Statevertaling – Bybelstigting
Die vermeerdering van die brode.
(Matt. 14:15-21 en ooreenk. pl.)
DAARNA het Jesus na die 1oorkant van die see van Galiléa, dit is, 2van Tibérias, gegaan;
en ’n groot menigte het Hom 3gevolg, omdat hulle sy tekens gesien het wat Hy aan die siekes doen.
En Jesus het op 4die berg geklim en daar met sy dissipels gaan sit.
En 5die pasga, adie fees van die Jode, was naby.
bToe Jesus dan sy oë opslaan en sien dat ’n groot menigte na Hom kom, sê Hy vir Filippus: 6Waarvandaan sal ons brood koop, sodat hierdie mense kan eet?
Maar Hy het dit gesê om hom op die proef te stel, want Hy het 7self geweet wat Hy wou doen.
Filippus antwoord Hom: Brood vir tweehonderd 8pennings sal nie genoeg wees vir hulle, sodat elkeen van hulle ’n stukkie kan kry nie.
Een van sy dissipels, Andréas, Simon Petrus se broer, sê vir Hom:
Hier is ’n seuntjie wat vyf garsbrode en twee 9vissies het, cmaar wat is dit vir so baie mense?
En Jesus sê: Laat die mense 10gaan sit. En daar was baie 11gras op dié plek. Die manne het toe gaan sit, omtrent 12vyfduisend in getal.
En Jesus het die brode geneem, den nadat Hy 13gedank het, deel Hy dit uit aan die dissipels en die dissipels aan die wat daar sit; so ook van die vissies, soveel as 14hulle wou hê.
En nadat hulle 15versadig was, sê Hy vir sy dissipels: Maak die brokstukke bymekaar wat oorgeskiet het, sodat niks verlore gaan nie.
Hulle maak toe bymekaar en het twaalf mandjies gevul met brokstukke van die vyf garsbrode wat oorgeskiet het by die wat geëet het.
Toe die mense dan die teken sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: eHy is waarlik 16die profeet wat in die wêreld 17sou kom.
En toe Jesus 18merk dat hulle wou kom en Hom met geweld neem om Hom 19koning te maak, het Hy weer 20weggegaan na die berg, Hy alleen.
Jesus loop op die see.
(Matt. 14:22-34 en ooreenk. pl.)
fEN toe dit aand geword het, het sy dissipels afgegaan na die see toe.
En nadat hulle in die skuit geklim het, het hulle 21oor die see gevaar na Kapérnaüm; en dit was al 22donker, en Jesus het nog nie by hulle gekom nie.
En die see was onstuimig, omdat ’n sterk wind gewaai het.
En toe hulle omtrent 23drie of vier myl 24geroei het, sien hulle Jesus op die see 25loop en naby die skuit kom; en hulle het bang geword.
Maar Hy sê vir hulle: Dit is Ek, moenie vrees nie.
26Toe was hulle gewillig om Hom in die skuit te neem, en dadelik het die skuit by die land aangekom waar hulle na toe gegaan het.
Jesus die brood van die lewe vir die gelowiges.
DIE volgende dag sien die skare wat 27oorkant die see gestaan het, dat daar geen ander skuit was nie, behalwe daardie een waarin sy dissipels gegaan het; en dat Jesus nie saam met sy dissipels in die skuit gegaan het nie, maar dat sy dissipels alleen weggevaar het.
Maar ander skuite het van Tibérias aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het, nadat die Here 28gedank het.
Toe die skare dan sien dat Jesus nie daar was nie en sy dissipels ook nie, het hulle self ook in die skuite geklim en na Kapérnaüm gegaan om Jesus te soek.
En toe hulle Hom 29oorkant die see gevind het, sê hulle vir Hom: Rabbi, wanneer het U hier gekom?
Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My 30nie omdat julle tekens gesien het nie, maar 31omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.
gMoenie 32werk om die spys wat vergaan nie, maar om 33die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; hwant Hom het God, die Vader, 34verseël.
Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om 35die werke van God te 36volbring?
Jesus antwoord en sê vir hulle: iDít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.
En hulle sê vir Hom: 37Watter kteken doen U dan, sodat ons kan sien en U glo? Wat werk U?
lOns vaders het die 38manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: mHy het brood 39uit die hemel aan hulle gegee om te eet.
En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die 40ware brood uit die hemel.
Want 41die brood van God is 42Hy wat uit die hemel 43neerdaal en aan 44die wêreld die lewe gee.
Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons 45altyd hierdie brood.
En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood 46van die lewe; n47wie na My toe kom, 48sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
Maar Ek het vir julle gesê dat julle My gesien het, en tog glo julle nie.
49Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit 50uitwerp nie.
Want Ek het 51uit die hemel neergedaal, onie om 52my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.
