Statevertaling – Bybelstigting
Jesus onderrig Nikodémus aangaande die wedergeboorte.
EN daar was ’n man uit die Fariseërs met die naam van aNikodémus, 1’n owerste van die Jode.
bHy het 2in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ’n leraar is wat van God gekom het, want cniemand kan hierdie tekens doen wat U doen das God nie met hom is nie.
Jesus 3antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie 4weer 5gebore word nie, kan hy die koninkryk van God 6nie sien nie.
Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ’n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ’n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
Jesus antwoord: 7Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, eas iemand nie gebore word uit 8water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
fWat 9uit die vlees gebore is, is 10vlees; en wat uit die Gees gebore is, is 11gees.
Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet 12weer gebore word nie.
13Die wind 14waai waar hy wil, en jy hoor sy 15geluid, maar jy weet nie 16vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. 17So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
Nikodémus antwoord en sê vir Hom: gHoe kan hierdie dinge gebeur?
Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet 18hierdie dinge nie?
hVoorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, 19ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en 20julle neem ions getuienis nie aan nie.
As Ek julle 21van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse 22vertel?
En kniemand het 23opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel 24neergedaal het, naamlik die Seun van die mens 25wat in die hemel is.
lEn soos Moses die slang in die woestyn 26verhoog het, mso moet die Seun van die mens 27verhoog word,
sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, nmaar die ewige lewe kan hê.
oWant so lief het God 28die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, psodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
qWant God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te 29veroordeel nie, maar dat die 30wêreld deur Hom gered kan word.
rHy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is 31alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
En sdit is 32die oordeel: dat 33die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke 34nie bestraf mag word nie.
tMaar 35hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle 36in God gedoen is.
Nog ’n getuienis van Johannes die Doper.
HIERNA het Jesus en sy dissipels 37na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef ven 38gedoop.
xEn Johannes was ook besig om te doop in Enon naby 39Salim, omdat daar 40baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.
yWant Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie.
Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes 41’n redenasie met die Jode ontstaan 42oor die reiniging.
zEn 43hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u 44oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en 45almal gaan na Hom toe.
Johannes antwoord en sê: ’n Mens 46kan niks aanneem as dit hom nie 47uit die hemel gegee is nie.
Julle is self my getuies dat ek gesê het: aEk is nie die Christus nie; bmaar dat ek voor Hom uitgestuur is.
Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die 48vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die 49stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my 50volkome.
Hy moet meer word, maar ek minder.
cHy 51wat van bo kom, is bo almal; hy wat 52uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.
dEn 53wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en 54niemand neem sy getuienis aan nie.
Wie sy getuienis aangeneem het, het sy 55seël daarop gesit edat God waaragtig is.
Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees fnie 56met mate nie.
Die Vader het die Seun lief gen het alles 57in sy hand gegee.
hHy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun 58ongehoorsaam is, sal die lewe 59nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
| a Joh. 19:39. | 1 Dit is, iemand van die Joodse Raad. Sien Joh. 7:48, 50. |
| b Joh. 7:50; 19:39.
c Joh. 9:16, 33. d Hand. 10:38. |
2 Naamlik uit vrees vir die Jode, en uit vrees om uit die sinagoge geban te word. Sien Joh. 9:22; 12:42; 19:38. |
| 3 Naamlik óf op die vraag van Nikodémus oor die wyse om salig te word, wat nie hier gegee word nie; óf op sy begeerte om dit te wete te kom, hoewel hy dit nog nie bekend gemaak het nie.
4 Of: van bo, of: opnuut. 5 Dit is, deur die Heilige Gees van die aangebore verdorwenheid verlos, en tot ’n nuwe geestelike lewe vernuwe word. Sien Joh. 1:13. Rom. 12:2. 6 Dit is, nie daar ingaan nie, soos in vers 5, bedoelende, die ewige saligheid nie deelagtig word nie. Sien vers 36 se kanttekening. |
| e Tit. 3:5. | 7 Gr. Amen, amen. Sien oor hierdie woord Matt. 6:13 se kanttekening.
8 Dit is, deur die krag van die Heilige Gees nie gereinig word van die sonde nie, soos die uiterlike onreinheid deur water afgewas word, Eség. 36:25. Sien dergelike manier van spreek in Matt. 3:11. |
| f Rom. 8:5. | 9 Dit is, op natuurlike wyse uit die verdorwe mens.
10 Dit is, natuurlike en vleeslike gesindheid, Gén. 6:3, 5. 11 Dit is, geestelike gesindheid, Rom. 8:5. |
| 12 Of: opnuut, of: van bo, dit is, deur die werking van die Heilige Gees. |
| 13 Gr. Die gees, dit is, die wind, soos blyk uit dit wat volg.
14 Of: blaas. 15 Gr. stem. 16 Dit is, waarvandaan hy gedryf word; waar sy begin is, of waar hy eindig. 17 Dit is, jy word die werkinge van die Gees gewaar, maar hoe dit gebeur, begryp jy nie, Pred. 11:5. |
| g Joh. 6:52. |
| 18 Naamlik wat in die profete so dikwels en so duidelik geleer word. |
| h Joh. 7:16; 8:28; 12:49; 14:24.
i vers 32. |
19 Naamlik Johannes en Ek.
20 Naamlik julle owerstes en Fariseërs, Joh. 7:48. |
| 21 Dit is, die hemelse dinge deur gelykenis van die aardse dinge verklaar.
