Statevertaling – Bybelstigting
Die opstanding.
(Matt. 28:1-10 en ooreenk. pl.)
ENa 1op die eerste dag van die week 2kom 3Maria Magdaléna 4vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat 5die steen van die graf weggeneem was.
Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander dissipel bvir wie Jesus liefgehad het, en sê vir hulle: Hulle het die Here uit die graf 6weggeneem, en 7ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.
cToe gaan Petrus en die ander dissipel uit en kom by die graf.
En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop, 8vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom.
En terwyl hy neerbuk, sien hy ddie 9doeke lê; maar hy het nie ingegaan nie.
Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lê;
en edie doek wat op sy 10hoof was, sien hy nie by die doeke lê nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.
Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan, en hy het gesien en 11geglo.
Want hulle het nog nie fdie Skrif verstaan dat Hy uit die dode moes opstaan nie.
En die dissipels het weer 12huis toe gegaan.
Jesus verskyn aan Maria Magdaléna.
gMAAR 13Maria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk sy na die graf toe
en sien 14twee engele daar sit met wit klere aan, een by 15die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het.
En 16hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle 17my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.
hEn toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie 18geweet dat dit Jesus was nie.
Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom 19wegneem.
Jesus sê vir haar: Maria! Sy 20draai haar om en sê vir Hom: 21Rabboeni! dit beteken Meester.
Jesus sê vir haar: 22Raak My nie aan nie, 23want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na imy 24broeders en sê vir hulle: 25kEk vaar op na 26my Vader en 27julle Vader, en 28my God en 29julle God.
lMaria Magdaléna het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy dit vir haar gesê het.
Jesus verskyn aan die elf. Ongelowigheid van Thomas.
(Luk. 24:33-43 en ooreenk. pl.)
mEN toe dit aand was 30op daardie eerste dag 31van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus 32gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: 33Vrede vir julle!
En nadat Hy dit gesê het, wys Hy hulle sy 34hande en sy sy. nEn die dissipels was bly toe hulle die Here sien.
Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! oSoos die Vader My gestuur het, 35stuur Ek julle ook.
En nadat Hy dit gesê het, 36blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang 37die Heilige Gees.
pAs julle die mense hulle sondes 38vergewe, dan word dit hulle 39vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.
En Thomas wat genoem word 40Dídimus, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie.
Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie 41in sy hande 42die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek 43nooit glo nie.
En 44agt dae daarna was sy dissipels weer 45binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesê: Vrede vir julle!
Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; qen bring jou hand en 46steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.
En Thomas antwoord en sê 47vir Hom: My Here en my God!
Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; 48rsalig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.
Nog sbaie ander tekens het Jesus voor sy dissipels gedoen wat in 49hierdie boek nie beskrywe is nie;
maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo 50die lewe kan hê 51in sy Naam.
| a Matt. 28:1. Mark. 16:1. Luk. 24:1. | 1 Gr. op een van die sabbatte. Sien vers 19. Matt. 28:1. Mark. 16:2, 9.
2 Die Griekse woord kan ook beteken: gaan na. 3 En nog enkele ander vroue saam met haar, Matt. 28:1. Luk. 24:1, 10. Maar dit wil voorkom of Maria Magdaléna vooruitgegaan en eerste by die graf gekom het. 4 Sien Mark. 16:2 se kanttekening. 5 Wat deur die engel voor haar koms gedoen was, Matt. 28:2. |
| b Joh. 13:23; 21:7, 20. | 6 Dit sê sy omdat sy nog nie deur die engel onderrig was oor Christus se opstanding nie. Sy het die engel daarna gesien, toe sy teruggekeer het, vers 12.
7 Dit is, ek en die ander vroue, wat my gevolg het. |
| c Luk. 24:12. |
| 8 Naamlik omdat hy waarskynlik jonger was as Petrus. |
| d Joh. 19:40. | 9 Gr. linnedoeke, naamlik waarin Christus se dooie liggaam toegedraai was; wat ’n teken was dat sy liggaam nie weggeneem was, soos die vroue gemeen het nie. Want anders sou ook die doeke saam met sy liggaam weggeneem gewees het. |
| e Joh. 11:44. | 10 Dit is, waarin sy hoof toegedraai was. Sien Joh. 11:44. |
| 11 Naamlik dat die liggaam van Christus weggeneem was, soos die vroue gesê het, vers 2, soos die volgende vers uitwys. Hoewel ander meen dat Johannes geglo het dat Christus uit die dode opgestaan het; en dat die volgende woorde slegs as die voorgaande tyd verstaan moet word. |
| f Ps. 16:10. Hand. 2:25, 31; 13:35. |
| 12 Gr. na hulleself, dit is, na die res van die dissipels, naamlik waar hulle vergader was, soos blyk uit vers 19. |
| g Matt. 28:1. Mark. 16:5. Luk. 24:4. | 13 Naamlik, nadat sy na die graf teruggekeer het saam met die ander vroue, aan wie gesamentlik die verskyning van die engele plaasgevind het, Matt. 28:5. Mark. 16:5. Luk. 24:4. |
| 14 Matthéüs en Markus skryf van slegs een, omdat een die woord gevoer het.
15 Dit is, koppenent, waar die hoof gelê het. |
| 16 Naamlik die engele, nadat hulle die boodskap van die opstanding aan al die vroue gebring het, en die ander vroue teruggegaan het om dit aan die dissipels te verkondig, soos die ander evangeliste getuig; en Maria Magdaléna daar bly staan het, en met haar geween en woorde getoon het dat sy dit nog nie heeltemal kon glo nie.