En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, pdat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan 53nie sal verloor nie, maar dit 54opwek in die laaste dag.
En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, qdat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Toe murmureer die Jode 55oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.
En hulle sê: rIs Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? 56Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal?
En Jesus antwoord en sê vir hulle: Moenie onder mekaar murmureer nie.
sNiemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie 57trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Dit is geskrywe 58in die profete: tEn hulle sal almal 59deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en 60geleer het, kom na My toe.
vNie dat iemand die Vader gesien het nie, 61behalwe Hy wat van 62God kom: 63Hy het die Vader gesien.
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, xwie in My glo, het die ewige lewe.
Ek is die brood van die lewe.
yJulle vaders het die manna in die woestyn geëet 64en het gesterwe.
Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.
Ek is die 65lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. zAs iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. aEn die brood wat Ek sal gee, is 66my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.
Die Jode het toe met mekaar 67gestry en gesê: bHoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?
En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, 68as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.
69cHy wat my vlees eet en my bloed drink, 70het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Want my vlees is 71waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.
Wie my vlees eet en my bloed drink, 72bly in My en Ek in hom.
Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek 73deur die Vader lewe, so sal hy wat 74My eet, ook deur My lewe.
Dít is die dbrood wat uit die hemel neergedaal het — nie soos julle vaders die manna geëet en 75gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.
Hierdie dinge het Hy gesê in die sinagoge toe Hy in Kapérnaüm onderrig gegee het.
Baie van Jesus se dissipels verlaat Hom. Belydenis van Petrus.
EN baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: 76Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?
En Jesus het 77in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot ’n aanstoot?
78Hoe dan eas julle die Seun van die mens daarheen sien 79opvaar 80waar Hy tevore was?
81fDit is die Gees wat lewend maak, 82die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, 83is gees en is lewe.
Maar daar is sommige van julle 84wat nie glo nie. gWant Jesus het 85van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, hen wie hy was wat Hom sou verraai.
En Hy sê: iOm hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie 86deur my Vader gegee is nie.
Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.
Toe sê Jesus vir die twaalf: 87Wil julle nie ook weggaan nie?
En Simon Petrus antwoord Hom: Here, 88na wie toe sal ons gaan? U het die woorde 89van die ewige klewe.
En ons het geglo en erken ldat 90U die Christus is, die Seun van die lewende God.
Jesus antwoord hulle: mHet Ek nie julle twaalf 91uitverkies nie? En een van julle is 92’n duiwel!
En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een 93van die twaalf was.
| 1 Dit is, oor ’n inham van die meer; want sommige meen dat Betsáida aan dieselfde kant van die meer gelê het as Tibérias. Sien Matt. 14:13 en die kanttekening. Luk. 9:10.
2 Sien meer oor hierdie see in Matt. 4:18 en Luk. 5:1 se kanttekeninge. |
| 3 Naamlik te voet op land. Sien Matt. 14:13. |
| 4 Naamlik wat by Betsáida gelê het. |
| a Ex. 12:18. Lev. 23:5, 7. Núm. 28:16. Deut. 16:1. | 5 Dit was die derde pasga ná die doop van Christus. Sien oor die eerste pasga Joh. 2:13, en oor die tweede Joh. 5:1. |
| b Matt. 14:14. Mark. 6:34. Luk. 9:13. | 6 Of: Waarvan. |
| 7 Dit is, het reeds by Homself besluit. |
| 8 Gr. denarii. Sien Matt. 18:28 se kanttekening. |
| c 2 Kon. 4:43. | 9 Gr. eintlik: gebraaide vissies. |
| 10 Gr. neerval, volgens die gebruik van destyds, om te eet terwyl hulle op die elmboog leun.
11 Naamlik groen gras, Mark. 6:39. 12 Naamlik sonder die vroue en kinders, Matt. 14:21. |
| d 1 Sam. 9:13. | 13 Dit is, dit met danksegging geseën het. Sien Luk. 9:16.
14 Naamlik die skare, soos uit die volgende blyk. |
| 15 Gr. vervul. |
| e Luk. 7:16; 24:19. Joh. 4:19. | 16 Naamlik van wie Moses geprofeteer het, Deut. 18:15, 18.
17 Gr. kom. |
| 18 Of: omdat Hy dit weet.
19 Naamlik ’n aardse koning, soos hulle verkeerdelik gemeen het die Messías moes wees. 20 Naamlik om te toon dat sy koninkryk nie van hierdie wêreld was nie, Joh. 18:36. |
| f Matt. 14:23. Mark. 6:47. |
| 21 Naamlik verby Betsáida, soos Christus hulle beveel het, Mark. 6:45.
22 Gr. duisternis. |
| 23 Gr. vyf-en-twintig of dertig stadia. Sien Luk. 24:13 se kanttekening.
