Statevertaling – Bybelstigting
Gelykenis van arbeiders op verskillende ure gehuur.
WANT1 die koninkryk van die hemele is soos 2’n huisheer wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur.
En nadat hy met die arbeiders ooreengekom het vir ’n 3penning op ’n dag, stuur hy hulle in sy wingerd.
En omtrent die 4derde uur gaan hy uit en sien ander ledig op die mark staan.
En hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal ek aan julle gee. En hulle het gegaan.
Weer het hy omtrent die sesde en die negende uur uitgegaan en net dieselfde gedoen.
En omtrent die elfde uur gaan hy uit en vind ander ledig staan en sê vir hulle: Wat staan julle hier die hele dag ledig?
Hulle antwoord hom: Omdat niemand ons gehuur het nie. Hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal julle ontvang.
En toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir 5sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes.
En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen 6’n penning ontvang.
Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen ’n penning ontvang.
En toe hulle dit ontvang, 7murmureer hulle by die huisheer
en sê: Hierdie laastes het een uur 8gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het.
Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: 9Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir ’n penning nie?
Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.
aOf staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? Of is jou oog 10verkeerd, omdat ek goed is?
bSo sal die wat laaste is, 11eerste wees, en die wat eerste is, 12laaste; cwant baie is geroep, maar min uitverkies.
Die vraag van die seuns van Sebedéüs.
(Mark. 10:32-45; Luk. 18:31-34.)
dEN toe Jesus opgaan na Jerusalem, het Hy die twaalf dissipels op die pad alleen geneem en vir hulle gesê:
Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en skrifgeleerdes; en hulle sal Hom tot die dood veroordeel
een Hom oorlewer aan die heidene om Hom te bespot en te gésel en te kruisig; en op die derde dag sal Hy opstaan.
fToe kom die 13moeder van die seuns van Sebedéüs met haar 14seuns na Hom en buig voor Hom neer om iets van Hom te vra.
En Hy sê vir haar: Wat wil jy hê? Sy antwoord Hom: Sê dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk 15mag sit, een aan u regter- en een aan u linkerhand.
Maar Jesus antwoord en sê: gJulle 16weet nie wat julle vra nie. Kan julle die 17beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word met die doop hwaarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir Hom: Ons kan.
En Hy sê vir hulle: Dis waar, my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter- en aan my linkerhand 18berus nie by My om te gee nie, maar is vir hulle vir wie dit ideur my Vader 19berei is.
En toe die 20tien dit hoor, was hulle verontwaardig oor die twee broers.
Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: kJulle weet dat die owerstes van die 21nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen;
lmaar só moet dit onder 22julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.
mEn elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;
nnet soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en osy 23lewe te gee as ’n 24losprys 25vir baie.
Die twee blindes van Jérigo.
(Mark. 10:46-52; Luk. 18:35-43.)
pEN toe hulle uit Jérigo uitgaan, het ’n groot menigte Hom gevolg.
En daar het twee blindes langs die pad gesit; en toe hulle hoor dat Jesus verbygaan, roep hulle uit en sê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid!
En die skare het hulle bestraf, dat hulle moes stilbly; maar hulle het al harder geroep en gesê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid!
Toe gaan Jesus staan en roep hulle en sê: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?
Hulle antwoord Hom: Here, dat ons oë geopen mag word.
En Jesus het innig jammer vir hulle gevoel en hulle oë aangeraak, en dadelik het hulle oë gesien, en hulle het Hom gevolg.
| 1 Hieruit blyk dat hierdie gelykenis deur Christus vertel word ter bevestiging van die spreuk in die laaste vers van die voorgaande hoofstuk, soos ook te sien is in vers 16.
