Statevertaling – Bybelstigting
Genesing van die man wat blind gebore was.
EN toe Hy verbygaan, sien Hy ’n man wat 1blind was van sy geboorte af.
En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het 2gesondig, 3hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?
Jesus antwoord: 4Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; amaar die werke 5van God moet in hom openbaar word.
bEk moet 6die werke doen van Hom wat My gestuur het, 7so lank as dit dag is; 8die nag kom wanneer niemand kan werk nie.
9So lank as Ek in die wêreld is, is Ek cdie 10lig van die wêreld.
En toe Hy dit gesê het, dspuug Hy op die grond en maak klei van die spuug en 11smeer die klei aan die oë van die blinde man
en sê vir hom: Gaan was jou in die 12badwater Silóam, wat vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en hy het siende teruggekom.
Die bure dan en die wat hom vroeër gesien het dat hy blind was, sê toe: Is hy nie die een 13wat gesit een bedel het nie?
Ander sê: Dit is hy. Ander weer: Hy lyk na hom. Hy antwoord: Dit is ek.
Hulle sê vir hom: 14Hoe is jou oë geopen?
Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë 15gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Silóam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en 16ek sien.
En hulle sê vir hom: Waar is Hy? Hy antwoord: Ek weet nie.
17Hulle bring hom na die Fariseërs — die man wat vroeër blind was.
fEn dit was sabbat toe Jesus die klei gemaak en sy oë geopen het.
Die Fariseërs vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en ek sien.
En sommige van die Fariseërs sê: 18Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie 19hou nie. 20Ander sê: gHoe kan 21’n sondige mens sulke tekens doen? hEn daar was verdeeldheid onder hulle.
Weer sê hulle vir die blinde man: Jy, wat sê jy van Hom, 22aangesien Hy jou oë geopen het? En hy antwoord: iHy is ’n profeet.
En 23die Jode het dit nie van hom geglo dat hy blind was en 24siende geword het nie, totdat hulle die ouers geroep het van hom wat siende geword het.
En hulle vra hul en sê: Is dit julle seun van wie julle sê dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?
Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is;
maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë geopen het, weet ons nie. Hy is self oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat.
Dit het sy ouers gesê komdat hulle bang was vir die Jode; lwant 25die Jode het al ooreengekom dat as iemand Hom as die Christus bely, hy 26uit die sinagoge geban sou word.
Daarom het sy ouers gesê: Hy is oud genoeg, vra hom.
Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: 27mGee aan God die eer; ons weet dat hierdie man 28’n sondaar is.
En hy antwoord en sê: Of Hy ’n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien.
En hulle sê 29weer vir hom: Wat het Hy vir jou gedoen? Hoe het Hy jou oë geopen?
Hy antwoord hulle: Ek het julle dit alreeds gesê, en julle het 30nie geluister nie. Waarom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie?
Hulle skel hom toe uit en sê: Jý is ’n dissipel van daardie man, maar ons is dissipels van Moses.
Ons weet dat God met Moses gespreek het; maar wat Hom betref, ons weet nie 31van waar Hy is nie.
Die man antwoord en sê vir hulle: Hierin is tog iets wonderliks dat julle nie weet van waar Hy is nie, en Hy het 32my oë geopen!
nEn ons weet dat God nie 33sondaars 34verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, dié verhoor Hy.
35Van ouds af is dit nie gehoor dat iemand die oë van ’n blindgebore mens 36geopen het nie.
As Hy nie van God 37was nie, sou Hy 38niks kan doen nie.
Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is 39heeltemal in sondes gebore, en leer jy ons? En hulle het hom 40uitgeban.
Jesus het gehoor dat hulle hom uitgeban het; en toe Hy hom kry, sê Hy vir hom: Glo jy in die Seun van God?
Hy antwoord en sê: Wie is Hy, Here, dat ek in Hom kan glo?
En Jesus sê vir hom: Jy het Hom gesien; oen Hy wat met jou spreek, dit is Hy.
Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het 41Hom aanbid.
En Jesus sê: pTot ’n 42oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, qsodat die 43wat nie sien nie, 44mag sien, en die 45wat sien, 46blind mag word.
En dié van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesê: Is ons dan ook blind?
Jesus antwoord hulle: 47As julle blind was, sou julle 48geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom 49bly julle sonde.
| 1 Naamlik, en wat gesit en bedel het, vers 8. |
| 2 Dit is, een of ander besondere groot sonde gedoen.
3 Dit wil voorkom of die dissipels in hierdie dwaling was, wat vroeër by sommige Jode voorgekom het, dat wanneer ’n mens sterf, sy siel in ’n ander liggaam sou oorgaan, en dat daarvolgens die siel van die blindgeborene in ’n ander liggaam sou gesondig het. |
| a Joh. 11:4. | 4 Naamlik dat hy daarom blind gebore is.
5 Dit is, van die goddelike barmhartigheid en krag, soos Christus aan hom sou betoon, om daarmee te bevestig dat Hy die ware Messías is, volgens die voorsegging in Jes. 35:5. |
| b Joh. 5:19. | 6 Naamlik om die evangelie te verkondig, en dit met wonderwerke te bevestig.
