Statevertaling – Bybelstigting
Jesus word gevange geneem.
(Matt. 26:36, 47-56 en ooreenk. pl.)
NADATa Jesus dit gesê het, het Hy met sy dissipels oor die spruit 1Kedron 2gegaan waar daar ’n tuin was, waarin Hy self gegaan het en sy dissipels.
En Judas, sy verraaier, het ook die plek geken, omdat Jesus daar dikwels met sy dissipels 3saamgekom het.
bEn Judas het 4die afdeling soldate en die dienaars 5van die owerpriesters en die Fariseërs geneem en daar gekom met fakkels en 6lampe en wapens.
En omdat Jesus alles geweet het wat oor Hom sou kom, 7het Hy uit die tuin gegaan en vir hulle gesê: Wie soek julle?
Hulle antwoord Hom: Jesus, die Nasaréner. Jesus sê vir hulle: Dit is Ek. En ook Judas, sy verraaier, het by hulle gestaan
Toe Hy dan vir hulle sê: Dit is Ek, het hulle agteruitgegaan en 8op die grond geval.
Hy vra hulle toe 9weer: Wie soek julle? En hulle sê: Jesus, die Nasaréner.
Jesus antwoord: Ek het vir julle gesê dat dit Ek is. As julle My dan soek, laat 10hierdie manne 11weggaan —
12sodat die woord vervul sou word wat 13Hy gespreek het: cUit die wat U My gegee het, het Ek niemand verloor nie.
dEn Simon Petrus 14wat ’n swaard gehad het, het dit uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy regteroor 15afgekap. En die naam van die dienskneg was Malchus.
Toe sê Jesus vir Petrus: 16Steek jou swaard in die skede. 17Die ebeker wat die Vader My gegee het, sal Ek dit dan nie drink nie?
Jesus voor die Joodse Raad. Petrus verloën Hom.
(Matt. 26:57-75 en ooreenk. pl.)
EN die afdeling en die owerste oor duisend en die dienaars 18van die Jode het Jesus gevange geneem en Hom geboei;
fen hulle het Hom weggelei, 19eers na gAnnas; want hy was die skoonvader van Kájafas wat daardie jaar hoëpriester was.
hEn dit was Kájafas wat aan die Jode die raad gegee het dat dit voordelig is dat een man vir die volk sterwe.
iEn Simon Petrus en 20’n ander dissipel het Jesus 21gevolg; en daardie dissipel was met die hoëpriester bekend en het saam met Jesus ingegaan in die binneplaas van die hoëpriester se paleis.
Maar Petrus het buitekant by die deur bly staan. En die ander dissipel wat bekend was met die hoëpriester, het uitgegaan en 22met die deurwagster gepraat en Petrus ingebring.
Toe 23sê die diensmeisie, die deurwagster, vir Petrus: Jy is tog nie ook een van die dissipels van hierdie mens nie? Hy sê: Ek is nie.
En die diensknegte en 24die dienaars het by ’n koolvuur gestaan wat hulle gemaak het — want dit was koud — en hulle het hul warm gemaak. En kPetrus het by hulle gestaan en hom warm gemaak.
Die hoëpriester ondervra Jesus toe 25oor sy dissipels en 26oor sy leer.
Jesus antwoord hom: lEk het ronduit 27tot die wêreld gespreek; Ek het altyd in die sinagoge geleer en in die tempel waar die Jode 28van alle kante vergader; en 29in die geheim het Ek niks gespreek nie.
Wat ondervra u My? Ondervra hulle wat gehoor het wat Ek tot hulle gespreek het; hulle weet tog wat Ek gesê het.
En toe Hy dit sê, mhet een van die dienaars wat daar staan, Jesus 30in die aangesig geslaan en gesê: Antwoord U die hoëpriester so?
Jesus antwoord hom: As Ek verkeerd gespreek het, 31getuig van die verkeerdheid; maar as Ek reg gespreek het, waarom slaan jy My?
nEn Annas het Hom geboeid na Kájafas, die hoëpriester, 32gestuur.
oEn Simon Petrus het hom staan en warm maak. En 33hulle sê vir hom: Jy is tog nie ook een van sy dissipels nie? Toe ontken hy dit en sê: Ek is nie.
Een van die hoëpriester se diensknegte wat familie was van die man wie se oor Petrus afgekap het, sê: Het ek jou nie in die tuin by Hom gesien nie?
En Petrus het dit weer ontken; en pdadelik het die haan 34gekraai.
Jesus voor Pilatus.
(Matt. 27:1, 2, 11-31 en ooreenk. pl.)
qTOE neem hulle Jesus 35van Kájafas na 36die goewerneur se paleis. En dit was 37vroeg in die môre; en hulle het self nie in die paleis ingegaan nie, rdat hulle hul nie sou 38verontreinig nie, maar dat hulle 39die pasga kon eet.
En Pilatus het na hulle 40uitgekom en gesê: Watter beskuldiging bring julle teen hierdie man in?
Hulle antwoord en sê vir hom: As Hy geen kwaaddoener was nie, sou ons Hom nie aan u oorgelewer het nie.
En Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en oordeel Hom volgens julle wet. En die Jode sê vir hom: Dit is ons 41nie geoorloof om iemand dood te maak nie —
ssodat die woord van Jesus vervul sou word wat Hy 42gesê het om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.
tPilatus gaan toe weer in die goewerneur se paleis en roep Jesus en sê vir Hom: Is U die Koning van die Jode?
Jesus antwoord hom: Sê u dit 43uit uself, of het 44ander u dit van My gesê?
Pilatus antwoord: Is ek dan 45’n Jood? U volk en die owerpriesters het U aan my oorgelewer. Wat het U gedoen?
Jesus antwoord: vMy koninkryk is nie 46van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie 47van hier nie.
Pilatus sê toe vir Hom: 48Is U dan tog ’n koning? Jesus antwoord: 49U sê dat Ek ’n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te 50getuig. Elkeen 51wat uit die waarheid is, 52luister na my stem.
Pilatus sê vir Hom: 53Wat is waarheid? En toe hy dit gesê het, gaan hy weer 54uit na die Jode en sê vir hulle: xEk vind geen 55skuld in Hom nie.
Maar julle het y’n gewoonte dat ek vir julle op die pasga iemand moet loslaat; wil julle dan hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?
Toe skreeu hulle almal weer en sê: zNie vir Hom nie, maar Barábbas! aEn Barábbas was ’n 56rower.
| a 2 Sam. 15:23. Matt. 26:36. Mark. 14:32. Luk. 22:39. | 1 Dit was ’n spruit, wat gevloei het deur ’n donker vallei tussen die stad Jerusalem en die Olyfberg. Waarvan ook gespreek word in 2 Sam. 15:23. 2 Kon. 23:6, 12. Jer. 31:40, en elders.
2 Gr. uitgegaan. Dit is, verder gegaan. Want dat Hy reeds uit die huis en die stad gegaan het, blyk uit Joh. 14:31. Sien vers 4. |
| 3 Naamlik waarheen Hy snags saam met sy dissipels uit die stad Jerusalem gegaan het, Luk. 21:37, waar Hy ook soms sy dissipels in die besonder onderrig het, Matt. 24:3. |
| b Matt. 26:47. Mark. 14:43. Luk. 22:47. | 4 Naamlik wat deur die keiser aangestel was om gewoonlik by die tempel wag te hou, en van wie se diens die owerpriesters dikwels gebruik gemaak het. Sien Matt. 27:65.
5 Gr. uit. 6 Gr. lampades, wat ook lampe wat gewoonlik van olie voorsien moet word, beteken, Matt. 25:1, ens. |
| 7 Naamlik hulle tegemoet, om te toon dat Hy Hom gewilliglik oorgegee het tot die dood. |
| 8 Naamlik neergeslaan deur sy goddelike krag, om te toon dat Hy maklik aan hul hande kon ontkom het, indien Hy wou. |
| 9 Dit is, nadat hulle weer opgestaan het. |
| 10 Naamlik my dissipels.
11 Naamlik sonder om hulle leed aan te doen; soos hulle Hom inderdaad ook almal verlaat en gevlug het, Matt. 26:56. |
| c Joh. 6:39; 10:28; 17:12. | 12 Naamlik Hy het dit gesê; of: dit het gebeur, sodat die woord vervul sou word.
13 Naamlik Christus, Joh. 17:12, waar Hy spreek van hul bewaring tot die saligheid. Hier spreek Johannes egter van hul bewaring in hierdie lewe, omdat dit in daardie tydsomstandighede ook bevorderlik tot hul saligheid was en enigsins nodig as gevolg van die swakheid van hul geloof. Sien dergelike toepassing in Matt. 8:17. |
| d Matt. 26:51. Mark. 14:47. Luk. 22:50. | 14 Swaarde is gewoonlik deur reisigers gedra vir beskerming teen straatrowers en ander spesifieke misdadigers; wat op sigself nie ongeoorloof is nie, as ’n mens binne die grense van noodsaaklike beskerming bly. Petrus het egter hier sy swaard misbruik, teen diegene wat deur die owerheid gestuur was; dit is die rede waarom hy ook daaroor deur Christus bestraf word. Sien hieroor ook Luk. 22:38.
15 Maar Christus het dit weer gesond gemaak, Luk. 22:51. |
| e Matt. 20:22; 26:39. | 16 Gr. Werp, dit is, steek vinnig. Sien die rede hiervoor in Matt. 26:52.
17 Dit is, hierdie bitter lyding, wat die Vader My opgelê het, sal Ek dit nie ly nie? Sien Matt. 20:22. |
| 18 Dit is, van die owerstes van die Jode. Sien vers 3. |
| f Matt. 26:57. Mark. 14:53. Luk. 22:54.
g Luk. 3:2. |
19 En daarna na Kájafas, soos blyk uit vers 24. Sodat dit wat hierna in die teks volg, nie in die huis van Annas nie, maar van Kájafas plaasgevind het. |
| h Joh. 11:50. |
| i Matt. 26:58. Mark. 14:54. Luk. 22:54. | 20 Sommige meen dat hierdie dissipel Johannes self was. Dit is egter nie seker nie.
