Statevertaling – Bybelstigting
Genesing van die siek man in Betésda.
HIERNA was daar 1’n afees van die Jode, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.
En daar is in Jerusalem by die 2Skaapspoort 3’n bad met vyf 4pilaargange wat in Hebreeus 5Betésda genoem word.
Daarin het ’n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en 6lammes, wat op die roering van die water gewag het.
Want ’n engel het op 7bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.
En ’n sekere man was daar, wat agt-en-dertig jaar 8aan sy siekte gely het.
Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al ’n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?
Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te 9sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan ’n ander een voor my in.
Jesus sê vir hom: bStaan op, 10neem jou bed op en loop.
En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop. cEn daardie dag was dit sabbat.
Die Jode sê toe vir hom wat genees was: dDit is sabbat; dit is jou nie geoorloof om jou bed te dra nie.
Hy antwoord hulle: Hy wat my gesond gemaak het, Hy het vir my gesê: Neem jou bed op en loop.
Toe vra hulle hom: Wie is die man wat vir jou gesê het: Neem jou bed op en loop?
Maar hy wat gesond geword het, het nie geweet wie dit was nie; want Jesus het 11Hom verwyder, 12omdat daar ’n skare op die plek was.
Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; emoenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.
Die man het gegaan en aan die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het.
Jesus verklaar dat Hy die Seun van God is, een met die Vader.
EN hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy dit op die sabbat gedoen het.
En Jesus het hulle geantwoord: f13My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.
gHieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat 14gebreek het nie, maar ook God sy 15eie Vader genoem het en Hom met God gelykgestel het.
Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, hdie Seun kan niks 16uit Homself doen tensy Hy die Vader 17dit sien doen nie. iWant alles wat 18Hý doen, 19dit doen die Seun ook net so.
Want die Vader het die Seun lief en 20ktoon Hom alles wat Hy self doen. En 21groter werke as 22hierdie sal Hy Hom toon, 23sodat julle verwonderd kan wees.
Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.
Want die Vader 24oordeel ook niemand nie, lmaar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. mWie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
nVoorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, 25het die ewige lewe en okom nie in 26die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, 27daar kom ’n uur, en dit is nou, pwanneer 28die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit 29gehoor het, sal 30lewe.
Want soos die Vader 31lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook 32gegee om lewe in Homself te hê.
En Hy het Hom mag gegee om ook 33te oordeel, 34omdat Hy die Seun van die mens is.
35Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar 36kom ’n uur qwanneer almal wat in die grafte is, 37sy stem sal hoor
ren sal uitgaan, 38die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding 39van die veroordeling.
Ek kan 40uit Myself niks doen nie. Soos Ek 41hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, somdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.
tAs 42Ek van Myself getuig, is my getuienis 43nie waar nie.
Daar vis 44’n ander Een wat van My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy van My getuig, waar is.
xJulle het na Johannes gestuur, en hy het vir 45die waarheid getuig.
Maar Ek neem die getuienis 46van ’n mens nie aan nie; maar Ek sê dit, dat julle 47gered kan word.
Hy was die lamp wat brand en 48skyn, en julle was gewillig om julle vir ’n 49tyd 50in sy lig te verbly.
yMaar Ek het ’n groter getuienis as dié van Johannes, zwant 51die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.
aEn die Vader wat My gestuur het, Hy het van My 52getuig. 53Julle het nog nooit sy stem gehoor bof sy gedaante gesien nie.
En julle het sy woord nie as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie.
54cJulle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin 55die ewige lewe het; en ddit is dié wat van My getuig.
En julle wil 56nie na My kom om die lewe te hê nie.
57Eer neem Ek van die mense nie aan nie.
Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.
Ek het gekom 58in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As 59’n ander een 60in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem.
eHoe kan julle glo wat van mekaar eer 61aanneem, en die eer wat 62van die enige God kom, soek julle nie?
Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal 63beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig — 64Moses 65op wie julle gehoop het.
Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, fwant hy het van My geskrywe.
En as julle 66sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my 67woorde glo?
| a Lev. 23:2. Deut. 16:1. | 1 Dit wil voorkom of dit die pasga was, soos afgelei word uit Joh. 4:35, aangesien daar tussen daardie tyd en die pasga geen ander fees was nie, en die oes van die pasga af begin het, Lev. 23:10. Dit sou dus die tweede pasga wees ná die doop van Christus. |
| 2 Of: Skaapmark; in die Grieks staan slegs skaap. Hierdie plek word so genoem, omdat die skape wat vir die offers gebruik was, óf hier verkoop, óf deur hierdie poort ingebring was omdat dit naby die tempel was. Sien Neh. 3:1 se kanttekening, 3:32; 12:39.
