Statevertaling – Bybelstigting
Ongeloof van Jesus se broers.
EN daarna het Jesus in Galiléa 1rondgegaan, want Hy wou nie in Judéa rondgaan nie, omdat 2die Jode probeer het om Hom dood te maak.
En 3die fees van die Jode, die ahuttefees, was naby.
Sy 4broers het toe vir Hom gesê: Vertrek hiervandaan en gaan na Judéa, sodat 5u dissipels ook u werke kan sien wat U doen.
Want niemand doen 6iets in die geheim en soek tegelykertyd om 7in iedereen se mond te wees nie. As U hierdie dinge 8doen, vertoon Uself 9aan die wêreld.
Want ook 10sy bbroers het nie in Hom geglo nie.
Toe sê Jesus vir hulle: 11My tyd is nog nie daar nie. Maar julle tyd is 12altyd daar.
13cDie wêreld 14kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke dboos is.
Gaan julle op na hierdie fees. Ek gaan nog nie op na hierdie fees nie, eomdat 15my tyd nog nie 16daar is nie.
En nadat Hy dit aan hulle gesê het, 17het Hy in Galiléa gebly.
Jesus leer in die tempel op die huttefees. Die Jode is oor Hom verdeeld. Hulle probeer om Hom gevange te neem.
MAAR nadat sy broers opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie 18openlik nie, maar 19in die geheim.
20En die Jode het Hom op die fees gesoek en gesê: fWaar is Hy?
gEn daar is 21baie oor Hom gemompel onder die skare. Sommige het gesê: hHy is goed. Ander weer het gesê: Nee, maar Hy mislei die skare.
Tog het niemand 22openlik oor Hom gepraat nie, iuit vrees 23vir die Jode.
En toe dit al 24in die middel van die fees was, het Jesus opgegaan na die tempel en geleer.
En die Jode het hulle verwonder en gesê: 25Hoe kom Hy aan die geleerdheid terwyl Hy 26geen onderwys ontvang het nie?
Jesus antwoord hulle en sê: kMy leer is nie 27myne nie, maar van Hom wat My gestuur het.
As iemand 28gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.
29Hy wat uit homself spreek, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is waaragtig en daar is geen 30ongeregtigheid in Hom nie.
lHet Moses julle nie die wet gegee nie? En niemand van julle hou die wet nie. 31mWaarom wil julle My om die lewe bring?
32Die skare antwoord en sê: 33nU is van die duiwel besete; 34wie wil U om die lewe bring?
Jesus 35antwoord en sê vir hulle: 36Een werk het Ek gedoen, en julle 37verwonder julle almal.
38Daarom het Moses julle 39odie besnydenis gegee — nie dat dit 40van Moses is nie, maar 41pvan die vaders — en 42op die sabbat besny julle ’n mens.
As ’n mens die besnydenis op die sabbat ontvang, sodat 43die wet van Moses nie 44verbreek mag word nie, is julle kwaad vir My, omdat Ek 45’n mens op die sabbat heeltemal gesond gemaak het?
qMoenie oordeel 46volgens wat julle sien nie, maar oordeel ’n regverdige oordeel.
Daarop sê sommige van 47die inwoners van Jerusalem: Is dit nie Hy wat hulle soek om dood te maak nie?
En kyk, Hy spreek openlik en 48hulle sê vir Hom niks nie! Sou die owerstes dan waarlik 49weet dat Hy werklik die Christus is?
rEn hierdie man — ons weet 50van waar Hy is; maar die Christus, wanneer Hy kom, weet 51niemand van waar Hy is nie.
Jesus 52roep toe uit, terwyl Hy in die tempel leer, en sê: Julle 53ken My en julle weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie suit Myself gekom nie; tmaar Hy wat My gestuur het, is 54waaragtig, vir wie julle 55nie ken nie.
Maar vEk ken Hom, omdat Ek 56van Hom kom en Hy My gestuur het.
xToe probeer hulle om Hom gevange te neem; en 57niemand het die hand aan Hom geslaan nie, omdat 58sy yuur nog nie gekom het nie.
zMaar baie van die skare het in Hom geglo en gesê: Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het?
Die Fariseërs het gehoor dat die skare dit van Hom 59mompel, en die Fariseërs en die owerpriesters het dienaars gestuur om Hom gevange te neem.
Toe sê Jesus vir hulle: aNog ’n 60klein tydjie is Ek by julle, en Ek gaan na Hom wat My gestuur het.
bJulle sal My 61soek en nie vind nie; en waar Ek 62is, kan julle nie kom nie.
En die Jode sê 63onder mekaar: Waar wil Hy heengaan, dat ons Hom nie sal vind nie? Hy wil tog nie 64na die verstrooides onder die Grieke gaan en die Grieke leer nie?
