Statevertaling – Bybelstigting

Matthéüs 3

Johannes die Doper.

(Mark. 1:1-8; Luk. 3:1-18; Joh. 1:6-8, 19-36; 3:23-32.)

1

IN1 daardie dae ahet 2Johannes die Doper opgetree en in die 3woestyn van Judéa

2

gepreek en gesê: Bekeer julle, want 4die koninkryk van die hemele het naby gekom.

3

Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: bDie stem van een wat roep in die woestyn: 5Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!

4

En hy, Johannes, het ’n 6kleed gedra cvan kameelhare en ’n leergord om sy heupe, en sy voedsel was 7sprinkane en wilde heuning.

5

En Jerusalem en die hele Judéa en die hele omtrek van die Jordaan het uitgegaan na hom toe.

6

dEn hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met 8belydenis van hulle sondes.

7

Maar toe hy ebaie van die 9Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: fAddergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?

8

gDra dan vrugte wat by die bekering 10pas.

9

En moenie dink om by julleself te sê: hons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.

10

Maar 11die byl lê ook al teen die wortel van die bome. iElke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

11

Ek doop julle wel 12met water tot bekering; kmaar Hy wat 13ná my kom, is sterker as ek, 14wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. 15Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

12

Sy 16skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die 17skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.

Die doop van Jesus.

(Mark. 1:9-11; Luk. 3:21, 22; Joh. 1:31-34.)

13

lTOE het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word.

14

Maar Johannes het Hom ernstig 18teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe?

15

Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: 19Laat dit nou toe, want só pas dit ons om 20alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat.

16

En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien mdie Gees van God 21soos ’n duif neerdaal en op Hom kom.

17

22En daar kom ’n stem uit die hemele wat sê: nDit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het.

a Mark. 1:4. Luk. 3:3. 1 Naamlik in die vyftiende jaar van keiser Tibérius, toe Christus omtrent dertig jaar oud was, Luk. 3:1, 23.

2 Sien oor Johannes, sy ouers, geboorte en bediening, Lukas 1. Johannes 1. Hy word die Doper genoem, omdat hy die eerste een was wat die doop op bevel van God in die Nuwe Testament bedien het. Sien Matt. 21:25. Joh. 1:33.

3 Nie so ’n soort wildernis waar geen mense woon nie, maar ’n woeste land van bosse en gebergtes, waar Sagaría, die vader van Johannes, gewoon het, Luk. 1:39, waarin daar ses stede was, Jos. 15:61, 62, wat dan ook hul dorpe of gehuggies gehad het.

  4 Dit is, die oprigting en verspreiding van die gemeente van God, deur die verkondiging van die evangelie ten tyde van die koms van die Messías.
b Jes. 40:3. Mark. 1:3. Luk. 3:4. Joh. 1:23. 5 ’n Beeld geneem van ’n prins of koning, vir wie se koms die weë berei en gelykgemaak word.
c Mark. 1:6. 6 Soortgelyke harige klere is vroeër deur die profete in die Ou Testament gedra. Sien Sag. 13:4. Hebr. 11:37. Soos van Elía in die besonder getuig word, 2 Kon. 1:8, in wie se gees en krag Johannes die Doper gekom het, Mal. 4:5. Luk. 1:17.

7 Die sprinkane in daardie lande is groot en baie, en word deur eenvoudige mense geëet, dit word ook onder die rein kos gelys, Lev. 11:22.

d Mark. 1:5. 8 Hierdie belydenis van sondes was nie ’n bieg nie, aangesien dit voor die doop, in die algemeen en in die openbaar plaasgevind het.
e Luk. 3:7.

f Matt. 12:34; 23:33.

9 Fariseërs en Sadduseërs was twee strominge onder die Jode, en daar was nog ’n derde, die Esseners. Sien oor hierdie strominge die Joodse geskiedskrywer Josephus, Oudhede en Joodse Oorlog.
g Luk. 3:8. 10 Dit is, waardig, betaamlik, of wat met die ware bekering ooreenstem.
h Joh. 8:39.  
i Matt. 7:19. Joh. 15:6. 11 Dit is, die straf van God kom nader, tensy julle die werke van Abraham doen, en nie net op julle afkoms van Abraham roem nie. Joh. 8:39.
k Mark. 1:7. Luk. 3:16. Joh. 1:15, 26, 27. Hand. 1:5; 11:16; 19:4. 12 Gr. in die water.

13 Of: agter my, Joh. 1:15, 27.

14 Dit is, die allerkleinste of geringste diens te lewer.

15 Johannes onderskei hier tussen sy uiterlike doop en die inwendige doop van Christus, waarmee Hy ons harte deur sy Gees suiwer, soos vuur die metale van alle skuim en onreinhede suiwer. Sien verder Joh. 3:5. Hand. 1:5; 2:4.

  16 Hiermee gooi mense die graan in die lug om dit van die kaf te skei.

17 Anders: graanskuur, of plek waar iets gebêre word om dit te bewaar.

l Mark. 1:9. Luk. 3:21.
  18 Dit is, het Hom sterk belemmer, of: het hom kragtig daarteen versit.
  19 Naamlik, moenie My verder verhinder nie.

20 Dit is, alles wat God ingestel en beveel het om Hom volkome gehoorsaamheid te bewys.

m Jes. 11:2; 42:1. Joh. 1:32. 21 Dit is, in liggaamlike gedaante soos ’n duif, Luk. 3:22. In so ’n gedaante wou die Heilige Gees, wat oral teenwoordig is, Hom hier op Christus openbaar, om Christus se onskuld, sagmoedigheid, vriendelikheid en opregtheid te kenne te gee.
n Jes. 42:1. Matt. 12:18; 17:5. Luk. 9:35. Kol. 1:13. 2 Petr. 1:17. 22 Hier is ’n duidelike getuienis van die drie onderskeie persone in die een goddelike wese: die Vader, wat spreek uit die hemel, die Seun, van wie Hy spreek, en die Heilige Gees, wat neerdaal.