Statevertaling – Bybelstigting

Matthéüs 19

Die vraag oor die skeibrief.

(Mark. 10:1-12.)

1

EN atoe Jesus hierdie woorde geëindig het, het Hy van Galiléa vertrek en in die gebied van Judéa 1oorkant die Jordaan gekom.

2

En groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle daar gesond gemaak.

3

bToe kom die Fariseërs na Hom om Hom te 2versoek, en sê vir Hom: Is dit ’n man geoorloof om oor 3allerhande redes van sy vrou te 4skei?

4

En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle cvan die begin af 5man en vrou gemaak het nie,

5

den 6gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou 7aankleef, en ehulle twee sal 8een vlees wees;

6

sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? fWat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

7

Hulle sê vir Hom: gWaarom het Moses dan 9beveel om ’n skeibrief te gee en van haar te skei?

8

Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.

9

hMaar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ’n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

10

Sy dissipels sê vir Hom: As die 10saak van ’n man met ’n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.

11

Maar Hy sê vir hulle: iAlmal 11vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is.

12

Want daar is persone wat 12onbekwaam is om te trou, 13wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat 14deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone 15wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. 16Wie dit kan vat, laat hom dit vat.

Jesus seën die kindertjies.

(Mark. 10:13-16; Luk. 18:15-17.)

13

kTOE bring hulle kindertjies na Hom, dat Hy hulle die hande sou oplê en bid; en die dissipels het 17hulle bestraf.

14

Maar Jesus sê: lLaat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan 18sulkes behoort die koninkryk van die hemele.

15

En Hy het hulle 19die hande opgelê en daarvandaan vertrek.

Die ryk jongman.

(Mark. 10:17-31; Luk. 18:18-30.)

16

mEN daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?

17

En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? 20Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, 21onderhou die gebooie.

18

Hy vra Hom: Watter? En Jesus sê — dit: nJy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie;

19

eer jou vader en moeder; en: oJy moet jou naaste liefhê soos jouself.

20

Die jongman sê vir Hom: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af. Wat kom ek nog kort?

21

Jesus antwoord hom: 22As jy volmaak wil wees, pgaan verkoop jou goed qen gee dit aan die armes, en jy sal ’n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.

22

Maar toe die jongman dié woord hoor, het hy bedroef weggegaan; want hy het baie 23besittings gehad.

23

En Jesus sê vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle rdat 24’n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan.

24

En verder sê Ek vir julle, 25dit is makliker vir ’n 26kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.

25

Toe sy dissipels dit hoor, was hulle baie verslae en sê: Wie kan dan gered word?

26

Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, smaar 27by God is alle dinge moontlik.

27

tDaarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. 28Wat sal daar dan vir ons wees?

28

En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die 29wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op 30sy heerlike troon gaan sit, vjulle ook op twaalf trone sal sit en die 31twaalf stamme van Israel sal oordeel.

29

xEn elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, ysal 32honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe.

30

zMaar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.

a Mark. 10:1. 1 Anders: naby of langs die Jordaan, soos in Matt. 4:15. Want Judéa het aan dieselfde kant van die Jordaan gelê, waar Galiléa gelê het.
b Mark. 10:2. 2 Naamlik om te sien of hulle uit sy antwoord iets kon vind waarmee hulle Hom by die volk verdag kon maak.

3 Gr. alle, elke.

4 Sien Matt. 5:31 en die kanttekening.

c Gén. 1:27. 5 Of: slegs een van die manlike en een van die vroulike geslag.
d Gén. 2:24. Ef. 5:31.

e 1 Kor. 6:16.

6 Dit is Adam se woorde, Gén. 2:24, maar word hier aan God toegeskryf, omdat Adam dit deur goddelike ingewing gespreek het. Sien die betekenis hiervan in Gén. 2:24 se kanttekening.

7 Die Griekse woord is geneem van ’n beeld van twee verskillende dinge, wat met gom aan mekaar vasgemaak is.

8 Dit is, soos een liggaam, of: soos een mens. 1 Kor. 6:16. Ef. 5:31.

f 1 Kor. 7:10.  
g Deut. 24:1. Jer. 3:1. 9 Moses het wel beveel om ’n skeibrief te gee, tot vrypleiting van die vrou wat ten onregte verlaat of geskei is; maar hy het so ’n skeiding nooit goedgekeur nie. Hy het dit slegs vanweë die hardheid van hulle harte oorgesien, soos die owerhede soms sekere dinge moet toelaat, wat hulle andersins sou moes verbied, om erger kwaad te voorkom; soos Christus ook die woord toelaat in sy antwoord gebruik en die Fariseërs self ook, Mark. 10:4.
h Matt. 5:32. Mark. 10:11. Luk. 16:18. 1 Kor. 7:10.  
  10 Naamlik dat die man so vas aan die vrou gebind is.
i 1 Kor. 7:7, 17. 11 Dit is, het nie die gawe van onthouding nie; maar slegs dié aan wie God dit in die besonder gegee het, 1 Kor. 7:17.
12 Gr. eunugs, dit is, manne wat onbekwaam is tot seksuele aktiwiteit. Die redes hiervoor word vervolgens in die vers aangedui.