3 Of: dam. Baie meen dat dit die dam was waarvan ’n mens lees in 2 Kon. 20:20, waarin die offerdiere skynbaar gewas is, voordat hulle in die tempel ingebring is. 4 Dit is, sale, waarin die siekes was. 5 Dit is, ’n huis van uitstorting, naamlik van water, omdat die water deur sekere watervore in die dam gelei was. Of, soos die Aramese vertaling lui, Betgesda, dit is, ’n huis van weldadigheid, omdat die siekes hier versorg en sommige deur hierdie besondere wonder genees was, waarvan gespreek word in verse 3, 4. |
| 6 Gr. verdordes, dit is, aan sommige ledemate verlam. |
| 7 Wat nogtans aan die mense onbekend was. |
| 8 Gr. in siekte gehad het, dit is, deurgebring het. |
| 9 Gr. werp. |
| b Matt. 9:6. Mark. 2:11. Luk. 5:24. | 10 Naamlik as bewys van God se genade teenoor jou, en van jou volkome genesing wat wonderbaarlik deur My geskied het. Andersins was dit nie geoorloof om, buiten ’n noodgeval, ’n las te dra op die sabbat nie, Jer. 17:22, 24, 27. Sien Mark. 2:4 se kanttekening oor die Griekse woord krabbaton. |
| c Joh. 9:14. |
| d Ex. 20:10. Deut. 5:13. Jer. 17:21. Matt. 12:2. Mark. 2:24. Luk. 6:2. |
| 11 Of: weggeswem.
12 Of: uit die skare, wat op die plek was. |
| e Matt. 12:45. Joh. 8:11. |
| f Joh. 14:10. | 13 Christus verantwoord Hom met die voorbeeld van God, sy Vader, aangesien die Jode Hom óf teëgewerp het, óf kon teëwerp, dat God self op die sabbat van sy werke gerus het, Gén. 2:2. Ex. 20:11. Want hoewel God gerus het van die werke van die skepping, werk Hy ewenwel nog steeds, ook op sabbatdae, in die onderhouding en regering van alle skepsele. |
| g Joh. 7:19. | 14 Gr. ontbind, naamlik volgens hul mening.
15 Dit is, sy natuurlike Vader, van dieselfde wese en dieselfde mag, soos die Jode uit Christus se woorde tereg afgelei het. Net so word Christus ook die eie Seun van God genoem in Rom. 8:32. |
| h vers 30. Joh. 8:38; 9:4.
i Jes. 54:5. Joh. 10:30; 14:9; 17:5. |
16 Naamlik sonder die mag en wil van die Vader, wat Hy met die Vader gemeen het, Joh. 10:30, sodat, soos die Vader alles werk deur die Seun, so werk ook die Seun nie anders as uit die Vader deur dieselfde krag nie.
17 Gr. iets. 18 Naamlik die Vader. 19 Dit is, dieselfde werk, en deur dieselfde goddelike krag, Joh. 1:3. Kol. 1:16. Hebr. 1:3. |
| k Joh. 1:2; 3:35; 7:16; 8:28; 14:24. | 20 Dit is, maak die Seun al sy werke gemeen, sodat die Vader alles deur die Seun werk as deur ’n medewerker met die Vader, soos uit dit wat volg blyk.
21 Naamlik wat hierna beskryf word in verse 21, 22. 22 Naamlik hierdie en dergelike genesinge. 23 Of: sodat julle jul sal verwonder. Net so kan vir die woord kan in verse 23, 34 die woord sal gebruik word. |
| l Matt. 11:27. Joh. 3:35. | 24 Naamlik alleen, sonder die Seun; maar Hy oordeel en regeer alles deur die Seun, Joh. 3:35; 17:2. |
| m 1 Joh. 2:23. |
| n Joh. 3:18; 6:40, 47; 8:51.
o Luk. 23:43. |
25 Dit is, het daarvan die beginsel en die vaste sekerheid, Rom. 8:24. Ef. 2:6. 1 Joh. 3:2.
26 Dit is, veroordeling. |
| p Ef. 2:1, 5. 1 Tim. 5:6. | 27 Dit is, die tyd, naamlik wanneer die mense in groter getalle en met meer krag deur die verkondiging van die evangelie uit die dood van die sondes tot ’n geestelike lewe opgewek sal word.
28 Dit is, wat geestelik dood is deur die misdade en die sondes, Ef. 2:1, 5. 29 Naamlik sodanig dat hulle dit ook deur die geloof aangeneem het, Joh. 1:12. 30 Dit is, ’n nuwe geestelike lewe ontvang, wat die eerste opstanding genoem word, Openb. 20:6. Sien oor hierdie geestelike lewe Rom. 6:4. Gal. 2:20. |
| 31 Dit is, die goddelike wese, wat in Homself die lewe is, en die oorsaak en die fontein van die lewe in almal. Sien Ps. 36:10.
