Statevertaling – Bybelstigting
Die Samaritaanse vrou.
TOE 1die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus a2meer dissipels maak en doop as Johannes —
alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy dissipels —
het Hy Judéa 3verlaat en 4weer na Galiléa gegaan.
En Hy moes 5deur Samaría gaan.
Hy kom toe by ’n stad van Samaría wat Sígar genoem word, bnaby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef 6gegee het.
En 7die fontein van Jakob was daar. Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, somaar by die fontein gaan sit. Dit was omtrent die 8sesde uur.
Daar kom ’n vrou 9uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink —
want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop.
En die Samaritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit dat U wat ’n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek ’n Samaritaanse vrou is? c10Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie.
Jesus antwoord en sê vir haar: As jy 11die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou 12lewende water gegee het.
Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens ’n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan ddie lewende water?
U is tog nie groter as ons 13vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee?
Jesus antwoord en sê vir haar: eElkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;
fmaar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, gmaar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.
Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier.
Die vrou antwoord en sê: Ek het 14nie ’n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie ’n man nie;
want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê.
Die vrou sê vir Hom: Here, hek sien dat U ’n profeet is.
Ons vaders het op hierdie 15berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te 16aanbid, iin Jerusalem is.
Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ’n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader 17sal aanbid nie.
kJulle aanbid 18wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, lwant 19die saligheid is uit die Jode.
Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader 20in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.
mGod is 21Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die 22Messías 23kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons 24alles verkondig.
Jesus sê vir haar: Dit is n25Ek wat met jou spreek!
En op dié oomblik het sy dissipels gekom en hulle verwonder dat Hy met ’n vrou in gesprek was. Tog het niemand gesê: Wat verlang U nie? of: Waarom spreek U met haar?
Die vrou het toe haar waterkan laat staan en na die 26stad gegaan en vir die 27mense gesê:
Kom kyk ’n man wat my 28alles vertel het wat ek gedoen het. 29Is Hy nie miskien die Christus nie?
30Hulle het toe uit die stad gegaan en na Hom gekom.
Die oes en die arbeiders.
EN intussen het sy dissipels by Hom aangedring en gesê: Rabbi, 31eet.
Maar Hy sê vir hulle: 32Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie.
Die dissipels sê toe vir mekaar: Het iemand dan vir Hom ete gebring?
Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om 33sy werk te 34volbring.
Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom 35die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande odat hulle al wit is 36vir die oes.
En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.
Want hierin is die 37woord waar: Dit is een wat saai, en ’n ander wat maai.
Ek het 38julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. 39Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan.
En baie van die Samaritane uit daardie stad het in Hom geglo oor die woord van die vrou wat getuig het: Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.
Toe die Samaritane dan by Hom kom, het hulle by Hom aangedring om by hulle te bly; en Hy het daar twee dae gebly.
En baie meer het 40op grond van sy woord geglo
en aan die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, pwant ons het self gehoor en ons weet dat Hy waarlik die Christus, die Saligmaker van die wêreld, is.
Genesing van die seun van die koninklike beampte.
EN ná die twee dae het Hy daarvandaan weggegaan en 41na Galiléa vertrek.
Want Jesus self het getuig qdat ’n profeet in sy eie 42vaderland geen eer ontvang nie.
Toe Hy dan in Galiléa kom, het die Galiléërs Hom 43ontvang, omdat hulle alles gesien het wat Hy in Jerusalem 44op die fees gedoen het; want hulle het ook na die fees gegaan.
Jesus het dan weer gekom rte Kana in Galiléa, waar Hy die water wyn gemaak het. En daar was ’n sekere 45koninklike beampte wie se seun in Kapérnaüm siek was.
Toe hy hoor dat Jesus uit Judéa in Galiléa gekom het, gaan hy na Hom en vra Hom om af te kom en sy seun gesond te maak, want 46hy het op sterwe gelê.
Jesus sê toe vir hom: sAs julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie.
Die koninklike beampte sê vir Hom: Here, kom af voordat my kind sterwe.
Jesus antwoord hom: Gaan, jou seun 47lewe! En die man het die woord geglo wat Jesus vir hom gesê het, en hy het gegaan.
