Statevertaling – Bybelstigting

Johannes 8

Die owerspelige vrou.

1

MAAR Jesus het 1na die Olyfberg gegaan.

2

En vroeg in die môre het Hy weer in die tempel gegaan, en al die mense het na Hom gekom, en Hy het 2gaan sit en hulle geleer.

3

En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het ’n vrou wat in egbreuk betrap was, na Hom 3gebring.

4

En toe hulle haar tussen hulle in laat staan het, sê hulle vir Hom: Meester, hierdie vrou is op ’n daad van egbreuk betrap;

5

aen Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te 4stenig; maar U, wat sê U?

6

En dit het hulle gesê om Hom te 5versoek, sodat hulle iets kon hê om Hom te beskuldig; maar Jesus het neergebuk en met die vinger 6op die grond geskrywe.

7

Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: bLaat dié een van julle wat 7sonder sonde is, die eerste ’n klip 8op haar gooi.

8

En weer het Hy neergebuk en op die grond geskrywe.

9

En toe 9hulle dit hoor, het hulle, deur hul gewete bestraf, een vir een weggegaan, van die oudste af tot die laaste toe; en Jesus het 10alleen agtergebly, en die vrou wat daar tussen hulle in gestaan het.

10

En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie?

11

En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: 11Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en csondig nie meer nie.

Gesprek van Jesus oor sy goddelike sending.

12

EN Jesus het 12weer met 13hulle gespreek en gesê: dEk is 14die lig 15van die wêreld; wie My 16volg, sal sekerlik nie in die 17duisternis wandel nie, maar sal die lig 18van die lewe hê.

13

Toe sê die Fariseërs vir Hom: U getuig van Uself; u getuienis is 19nie waar nie.

14

Jesus antwoord en sê vir hulle: eAl getuig Ek ook van Myself, my getuienis is waar, omdat Ek weet 20van waar Ek gekom het en waarheen Ek gaan. Maar julle weet nie van waar Ek kom en waarheen Ek gaan nie.

15

Julle oordeel 21volgens die vlees. Ek 22oordeel niemand nie.

16

En al oordeel Ek, my oordeel is waar, omdat Ek nie alleen is nie, maar 23Ek en die Vader wat My gestuur het.

17

fEn dit is ook in julle 24wet geskrywe dat die getuienis van twee mense 25waar is.

18

Dit is Ek wat van Myself getuig; en gdie Vader wat My gestuur het, getuig van My.

19

Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord: hJulle ken My nie en ook nie my Vader nie; ias julle My 26geken het, sou julle ook my Vader geken het.

20

Hierdie woorde het Jesus gespreek 27by die skatkis terwyl Hy in die tempel geleer het. kEn 28niemand het Hom gevange geneem nie, omdat sy 29uur nog nie gekom het nie.

21

En Jesus het weer vir hulle gesê: lEk 30gaan weg, en julle sal My 31soek en 32in julle sonde sterwe. Waar Ek gaan, 33kan julle nie kom nie.

22

Toe sê die Jode: Hy sal 34Homself tog nie om die lewe bring nie, omdat Hy sê: Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie?

23

En Hy sê vir hulle: mJulle is 35van benede, Ek is 36van bo; 37julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie.

24

Ek het dan vir julle gesê ndat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo 38dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.

25

Toe sê hulle vir Hom: Wie is U dan? En Jesus antwoord hulle: 39Net dit wat Ek vir julle sê.

26

Ek het baie dinge om van julle te sê en te oordeel; 40maar 41Hy wat My gestuur het, ois waaragtig; en Ek, pwat Ek van Hom gehoor het, dit spreek Ek 42tot die wêreld.

27

Hulle het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader gespreek het nie.

28

En Jesus sê vir hulle: qWanneer julle die Seun van die mens 43verhoog het, 44dan sal julle weet dat dit Ek is; en 45uit Myself doen Ek niks nie; rmaar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek.

29

sEn Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My 46nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is.

30

Terwyl Hy hierdie dinge spreek, het baie in Hom tgeglo.

31

En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle 47in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.

32

En julle sal 48die waarheid 49ken, ven die waarheid sal julle 50vrymaak.

33

Hulle antwoord Hom: xOns is die geslag van Abraham en het 51nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?

34

Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde 52doen, y’n dienskneg van die sonde is.

35

En die dienskneg 53bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.

36

zAs die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle 54waarlik vry wees.

37

Ek weet dat julle die 55geslag van Abraham is; maar julle probeer om My 56om die lewe te bring, omdat my woord 57geen ingang in julle vind nie.

38

aEk spreek 58van wat Ek by my Vader gesien het, en julle doen ook wat julle 59by jul vader gesien het.

39

Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: bAs julle die 60kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen;

40

maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, ciemand wat aan julle 61die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie.