32 Naamlik dieselfde goddelike wese deur die ewige geboorte uit die Vader, Ps. 2:7. Miga 5:1. |
| 33 Gr. oordeel te doen, dit is, om alles te regeer met mag oor lewe en dood, en vernaamlik op die laaste dag, Matt. 28:18. Rom. 14:9. Openb. 1:18.
34 Dit is, omdat Hy (in eenheid van sy persoon die menslike natuur aangeneem het), deur God tot Middelaar en Regter gestel is, en daardie amp ook as mens sal uitvoer, Dan. 7:13. Joh. 17:2. Hand. 10:42; 17:31. |
| q 1 Thess. 4:16. | 35 Naamlik asof Ek aan My al te groot dinge sou toeskryf nie, want Ek sal nog groter dinge doen, naamlik alle dooies opwek, soos volg.
36 Dit is, sal kom. 37 Sien oor hierdie stem 1 Kor. 15:52, 1 Thess. 4:16 en die kanttekeninge. |
| r Dan. 12:2. Matt. 25:34, 46. | 38 Sien hieroor Matt. 25:46.
39 Gr. van die oordeel. |
| s Joh. 6:38. | 40 Dit is, sonder die mag en die wil van die Vader, wat Ek met Hom gemeen het, soos dit ook die hele goddelike wese betref.
41 Naamlik van die Vader, dit is, soos die Vader My voorgaan en beveel. |
| t Joh. 8:14. | 42 Naamlik Ek alleen.
43 Dit is, julle sou daaraan kon twyfel. Want andersins is die getuienis van Christus op sigself altyd waaragtig en aanneemlik. Sien Joh. 8:14. |
| v Jes. 42:1. Matt. 3:17; 17:5. | 44 Naamlik my Vader. Sien vers 37. |
| x Joh. 1:15, 19, 27. | 45 Naamlik aangaande My. |
| 46 Naamlik asof Ek dit self sou nodig hê.
47 Of: behou. Naamlik indien julle die getuienis van Johannes glo. |
| 48 Naamlik met leer en lewe.
49 Gr. uur, dit is, ’n kort tydjie. 50 Dit is, sy leer met vreugde aan te neem. |
| y 1 Joh. 5:9.
z Joh. 10:25. |
51 Dit is, wonderwerke, soos in Joh. 10:37. |
| a Matt. 3:17; 17:5. Mark. 1:11; 9:7. Luk. 3:22; 9:35. Joh. 1:33; 6:27; 8:18. 2 Petr. 1:17.
b Ex. 33:20. Deut. 4:12. 1 Tim. 6:16. 1 Joh. 4:12. |
52 Naamlik toe Ek deur Johannes gedoop is. Sien Matt. 3:17.
53 Dit is, al roem julle baie daaroor dat jul vaders die stem van God gehoor en Hom in sommige openbaringe gesien het, nogtans toon julle met die daad dat julle Hom nie gehoor of gesien het nie, dit is, dat julle geen ware kennis van Hom en sy Woord het nie, aangesien julle nie in My, sy Seun, glo nie. |
| c Jes. 34:16. Luk. 16:29. Hand. 17:11.
d Deut. 18:18. Luk. 24:27. Joh. 1:46. |
54 Of: Ondersoek die Skrifte.
55 Dit is, dat die weg om die ewige lewe te verkry hierin geleer en aangewys word, wat dus ’n goeie mening van julle is. |
| 56 Dit is, nie in My glo nie. |
| 57 Gr. Heerlikheid, dit is, Ek sê dit nie uit eergierigheid nie, maar tot die eer van my Vader en tot julle saligheid. |
| 58 Dit is, deur die Vader aangestel en gestuur.
59 Naamlik valse leraar, of valse christus. Sien Matt. 24:5, 24. Hand. 5:36. 60 Dit is, hom uit eie beweging opdring, sonder dat hy deur God gestuur is. |
| e Joh. 12:43. | 61 Dit is, soek.
62 Of: van God alleen is, naamlik wat daarin bestaan dat julle deur die ware geloof sy kinders en erfgename word, Joh. 1:12. |
| 63 Dit is, dat Ek nodig het om julle te beskuldig. Of: aankla.
64 Of: die een wat julle beskuldig, is Moses, dit is, die Skrifte van Moses, Luk. 16:29. 65 Dit is, in wie se Skrifte julle vertrou om die ewige lewe te vind. Sien vers 39. |
| f Gén. 3:15; 22:18; 26:4; 28:14. Deut. 18:18. |
| 66 Naamlik wat julle so hoogag.
67 Naamlik wat julle so minag. |