24 Of: gevaar. 25 Naamlik deurdat sy liggaam deur sy goddelike krag ondersteun is. |
| 26 Naamlik nadat hulle Hom herken het. Sien Matt. 14:32. Mark. 6:51. |
| 27 Dit is, aan die ander kant van die inham van die meer, tussen Betsáida en Kapérnaüm. Sien vers 24. |
| 28 Dit is, geseën het. Sien vers 11. |
| 29 Sien verse 22, 59. |
| 30 Dit is, nie omdat julle deur die tekens, wat julle van My gesien het, in My glo nie.
31 Dit is, omdat julle hoop dat Ek julle nog meer op so ’n wyse sal versadig. |
| g verse 40, 54. Joh. 3:16; 4:14.
h Matt. 3:17; 17:5. Mark. 1:11; 9:7. Luk. 3:22; 9:35. Joh. 1:33; 5:37; 8:18. 2 Petr. 1:17. |
32 Dit is, julle beywer om te verkry, Filip. 2:12.
33 In verse 51, 55 word verklaar wat hierdie spys is. 34 Dit is, geordineer, en op menigerlei wyse geopenbaar en bevestig, dat Hy die ware Messías is, en deur Hom gestuur was, soos die prinse met verseëlde geloofsbriewe die outoriteit van diegene wat hul gestuur het, bevestig, Ef. 4:30. |
| 35 Dit is, wat God van ons eis om salig te word, so ook in die volgende vers. Sien dergelike spreekwyse in Ps. 51:19.
36 Gr. werk. |
| i 1 Joh. 3:23. |
| k Matt. 12:38; 16:1. Mark. 8:11. Luk. 11:29. 1 Kor. 1:22. | 37 Naamlik iets wat besonders of groots is, waaruit ons sekerlik kan verstaan dat U die Messías is. |
| l Ex. 16:4, 14. Núm. 11:7.
m Ps. 78:24. 1 Kor. 10:3. |
38 Sien oor hierdie manna Ex. 16:15, 32. Núm. 11:7, 8.
39 Dit is, wat uit die lug neergeval het. |
| 40 Dit is, die ware geestelike en hemelse brood, waarvan die manna slegs ’n beeld of skaduwee was; soos waarheid dikwels teenoor beelde gestel word, Joh. 1:17. Hebr. 8:2. |
| 41 Dit is, wat God aan die mense gee om ewig te lewe.
42 Naamlik die Seun van God. 43 Dit is, neergedaal het, bedoelende, wat deur die Vader na die wêreld gestuur is tot ’n Middelaar, en vir daardie doel die menslike natuur op aarde aangeneem het, Filip. 2:6, 7. 1 Tim. 3:16. 44 Dit is, die uitverkorenes en gelowiges oor die hele wêreld, sowel heidene as Jode, Joh. 11:52. |
| 45 Dit is, elke dag, soos Moses vroeër die manna gegee het. Hulle bedoel hier die tydelike brood. |
| n Jes. 55:1. Joh. 4:14; 7:37. | 46 Dit is, wat die geestelike en ewige lewe gee.
47 Dit is, wie in My glo, soos Christus self in die tweede deel van hierdie vers verklaar. 48 Dit is, sal met alle geestelike goed versadig word; hier met vasstaande troos, en hierna met ewige vreugde. |
| 49 Dit is, almal wat die Vader van ewigheid af uitverkies het en aan My as Middelaar gegee het, om hulle salig te maak, Joh. 10:28; 17:6.
50 Gr. uitwerp buitentoe, dit is, nie verstoot nie, maar ewig behou, Joh. 17:12. |
| o Matt. 26:39. Mark. 14:36. Luk. 22:42. Joh. 5:30. | 51 Sien hieroor vers 33 se verklaring.
52 Dit is, wat My alleen sou behaag, en nie die Vader nie. |
| p Joh. 10:28; 17:12; 18:9. | 53 Dit is, nie verlore laat gaan nie.
54 Naamlik tot die ewige saligheid. Want die ander sal ook opgewek word, maar tot veroordeling, Joh. 5:29. 2 Kor. 5:10. |
| q verse 27, 54. Joh. 3:16; 4:14. |
| 55 Of: daaroor. |
| r Matt. 13:55. Mark. 6:3. | 56 Dit is, hoe kan dit dan waar wees wat Hy sê? |
| s vers 65. Hoogl. 1:4. | 57 Dit is, as Hy diegene wat van nature onbekwaam en onwillig is, nie deur die kragtige werking van sy Heilige Gees daartoe bekwaam en gewillig maak nie, Hand. 16:14. Filip. 2:13. |
| t Jes. 54:13. Jer. 31:33. Hebr. 8:10; 10:16. | 58 Dit is, in daardie deel van die Skrif wat die boeke van die profete vervat.
