Statevertaling – Bybelstigting

Judas

Opskrif en seëngroet.

1

JUDAS,1 ’n 2dienskneg van Jesus Christus en broer van 3Jakobus, aan 4die wat geroep, 5in God die Vader geheilig en vir Jesus Christus 6bewaar is:

2

7Mag barmhartigheid en vrede en liefde vir julle 8vermenigvuldig word!

Teen die goddelose en valse leraars.

3

GELIEFDES, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor 9ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die 10noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te 11stry 12vir die geloof wat 13eenmaal aan die heiliges 14oorgelewer is.

4

aWant sekere mense het 15ingesluip bwat 16lank tevore al 17opgeskryf is 18vir hierdie oordeel, 19goddelose mense wat 20die genade van onse God 21verander in 22ongebondenheid, en die enigste 23Heerser, 24God, en onse Here Jesus Christus 25verloën.

5

Maar ek wil julle daaraan 26herinner, al weet julle dit nou 27eenmaal, dat die Here, nadat Hy 28die volk uit Egipteland 29gered het, cdaarna die wat ongelowig was, 30omgebring het.

6

dEn die engele wat hul eie 31beginsel nie bewaar het nie, maar 32hul eie woning verlaat het, ehet Hy vir die oordeel 33van die groot dag 34met ewige boeie onder die duisternis bewaar;

7

fsoos Sodom en Gomorra en 35die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as 36hierdie mense gehoereer en 37agter vreemde vlees aangeloop het, 38as ’n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf 39van die ewige vuur ondergaan.

8

Tog besoedel ook 40hierdie mense net so 41in hulle dromerye 42die vlees en verag 43die heerskappy en laster 44die heerlike wesens.

9

Maar toe g45Mígael, 46die aartsengel, 47met die duiwel in woordestryd was oor 48die liggaam van Moses, hhet hy geen 49oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: i50Die Here bestraf jou!

10

kMaar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, 51op natuurlike wyse verstaan, daardeur 52gaan hulle te gronde.

11

53Wee hulle, want hulle het 54die weg van lKain bewandel en mom 55loon hulleself in die verleiding van Bíleam gestort nen 56in die verset van Korag 57omgekom.

12

Hulle is oskandvlekke in julle 58liefdemaaltye, wat 59sonder vrees 60saam fees hou en 61hulleself voer, pwaterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome 62in die nasomer, wat sonder vrugte is, 63twee maal gestorwe, ontworteld;

13

q64woeste golwe van die see wat hulle eie skandes 65laat opskuim, 66dwaalsterre vir wie 67die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word.

14

En rHenog, 68die sewende van Adam af, het ook teen hulle 69geprofeteer en gesê: sKyk, die Here 70het gekom met sy 71heilige tienduisendtalle,

15

om gerig 72te hou oor 73almal en al die 74goddelose mense onder hulle 75te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en toor al 76die harde woorde wat die goddelose sondaars teen 77Hom gespreek het.

16

Hulle is 78murmureerders 79wat oor hul lot klae, en volgens 80hulle begeerlikhede wandel; ven hulle mond spreek trotse woorde, terwyl hulle mense 81vlei 82ter wille van voordeel.

Vermaning en danksegging.

17

MAAR julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is 83deur die apostels van onse Here Jesus Christus,

18

dat hulle vir julle gesê het: xIn die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie 84goddelose begeerlikhede wandel.

19

Dit is hulle wat 85skeuring maak, 86sinnelike mense wat 87die Gees nie het nie.

20

Maar julle, geliefdes, moet 88julleself 89opbou in 90jul allerheiligste geloof en 91in die Heilige Gees 92bid

21

en 93julleself 94in die liefde van God 95bewaar, terwyl julle 96die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.

22

En aan 97sommige wat twyfel, moet julle 98barmhartigheid bewys;

23

maar 99ander moet julle 100met vrees 101red deur hulle uit die vuur te 102ruk; en ook 103die kleed moet julle haat wat deur sonde 104bevlek is.

24

Aan Hom nou wat magtig is om julle van 105struikeling te bewaar en julle sonder gebrek 106voor sy heerlikheid te stel met gejuig,

25

yaan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en 107tot in alle ewigheid! Amen.