En toe hy al op pad was huis toe, kom sy diensknegte hom tegemoet en bring die berig en sê: U kind lewe!
Hy verneem toe van hulle die uur waarop hy beter geword het. En hulle sê vir hom: Gister, die 48sewende uur, het die koors hom verlaat.
Die vader merk toe dat dit daardie uur was waarop Jesus vir hom gesê het: Jou seun lewe! En hy het self geglo en sy hele huis.
Hierdie tweede teken weer het Jesus gedoen toe Hy uit Judéa in Galiléa gekom het.
| a Joh. 3:26. | 1 Naamlik Jesus.
2 En gevolglik het die Fariseërs gevrees dat hulle hul aansien by die volk meer sou verloor deur Hom, as wat gebeur het deur Johannes. Hulle het daaroor hoe langer hoe meer met nydigheid en haat teen Hom ontbrand, Joh. 11:48. |
| 3 Naamlik om aan hul strikke en geweld te ontkom, omdat sy uur nog nie gekom het nie, Joh. 7:30.
4 Waarvandaan Hy tevore na Jerusalem vertrek het, Joh. 2:12. |
| 5 Aangesien die maklikste weg om van Judéa na Galiléa te reis, deur die land van Samaría geloop het, Luk. 9:51, 52; 17:11. |
| b Gén. 33:19; 48:22. Jos. 24:32. | 6 Naamlik testamentêr. Sien Gén. 48:22. Op hierdie stuk grond is Josef se beendere ook begrawe, Jos. 24:32. |
| 7 Dit was ’n fontein in daardie stuk grond, of ’n put wat Jakob laat grawe het, net soos sy voorvaders dit gedoen het.
8 Dit is, omtrent die middag, as die son op sy warmste is. Sien Joh. 11:9 en die kanttekening. |
| 9 Dit is, sy was uit die land van Samaría, en sy het gekom uit die stadjie Sígar, wat in die land van Samaría gelê het, vers 5, anders ook Sigem genoem, Gén. 33:19. |
| c Luk. 9:52, 53. Joh. 8:48. | 10 Sien vir die oorsaak hiervan Luk. 9:53 se kanttekening. |
| 11 Dit is, My geken het, wat deur God vir die mense as Saligmaker gegee is, Rom. 8:32.
12 Dit is, lewendmakende, waarmee as beeld die gawe van die Heilige Gees verstaan word, waardeur ons wedergebore en verkwik word tot die ewige lewe. Op so ’n manier dat, hoewel ons soms wel dors na troos in tye waarin ons soms in swaar sonde val, en tye van aanvegtinge, ons nogtans weer deur hierdie genade van die Heilige Gees sodanig verkwik en versterk word, dat ons nooit meer in wanhoop verval, of verlore gaan nie. Sien Jes. 12:3. Joh. 6:35; 7:38, 39. |
| d Jer. 2:13. |
| 13 Die Samaritane het geroem dat hulle afkomstig was van Jakob deur Josef, hoewel byna almal van hulle uit die heidene was, wat uit Assirië daarheen gebring was. Sien 2 Konings 17, en Josephus, Oudhede. |
| e Joh. 6:58. |
| f Joh. 3:16; 6:27, 35, 54.
g Joh. 7:38. |
| 14 Dit is, is nie getroud met die man nie. |
| h Luk. 7:16; 24:19. Joh. 6:14. |
| i Deut. 12:5, 11. 1 Kon. 9:3. 2 Kron. 7:12. | 15 Naamlik die berg Gerísim, waar Manasse, die broer van die hoëpriester Jaddúa, nadat hy teen die wet van die Jode met die dogter van ’n Samaritaanse owerste met die naam Sanbállat (sien Nehemía 6) getrou het en daaroor verstoot was, hom tot die Samaritane gewend, en deur die toedoen van sy skoonvader ’n nuwe tempel op hierdie berg gebou en ’n skeuring veroorsaak het. Hy is daar as hoëpriester aangestel en deur dit alles het daarna groot twis tussen die Jode en die Samaritane ontstaan oor die plek waar ’n mens behoort te aanbid. Sien 2 Makkabeërs 6:2. Josephus, Oudhede.
