DIE ALGEMENE BRIEF VAN
(DIE APOSTEL) JUDAS
Spring na die lys van die boek nameINHOUD VAN HIERDIE BRIEF.
DIE apostel Judas, wat die voorbeeld en ook die voetspore van die apostel Petrus in sy tweede brief nagevolg het, het hierdie brief geskryf om die gelowige Christene te vermaan tot standvastigheid in die ware geloof, en vir dié doel te waarsku teen die valse leraars en spotters, om nie deur hulle verlei te word nie. 1 En direk ná die opskrif en die groet, 3 Stel hy hierdie vermaning voor en toon aan hoe nodig dit is, aangesien baie goddelose mense onder die Christene ingesluip het. 5 Verklaar dat hulle ewig deur God gestraf sal word en bewys dit met soortgelyke voorbeelde van die Israeliete in die woestyn, 6 Van die afvallige engele, 7 En van die inwoners van Sodom en Gomorra. 8 Beskryf hulle as mense wat die heerskappy laster, wat selfs die aartsengel Mígael nie teen die duiwel durf doen het nie. 11 Dat hulle in die voetstappe van Kain, Bíleam en Korag volg. 12 Dat hulle skandvlekke in die Christelike byeenkomste is, huigelaars, beginselloos en dat hulle sekerlik verdoem sal word. 14 Wat hy bevestig met ’n profesie van Henog. 16 En beskryf verder hulle gebreke. 17 En sê dat dít die mense is teen wie die apostels hulle gewaarsku het. 20 Daarna herhaal hy dieselfde oproep tot standvastigheid, met belofte van die ewige lewe. 22 Vermaan hulle om hulle daarop toe te lê om hulle naaste te behou, sommige met barmhartigheid, ander met vrees. 24 Uiteindelik sluit hy af met ’n lof- en danksegging tot God.