1 Daar was onder die apostels van Christus twee met hierdie naam: een wat Iskáriot genoem is en ons Here verraai het, en een wat ook Thaddéüs en Lebbéüs genoem is in Matt. 10:3, van wie, om hom van die ander een te onderskei, gesê word: Judas, nie die Iskáriot nie, Joh. 14:22, en wat ook tot onderskeid Judas, die broer of seun van Jakobus genoem word, sien Luk. 6:16. Hand. 1:13 se kanttekeninge. Ander meen dat die skrywer van hierdie brief, die broer van Jakobus, en die broer van die Here Jesus was. Matt. 13:55. Gal. 1:19.

2 Dit is, apostel. Sien Rom. 1:1. Tit. 1:1. Jak. 1:1. 2 Petr. 1:1.

3 Daar was onder die apostels ook twee Jakobusse, Matt. 10:2, 3: een wat die seun van Sebedéüs was en ’n broer van die evangelis Johannes, en een wat die seun van Alféüs was, ook die kleine genoem. Die broer of seun van hierdie tweede Jakobus was Judas; wat hy in die opskrif byvoeg, om hom van Jakobus die seun van Sebedéüs te onderskei, en ook sy aansien daardeur te versterk, aangesien hierdie Jakobus onder die apostels in groot agting was. Sien Luk. 6:16. Hand. 15:13. Gal. 2:9, en die opskrif van die brief van Jakobus se kanttekening.

4 Sien Rom. 1:6.

5 Naamlik deur die Gees van die wedergeboorte.

6 Naamlik by die saligheid, wat Hy vir hulle verwerf het. Sien Joh. 10:28; 17:12. 1 Petr. 1:5.

7 Sien dergelike groet in Tit. 1:4.

8 Sien oor hierdie woord 1 Petr. 1:2, 2 Petr. 1:2 en die kanttekeninge.

9 Dit is, oor sake wat ons almal se saligheid aangaan, wat julle met ons apostels in gemeen het. Sien Tit. 1:3.

10 Naamlik om dit nou te doen. Die rede vir hierdie noodsaaklikheid word  aangewys in die volgende vers.

11 Naamlik teen die verleiding en verkeerde voorbeelde van die goddelose spotters, om nie deur hulle oorwin en verlei te word tot afvalligheid of goddeloosheid nie, 1 Tim. 6:12.

12 Dit is, vir die suiwer leer van die evangelie, soos in 1 Tim. 4:1 verklaar word, om dit te behou en daarvan nie af te wyk nie.

13 Dit is, wat nie verander sal word nie, maar altyd sal bly soos dit eens deur Christus en die apostels geleer is.

14 Naamlik deur Christus en sy apostels.

a 2 Petr. 2:1.

b 1 Petr. 2:8. 2 Petr. 2:3.

15 Dit is, heimlik en bedrieglik onder die Christene gekom. Sien Gal. 2:4. 2 Petr. 2:1.

16 Of: eertyds, vgl. 2 Petr. 2:3.

17 Naamlik van God in die register van die verworpe mense. ’n Beeld geneem van die mense wat registers het waarin hulle die name opteken van diegene met wie hulle te doen het, elk in sy orde. Sien Filip. 4:3.

18 Naamlik waardeur God hul regverdig tot ’n slegte gesindheid oorgegee het, Rom. 1:21-28. 2 Thess. 2:10, 11, en hiernamaals sal straf met die ewige verdoemenis.

19 Dit is, wat nie op God of op sy diens ag gee nie.

20 Dit is, die leer van God se genade.

21 Dit is, om deur die misbruik van die genade met groter gemak te sondig en alle ontug te bedrywe. Sien Gal. 5:13. 1 Petr. 2:16. 2 Petr. 2:19. Gr. versit, oordra, dit is, bring van die een plek na die ander.

22 Of: lossinnigheid, wellustigheid, onkuisheid.

23 Of: Here. Gr. Despoten. Sien oor hierdie woord Hand. 4:24 en 2 Petr. 2:1 se kanttekeninge.

24 Of: onse God en Here Jesus Christus.

25 Sien 2 Petr. 2:1 se kanttekening.

c Núm. 14:29; 26:64, 65. Ps. 106:26. 1 Kor. 10:5. Hebr. 3:17. 26 Dit is, enkele voorbeelde van God se oordele teen sodaniges beskryf en in gedagtenis bring.

27 Dit is, gewis, ten volle, tereg, onveranderlik.

28 Naamlik Israel.

29 Gr. behou het.

30 Dit is, omgebring het in die woestyn; hierdie tydelike straf was ’n afbeelding van die ewige, Hebr. 3:17, ens.

d 2 Petr. 2:4.

e 2 Petr. 2:4.