Wat beteken hierdie woord wat Hy gesê het: Julle sal My soek en nie vind nie; en waar Ek is, kan julle nie kom nie?
En op die 65claaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: 66dAs iemand 67dors het, laat hom na My toe kom en drink!
Hy wat in My glo, 68soos edie Skrif sê: 69strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
En dit het Hy gesê fvan die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees 70was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: gHy is waarlik 71die profeet.
Ander het gesê: hHy is 72die Christus. 73En ander het gesê: iKom die Christus dan uit Galiléa?
Het die Skrif nie gesê dat die Christus kuit die 74geslag van Dawid kom en uit lBetlehem, die dorp waar Dawid 75was nie?
Daar het toe 76verdeeldheid onder die skare gekom oor Hom.
En 77sommige van hulle wou Hom gevange neem, maar 78niemand het die hand aan Hom geslaan nie.
Die dienaars kom toe by die owerpriesters en die Fariseërs, en dié sê vir hulle: Waarom het julle Hom nie gebring nie?
Die dienaars antwoord: Nooit het ’n mens 79so gespreek soos hierdie mens nie.
En die Fariseërs antwoord hulle: Julle is tog nie ook mislei nie?
mHet iemand uit 80die owerstes in Hom geglo, of uit die Fariseërs?
Maar hierdie skare 81wat die wet nie ken nie, 82is vervloek!
Nikodémus — 83hy wat in ndie nag na Hom gegaan het, wat een van hulle was — sê vir hulle:
84oOordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te weet wat hy 85doen?
Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is tog nie ook 86uit Galiléa nie? Ondersoek en sien dat daar geen profeet uit 87Galiléa opgestaan het nie.
En elkeen het huis toe gegaan.
| 1 Dit is, vertoef, en van die een plek in Galiléa na die ander gereis. Wat Hy daar gedoen het, word beskryf deur Matthéüs, hfst. 15-18, en deur Markus, hfst. 7-9.
2 Naamlik in Jerusalem, omdat Hy op die sabbat die man wat agt-en-dertig jaar lank siek was, genees het, Joh. 5:16. |
| a Lev. 23:34. | 3 Dit was die derde groot jaarfees van die Jode, wat hulle moes hou op die vyftiende dag van die sewende maand, wat gedeeltelik met ons September ooreenkom; waartydens hulle hutte gemaak het van takke van groen bome, waarin hulle sewe dae lank gebly het, ter gedagtenis dat hul vaders veertig jaar lank in die woestyn in hutte gewoon het. Sien oor hierdie fees Lev. 23:34, 40. Neh. 8:15, 16. |
| 4 Sien Matt. 13:55 se kanttekening.
5 Naamlik wat U in Judéa het. |
| 6 Naamlik besonders of groots.
7 Gr. in vrymoedigheid van spreek te wees, dit is, vermaard en bekend te wees. 8 Dit is, waarlik kan doen, naamlik om daarmee te toon dat U die Messías is. 9 Dit is, aan die groot menigte van mense, wat uit alle dele van die wêreld tydens die fees sal saamkom. |
| b Mark. 3:21. | 10 Naamlik sommige van hulle; want enkeles het wel in Hom geglo, Hand. 1:14. |
| 11 Dit is, my geleentheid om na die fees op te gaan.
12 Naamlik aangesien die mense julle nie probeer doodmaak, soos vir My nie. |
| c Joh. 14:17; 15:18.
d Joh. 3:19. |
13 Dit is, die mense in die wêreld.
14 Naamlik omdat julle ook van die wêreld is, en die wêreld het lief wat syne is, Joh. 15:19. |
| e Joh. 8:20. | 15 Naamlik om na die fees op te gaan sonder gevaar.
16 Gr. vervul. |
| 17 Naamlik nog enkele dae; soos blyk uit die volgende vers. |
| 18 Naamlik soos Hy gewoonlik gedoen het, in geselskap van sy dissipels en ander wat na die fees opgetrek het.
19 Naamlik om die valstrikke van die owerstes van die Jode te vermy. |
| f Joh. 11:56. | 20 Naamlik wat Hom tevore op die feesdae gehoor en sy wonders gesien het. |
| g Joh. 9:16; 10:19.
h vers 40. Matt. 21:46. Luk. 7:16. Joh. 6:14. |
21 Dit is, baie gepraat en geredetwis. |
| i Joh. 9:22; 12:42; 19:38. | 22 Of: vrymoediglik, naamlik tot sy eer en verdediging.