17 Dit is, die dooie liggaam van my Here; soos in Ps. 16:10. |
| h Matt. 28:9. Mark. 16:9. | 18 Naamlik omdat haar oë weerhou is, soos ook met die twee dissipels op pad na Émmaüs gebeur het, Luk. 24:16. |
| 19 Naamlik om te salf en elders te begrawe, sodat Hy nie in u pad is nie. |
| 20 Naamlik aangesien sy sy stem herken het.
21 Dit is dieselfde woord as rabbi, Joh. 1:39, 50, en as rabbóni, Mark. 10:51. |
| i Ps. 22:23. Matt. 28:10. Hebr. 2:11.
k Joh. 16:28. |
22 Dit is, moenie jou en My ophou deur my voete aan te raak en vas te hou nie.
23 Dit is, Ek sal nog nie dadelik opvaar en van jou af weggaan nie; jy sal nog genoeg tyd hê om My te sien, met My te spreek, en aan My eer te bewys. Ander meen dat Hy dit aan haar gesê het om haar te vermaan, dat sy nie te sterk met haar hart moes vashou aan sy liggaamlike teenwoordigheid nie. 24 Dit is, dissipels. Sien in Matt. 28:10 se kanttekening die rede waarom Hy hulle so noem. 25 Dit is, Ek sal binnekort opvaar, naamlik nadat Ek hulle eers in alles onderrig het. 26 Naamlik van nature, Joh. 1:18. 27 Naamlik deur die genade van die aanneming tot kinders, Joh. 1:12. 28 Naamlik omdat Ek as Middelaar die menslike natuur om julle ontwil aangeneem het, Hebr. 1:9. 29 Dit is, wat julle nie net geskape het nie, maar julle bowendien ook tot sy eiendom aangeneem het, Hebr. 8:10. |
| l Matt. 28:8. Mark. 16:10. Luk. 24:9. |
| m Mark. 16:14. Luk. 24:36. 1 Kor. 15:5. | 30 Hier volg Johannes die Romeinse tydrekening. Want toe hierdie verskyning plaasgevind het, was dit laat in die aand, omdat die twee dissipels van Émmaüs reeds by hulle gekom het, Luk. 24:36, en die son derhalwe lankal ondergegaan het, so sou dit volgens die Joodse tydrekening nie die eerste nie, maar wel die tweede dag van die week wees. Sien Joh. 19:14 se kanttekeninge.
31 Gr. van die sabbatte. Sien vers 1. 32 Hoe Christus daar ingekom het, word nie genoem nie en is nie nodig om te ondersoek nie. Hy kon deur sy goddelike krag so iets op verskillende wyses gedoen het, soos ’n mens kan sien in Hand. 12:10. ’n Mens kan dus nie hieruit aflei dat sy liggaam deur die geslote deure deurgegaan of deurgedring het nie. 33 Dit was die normale manier van groet onder die Jode, waarmee hulle mekaar alle geluk en voorspoed toegewens het. |
| n Joh. 16:22. | 34 Naamlik met die littekens van die wonde wat daarin was. |
| o Jes. 61:1. Matt. 28:19. Mark. 16:15. Luk. 4:18. Joh. 17:18. | 35 Naamlik om die evangelie te verkondig. Sien Matt. 28:19. Mark. 16:15. Joh. 17:18. |
| 36 Naamlik om met hierdie uiterlike teken die werking van die Heilige Gees voor te stel. Sien Joh. 3:8. Hand. 2:2.
37 Dit is, dié gawes van die Heilige Gees, wat vir julle nodig is tot versterking van jul geloof, totdat die volheid van die gawes, wat vir julle nodig sal wees tot uitvoering van jul apostelamp, ná my hemelvaart aan julle gegee sal word op die pinksterdag, Joh. 16:7. Hand. 2:4, 33. |
| p Matt. 16:19; 18:18. | 38 Dit is, volgens my woord en bevel, as my dienaars betuig dat hul sondes deur God vergewe of gehou is.
39 Naamlik in die hemel, deur God, Matt. 16:19; 18:18. Want God het alleen die mag om die sondes te vergewe, Jes. 43:25. Matt. 9:3 en die kanttekening. Mark. 2:7. |
| 40 Sien Joh. 11:16 en die kanttekening. |
| 41 Soos Christus tevore die ander dissipels aangespoor het om te doen, Luk. 24:39.
42 Naamlik wat deur die spykers ingedruk is, wat die Griekse woord ook meebring. 43 Naamlik dat Hy self waarlik uit die dode opgestaan het. |
| 44 Dit wil voorkom of dit die tweede Sondag ná sy opstanding was, nadat die dae van die pasga verby was.
45 Naamlik in dieselfde huis in Jerusalem, Luk. 24:33. |
| q 1 Joh. 1:1. | 46 Gr. werp dit. |
| 47 So spreek hy dan die volgende woorde tot Christus en van Christus, waarmee hy Hom erken as sy Here en as sy God. |
| r 1 Petr. 1:8. | 48 Dit is, seker so salig; omdat hulle deur die woord, sonder om te sien, geglo het, wat beter met die aard van die geloof ooreenkom. Sien Hebr. 11:1. 1 Petr. 1:8. |
| s Joh. 21:25. | 49 Naamlik in hierdie Evangelie van my, waarvan sommige ook deur die ander evangeliste beskrywe is. |
| 50 Naamlik die ewige lewe, wat hier begin en hierna in die hemel volkome sal wees.
51 Dit is, deur Hom en vanweë sy verdienstes. |