31 Dit is, hul eerste staat, waarin hulle volgens God se ewebeeld geskape en in die hemelse geluksaligheid met die goeie engele gestel was, Joh. 8:44. Of: oorsprong, of: heerskappy. Want die Griekse woord het al drie hierdie betekenisse.

32 Dit is, die hemel, die plek van geluksaligheid, waar die goeie engele nog hulle woonplek het, Matt. 24:36. Mark. 12:25. Luk. 2:15, waaruit hierdie afvallige engele regverdiglik verstoot is.

33 Naamlik waarin daardie groot werk van die opstanding, die oordeel van alle mense en die voleinding van die wêreld sal geskied, en Christus in sy heerlikheid sal verskyn.

34 Sien 2 Petr. 2:4 se kanttekening.

f Gén. 19:24. Deut. 29:23. Jes. 13:19. Jer. 50:40. Eség. 16:49. Hos. 11:8. Amos 4:11. Luk. 17:29. 2 Petr. 2:6. 35 Naamlik Adma en Sebóim, soos hulle genoem word in Deut. 29:23.

36 Naamlik inwoners van Sodom en Gomorra.

37 So beskryf die apostel met eerbare woorde die gruwelike sonde van die Sodomiete. Sien Rom. 1:27.

38 Naamlik van God se regverdige toorn en straf teen sodanige sondaars, om hulle daarin te kan spieël.

39 Sien oor hierdie straf Matt. 25:41.

40 Naamlik goddelose mense, van wie hy gespreek het in vers 4.

41 Of: hulle slaap. Dit word óf letterlik óf geestelik verstaan, dat hulle deur die Satan soos in ’n slaap van sonde gewieg, hul liggame ontreinig met hoerery, owerspel, ens.

42 Dit is, hul liggame, waarin hierdie sondes gedoen word, en wat daardeur verontreinig word. Sien 1 Kor. 6:18.

43 Dit is, diegene wat die owerheid uitmaak, en die amp self.

44 Gr. die heerlikhede. Sommige verstaan dit as diegene wat oor die mense in hoogheid, mag, eer en groot aansien gestel is. Sien 2 Petr. 2:10 en die kanttekening.

g Dan. 10:13; 12:1. Openb. 12:7.

h 2 Petr. 2:11.

i Sag. 3:2.

45 Dit is die eienaam van die aartsengel, wat ook gevind word in Dan. 10:13; 12:1. Openb. 12:7, en wat wie is soos God beteken. Hierdie naam kan ook aan die Here Jesus Christus toegeskryf word, hoewel Hy in 1 Thess. 4:16 uitdruklik van die aartsengel onderskei word.

46 Dit is, die owerste van die engele, of een van die owerstes van die engele. Sien oor hierdie naam 1 Thess. 4:16 en die kanttekening.

47 Hierdie geskiedenis word nie in die Skrifte van die Ou Testament beskryf nie, sodat dit wil voorkom of Judas dit óf uit ’n oorlewering van hand tot hand, óf uit ’n geskrif wat ons nie meer het nie, gekry het; soos hy ook in vers 14 die profesie van Henog en soos Paulus ook die name van die Egiptiese towenaars beskryf, 2 Tim. 3:8. Daaruit is nie af te lei dat die Heilige Skrif onvolkome sou wees nie. Sien hieroor 2 Tim. 3:8 se kanttekeninge.

48 Dit word deur baie verstaan as die dooie liggaam van Moses, toe hy op die berg Nebo gesterf het, wat God op ’n onbekende plek begrawe het (Deut. 34:1, 6), sodat die Israeliete met sy doodsbeendere geen afgodery sou begaan nie. Hulle meen dat die duiwel dit probeer verhinder het, om sodoende die volk tot afgodery te bring, soos deur baie mense deesdae gedoen word met die beendere van martelare en ander heiliges.

49 Dit is, lasterlike oordeel, lasterwoorde of skelwoorde, waarmee iemand veroordeel word. Sien 2 Petr. 2:11.

50 Dergelike word gelees in Sag. 3:2, sommige meen dat die apostel daarna verwys.

k 2 Petr. 2:12. 51 Dit is, deur die uitwendige sintuie.

52 Naamlik deurdat hulle die dinge met oordaad en ontugtigheid misbruik, waarmee hul liggaam en siel te gronde gaan.

l Gén. 4:8. 1 Joh. 3:12.

m Núm. 22:7, 21. 2 Petr. 2:15.

n Núm. 16:1.