59 Gr. geleerdes van God, of: godgeleerdes, soos in 1 Thess. 4:9. Dit is, almal wat na My toe kom volgens vers 44, of, soos Jesaja spreek in Jes. 54:13, al die kinders van die geestelike Jerusalem, sal deur God geleer word, wat deur sy Heilige Gees die prediking van die goddelike Woord in hulle kragtig maak. 60 Dit is, sodanig gehoor het, dat ook sy hart deur die Vader verlig en geopen is, om hierdie dinge reg te verstaan en aan te neem, Hand. 16:14. |
| v Matt. 11:27. Luk. 10:22. Joh. 1:18; 7:29; 8:19. | 61 Gr. alleen tensy.
62 Naamlik die Vader. 63 Naamlik die Seun, wat in die boesem van die Vader is, Joh. 1:18. |
| x Joh. 3:16, 36. |
| y Ex. 16:4. Núm. 11:7. Ps. 78:24. | 64 Dit is, hoewel hulle die manna geëet het, het hulle nogtans gesterwe, nie net die tydelike dood nie, maar sommige ook, vanweë hul ongeloof, die ewige dood. Sien 1 Kor. 10:5. Hebr. 3:16, 19. |
| z Joh. 11:26.
a Hebr. 10:5, 10. |
65 Dit is, lewendmakende. Sien vers 35.
66 Dit is, my menslike natuur, wat Ek aan die kruis sal oorgee tot ’n soenoffer vir die sondes van die uitverkorenes van die hele wêreld, sodat hulle daardeur die vergewing van sondes en die ewige lewe verkry. |
| b Joh. 3:9. | 67 Dit is, getwis. |
| 68 Dit is, as julle nie in My glo nie, wat my liggaam aan die kruis in die dood sal oorlewer en my bloed sal stort tot vergewing van sondes. Sien vers 35. Want Christus spreek hier nie van die uiterlike eet wat in die nagmaal plaasvind nie (aangesien dit toe nog nie ingestel was nie), maar van die geestelike eet, dit is, Christus met ’n ware geloof aanneem, en daardeur met Hom verenig word, wat deur die uiterlike eet in die nagmaal beteken word. |
| c verse 27, 40. Joh. 3:16; 4:14. | 69 Dit is, hy wat in My glo, soos verklaar word in vers 47.
70 Sien Joh. 5:24. |
| 71 Sien vers 32. |
| 72 Dit is, word en bly geestelik met My verenig, en Ek met hom, Ef. 3:17. |
| 73 Sien Joh. 5:26.
74 Dit is, in My glo, vers 35. |
| d Joh. 3:13. | 75 Sien vers 49. |
| 76 Dit sê hulle, omdat hulle Christus se woorde nie geestelik nie, maar vleeslik verstaan het. Want indien dit vleeslik verstaan word, sou dit inderdaad ’n harde woord wees, soos Nikodémus die woorde van Christus oor die wedergeboorte ook só verstaan het, Joh. 3:4. |
| 77 Naamlik as die Kenner van harte en gedagtes. |
| e Mark. 16:19. Luk. 24:50. Joh. 3:13. Hand. 1:9. Ef. 4:8. | 78 Dit is, hoe sou julle dan my woorde verstaan en glo?
79 Naamlik soos daarna gebeur het. 80 Naamlik in die hemel, na sy goddelike natuur, voordat Hy mens geword het. |
| f 2 Kor. 3:6. | 81 Dit is, wat Ek met die voorgaande woorde te kenne wil gee, moet geestelik verstaan word, van ’n geestelike eet; wat deur die krag van my Gees teweeggebring word, en dít bring die lewe voort.
82 Naamlik indien die voorgaande woorde op ’n vleeslike manier verstaan word, van ’n vleeslike eet. 83 Dit is, moet geestelik verstaan word, en so is dit woorde van die lewe. |
| g Joh. 2:25.
h Joh. 13:11. |
84 En daarom neem julle aanstoot aan my woorde.
85 Dit is, vandat Hy begin het om vir hulle te preek. |
| i vers 44. | 86 Gr. uit, dit is, deur of van. |
| 87 Dit vra Hy nie omdat Hy onwetend was nie, maar sodat Hy ’n opregte belydenis daaroor by hulle sou ontlok. |
| k Hand. 5:20. | 88 Naamlik anders as na U toe.
89 Dit is, wat ons die regte weg tot die ewige lewe aanwys. |
| l Matt. 16:16. Mark. 8:29. Luk. 9:20. Joh. 11:27. | 90 Sien Matt. 16:16 oor hierdie belydenis. |
| m Luk. 6:13. | 91 Naamlik tot die apostelskap.
92 Dit is, ’n kind van die duiwel, wat gelyk is aan die duiwel self, Joh. 8:44. |
| 93 Gr. uit. |