Statevertaling – Bybelstigting

Matthéüs 11

Johannes die Doper stuur twee dissipels na Jesus.

(Luk. 7:18-35.)

1

EN toe Jesus klaar was met 1bevele aan sy twaalf dissipels te gee, het Hy daarvandaan weggegaan om te leer en te preek in 2hulle stede.

2

aEn Johannes het in die 3gevangenis gehoor van 4die werke van Christus, en twee van sy dissipels gestuur

3

en 5vir Hom gesê: Is U die Een 6wat sou kom, of moet ons ’n ander een verwag?

4

En Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: Gaan vertel aan Johannes wat julle hoor en sien:

5

b7blindes sien weer en kreupeles loop, melaatses word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en aan 8armes word die evangelie verkondig.

6

En salig is elkeen wat aan My nie 9aanstoot neem nie.

7

cEn toe hulle vertrek, begin Jesus vir die skare aangaande Johannes te sê: Wat het julle uitgegaan om in die woestyn te aanskou? ’n 10Riet wat deur die wind beweeg word?

8

Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Man met 11sagte klere aan? Kyk, die wat sagte klere dra, is in die huise van konings.

9

Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, ook baie meer as ’n profeet!

10

Want dit is hy van wie daar geskrywe is: dKyk, Ek stuur my 12boodskapper voor u aangesig, wat u weg 13voor U uit sal regmaak.

11

Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een 14opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar 15die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy.

12

eMaar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele 16bestorm, en 17bestormers gryp dit met geweld.

13

Want al die profete en die wet het tot op Johannes 18geprofeteer.

14

fEn as julle dit wil aanneem: hy is 19Elía wat sou kom.

15

20Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

16

Maar waarmee sal Ek hierdie geslag 21vergelyk? gDit is net soos kindertjies wat op die markte sit en na hulle maats roep

17

en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle ’n klaaglied gesing, en julle het nie 22getreur nie.

18

hWant Johannes het gekom en 23nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: Hy het ’n duiwel.

19

Die Seun van die mens het gekom — Hy eet en drink, en hulle sê: Dáár is ’n mens wat ’n vraat en ’n wynsuiper is, ’n vriend van tollenaars en sondaars. Maar die wysheid is 24geregverdig deur sy kinders.

Die drie onboetvaardige stede.

(Luk. 10:13-15.)

20

iTOE het Hy die stede waarin die meeste van sy kragtige dade plaasgevind het, 25begin verwyt, omdat hulle hul nie bekeer het nie:

21

Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in 26Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hul 27lankal in k28sak en as bekeer het.

22

lMaar Ek sê vir julle, dit sal vir Tirus en Sidon verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir julle.

23

En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe 29verhoog is, jy sal tot die 30doderyk toe neergestoot word; want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly staan het tot vandag toe.

24

Maar Ek sê vir julle mdat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in die oordeelsdag as vir jou.

Die juk van Jesus.

(Luk. 10:21 vv.)

25

nIN daardie tyd het Jesus 31gespreek en gesê: Ek 32loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, odat U hierdie dinge verberg het 33vir wyse en verstandige mense en dit 34aan kindertjies geopenbaar het.

26

Ja, Vader, want so was dit 35u welbehae.

27

pAlles is aan My oorgegee deur my Vader, en qniemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil 36openbaar.

28

Kom na My toe, almal 37wat vermoeid en 38belas is, en Ek sal julle rus gee.

29

Neem my 39juk op julle en leer van My, want Ek is rsagmoedig en nederig van hart, sen julle sal rus vind vir julle siele;

30

twant my juk is 40sag en my las 41is lig.

1 Naamlik wat in die voorgaande hoofstuk beskryf is.

2 Naamlik van Galiléa, waarvandaan sy dissipels was. Sien Hand. 2:7.

a Luk. 7:18. 3 Sien oor die oorsaak en die einde van hierdie gevangenskap van Johannes die Doper Matthéüs 14. Markus 6.

4 Dit is, wondertekens of wonderwerke.

  5 Dit is, aan Hom laat sê.

6 Dit is, die Messías wat deur die profete beloof is. Johannes laat dit vra, nie omdat hy self daaraan getwyfel het nie, want hy het lank tevore openlik daarvan getuig, Joh. 1:29, maar om uit Christus se antwoord geleentheid te soek om sy dissipels, wat nog enigsins daaraan getwyfel het, hieroor later breedvoeriger te onderrig.

b Jes. 29:18; 35:5; 61:1. Luk. 4:18. 7 Hierdie dinge was vooruit aangekondig, dat dit deur die Messías gedoen sou word. Sien Jes. 35:5.

8 Naamlik wat die natuurlike sowel as die geestelike staat betref, Matt. 5:3, soos dit ook gebruik word in Jes. 61:1, waarna Christus hier verwys.