53 Dit is, ’n ewige ellende sal oor hulle kom.

54 Dit is, die voorbeeld van Kaïn gevolg, deur hul broers te haat en te vervolg.

55 Dit is, soos Bíleam deur gierigheid, ter wille van die loon, hom laat verlei het om God se volk te vervloek, hoewel God hom dit verhinder het, so leer hierdie mense ook valse leringe, en laster die regte leer, ter wille van vuil gewin. Gr. uitgestort, dit is, soos uitgegote water vanself wegvloei, so word hulle deur groot gierigheid daarheen gedryf.

56 Dit is, deur die weerspannigheid en oproerigheid van Korag teen hul owerheid, na te volg.

57 Of: in die verderf gebring, soos Korag en sy metgeselle Datan en Abíram, wat met alles wat hulle besit het, lewend in die aarde weggesink het, Núm. 16:31, ens.

o 2 Petr. 2:13.

p 2 Petr. 2:17.

58 Gr. agapais, dit is, liefdes. So is die maaltye genoem wat die eerste Christene gewoonlik met mekaar gehou het tot versterking van die liefde, as die nagmaal gehou was; waarvan die apostel Paulus spreek in 1 Kor. 11:21, 22, en wat beskryf word deur Tertullianus, Apologeticum.

59 Naamlik om daaroor deur God gestraf te word; of ook van skande voor die mense.

60 Dit is, deur julle tot ’n besondere maaltyd genooi.

61 Dit is, met gulsigheid en oordadigheid vul en voer hulle hulself vet. Sien Eség. 34:2.

62 Dit is, wat dan nie vrugte of blare het nie.

63 Dit is, geheel en al dood en sal nooit weer vrugte of blare hê nie.

q Jes. 57:20. 64 Dit is, onstuimige, wrede.

65 Naamlik hul onstuimige vuil en lasterlike woorde en skandelike dade, soos skuim en vuiligheid uitwerp.

66 Dit is, planete; hoewel hul wentelbaan vas is, wil dit nogtans vir ons voorkom of hulle dwaal, omdat hulle baan nie eenparig is met die ander sterre nie. Daarmee vergelyk hy hul onstandvastigheid.

67 Sien 2 Petr. 2:17 se kanttekening.

r Gén. 5:18.

s Dan. 7:10. Hand. 1:11. 1 Thess. 1:10. 2 Thess. 1:10. Openb. 1:7.

68 Naamlik met Adam ingereken, aldus: Adam, Set, Enos, Kenan, Mahalálel, Jered, Henog. Sien Génesis 5.

69 Hierdie profesie staan nêrens in die Skrifte van die Ou Testament beskryf nie, maar dit wil voorkom of dit van hand tot hand onder die Jode oorgelewer was, en God het dit deur die apostel Judas laat opteken in die Heilige Skrif, om ewiglik in die gemeente bewaar te word. Sien vers 9.

70 Dit is, sal kom. So spreek die profete om daarmee die sekerheid van die vervulling van die profesie aan te toon, asof dit nou reeds gebeur of al gebeur het. Sien 1 Kor. 16:22.

71 Naamlik engele. ’n Bepaalde getal vir ’n onbepaalde groot hoeveelheid. Sien Matt. 24:31; 25:31. Dan. 7:10 en die kanttekeninge.

t Matt. 12:36. 72 Gr. te doen, of: oordeel te vel.

73 Naamlik ongelowige en onboetvaardige sondaars. Want hier word gespreek van die oordeel van verdoemenis, waarin die gelowige en boetvaardige sondaars nie sal kom nie, Joh. 5:24.

74 Dit is, wat onder hulle in goddeloosheid uitmunt (uitstaan) en die godsaliges laster, vervolg en verdruk; hoedanig hier deur die apostel beskryf word.

75 Gr. te bestraf, of: te oortuig.

76 Dit is, nie net oor hul goddelose werke nie, maar ook oor hul ongerymde lasterlike en smadelike woorde, wat ondraaglik is.

77 Naamlik die Here, wat sal kom om te oordeel, vers 14. Dit is, teen sy persoon, leer en gemeente.

v 2 Petr. 2:18. 78 Naamlik sowel teen God, omdat Hy nie aan hulle verwagtinge voldoen nie; as teen die mense, en vernaamlik die wat oor hul gestel is, met wie se regering hulle nie tevrede is nie.

79 Dit is, wat nie tevrede is met die omstandighede of deel wat God vir hulle beskik het nie.

80 Naamlik vleeslike begeerlikhede. Sien Rom. 8:1, 5. 2 Kor. 10:3. Gal. 5:16. 2 Petr. 3:3.

81 Dit is, om die persone, wat deur hul rykdom of mag in aansien is en vir hulle bevorderlik kan wees, as ’t ware met verwondering te prys en te vlei.