21 Naamlik van ver af gevolg, na die huis van Kájafas, Matt. 26:58. |
| 22 Of: vir die deurwagster gesê, naamlik of sy hom wou inlaat. |
| 23 Naamlik toe sy hom daarna by die vuur gesien het, Luk. 22:56. |
| k Matt. 26:69. Mark. 14:67. Luk. 22:55. | 24 Dit wil voorkom of hulle dienaars was van die gereg, of van die Joodse Raad. |
| 25 Dit is, wie hulle was, hoeveel en waarvoor Hy dissipels byeengebring het; of dit nie was om oproer of groepvorming te veroorsaak nie.
26 Naamlik of dit nie verskil het van die leer van Moses, of van die Fariseërs nie. |
| l Joh. 7:26. | 27 Dit is, tot die menigte van die hele volk.
28 Ander lees altyd, en sommige almal. 29 Naamlik soos diegene gewoonlik doen wat oproer wil veroorsaak, of die volk met valse leer verlei. |
| m Jer. 20:2. Hand. 23:2. | 30 Of: ’n hou met ’n stok of lat gegee. |
| 31 Dit is, bewys waarin Ek verkeerd gespreek het. |
| n Matt. 26:57. Mark. 14:53. Luk. 22:54. | 32 Sien vers 13. |
| o Matt. 26:71. Mark. 14:69. Luk. 22:58. | 33 Naamlik wat daar teenwoordig was. Dit wat eers deur ’n diensmeisie begin is, vers 17, is daarna ook deur sommige ander gedoen. Sien Mark. 14:69. |
| p Joh. 13:38. | 34 Naamlik vir die tweede maal, teen dagbreek, Mark. 14:72. |
| q Matt. 27:1. Mark. 15:1. Luk. 22:66; 23:1.
r Hand. 10:28; 11:3. |
35 Dit is, van die huis van Kájafas.
36 Gr. praitorion, wat die woonplek van goewerneur Pilatus was, waar hy ook regspraak gehou het. 37 Of: dagbreek. 38 Naamlik volgens hul algemene oortuiging, Hand. 10:28; 11:3; want andersins lees ’n mens nie dat dit in die wet verbied is om in die huis van ’n heiden in te gaan nie. 39 Dit is, die paaslam, wat hulle die aand van daardie dag sou slag en eet, sien die rede hiervoor in Matt. 26:20 se kanttekening, en wat deur die onreines nie geëet mog word nie, Núm. 9:6-11. |
| 40 Naamlik buite sy paleis, om hulle tegemoet te kom. |
| 41 Naamlik óf om nie onrein en daardeur onbekwaam te word om die pasga te eet nie; óf veelmeer omdat die mag van hulle ontneem was deur die Romeine, om iemand met die dood te straf sonder die goedkeuring van die Romeinse goewerneur. |
| s Matt. 20:19. Joh. 12:32. | 42 Sien Matt. 20:19 en elders, naamlik dat Hy aan die heidene oorgelewer en deur hulle gegésel en gekruisig sou word. Met hierdie kruisdood het die Romeine gewoonlik diegene gestraf wat sodanige misdade gepleeg het waarvan Christus beskuldig was, naamlik dat Hy Hom tot koning verhef en oproer veroorsaak het. |
| t Matt. 27:11. Mark. 15:2. Luk. 23:3. |
| 43 Naamlik om meer deur My onderrig te word.
44 Naamlik om My daarmee by u te beskuldig. |
| 45 Naamlik dat ek, net soos die Jode, begerig sou wees om te weet wat die Koning of Messías aangaan, wat die Jode verwag. |
| v Joh. 6:15. 1 Tim. 6:13. | 46 Gr. uit, dit is, Ek is wel die beloofde Koning van die Jode, maar dit strek nie tot nadeel van die heerskappy van die Romeinse keiser nie, omdat my koninkryk nie bestaan in ’n wêreldse nie, maar in ’n geestelike mag en regering.
47 Dit is, soos die heerskappy van die wêreldse konings hier op aarde is. |
| 48 Of: Sê U dan nie U is ’n koning nie? Of: So dan is U ’n koning.
49 Sien oor hierdie manier van spreek Matt. 26:25 se kanttekening. 50 Dit is, vrymoediglik bely en leer. 51 Dit is, wat deur die woord van die waarheid wedergebore is, en daarom die saligmakende waarheid liefhet. 52 Naamlik graag, en só dat hy dit aanneem en glo. |
| x Matt. 27:24. Luk. 23:4. | 53 Hy spreek so, nie om deur Christus onderrig te word nie, maar hy verwerp daarmee Christus se woorde met veragting.
54 Naamlik uit die paleis, waar hy weer ingegaan het om Christus te ondervra. 55 Gr. saak, of: oorsaak, wat Hom die dood sou skuldig maak. |
| y Matt. 27:15. Mark. 15:6. Luk. 23:17. |
| z Hand. 3:14.
a Matt. 27:16. Mark. 15:7. Luk. 23:19. |
56 Of: oproermaker. In Luk. 23:25 word hy ook ’n moordenaar genoem. |