  9 Dit is, wat uit my geringe staat of leringe geen aanstoot neem om nie in My te glo nie. Sien Mark. 6:3. Joh. 6:41, 53, 66.
c Luk. 7:24. 10 Dit is, ’n onstandvastige leraar, wat deur allerhande winde van lering gedryf word, Ef. 4:14.
  11 Dit is, kosbare en sierlike.
d Mal. 3:1. Mark. 1:2. Luk. 7:27. 12 Die Griekse woord kan ook engel beteken.

13 In die profeet Maleági (Mal. 3:1), staan: voor My uit, omdat Christus self daar spreek; en hier bring Christus die Vader in, wat spreek met sy Seun, aangesien Johannes sowel deur die Vader as deur die Seun gestuur is, Luk. 3:2. Joh. 1:6.

14 Gr. verwek.

15 Gr. die kleinere, naamlik onder die leraars van die evangelie; aangesien hulle Christus nog duideliker aanwys, noudat Hy alles wat vir ons saligheid nodig is, volkome volbring het, en die leraars dit nie net aan die Jode nie, maar ook aan die heidene verkondig.

e Luk. 16:16. 16 Of: geweld aangedoen. Dit is, word deur ’n groot menigte en met baie ywer aangeneem.

17 Dit is, wat met groot erns en ywer die saligheid nastreef, soos die wat iets met geweld na hulle toe wil trek, Filip. 3:8, 12.

18 Dit is, het die koms van die Messías vooruit aangekondig en afgebeeld. Johannes het Hom egter aangewys as die Een wat nou gekom het en teenwoordig is.
f Mal. 4:5. Luk. 1:17. 19 Nie Elía, die Tisbiet, in sy persoon nie, Joh. 1:21, maar wat in die gees en krag van Elía sou kom, Luk. 1:17.
  20 Dit is, wie van God die Gees van verstand ontvang het, laat hom met aandag hierop let, 2 Kor. 3:5.
g Luk. 7:31. 21 Met hierdie gelykenis leer Christus dat Hy op alle maniere, sowel sag as hard, probeer het om hulle tot bekering te bring.
  22 Gr. nie op die bors geslaan nie, dit is, geen teken van droefheid getoon nie.
h Matt. 3:4. Mark. 1:6. 23 Naamlik nie op die gewone manier van ander mense nie.
  24 Dit is, Christus, wat die wysheid van die Vader genoem word, Spr. 8:12, ens. 1 Kor. 1:24, of sy leer is as goed en reg erken en ontvang deur die ware dissipels.
i Luk. 10:13. 25 Dit is, tot hul skande begin bestraf en met wee jou begin dreig soos in die volgende vers.
k 2 Sam. 13:19. 2 Kon. 6:30; 19:1. 26 Dit was twee stede van die heidene aan die Middellandse See in Fenícië geleë, wat vroeër in baie weelde, prag en oppervlakkigheid gelewe het. Sien Jesaja 23. Eségiël 26; 27.

27 Naamlik toe hulle nog in hul bloeiende toestand en weelde verkeer het, voordat hulle deur Alexander die Grote met geweld ingeneem en verwoes was.

28 Met sulke tekens is die boetvaardigheid vroeër getoon. Sien Jes. 58:5. Klaagl. 2:10. Dan. 9:3. Jona 3:6.

l Matt. 10:15.  
  29 Sowel deur jou welvaart as deur die inwoning, leer en wonders van Christus.

30 Gr. hades. Sommige vertaal dit met hel.

m Matt. 10:15.  
n Luk. 10:21.

o Job 5:12. Jes. 29:14. Luk. 10:21. 1 Kor. 1:19; 2:7, 8.

31 Gr. geantwoord en gesê. Dit wil voorkom of dit op die verslag dui wat die sewentig dissipels aan Hom gebring het aangaande die uitkoms van hul reis, soos af te lei is uit Luk. 10:17.

32 Gr. bely, dit is, dank of loof.

33 Naamlik na die vlees, of van hierdie wêreld. Sien 1 Kor. 1:20, 26.

34 Dit is, wat kinders in die verstand is, of wat geringgeag word. Sien 1 Kor. 1:27; 14:20.

  35 Gr. welbehae voor U. Sien oor hierdie welbehae Luk. 2:14; 12:32. Ef. 1:5.
p Matt. 28:18. Luk. 10:22. Joh. 3:35.

q Joh. 1:18; 6:46.

36 Naamlik deur sy Woord en Gees, 1 Kor. 2:11, 12.
  37 Of: wat tot vermoeidheid arbei.

38 Naamlik met die las van sondes, of ook van die wet en van menslike instellinge.

r Ps. 45:5.

s Jer. 6:16.

39 Dit is, my leer, bestaande uit sowel gebooie as beloftes.
t 1 Joh. 5:3. 40 Dit is, gemaklik of goed om te dra.

41 Dit word so genoem omdat Christus dit deur sy verdienste en deur die krag van sy Gees lig maak. Sien Rom. 8:26. 1 Joh. 5:3, 4. Dit word gestel teenoor die ondraaglike juk van die wet, Hand. 15:10, en van menslike instellinge, Matt. 23:4.