarheid; nu woord is 47die waarheid.
oSoos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld 48gestuur.
pEn 49Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook 50in waarheid 51geheilig kan wees.
Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur 52hulle woord in My sal glo —
dat almal qeen mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook 53in Ons een mag wees, sodat 54die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
En Ek het hulle 55die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat 56hulle een kan wees, net soos Ons een is.
Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome 57een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en 58hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.
rVader, 59Ek wil dat 60waar Ek is, 61hulle wat U My gegee het, ook saam met My 62sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My 63gegee het, omdat U My liefgehad het 64voor die grondlegging van die wêreld.
Regverdige Vader, 65sal het die wêreld 66U nie geken nie, tog het Ek U geken, ten hulle hier het erken dat U My gestuur het.
En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit 67bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, 68in hulle kan wees, en 69Ek in hulle.
| a Joh. 12:23; 13:32. | 1 Naamlik wat U vir my lyding bestem het.
2 Dit is, toon in sy diepste vernedering dat Hy u Seun is; wat ook deur baie wondertekens in sy lyding geskied het, Matt. 27:45, 46, 51-53, en in die besonder deur sy opstanding, hemelvaart en sit aan die regterhand van sy Vader. Sien vers 5 se kanttekening. 3 Dit is, sodat Hy die eer van u geregtigheid, barmhartigheid en u ander eienskappe deur sy lyding en sterwe vir sondige mense kan verklaar, Rom. 3:25, 26; 5:8. |
| b Ps. 8:7. Matt. 11:27; 28:18. Luk. 10:22. Joh. 3:35; 5:27. 1 Kor. 15:25. Filip. 2:10. Hebr. 2:8. | 4 Gr. van alle vlees, dit is, oor alle mense.
5 Naamlik om met U te versoen en salig te maak, Ef. 5:25. |
| c Jes. 53:11. Jer. 9:23, 24. | 6 Dit is, die weg en die middel om tot die ewige lewe te kom, is die ware kennis van God en van die Middelaar Jesus Christus, gepaardgaande met ’n vaste vertroue; soos hierdie woord ook gebruik word in Jes. 53:11.
7 Of: die alleen; in die grondteks staan nie dat die Vader alleen die waaragtige God is nie, maar dat die Vader die alleen, of die enigste ware God is. Want die ware God is slegs ’n enige goddelike wese wat in drie persone bestaan. En daarmee word alle ander, valse gode uitgesluit, wat die heidene gedien het, Jer. 10:11. 1 Kor. 8:6. Gal. 4:8, 9, maar nie die Seun of die Heilige Gees nie, wat ook hierdie enige ware God is en genoem word, Joh. 1:1. Hand. 5:4. Rom. 9:5. 1 Kor. 3:16, 17. 1 Joh. 5:7, 20, en elders. 8 Naamlik as die enigste Middelaar en Saligmaker, sonder wie niemand met God versoen of verenig kan word nie, Hand. 4:12. 1 Tim. 2:5. |
| d Joh. 13:32; 14:13.
e Joh. 4:34; 19:30. |
9 Naamlik deur my leer, lewe en wonderwerke.
10 Naamlik van die versoening en verlossing van mense. 11 Dit is, verordineer en beveel het. 12 Dit sê Hy, omdat ’n groot deel van daardie werk reeds volbring was, en die oorblywende deel dadelik daarna volbring sou word. |
| f Joh. 1:1, 2; 10:30; 14:9. | 13 Dit is, plaas My aan u regterhand in die volle gebruik van my goddelike heerlikheid, wat Ek van ewigheid af as die Here van die heerlikheid wel by U gehad het, Joh. 12:41. 1 Kor. 2:8, maar wat in die tyd van my vernedering, vir die saligheid van mense, in my menslike natuur as ’t ware verborge was. Sien Filip. 2:6-9.
14 Dit is, van ewigheid af, Ef. 1:4. |
| 15 Dit is, uit die algemene menigte van die mense.
16 Naamlik nie net tot getroue apostels en getuies nie, maar ook om hulle salig te maak, vers 2. 17 Naamlik deur u ewige verkiesing, 2 Tim. 2:19 en die kanttekeninge. |
| 18 Dit is, deur u ingewing, bevel en krag deur My geleer en gedoen is. |
| g Joh. 16:27. | 19 Dit is, die leer.
20 Dit is, aangeneem en geglo. 21 Dit is, dat Ek u Seun is, van ewigheid af van U gebore, Ps. 2:7. Miga 5:1. 22 Naamlik na die wêreld, om die Middelaar en Saligmaker te wees, Hebr. 5:5. |
| 23 Dit is, nie vir alle mense van die wêreld sonder onderskeid nie, maar vir die uitverkorenes en gelowiges, Rom. 8:33, 34.
24 Sien vers 6. |
| h Joh. 16:15. | 25 Of: deur hulle.
26 Naamlik deur hul geloof, leer en werke. |
| 27 Dit is, sal spoedig van die wêreld skei met my liggaamlike teenwoordigheid.