13 Dit is, persone wat van nature onbekwaam is om te trou.

14 Dit verwys na manne wat gekastreer is.

15 Dit is, wat die gawe van onthouding het, en vrywilliglik ongetroud bly, om God met minder bekommernis te dien en om die koninkryk van die hemele, sowel in hulself as in ander, te bevorder, 1 Kor. 7:32-35. Andersins, die wat hierdie gawe nie het nie, vir hulle is dit beter om te trou as om van begeerte te brand, 1 Kor. 7:9.

16 Wie hierdie gawe van onthouding het, laat hom dit gebruik, soos sy beroep of staat dit toelaat.

k Mark. 10:13. Luk. 18:15. 17 Naamlik diegene wat hulle gebring het, Mark. 10:13.
l Matt. 18:3. 1 Kor. 14:20. 1 Petr. 2:2. 18 Naamlik die kinders van die verbond, soos die kinders van hierdie Jode was. Andersins word die kinders van die ongelowiges onrein genoem, 1 Kor. 7:14.
  19 Hierdie seremonie is nie net vir die bevestiging in kerklike ampte gebruik nie, maar ook vir ander besondere seëninge, Gén. 48:14.
m Mark. 10:17. Luk. 18:18.
  20 Dit is, niemand uit die skepping is goed uit homself, volkome en ’n oorsprong van alle goed nie; en jy beskou My ook nie so nie.

21 Christus antwoord hier op die vraag en mening van hierdie jongman, wat gemeen het om deur sy eie goeie werke die saligheid te verkry. Daarom wys Hy hom op die wet, om hom daardeur tot erkenning van sy onvolmaaktheid, en daarna tot geloof in Hom te bring, Gal. 3:22, 24.

n Ex. 20:12. Deut. 5:17. Rom. 13:9.  
o Lev. 19:17. Matt. 22:39. Mark. 12:31. Gal. 5:14. Jak. 2:8.  
p Luk. 12:33; 16:9.

q Matt. 6:19. 1 Tim. 6:19.

22 Christus sê dit om hierdie jongman, wat gemeen het dat hy al die gebooie van God onderhou het, aangesien hy uiterlik volgens die gebooie geleef het, te oortuig dat hom nog baie ontbreek het, selfs ook wat betref die onderhouding van die gebooie van die tweede tafel van die wet, aangesien hy eerder sy goed wou behou, as om dit op Christus se bevel aan die armes te gee en Hom te volg; wat ook blyk uit vers 23. Want wie hierdie gebooie onderhou het, sou nie beswaarlik nie, maar vir seker in die koninkryk van die hemele kom, Rom. 10:5.
23 Of: eiendomme.
r Spr. 11:28. Mark. 10:23. Luk. 18:24. 24 Naamlik wat sy hart en vertroue op rykdom stel, soos verklaar word in Mark. 10:24.
  25 Dit was ’n spreekwoord onder die Jode, waarmee hulle die onmoontlikheid van ’n saak te kenne gegee het.

26 Of, soos sommige meen, ’n kabel.

s Job 42:2. Jer. 32:17. Sag. 8:6. Luk. 1:37; 18:27. 27 Omdat God ook die ryke se hart van sy vertroue op rykdom kan aftrek, en die geloof in Christus en ’n nederige hart kan skenk.
t Matt. 4:20. Mark. 10:28. Luk. 5:11; 18:28. 28 Dit is, wat sal ons daarvoor ontvang?
v Luk. 22:30. 29 Dit is, in die wederoprigting van alle dinge, wanneer die gelowiges na liggaam en siel volkome vernuwe sal word, Hand. 3:21. 1 Kor. 15:42, 43. Ander voeg die woorde in die wedergeboorte by die woorde julle wat My gevolg het.

30 Gr. die troon van sy heerlikheid. Naamlik om te oordeel oor die lewendes en die dooies.

31 Naamlik omdat die apostels hulle sal veroordeel, nie net met hul voorbeeld dat hulle in Christus geglo het, terwyl die ander Israeliete ongelowig gebly het nie, soos ook van die Nineviete gesê word, Matt. 12:41, maar ook met hul toestemming, soos ook van alle gelowiges gesê word, 1 Kor. 6:2, 3; hoewel die apostels hierin bo ander sal uitstaan, Luk. 22:30. Openb. 21:14.

x Deut. 33:9.

y Job 42:12.

32 Dit is, baiemaal. Sien Luk. 18:30 en die kanttekening.
z Mark. 10:31. Luk. 13:30.