41

Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom: Ons is nie 62uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik God.

42

En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het 63uit God 64uitgegaan en gekom; dwant Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur.

43

Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na 65my woord nie kan luister nie.

44

eJulle het die duiwel 66as vader, en 67die begeertes van julle vader wil julle doen. fHy was 68’n mensemoordenaar 69van die begin af en gstaan nie 70in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy 71uit sy eie, omdat hy ’n leuenaar is en die 72vader daarvan.

45

Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.

46

Wie van julle oortuig My 73van sonde? En as Ek die waarheid spreek, waarom glo julle My nie?

47

74hDie wat uit God is, 75luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.

48

Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U 76’n Samaritaan is ien 77van die duiwel besete is nie?

49

Jesus antwoord: Ek is nie van die duiwel besete nie; kmaar Ek 78eer my Vader, en julle 79doen My oneer aan.

50

En Ek soek nie my eer nie; daar is Een wat dit soek en 80wat oordeel.

51

Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, las iemand my woord bewaar, sal hy 81die dood in der ewigheid 82nie sien nie.

52

Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en 83U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie.

53

Is U dan groter as ons vader Abraham mwat gesterf het? En 84die profete het gesterwe. Vir wie gee U Uself uit?

54

Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is.

55

En julle 85ken Hom nie, maar Ek ken Hom; en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek soos julle ’n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom en bewaar sy woord.

56

Abraham, julle vader, 86het hom verheug ndat hy 87my dag sou sien; en hy het dit 88gesien en 89het hom verbly.

57

Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie 90vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien?

58

Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham 91was, 92is Ek.

59

oHulle het toe klippe opgetel 93om Hom te stenig; maar Jesus het stilletjies uit die tempel gegaan en 94tussen hulle deurgeloop; en so het Hy vertrek.

1 Naamlik om daar te oornag en te bid, soos Hy gewoond was, Luk. 21:37; 22:39. Sien oor hierdie berg Matt. 21:1 se kanttekening.
  2 Naamlik volgens die manier van doen wat die leraars in die sinagoges gehad het. Sien Luk. 4:20 en elders. Andersins het Hy soms gestaan, as Hy iets hardop en met besondere nadruk wou sê, Joh. 7:37.
  3 Gr. gelei.
a Lev. 20:10. Deut. 22:22. 4 Die wet van Moses gebied dat sulke vroue met die dood gestraf moet word, Lev. 20:10. Maar dat hulle gestenig moes word, het hulle skynbaar besluit op grond van Deut. 22:23, 24.
  5 Naamlik met dié bedoeling, dat indien Hy haar sou vryspreek, hulle Hom as ’n verbreker van die wet sou kon beskuldig; en indien Hy haar veroordeel, hulle Hom by die volk gehaat sou maak as onbarmhartig.

6 Dit is, in die stof van die vloer van die tempel. Wat Hy geskryf het, word nie vermeld nie. Sommige meen dat Hy dieselfde geskryf het as wat Hy hulle hierna geantwoord het.

b Deut. 17:7. 7 Gr. onsondig, dit is, nie in dergelike of ander sonde geval het nie, of meen dat hy nie sou kon val nie.

8 Dit wil voorkom of Christus hier verwys na die wet in Deut. 17:7.

  9 Naamlik die beskuldigers.

10 Nie ten opsigte van die skare nie, wat Christus direk hierna aanspreek, vers 12, maar ten opsigte van die Fariseërs, wat die vrou beskuldig het.

c Joh. 5:14. 11 Christus veroordeel haar nie en spreek haar ook nie vry nie, aangesien sy amp nie was om ’n burgerlike vonnis oor misdadigers uit te spreek nie, maar om as leraar die sondaars tot bekering te bring. Sien dergelike in Luk. 12:14.
d Jes. 42:16. Joh. 1:9; 9:5; 12:35, 36. 12 Naamlik nadat sy prediking deur die voorgaande beskuldiging van die owerpriesters onderbreek of verhinder was.

13 Naamlik die Jode wat in die tempel vergader was.

14 Dit wil voorkom of Christus die môre baie vroeg in die tempel gekom het, vers 2, en omdat die son toe opgekom het, het Hy na aanleiding daarvan die geleentheid gebruik om van die ware geestelike lig te spreek; soos Hy ook dikwels elders by ander geleenthede gedoen het, Joh. 4:10; 6:35.

15 Dit is, wat die ware lig van die saligmakende kennis gee, nie net aan die Jode nie, maar ook aan die heidene. Sien Jes. 49:6.

