Statevertaling – Bybelstigting
Die vernaamste in die koninkryk van die hemele.
(Mark. 9:33-37; Luk. 9:46-48.)
INa daardie 1uur het die dissipels na Jesus gekom en gesê: Wie 2is tog die grootste in die koninkryk van die hemele?
Toe roep Jesus ’n kindjie na Hom en laat hom in hulle midde staan
en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, bas julle nie 3verander en soos die 4kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!
cElkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.
dEn elkeen wat een van sulke 5kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My;
emaar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, 6laat struikel, dit is vir hom beter dat ’n 7meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.
Wee die wêreld weens die struikelblokke! fWant dit is 8noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, gmaar wee die mens deur wie die struikelblok kom.
hEn as jou 9hand of jou voet jou 6laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur gewerp te word.
En as jou oog jou 6laat struikel, ruk dit uit en werp dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om met een oog in die lewe in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word.
Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle idat 10hulle engele in die hemele altyd die aangesig 11sien van my Vader wat in die hemele is.
kWant die Seun van die mens het gekom om te red wat verlore is.
lWat dink julle? 12As iemand honderd skape het en een van hulle verdwaal, sal hy nie die negen-en-negentig laat staan en op die berge die verdwaalde een gaan soek nie?
En as hy hom kry, voorwaar Ek sê vir julle dat hy blyer is oor hom as oor die negen-en-negentig wat nie verdwaal het nie.
So is dit nie die wil 13van julle Vader wat in die hemele is, dat een van 14hierdie kleintjies verlore gaan nie.
Die vergifnis. Gelykenis van die onbarmhartige skuldeiser.
mEN as jou broeder 15teen jou sondig, gaan 16bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin;
maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, nsodat in die mond van twee of drie getuies 17elke woord kan vasstaan.
En as hy na hulle nie luister nie, osê dit aan die 18gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, plaat hom vir jou wees 19soos die heiden en die tollenaar.
qVoorwaar Ek sê vir julle, 20alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.
Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak 21wat hulle mag vra, dit sal 22hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.
rWant waar twee of drie in my Naam vergader, 23daar is Ek in hul midde.
Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? sTot sewe maal toe?
Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar ttot 24sewentig maal sewe toe.
Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met ’n sekere koning wat met sy diensknegte 25wou afreken.
En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring 26wat tienduisend 27talente skuldig was.
vEn omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy 28verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, en dat betaal moet word.
Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Heer, wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal.
En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.
Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy medediensknegte vind wat hom honderd 29pennings skuldig was, het hy hom aan die keel 30gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld.
Sy mededienskneg val toe voor sy voete neer en smeek hom en sê: Wees lankmoedig met my, en ek sal jou alles betaal.
En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die gevangenis gewerp totdat hy die skuld sou betaal het.
En toe sy medediensknegte sien wat gebeur het, was hulle baie bedroef, en hulle het gegaan en aan hulle heer meegedeel alles wat gebeur het.
Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het;
moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie?
En sy heer het hom in toorn 31oorgegee aan die pynigers 32totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.
xSo sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder 33van harte sy oortredinge vergewe nie.
| a Mark. 9:34. Luk. 9:46; 22:24. | 1 Dit is, tyd.
2 Dit is, sal tog die grootste wees. |
| b Matt. 19:14. 1 Kor. 14:20. 1 Petr. 2:2. | 3 Gr. omkeer, dit is, julle afkeer, naamlik van hierdie hoogmoed en eergierigheid.
4 Naamlik soos Dawid van homself getuig in Psalm 131. |
| c 1 Petr. 5:6. |
| d Mark. 9:37. Luk. 9:48. Joh. 13:20. | 5 Naamlik nie net wat leeftyd betref nie, maar ook diegene wat soos kinders nederig van gemoed is, soos die volgende genoegsaam uitwys, vers 6. |
| e Mark. 9:42. Luk. 17:2. | 6 Of: aanstoot gee. So ook in verse 8, 9. Dit is, iets doen, spreek of leer waardeur hy ’n ander tot sonde of afval bring.
7 Gr. ’n donkiemeulsteen, dit is, ’n meulsteen, wat deur ’n donkie getrek word. |
| f 1 Kor. 11:19.
g Matt. 26:24. Hand. 2:23; 4:27, 28. |
8 Naamlik ten opsigte van die boosheid van die duiwel, die verdorwenheid van die mense en God se regverdige toelating en oordeel. Sien 1 Kor. 11:19. 2 Thess. 2:11, 12. |
| h Deut. 13:6. Matt. 5:29, 30. Mark. 9:43. | 9 Sien hieroor Matt. 5:29 se kanttekening. |
| i Ps. 34:8. | 10 Dit is, wat tot hul beskerming en diens gestuur word, Hebr. 1:14.