82 Om deur hulle vleiery voordeel te bekom.

83 Hieruit volg nie dat hierdie Judas nie ook ’n apostel van Christus sou wees nie; want Petrus maak ook melding van die briewe van Paulus, 2 Petr. 3:15; maar slegs dat hy ná die ander apostels geskryf het. Hy verwys hier vernaamlik na die apostels Paulus en Petrus.
x Hand. 20:29. 1 Tim. 4:1. 2 Tim. 3:1; 4:3. 2 Petr. 2:1; 3:3. 84 Gr. begeerlikhede van die goddelooshede.
85 Naamlik in die gemeente. Of: hulle afskei, naamlik van die heilige vergaderinge van die gelowiges.

86 Gr. siellike, soos in 1 Kor. 2:14. Jak. 3:15. Sien die kanttekeninge daar.

87 Naamlik van God, dit is, die Gees van die wedergeboorte; wat blyk uit die feit dat hul vleeslike begeerlikhede in hulle die oorhand het en heers; wat nie gebeur in diegene wat die Gees van die wedergeboorte het nie.

88 Of: mekaar, soos in 1 Thess. 5:11.

89 Of: stig, dit is, bevestig julle fondament, en neem daagliks meer en meer toe in die geloof.

90 Dit is, in die vertroue wat julle het op die Saligmaker Jesus Christus, om dit te behou, daarin toe te neem, en alle Christelike deugde daarop te vestig, Rom. 14:23. Hebr. 11:6. Of: in die leer van die heilige profete en apostels, wat julle glo en eenmaal aangeneem het, Ef. 2:20, daagliks meer en meer daarin toeneem, en daarby vas bly staan.

91 Of: deur die Heilige Gees, Rom. 8:26.

92 Naamlik tot God, dat Hy deur sy goddelike genade en krag julle daarin versterk. Waaruit blyk, as ons vermaan word om ons te stig en te bewaar, dat sulke bewaring nie deur ons kragte voortkom nie, maar deur die genade en krag van God, tot wie ons daarvoor moet bid.

93 Of: mekaar, soos in vers 20.

94 Verstaan hier, óf in die liefde waarmee God ons liefhet, om in sy guns en vriendskap te bly; óf in die liefde wat ons vir God het, om daarin te volhard en toe te neem; ons moet beide nastreef. Dit wil egter voorkom of die tweede meer met die bedoeling van die apostel ooreenkom.

95 Naamlik deur sorgvuldig alle middele aan te wend om daarin te bly en toe te neem. Sien vers 20.

96 Dit is, die genadige uitspraak of vonnis, wat Hy oor ons gelowiges sal uitspreek op die oordeelsdag, Matt. 25:34, sonder ons verdienste, uit enkel barmhartigheid.

97 Of: bewys barmhartigheid aan sommige, terwyl julle onderskeid maak tussen swakkes en moedswilliges, tussen leersames en hardnekkiges, naamlik om jul bestraffings en vermanings volgens elkeen se ingesteldheid met sagmoedigheid of strengheid te rig, om hul des te beter te win.

98 Dit is, bestraf en vermaan sommige uit barmhartigheid en medelye oor hul swakheid, naamlik wie uit swakheid sondig en nie moedswillig is nie, Gal. 6:1.

99 Naamlik wat moedswillig of hardnekkig is.

100 Gr. in vrees; dit is, probeer om hulle te verskrik met voorstelling van die vreeslike oordeel van God, wat oor sulke mense sal kom, indien hulle hul nie bekeer nie, 2 Tim. 4:2.

101 Dit is, probeer om hulle te red deur goeie vermanings. Sien 1 Tim. 4:16.

102 Dit is, trek hulle sonder om te talm uit die openlike gevaar om die saligheid te verloor, soos ’n mens doen as iemand in die vuur geval het. Want ’n bekeerde sondaar is as ’t ware uit die helse vuur geruk.

103 Dit is, nie net die onkuisheid en ander sondes self nie, maar ook dit wat enige gemeenskap daarmee het.

104 Dit wil voorkom of dit gesê word ten opsigte van die onreinhede volgens die wet, waarvolgens almal wat iets onreins aangeraak het, self ook as onrein beskou was.

105 Of: stamp, misstap.

106 Dit is, voor Hom wat heerlik is.

y Rom. 16:27. 1 Tim. 1:17. 107 Gr. tot in alle eeue.

Einde van die algemene brief van JUDAS.