16 Dit is, wat my leer met ’n ware geloof aanneem en gehoorsaam.

17 Naamlik van die dwalinge en sondes.

18 Dit is, wat die mense tot die ewige lewe bring. Sien Joh. 6:68.

  19 Dit is, nie seker en genoegsaam om ons te laat glo nie.
e Joh. 5:31. 20 Dit is, want Ek is nie net ’n mens nie, maar ook die ware Seun van God, wat uit die hemel as ’n gesant van die Vader, vers 16, neergedaal het, en na my menslike natuur weer daarheen sal opvaar.
  21 Dit is, volgens die uiterlike voorkoms, waarvolgens julle My as slegs ’n mens beskou.

22 Naamlik soos julle nie; of in hierdie teenwoordige tyd nie. Want andersins het die Vader alle oordeel aan die Seun gegee, Joh. 5:22.

  23 Naamlik Ek, vir soveel Ek die Seun van God is, en die Vader, Ons is twee getuies. En daarom is my getuienis waaragtig, soos Christus vasstel in verse 17, 18.
f Núm. 35:30. Deut. 17:6; 19:15. Matt. 18:16. 2 Kor. 13:1. Hebr. 10:28. 24 Naamlik in Deut. 17:6; 19:15.

25 Dit is, genoegsaam om aangeneem te word in die regspraak.

g Matt. 3:17; 17:5. Mark. 1:11; 9:7. Luk. 3:22; 9:35. Joh. 1:33; 5:37; 6:27.  
h Joh. 16:3.

i Joh. 14:9.

26 Naamlik na my goddelike natuur, waarvolgens Ek die afdruksel van die Vader is, Joh. 14:9. Hebr. 1:3.
k Joh. 7:30. 27 Gr. in, dit is, in die plek van die tempel waar die skatkis gestaan het. Sien 2 Kon. 12:9. Mark. 12:41. Luk. 21:1.

28 Ondanks die feit dat Hy so vrymoedig gespreek het.

29 Naamlik om te ly en te sterf soos deur God verordineer.

l Joh. 7:34; 13:33. 30 Naamlik na die hemel.

31 Dit is, wanneer julle ondergang oor julle sal kom, sal julle tevergeefs tot God en gevolglik tevergeefs tot My roep. Sien Spr. 1:24, ens.

32 Dit is, op grond van jul moedswillige ongeloof sal julle tydelik en ewiglik vergaan, Mark. 16:16. Joh. 3:18.

33 Naamlik omdat julle nie na die hemel kan opvaar nie, soos Ek sal doen, nadat Ek gesterf en opgestaan het. Sien Joh. 13:33, 36.

  34 Naamlik om te voorkom dat Hy deur die owerstes van die Jode gevang en omgebring sou word.
m Joh. 3:31. 35 Gr. uit die plekke van benede.

36 Gr. uit die plekke van bo.

37 Dit is, julle verstaan in ’n aardse en wêreldse sin dit wat Ek in ’n geestelike en hemelse sin spreek, omdat julle aardse mense is.

n vers 21. 38 Dit is, dat Ek die ware Messías is, waarvoor Ek My uitgee. So ook in vers 28.
  39 Gr. In die begin, wat Ek ook vir julle sê, dit is, wat Ek van die begin van my prediking af gesê of gespreek het.
o Joh. 7:28. Rom. 3:4.

p Joh. 15:15.

40 Maar aangesien julle dit nie sal glo nie, daarom spreek Ek slegs dit, naamlik, dat Hy wat My gestuur het, ens.

41 Naamlik die Vader.

42 Of: in.

q Núm. 21:9. 2 Kon. 18:4. Joh. 3:14; 12:32.

r Joh. 3:11; 7:16; 12:49; 14:10, 24.

43 Naamlik aan die kruis, Joh. 3:14; 12:32.

44 Dit is, baie onder julle sal dit erken uit die tekens wat dan sal geskied, en uit my opstanding daarna, Luk. 23:48. Hand. 2:41.

45 Dit is, dat Ek geen leer voorstel wat Ek self uitgedink het nie.

s Joh. 14:10; 16:32. 46 Naamlik aangesien Ek en die Vader een is, en Hy my sending met baie getuienisse en tekens bevestig het, Hand. 2:22.
t Joh. 7:31.  
  47 Dit is, in my leer volhard.
v Rom. 6:18. Gal. 5:1. 1 Petr. 2:16. 48 Naamlik van my leer, deur julle aangeneem en geglo, Joh. 1:12.