11 Dit is, hulle het altyd toegang tot die troon van God, om bevele te ontvang tot hul beskerming, en tot straf van diegene wat hulle sou mag verag of verdruk. ’n Gelykenis geneem van die konings in die ooste, wat hul vernaamste dienaars, deur wie hulle hul ryk geregeer het, toegang gegee het om hul aangesig te sien; soos te sien is in Est. 1:14. Sien ook Luk. 1:19. Openb. 8:2. |
| k Luk. 19:10. |
| l Luk. 15:3. | 12 Met hierdie gelykenis wil Christus leer, dat wanneer een van die gelowiges verlei sou word, Hy nie sal rus totdat Hy die gelowige teruggebring het nie. |
| 13 Gr. voor.
14 Naamlik wat in My glo, soos in vers 6 staan. |
| m Lev. 19:17. Spr. 17:10. Luk. 17:3. Jak. 5:19. | 15 Dit is, jou enige aanstoot gee, hetsy dat hy jou veronreg, of andersins teen God of die naaste verkeerd handel met jou medewete, sonder dat dit openlik bekend is. Want openbare sondes moet in die openbaar bestraf word, 1 Tim. 5:20.
16 Dit is, vermaan en oortuig hom van sy misdaad. |
| n Núm. 35:30. Deut. 17:6; 19:15. Joh. 8:17. 2 Kor. 13:1. Hebr. 10:28. | 17 Dit is, elke saak of waarheid van krag sal wees. Vgl. Deut. 19:15. |
| o 2 Thess. 3:14.
p 1 Kor. 5:9. 2 Thess. 3:14. |
18 Dit is, die regeerders van die gemeente, wat die hele gemeente as ’t ware verteenwoordig. Sien 1 Kor. 12:28. 2 Kor. 2:6.
19 Dit is, soos een wat buite die gemeente van Christus is, Hand. 10:28. |
| q Matt. 16:19. Joh. 20:23. | 20 Sien hieroor Matt. 16:19 en die kanttekeninge. |
| 21 Naamlik uit die geloof en volgens God se wil, Jak. 1:6. 1 Joh. 5:14.
22 Gr. geskied of gebeur vir hulle. |
| r Luk. 24:15, 36. | 23 Naamlik met my Gees en genade, Joh. 14:16, 23. |
| s Luk. 17:4. |
| t Matt. 6:14. Mark. 11:25. Kol. 3:13. | 24 Dit is, soveel keer as wat hy teen jou oortree het. Die Skrif gebruik dikwels ’n bepaalde getal vir ’n onbepaalde hoeveelheid, soos in Gén. 4:24. |
| 25 Gr. die rekening wou opmaak. |
| 26 Gr. skuldenaar van tienduisend talente.
27 ’n Gewone talent word geskat om die waarde van twintig jaar se dagloon van ’n arbeider te wees. |
| v Matt. 5:25. | 28 Dit was in die Ou Testament gebruiklik dat die kinders saam met hul ouers vanweë die skuld van die ouers as slawe verkoop kon word. Sien Ex. 22:3. 2 Kon. 4:1. |
| 29 Gr. denarii. ’n Denarius was ’n munt van silwer, wat ongeveer ’n dragme of ’n kwart sikkel silwer geweeg het, waarde van ongeveer ’n dagloon van ’n arbeider.
30 Gr. gewurg, dit is, het hom aan die keel gegryp, sodat hy hom byna verwurg het. |
| 31 Die bedoeling van Christus is hier nie om te leer dat God die sondes wat Hy vergewe het, daarna nog sou straf nie, want dit doen God nie, Hebr. 8:12, maar Hy verklaar sy bedoeling self in vers 35. Dit is bekend dat die gelykenisse nie verder verklaar of toegepas behoort te word as die vernaamste bedoeling wat daarvan afgelei kan word nie.
32 Dit is, vir ewig. Want die sondaar kan nooit vir sy sondes betaal nie, Matt. 16:26; 25:46. |
| x Matt. 6:14. Mark. 11:26. Jak. 2:13. | 33 Gr. van julle harte. |