16 Deur aanbid word hier die hele openbare en uiterlike godsdiens verstaan. |
| 17 Dit is, nie gebonde sal wees aan hierdie plekke bo ander om te aanbid nie, 1 Tim. 2:8. |
| k 2 Kon. 17:29.
l Gén. 12:3; 18:18; 22:18; 26:4. Hebr. 7:14. |
18 Dit is, julle is nie verseker dat God op daardie plek gedien wil word nie, aangesien julle geen gebod daarvoor het nie, soos ons Jode wel vir die beoefening van die godsdiens in die tempel in Jerusalem het; ook nie dat God op so ’n wyse gedien wil word soos julle Hom dien nie.
19 Dit is, die Saligmaker en die saligmakende leer, Jes. 2:3. Rom. 9:5. |
| 20 Dit is, nie gebonde aan ’n sekere plek of uitwendige seremonies soos in die Ou Testament nie. |
| m 2 Kor. 3:17. | 21 Dit is, ’n geestelike, onsienlike wese, daarom wil Hy gedien word met ’n diens wat met sy natuur ooreenkom, dit is, wat inwendig en geestelik is, en voortkom uit ’n opregte en gelowige hart, Rom. 12:1, 2. |
| 22 Sien oor hierdie woord Joh. 1:42 se kanttekening.
23 Dit is, spoedig sal kom. 24 Naamlik wat vir die godsdiens en tot die saligheid nodig is. |
| n Joh. 9:37. | 25 Naamlik die Messías, van wie jy sê dat Hy sal kom. |
| 26 Naamlik Sígar, vers 5.
27 Naamlik van die stad. |
| 28 Naamlik ook geheime en verborge sake.
29 Of: Is Hy nie die Christus nie? |
| 30 Naamlik die inwoners van Sígar. |
| 31 Naamlik van hierdie voedsel, wat ons vir middagete gekoop het. |
| 32 Dit word in vers 34 verklaar. |
| 33 Naamlik wat My deur die Vader opgelê is, om die evangelie te verkondig as die mense na My toe kom, soos die Samaritane direk daarna sou doen.
34 Of: voleindig. |
| o Matt. 9:37. Luk. 10:2. | 35 Naamlik die natuurlike oes, wat in Judéa vanaf pasga begin het. Sien Lev. 23:10, 15. Deut. 16:9.
36 Dit moet verstaan word as ’n geestelike oes, wat hier die Samaritane was. Hulle het met menigte oor die velde gekom om Christus te hoor, en was as ’t ware ryp om geestelik geoes te word, dit is, tot die gemeente gevoeg te word. |
| 37 Of: rede, spreuk. |
| 38 Naamlik apostels.
39 Naamlik die voorgaande profete en Johannes die Doper, wat Christus in die vorige verse met saaiers vergelyk het, soos die apostels met maaiers. |
| 40 Dit is, omdat hulle Hom nou self gehoor en die krag van sy woord gevoel het. |
| p Joh. 17:8. |
| 41 Naamlik nie na Násaret nie, maar na Kana, soos blyk uit vers 46. |
| q Matt. 13:57. Mark. 6:4. Luk. 4:24. | 42 Hier word die rede gegee waarom Hy na Kana en ander stede in Galiléa gegaan het en nie na Násaret nie. Sien Matt. 13:54, 57. |
| 43 Dit is, het sy leer aangeneem.
44 Naamlik die pasga. |
| r Joh. 2:1, 11. | 45 In die Grieks staan slegs die woord koninklike. Dit verwys na ’n koninklike offisier of bestuurder in diens van, of uit die hof van koning Herodes. Sommige meen dat hierdie koninklike beampte Gusa was. Hy was die rentmeester van Herodes, wie se vrou Johanna saam met ander vroue die Here Christus gedien het met hulle besittings, Luk. 8:3, wat vers 53 ook skynbaar bevestig. |
| 46 Gr. hy sou sterwe. |
| s 1 Kor. 1:22. |
| 47 Dit is, het weer gesond geword en is vir nou van sy sterwe verlos. |
| 48 Dit is, omtrent ’n uur ná die middag. |