49 Dit is, meer en meer daarin onderrig en vasgemaak word.

50 Naamlik van die dood en die slawerny van die sonde.

x Matt. 3:9. 51 Dit wat Christus gespreek het oor geestelike vryheid en diensbaarheid, verstaan hulle as uiterlike of liggaamlike; waaroor hulle nogtans nie veel kon roem nie, aangesien hul voorouers in Egipte gedien het, Gén. 15:13. Ex. 20:2, en hulle toe self nog aan die Romeine onderworpe was.
y Rom. 6:20. 2 Petr. 2:19. 52 Dit is, wat die sonde oor hom laat heers, en dit as ’t ware sy werk maak om te sondig, Rom. 6:17. 2 Petr. 2:19. 1 Joh. 3:8.
  53 Dit is, net soos ’n slaaf geen reg het om vir altyd in die huis van sy heer te bly of sy erfgenaam te wees nie, aangesien die heer hom mag uitstoot of aan ander verkoop, net so sal ook diegene wat slawe van die sonde is nie in die huis van God bly nie, maar slegs die ware kinders van God.
z Rom. 8:2. 54 Of: inderdaad.
  55 Naamlik na die vlees.

56 En daarmee bewys julle dat julle nie ware kinders van Abraham is nie. Sien vers 39.

57 Of: geen plek in julle vind nie, dit is, in julle hart.

a Joh. 3:11; 7:16; 12:49; 14:10, 24. 58 Sien Joh. 5:19, 20.

59 Dit is, wat julle deur ingewing van die duiwel geleer het. Sien vers 44.

b Rom. 2:28; 9:7. 60 Dit is, regte en ware kinders van Abraham, na die gees.
c Joh. 17:17. 61 Dit is, die ware leer van die saligheid.
  62 Naamlik soos basters of afgodedienaars, soos die Samaritane was.
d Joh. 5:43; 7:29. 63 Deur die ewige geboorte van die Vader, Ps. 2:7. Miga 5:1. Joh. 5:26.

64 Naamlik nie slegs gestuur as Middelaar nie, soos uit die vervolg blyk; maar ook uit Hom gebore. Sien Joh. 10:30. Hebr. 5:5.

  65 Dit is, julle verdra nie my leer en spreekwyse, waarmee Ek my woord aan julle voorstel nie, aangesien dit stry teen julle slegte vooroordele en geneenthede, Joh. 6:60.
e 1 Joh. 3:8.

f Gén. 3:1. 2 Kor. 11:3. 1 Joh. 3:8.

g Jud. vers 6.

66 Dit is, julle aard na die duiwel.

67 Wat vernaamlik is om te laster en mense te moor.

68 Omdat hy die mens tot die sonde, en daardeur tot die tydelike en ewige dood gebring het.

69 Naamlik van die skepping van die mens.

70 Dit is, in die opregtheid, waarin hy geskape was, 2 Petr. 2:4. Jud. vers 6.

71 Naamlik uit sy eie ingewings en bewegings.

72 Dit is, uitvinder en stigter van daardie leuens.

  73 Dit is, van enige tekortkominge in my leer of lewe.
h Joh. 6:37; 10:26, 27. 1 Joh. 4:6. 74 Dit is, die wat God as Vader het, soos die Jode geroem het, vers 41.

75 Dit is, hoor en gehoorsaam graag.

i Joh. 7:20; 10:20. 76 Dit is, een wat vreemd is van die ware godsdiens, en daarom vyand van die Jode, soos die Samaritane was, Luk. 9:53 se kanttekening.

77 Sien Joh. 7:20.

k Joh. 7:18. 78 Naamlik met my leer en werke.

79 Naamlik met jul lasteringe.

  80 Wat tussen julle en My sal regspreek en sodanige lasteringe sal wreek.
l Joh. 5:24; 11:25. 81 Dit is, die ewige dood.

82 Dit is, nie smaak nie, soos in die volgende vers gesê word, dit is, nie daaraan onderworpe wees nie.

  83 Of: sê U.
m Hebr. 11:13. 84 Naamlik wat nogtans die Woord van God bewaar het.
  85 Naamlik op die regte manier en soos dit behoort; soos in vers 19.
n Gén. 17:17. Luk. 10:24. Hebr. 11:13. 86 Gr. van vreugde opgespring.

87 Naamlik die dag van my koms in die vlees, Luk. 10:24. Hebr. 11:13.

88 Naamlik deur die geloof, siende op die belofte van God aangaande hierdie koms.

89 Of: is verbly. Sien Gén. 17:17 se kanttekening.

  90 Naamlik op die hoogste geskat, volgens hoe U lyk. Want Christus was maar omtrent vier-en-dertig jaar oud, toe Hy gely het.
  91 Naamlik gebore was. Of: geword het, naamlik gebore is.

92 Naamlik was Ek reeds gewees, na my goddelike natuur, wat van ewigheid af is, Miga 5:1.

o Luk. 4:29. Joh. 10:31, 39; 11:8. 93 Naamlik soos een wat hulle as ’n godslasteraar beskou het, aangesien Hy Hom aan God gelykgestel het. Sien Lev. 24:16. Joh. 10:33.

94 Naamlik terwyl Hy óf hulle oë weerhou het, óf Hom onder die skare versteek het, Luk. 4:30; 24:16.