7 Dit is, so lank my lewe en die tyd van my diens, deur God bepaal, sal duur. 8 Dit is, die dood; soos niemand ná sy dood kan doen wat hy in hierdie lewe gedoen het nie, so sal Ek ná my dood dusdanige werke ook nie meer self op die aarde doen nie. |
| c Jes. 42:6. Luk. 2:32. Joh. 1:9; 8:12; 12:35, 46. Hand. 13:47. | 9 Gr. Wanneer.
10 Dit is, moet Ek die wêreld verlig met my leer en wonderwerke, hoewel Ek daaroor gelaster en vervolg word. |
| d Mark. 8:23. | 11 Christus gebruik hierdie teken, nie omdat daarin enige krag was nie, aangesien dit eerder sou bydra om te verblind; maar om te toon dat die krag om sig te gee van Hom alleen gekom het, soos Hy die hele mens ook uit die klei van die aarde geskape het, Gén. 2:7. |
| 12 Sien oor hierdie badwater Jes. 8:6, Luk. 13:4 en die kanttekeninge. Sommige meen dat dit dieselfde water was waarvan gespreek word in Joh. 5:2. |
| e Hand. 3:2. | 13 Naamlik naby die tempel, soos dit wil voorkom uit die laaste vers van die voorgaande hoofstuk, vergeleke met die eerste vers van hierdie hoofstuk. Sien dergelike in Hand. 3:2. |
| 14 Dit is, hoe het jy siende geword? |
| 15 Gr. gesalf.
16 Of: ek het siende geword. |
| 17 Naamlik die bure of bekendes. |
| f Matt. 12:1. Mark. 2:23. Luk. 6:1. Joh. 5:9. |
| g vers 33. Joh. 3:2.
h Joh. 7:12; 10:19. |
18 Naamlik Hy wat op die sabbat jou oë met klei gesmeer en geopen het.
19 Gr. bewaar. 20 Naamlik ander uit hul vergadering, soos Nikodémus, of iemand dergeliks, Joh. 7:50. 21 Dit is, ’n goddelose, of ’n openbare veragter van God se wet, soos hulle Hom hier beskuldig. |
| i Luk. 7:16; 24:19. Joh. 4:19; 6:14. | 22 Of: dat. |
| 23 Dit is, die owerstes van die Jode, soos blyk uit vers 22.
24 Of: gesien het. |
| k Joh. 7:13; 12:42.
l Joh. 12:42. |
25 Dit is, die owerstes van die Jode het tesame eenstemmigheid bereik.
26 Dit is, uitgesluit uit die godsdienstige gemeenskap, soos ’n mens nou diegene beskou wat uit die gemeente geban word. |
| m Jos. 7:19. | 27 Dit is, bely opreg die waarheid voor God, waarmee aan Hom, as die Kenner van harte, sy eer gegee word. Sien Jos. 7:19. 1 Sam. 6:5.
28 Dit is, ’n openbare oortreder van God se wet. |
| 29 Naamlik vir die derde maal, om te sien of hulle hom in iets sou kon uitvang. |
| 30 Dit is, wou dit nie verstaan of aanneem nie. |
| 31 Dit is, deur wie Hy gestuur is en mag ontvang het om te leer. Wat nie in stryd is met dit wat hulle tevore gesê het nie, Joh. 7:27, want daar spreek hulle van sy afkoms. |
| 32 Dit is, het met so ’n uitmuntende wonderteken getoon dat Hy deur God gestuur is; soos hy afsluit in vers 33. Sien ook Joh. 3:2. |
| n Spr. 15:29; 28:9. Jes. 1:15. Miga 3:4. | 33 Sien verse 16, 24.
34 Gr. hoor. |
| 35 Dit is, solank die wêreld bestaan het.
36 Dit is, sig gegee het. Sien vers 10. |
| 37 Naamlik gekom of gestuur.
38 Gr. nie iets, naamlik iets dergeliks nie. |
| 39 Sien verse 1, 2.
40 Gr. uitgewerp na buite, dit is, uit hul vergadering of sinagoge, soos in vers 22. |
| o Joh. 4:26. |
| 41 Naamlik omdat hy Hom nou as die Seun van God erken het. |
| p Joh. 3:17; 12:47.
q Matt. 13:13. |
42 Dit is, met mag om die oordele van God te voltrek, sowel in die straf van die veragters van sy Woord, vir wie dit ’n reuk van die dood is, as in die aanneem van boetvaardige sondaars, vir wie dit ’n reuk van die lewe is, 2 Kor. 2:16.
43 Dit is, wat hul geestelike blindheid ken en begeer om daarvan verlos te word. 44 Dit is, tot die ware en saligmakende kennis van God gebring mag word. 45 Dit is, wat voorgee dat hulle hierdie kennis besit, wat hulle nogtans nie waarlik besit nie, Rom. 1:22; 2:18. 46 Dit is, deurdat hulle die lig van die evangelie verag, deur God se regverdige oordeel in hul blindheid gelaat en meer en meer verhard word. Sien Ps. 69:24. Jes. 6:9. Matt. 13:14. |
| 47 Dit is, indien julle slegs uit onwetendheid nie my leer aangeneem het nie; of: indien julle jul onwetendheid en blindheid geken het.
48 Dit is, nie so ’n groot en ongeneeslike sonde nie, Joh. 15:22. 49 Naamlik, daarom bly dit op julle lê soos ’n ongeneeslike siekte. |