Statevertaling – Bybelstigting
Die versoeking van Jesus.
(Mark. 1:12, 13; Luk. 4:1-13.)
TOE1 ais Jesus 2deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die 3duiwel.
En nadat Hy veertig dae en veertig nagte 4gevas het, het Hy naderhand honger geword.
En die 5versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die 6Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.
Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: bDie mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke 7woord wat deur die mond van God uitgaan.
Toe neem die duiwel Hom saam na die 8heilige stad en laat Hom op die 9dak van die tempel staan
en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: cHy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande 10dra, sodat U nie miskien u voet teen ’n klip stamp nie.
Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: dJy mag die Here jou God nie versoek nie.
Weer neem die duiwel Hom saam na ’n baie hoë berg en 11wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,
en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.
Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, 12Satan! want daar is geskrywe: eDie Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het 13engele gekom en Hom gedien.
Jesus in Galiléa. Die eerste dissipels.
(Mark. 1:14 vv.; Luk. 4:14 vv.; 5:1-11.)
EN toe Jesus hoor dat fJohannes 14in die gevangenis gesit was, het Hy gna Galiléa teruggegaan.
En Hy het Násaret verlaat en gaan woon in Kapérnaüm aan die see, in die gebied van Sébulon en Náftali,
sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het:
hDie land Sébulon en die land Náftali, na die see toe, 15oorkant die Jordaan, Galiléa van die 16heidene —
die volk wat in duisternis sit, het ’n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ’n lig opgegaan.
Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: iBekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
kEn terwyl Jesus langs die 17see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om ’n 18net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.
En Hy sê vir hulle: 19Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.
En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg.
En toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers, Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Sebedéüs, besig om hulle nette heel te maak; en Hy het hulle geroep.
En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg.
En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle 20sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en 21elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele Sírië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en 22pyne en wat van duiwels besete was, en 23maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak.
En groot menigtes het Hom gevolg van Galiléa en 24Dekápolis en Jerusalem en Judéa en van oorkant die Jordaan af.
| a Mark. 1:12. Luk. 4:1. | 1 Onmiddellik nadat Hy gedoop was, Mark. 1:12.
2 Dit is, deur die werking van die Heilige Gees, wat op Hom neergedaal het. Sien Luk. 4:1. Of: deur daardie Gees. 3 Hierdie woord kom van die Griekse diabolos, wat ’n lasteraar en valse beskuldiger beteken. Sien Openb. 12:9, 10. |
| 4 Dit was ’n wonderbare vastyd sonder om te eet of te drink, soos ook die geval was met die vastyd van Moses, Ex. 34:28, en van Elía, 1 Kon. 19:8. Dit kan daarom, soos ook die ander wonders van Christus, nie deur ons nagevolg word nie. |
| 5 Die duiwel word so genoem omdat hy probeer om mense tot sonde en afval te bring. Sien Génesis 3.
6 Naamlik soos die stem by u doop betuig het. |
| b Deut. 8:3. | 7 Dit is, van alle dinge waarvan dit God behaag om daaraan krag te gee en dit te gebruik tot voedsel en versterking van die mense. |
| 8 Dit is, Jerusalem; dit word so genoem omdat God sy diens en heiligdom daar gevestig het.
9 Gr. vlerk of vleuel. So word ’n borswering genoem, wat as leuning of reling rondom die plat dak van die tempel gemaak was, om te verhinder dat iemand maklik daarvan sou afval. Sien Deut. 22:8. |
| c Ps. 91:11, 12. | 10 Hier laat die versoeker die woorde op al u weë uit. Sien Ps. 91:11 en die kanttekening. |
| d Deut. 6:16. |
| 11 Naamlik óf in ’n skynbeeld, óf ook dat hy die landstreke self aanwys, en hulle heerlikheid met woorde beskryf. |
| e Deut. 6:13; 10:20. | 12 Dit is, teëstander, teëparty of hater. Die duiwel word so genoem omdat hy die vyand van die mense is. Sien 1 Petr. 5:8. |
| 13 Dit is, boodskappers. Die goeie geeste word so genoem, omdat hulle deur God uitgestuur word om sy bevele uit te voer. Sien Ps. 103:20. Hebr. 1:14. |
| f Mark. 1:14. Luk. 4:14.
g Luk. 4:16, 31. Joh. 4:43. |
14 Gr. oorgelewer was. Sien Matthéüs 14. |
| h Jes. 8:23; 9:1. | 15 Anders: naby, of langs.
16 Of: volke. Want die Griekse woord beteken beide en word ook vir die Joodse volk gebruik in Luk. 7:5. Hierdie deel van Galiléa word so genoem, óf omdat daar baie volke was, Deut. 33:23, óf omdat dit gegrens het aan die gebied van Tirus en Sidon, wat heidense stede was. |
| i Mark. 1:15. |
| k Mark. 1:16. | 17 Hierdie see was ’n groot binnelandse meer. Want die Hebreërs noem alle groot versamelings water seë. Dit word anders ook die meer Gennésaret en die see van Tibérias genoem, omdat hierdie plekke teenaan hierdie genoemde see geleë was.
18 Gr. werpnet. |
| 19 Of: Volg My. In Joh. 1:35 word gesê dat hulle al voor die gevangeneming van Johannes na Christus gekom het, toe as dissipels; hier word hulle egter geroep as apostels. |
| 20 Dit was plekke of geboue, waarin die Jode oral in die stede vergader het en die wet van Moses op elke sabbat voorgelees en verklaar was. Sien Hand. 15:21.
21 Dit is, allerhande kwale of swakhede, ongesteldhede. |
| 22 Dit is, siektes van sodanige aard dat dit mense groot smarte aandoen en hulle as ’t ware pynig.
23 Dit wil voorkom of dit diegene was met ’n siekte wat veroorsaak het dat hulle aanhoudend val, soos nader blyk uit Matt. 17:15. |
| 24 Dit was ’n land, so genoem in Grieks omdat daarin tien stede geleë was. Sien Plinius. |