23 Dit is, vir die owerstes van die Jode, wat besluit het om diegene wat Hom sou bely uit die sinagoge te werp, Joh. 9:22. |
| 24 Naamlik omtrent die vierde dag, aangesien die huttefees sewe dae geduur het, van die vyftiende tot die twee-en-twintigste van die sewende maand. Sien Lev. 23:34. |
| 25 Of: Hoe weet Hy die Skrifte. Gr. letters. Sien ook Mark. 6:2.
26 Naamlik in die skole, soos daar van Paulus gesê word dat hy in Jerusalem studeer het aan die voete van Gamáliël, Hand. 22:3. |
| k Joh. 3:11; 8:28; 12:49; 14:10, 24. | 27 Dit is, is nie ’n leer wat slegs myne sou wees nie. |
| 28 Dit is, as iemand deur God se genade so ver gebring is, dat hy, terwyl hy alle vooroordeel en hardnekkigheid aflê, die waarheid van die leer ondersoek, soos God beveel het, en hom daarvolgens wil skik, Ps. 25:14. Daarmee gee Hy te kenne dat hulle nog nie sodaniges was nie. |
| 29 Dit is, wat ’n leer voorstel, wat deur homself uitgedink is, en nie gegrond is op God se Woord nie.
30 Dit is, valsheid of bedrog. |
| l Ex. 20:1; 24:3. Hand. 7:53.
m Matt. 12:14. Mark. 3:6. Joh. 5:18; 10:39; 11:53. |
31 Naamlik asof Ek ’n oortreder van die wet was, omdat Ek op die sabbat daardie mens genees het. |
| n Joh. 8:48, 52; 10:20. | 32 Naamlik nie die Jode wat in vers 11 genoem word nie, maar wat van buite gekom en niks daarvan geweet het nie, en daarom gemeen het dat Christus hulle ten onregte hiervan beskuldig het.
33 Dit is, U gaan tekere soos ’n besete of kranksinnige mens, en U laster ons. 34 Naamlik wie van ons. |
| 35 Christus antwoord nie op die skeldwoorde nie, maar gaan voort om te bewys dat Hy nie die wet oortree het deur te genees op die sabbat nie.
36 Dit is, slegs hierdie een werk, naamlik dat Ek daardie mens op die sabbat genees het, Joh. 5:16. 37 Naamlik met woede en aanstoot, vers 23. |
| o Lev. 12:3.
p Gén. 17:10. |
38 Sommige voeg die woord daarom by die voorgaande vers.
39 Dit is, die bevel om te besny op die agtste dag, Lev. 12:3. 40 Dit is, nie dat Moses dit ingestel het nie. 41 Dit is, maar was, volgens God se bevel, bedien aan die aartsvader Abraham en sy nakomelinge, wat vóór Moses geleef het, Gén. 17:10. 42 Naamlik wanneer die agtste dag ná die geboorte van die kind op die sabbat val. |
| 43 Naamlik ten opsigte van die besnydenis op die agtste dag, Lev. 12:3.
44 Gr. ontbind, of losgemaak. 45 Gr. ’n hele mens. Dit is, wat aan sy hele liggaam of aan al sy ledemate siek was. |
| q Deut. 1:16, 17. Spr. 24:23. Jak. 2:1. | 46 Dit is, as aannemers van die persoon nie; aangesien julle nie dié onder julle wat op die sabbat besny, bestraf nie, daarom behoort julle My ook nie te bestraf omdat Ek op die sabbat genees nie. |
| 47 Dit is, die Jode wat in Jerusalem gewoon en van die owerstes se voorneme geweet het. |
| 48 Dit is, hulle laat Hom leer sonder verhindering.
49 Naamlik noudat hulle beter onderrig is as tevore. Of: in hul gemoed daarvan oortuig wees, hoewel hulle dit nie wil erken nie. |
| r Matt. 13:55. Mark. 6:3. Luk. 4:22. | 50 Naamlik van Násaret, soos hulle gemeen het.
51 Hierin dwaal hulle, omdat hulle sekere plekke uit die Skrif misverstaan, soos Miga 5:1 en ander (sien ook Jes. 53:8 en die kanttekening), wat spreek van sy ewige geboorte, as Seun van God, wat hulle verkeerdelik op sy liggaamlike geboorte toegepas het. |
| s Joh. 5:43; 8:42.
t Joh. 8:26. Rom. 3:4. |
52 Dit is, spreek met vrymoedigheid en ’n luide stem, om beter deur almal gehoor te word.
53 Naamlik soos julle sê. 54 Naamlik in sy getuienis van My, Matt. 3:17. 55 Naamlik soos dit behoort. |
| v Joh. 10:15. | 56 Naamlik Ek is van Hom gebore van ewigheid, Ps. 2:7. |
| x vers 19. Mark. 11:18. Luk. 19:47; 20:19. Joh. 8:37.