22 Dit is, die hemelse dinge sou voorstel sonder gelykenis, soos hulle in hulself is. |
| k Joh. 6:62. Ef. 4:9. | 23 Gr. opgeklim; dit is, met sy verstand deurgedring tot volmaakte kennis van die hemelse sake, aangaande die raad van God met betrekking tot die saligheid van die mense, om dit aan die mense te openbaar, Rom. 10:6.
24 Naamlik toe Hy die menslike natuur aangeneem het, en deur die Vader as Middelaar in die wêreld gestuur is. 25 Naamlik ten opsigte van sy goddelike natuur, waarmee Hy hemel en aarde vervul, Kol. 1:17. Hebr. 1:3. |
| l Núm. 21:9. 2 Kon. 18:4.
m Joh. 8:28; 12:32. |
26 Dit is, aan ’n hoë paal opgehang, om gesien te word deur almal wat deur die giftige slange gebyt was, sodat hulle genees sou word. Sien Núm. 21:9.
27 Naamlik aan die kruis, soos Hy self verklaar in Joh. 12:32, 33. |
| n vers 36. |
| o Rom. 5:8; 8:31. 1 Joh. 4:9.
p vers 36. Luk. 19:10. 1 Joh. 5:10. |
28 Dit is, nie net die Jode nie, maar ook die heidene wat oor die hele wêreld verstrooi is, Joh. 11:51, 52. 1 Joh. 2:2. Sien meer oor hierdie liefde van God in Rom. 5:6, 8; 8:32. |
| q Luk. 9:56. Joh. 9:39; 12:47. 1 Joh. 4:14. | 29 Gr. oordeel, dit is, veroordeel of verdoem.
30 Dit is, hulle wat uit die wêreld in Hom sal glo, sowel heidene as Jode. |
| r Joh. 5:24; 6:40, 47; 20:31. | 31 Naamlik in die gerig van God, volgens die dreiging van die wet. Hy het die oorsaak van verdoemenis in homself. |
| s Joh. 1:5. | 32 Dit is, die verdoemenis, of die oorsaak van die verdoemenis.
33 Dit is, Christus en sy evangelie. |
| 34 Dit is, nie ontdek mag word, en hy daarvan oortuig word nie. |
| t Ef. 5:8. | 35 Dit is, hy wat opreg handel.
36 Gr. in God gewerk is, dit is, as ’t ware in God se teenwoordigheid en volgens sy wil. |
| v Joh. 4:1. | 37 Dit is, buite Jerusalem, in die gebied van Judéa.
38 Naamlik deur sy dissipels. Sien Joh. 4:2. |
| x Matt. 3:6. Mark. 1:5. Luk. 3:7. | 39 ’n Plek in die stam van Benjamin, sien 1 Sam. 9:4 se kanttekening.
40 Gr. waters. Dit is, spruite, of riviertjies. Diegene wat deur Johannes gedoop was, het naamlik met hul hele liggaam in die water gegaan. Sien Matt. 3:16. Hand. 8:38. |
| y Matt. 14:3. |
| 41 Of: ’n geskil.
42 Naamlik oor die vergelyking van die waarde van die doop van Johannes met die Joodse reinigings; of van die doop van Johannes met die doop van die dissipels van Christus. |
| z Matt. 3:11. Mark. 1:7. Luk. 3:16. Joh. 1:15, 26, 34. | 43 Naamlik die dissipels van Johannes.
44 Of: by die Jordaan; naamlik in Betábara, Joh. 1:28. 45 Dit is, hulle kom in groot getalle. |
| 46 Dit is, geen amp wettiglik en met behoorlike voortgang en vrug bedien nie. Of: hy kan niks, naamlik goeds, ontvang nie, Hebr. 5:4. Jak. 1:17.
47 Dit is, van God. Sien Matt. 21:25. |
| a Joh. 1:20.
b Mal. 3:1. Matt. 11:10. Mark. 1:2. Luk. 1:17; 7:27. Joh. 1:21, 23. |
| 48 Dit is, ek, wat die vriend en getroue dienaar van die bruidegom is, en wat die bruid, dit is, die gemeente, tot Christus, haar bruidegom, gebring het. Christus ontvang haar nou self en spreek haar aan. Sien 2 Kor. 11:2. Ef. 5:25.
49 Wanneer Hy sy bruid ontvang en aanspreek. 50 Of: vervul. |
| c Joh. 8:23. | 51 Dit is, uit die hemel, as die waaragtige God, soos in die volgende woorde verklaar word.
52 Dit is, hy wat ’n gewone mens is kragtens sy natuur, spreek soos ’n gewone mens, hoewel hy met God se Gees begiftig is. |
| d Joh. 5:30; 8:26; 12:49; 14:10. | 53 Dit is, waarvan Hy uit Homself ’n volkome en gewisse kennis het.
54 Dit is, baie min, en byna niemand, in vergelyking met die groot menigte wat dit verwerp. |
| e Rom. 3:4. | 55 Dit is, deur sy geloof betuig en bevestig dat hy die beloftes van God vir waaragtig hou. |
| f Ef. 4:7. | 56 Gr. uit mate; dit is, nie ten dele, soos sy dienaars nie, maar in volkome mate. Sien Ps. 45:8. Joh. 1:16. |
| g Matt. 11:27; 28:18. Luk. 10:22. Joh. 5:22; 17:2. Hebr. 2:8. | 57 Dit is, aan sy mag onderwerp. Sien Matt. 28:18. |
| h vers 16. Joh. 6:47. 1 Joh. 5:10. | 58 Dit is, wat nie volgens sy bevel in Hom glo nie, Rom. 1:5.
59 Dit is, nie geniet nie, Ps. 34:13. |