2 Gr. ’n mens wat heer van die huis is. |
| 3 Gr. denarius. Sien hieroor Matt. 18:28 en Openb. 6:6 se kanttekeninge. |
| 4 Die Jode het die dag in twaalf ure verdeel, soos te sien is in Joh. 11:9, sodat die uur van elfuur tot twaalfuur die laaste uur van die dag en van die arbeid was, en die derde uur met ons negeuur ooreengekom het. |
| 5 Dit is, hy wat verantwoordelikheid oor of versorging van sy goedere gehad het, of verantwoordelik was vir die ontvang en uitgee van sy inkomstes. Gr. epitropos. |
| 6 Hieruit blyk dat die loon in die hiernamaals nie volgens verdienste gegee sal word nie, want dan sou hierdie laastes minder moes ontvang het as die eerstes. |
| 7 Hieruit volg nié dat daar op die laaste dag enige murmurering onder die gelowiges sal wees nie, omdat nie alle dele van die gelykenisse toegepas mag word nie; maar dit word hier gesê om aan te toon dat daar dan geen rede vir murmurering sal wees nie, omdat die loon uit God se goedheid en volgens genade gegee sal word, soos blyk uit vers 15. |
| 8 Of: deurgebring met werk. |
| 9 Gr. Metgesel. |
| a Rom. 9:21. | 10 Dit is, afgunstig, jaloers. |
| b Matt. 19:30. Mark. 10:31. Luk. 13:30.
c Matt. 22:14. |
11 Dit is, soos die eerste.
12 Dit is, soos die laaste. Hiermee leer Christus, dat niemand rede het om te murmureer oor die beloning wat in die hiernamaals gegee sal word nie, al het iemand meer gearbei of God langer gedien, aangesien die loon uit genade en volgens die ewige verkiesing gegee sal word, soos Christus in die volgende woorde getuig, as Hy sê: want baie is geroep, maar min uitverkies. Ander meen dat deur die eerste diegene verstaan word wat deur hul eie werke geregverdig en salig wil word, soos die jongman van wie in die voorgaande hoofstuk gespreek is; en deur die laaste diegene wat op grond van God se genadige verkiesing die roeping tot saligheid met ’n ware geloof aanneem. |
| d Mark. 10:32. Luk. 18:31; 24:7. |
| e Matt. 27:2. Luk. 23:1. Joh. 18:28, 31. Hand. 3:13. |
| f Mark. 10:35. | 13 Naamlik Salóme, soos blyk uit Matt. 27:56 vergeleke met Mark. 15:40.
14 Naamlik Johannes en Jakobus, Matt. 10:2. Mark. 10:35. |
| 15 Dit is, dat hulle die grootstes of belangrikstes ná U mag wees. ’n Beeld geneem van konings wat op hul troon sit en gewoonlik diegene wat na aan hulle is, aan beide kante langs hulle laat sit. Sien 1 Kon. 2:19. Ps. 45:10; 110:1. |
| g Rom. 8:26.
h Luk. 12:50. |
16 Want hulle het nog nie verstaan die omstandigheid en die aard van die koninkryk van Christus en waartoe hulle geroep is nie, naamlik nie om in die wêreld te heers nie, maar om te dien en te ly.
17 Christus bedoel deur die beker asook die doop, swaar lyding, waardeur die mens soos met ’n bitter drank deurweek en soos met water oorgiet word, Ps. 75:9. Jes. 51:17. Matt. 26:42. Luk. 12:50. |
| i Matt. 25:34. | 18 Gr. is nie Myne nie, naamlik in hierdie nederige staat van My, en om sulke redes as wat julle jul inbeeld nie; andersins sal Christus in die hiernamaals ook diegene wat oorwin op sy troon laat sit, Openb. 3:21. Sien ook Mark. 10:40.
19 Dit is, van ewigheid af verordineer. Sien Matt. 25:34. |
| 20 Naamlik die ander apostels. |
| k Mark. 10:42. Luk. 22:25. | 21 Anders: heidene. |
| l 1 Petr. 5:3. | 22 Naamlik my apostels en alle ander wat tot diens in die kerk geroep sal word, hulle word hier so ’n wêreldse manier van heers verbied. Want andersins sal en mag daar onder die Christene ook konings en heersers wees, Ps. 2:10. Jes. 49:23. |
| m Matt. 23:11. Mark. 9:35; 10:43. |
| n Luk. 22:27. Joh. 13:14. Filip. 2:7.
o Ef. 1:7. 1 Tim. 2:6. 1 Petr. 1:19. |
23 Gr. siel. Of: Homself na liggaam en siel.
24 Dit wat gegee word om gevangenes te verlos. 25 Dit is, in die plek van baie, naamlik die uitverkore kinders van God, om hulle daarmee van die ewige dood te verlos, Joh. 10:15; 11:52; 17:9. |
| p Mark. 10:46. Luk. 18:35. |