28 Dit is, bly nog ’n tyd op die aarde, en sal daarin nog aan baie swakhede en versoekinge onderworpe wees. 29 Naamlik in alle swarighede en beproewinge. 30 Dit is, deur u krag en om U ontwil, omdat hulle die swarighede sal moet verdra om U ontwil. 31 Naamlik in gees, wil en liefde teenoor mekaar, soos Ons een is in wese en wil. |
| i Joh. 6:39; 10:28; 18:9.
k Jes. 8:18. Hebr. 2:13. l Ps. 109:8. |
32 Naamlik nie net van uiterlike swarighede nie, maar ook van afval en verleiding.
33 Of: maar die seun van die verderf, naamlik het verlore gegaan; so word Judas genoem, asook die Antichris, 2 Thess. 2:3, omdat hy deur God se regverdige oordeel vir die verderf toeberei was, Rom. 9:22. 34 Dit is, en so het die Skrif vervul geword. Sien Ps. 69:26; 109:8. Sien verder Hand. 1:16. |
| 35 Dit is, solank Ek nog by hulle in die wêreld is.
36 Dit is, waarmee Ek My verbly oor hulle; en waarmee hulle hul verbly in My. 37 Of: vervuld. 38 Dit is, in hul siel en gemoed. |
| m Joh. 15:19. | 39 Dit is, u leer onderrig en geopenbaar.
40 Naamlik ter wille van u woord. 41 Gr. uit die wêreld, dit is, nie wêreldsgesind is nie. 42 Gr. uit. |
| 43 Naamlik vir hierdie tyd, omdat Ek hul diens hierna nog moet gebruik.
44 Dit is, van die verleiding van Satan, die sonde en die wêreld. |
| 45 Gr. uit. |
| n Joh. 8:40. | 46 Dit is, vernuwe hulle meer en meer deur u waarheid; en maak hulle meer en meer bekwaam om dienaars te wees van die nuwe testament, 2 Kor. 3:6.
47 Dit is, hierdie waarheid, waardeur die mense geheilig word, naamlik die leer van die evangelie, Jak. 1:18. |
| o Joh. 20:21. | 48 Naamlik om u woord en waarheid deur die hele wêreld te verkondig. |
| p 1 Kor. 1:2, 30. 1 Thess. 4:7. | 49 Dit is, Ek gee My oor as ’n heilige offer.
50 Dit is, waarlik; nie soos voorheen deur die uitwendige seremonies van die wet gebeur het nie, maar deur daadwerklik te volbring wat deur daardie seremonies afgebeeld is. Of: deur die waarheid. 51 Dit is, dat hulle deur die krag en verdienste van hierdie offer van My, die vergewing van hul sondes en die heiligmaking deur die Gees mag verkry, Hebr. 10:10, 14. |
| 52 Dit is, my woord deur hulle verkondig. |
| q Joh. 10:38; 14:11. Gal. 3:28. | 53 Of: met Ons; dit is, sodat hulle, aangesien hulle deur die ware geloof met Ons verenig is, Ef. 3:17, daarboonop ook met ware liefde onder mekaar verenig mag wees.
54 Dit is, sodat die mense wat nog nie glo nie, daardeur aangetrek mag word om My as die ware Messías en my leer as ’n goddelike leer te erken en aan te neem, 1 Petr. 3:1, 2. |
| 55 Naamlik om God se kinders te wees en my mede-erfgename, Rom. 8:17.
56 Naamlik nie net die apostels nie, maar ook al diegene wat deur die woord in Christus sal glo, vers 20. |
| 57 Gr. in een, of: tot een, dit is, aangesien hulle met My verenig is deur die geloof, ook daardeur met U verenig word, Joh. 14:23. 1 Joh. 1:3, en sodat so hul vereniging met Ons deur die geloof, en met mekaar deur die liefde, ’n volkome verband kan hê.
58 Dit is, as u kinders, 1 Joh. 3:1. |
| r Joh. 12:26; 14:3. | 59 Dit is, Ek begeer of versoek. Sien Mark. 10:35.
60 Dit is, waar Ek spoedig sal wees, in my heerlikheid in die hemel, 1 Thess. 4:17. Openb. 3:21. 61 Naamlik die apostels en alle ander gelowiges. 62 Naamlik op die bestemde tyd; met die siel, terstond ná die dood, 2 Kor. 5:8. Filip. 1:23, en ook met die liggaam, ná die algemene opstanding, Filip. 3:21. 63 Naamlik deur die ewige geboorte, as u eniggebore Seun, Joh. 5:26, en wat U My ook na my menslike natuur sal gee, as Ek aan u regterhand verheerlik sal word, Ef. 1:20, 21. Filip. 2:9. 64 Hierdie volgende woorde kan gevoeg word, óf by die woord gegee, óf by die woord liefgehad. Sien dergelike in Openb. 13:8 se kanttekening. |
| s Joh. 15:21; 16:3.
t vers 8. Joh. 16:27. |
65 Gr. en die wêreld het, dit is, die grootste deel van die wêreld.
66 Naamlik soos dit hoort. Want selfs die heidene het ’n geringe kennis van God gehad, Rom. 1:19, 21. |
| 67 Naamlik nog meer en meer, wanneer Ek die Heilige Gees oor hulle sal stuur.
68 Dit is, die liefde ook tot hulle uitgebrei word, en die krag en gevoel daarvan in hul harte uitgestort word, Rom. 5:5. 69 Naamlik deur my Gees en genade. |