y Joh. 8:20. |
57 Naamlik omdat hulle verhinder is deur God se voorsienigheid.
58 Naamlik om te ly, Joh. 8:20. |
| z Joh. 8:30. |
| 59 Aangesien hulle dit nie openlik durf sê het nie, uit vrees vir die Jode, vers 13. |
| a Joh. 16:16. | 60 Naamlik tot die volgende pasga, wat oor ongeveer ses maande sou wees. |
| b Joh. 8:21; 13:33. | 61 Dit is, julle sal nog begeer om My teenwoordig te hê. Sien Joh. 8:21 en die kanttekening.
62 Dit is, dan sal wees, of waar Ek heengaan. |
| 63 Of: by hulself.
64 Gr. tot die verstrooiing van die Grieke, dit is, óf na die heidene, wat teenoor die Jode gestel is en Grieke genoem word, Rom. 1:16; 2:9, óf na die Jode en Jodegenote wat onder die Grieke verstrooi was, Joh. 12:20. Jak. 1:1. 1 Petr. 1:1. |
| c Lev. 23:36.
d Jes. 55:1. Joh. 6:35. Openb. 22:17. |
65 Dit is, die agtste dag, wat, net soos die eerste dag, gevier moes word met byeenkomste en offerandes. Sien Lev. 23:36.
66 Omdat die Jode vernaamlik op hierdie fees, nadat al die vrugte ingesamel is, vrolik geword het deur te eet en te drink, so wil dit voorkom of Christus daaruit die geleentheid aangryp, om hulle oor die regte geestelike drank te onderrig en daartoe te nooi. 67 Dit is, vanuit die gevoel van sy ellende verlang om daarvan verlos te word. Sien Jes. 44:3; 55:1. Joh. 4:14. |
| e Jes. 12:3. | 68 Hierdie woorde word deur sommige by die voorgaande woorde gevoeg, in die sin van: soos die Skrif sê, dit is, gebied. Ander voeg dit by die woorde wat volg, sodat Christus hier sou verwys het na enkele plekke in die Heilige Skrif, soos Jes. 44:3; 49:10; 58:11, of dergelike.
69 Of: riviere, dit is, in groot oorvloed en volheid. Sien Jes. 44:3. Joël 2:28; 3:18. Joh. 4:14. |
| f Jes. 44:3. Joël 2:28. Hand. 2:17. | 70 Naamlik gegee of gestuur in so ’n oorvloed, soos dit ná Christus se opstanding en hemelvaart gebeur het, Hand. 2:4, 33. |
| g Matt. 21:46. Luk. 7:16. Joh. 6:14. | 71 Naamlik van wie geskryf staan in Deut. 18:15. |
| h Joh. 4:42.
i Joh. 1:47. |
72 Dit is, die Messías, van wie hulle gemeen het dat dit iemand anders sou wees as hierdie profeet. Sien Joh. 1:25; 6:14.
73 Naamlik wat gemeen het dat Hy in Násaret gebore was. |
| k Ps. 132:11.
l Miga 5:1. Matt. 2:6. |
74 Gr. saad.
75 Naamlik gebore en opgevoed. |
| 76 Gr. skisma, dit is, skeuring of tweedrag. |
| 77 Naamlik gestuur deur die owerpriesters.
78 Naamlik deur God verhinder, omdat sy uur nog nie gekom het nie. |
| 79 Dit is, met sulke gesag en aangenaamheid. Sien Matt. 7:28, 29. Luk. 4:22. |
| m Jes. 33:18. Joh. 12:42. 1 Kor. 1:20; 2:8. | 80 Naamlik wat sulke voortreflike en geleerde mense is. |
| 81 Dit is, wat nie in die Heilige Skrif onderrig is nie.
82 Naamlik omdat hulle Hom aanhang. |
| n Joh. 3:2; 19:39. | 83 Sien hieroor Joh. 3:1, 2, ens. |
| o Ex. 23:1. Lev. 19:15. Deut. 1:17; 17:8; 19:15. | 84 Dit is, word ons in die wet toegelaat om iemand te veroordeel, tensy hy eers gehoor word in sy verdediging? Dit was selfs ook by die heidene ’n wet van die natuur. Sien Hand. 25:16.
85 Dit is, wat hy reg of verkeerd gedoen het. |
| 86 Naamlik óf afkomstig, óf een van sy dissipels, van wie die meeste Galiléërs was.
87 Jesaja het nogtans geprofeteer dat die Messías in Galiléa sou begin preek. Sien Jes. 8:23; 9:1. Matt. 4:15. |