Statevertaling – Bybelstigting
Bergpredikasie (vervolg). Liefdadigheid, gebed en vas.
PAS op dat julle nie jul 1liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.
aWanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ’n trompet voor jou blaas soos die 2geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geëer kan word nie. Voorwaar Ek sê vir julle, 3hulle het hul loon weg.
Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, 4laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie,
sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou 5in die bopenbaar vergelde.
En wanneer jy 6bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die 7sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, 8om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.
Maar jy, wanneer jy bid, cgaan in jou 9binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
En as julle bid, dgebruik nie ’n 10ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.
Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.
11Só moet julle dan bid: eOnse Vader wat 12in die hemele is, laat u Naam 13geheilig word;
laat u 14koninkryk kom; laat u wil geskied, soos 15in die hemel net so ook op die aarde;
gee ons vandag ons 16daaglikse 17brood;
en vergeef ons ons 18skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
en 19lei ons nie in 20versoeking nie, maar verlos ons van die fBose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. 21Amen.
gWant as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
hMaar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle 22oortredinge ook nie vergewe nie.
iEn wanneer julle 23vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle 24mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
Maar jy, as jy vas, 25salf jou hoof en was jou gesig,
sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
Bergpredikasie (vervolg). Die skat in die hemel. Die gesonde oog. Die twee here. Die kwelling oor die lewe.
k26MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en 27roes verniel en waar diewe 28inbreek en steel nie;
maar lmaak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;
want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
29Die lamp van die liggaam is mdie oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.
Maar as jou oog 30verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!
nNiemand kan 31twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een 32aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én 33Mammon dien nie!
oDaarom sê Ek vir julle: 34Moenie julle kwel oor jul 35lewe — wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam — wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?
pKyk na die voëls van die 36hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. 37Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, 38een el by sy lengte voeg?
En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie;
en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in 39al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.
As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en 40môre in ’n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?
Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?
Want na al hierdie dinge 41soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.
qMaar soek eers die koninkryk van God en 42sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle 43bygevoeg word.
Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan 44sy eie kwaad.
| 1 Die Griekse woord eleèmosunè, beteken in die algemeen ’n werk van barmhartigheid, en in die besonder weldadigheid teenoor die armes, omdat dit uit meelewing moet voortkom, 1 Kor. 13:3. Sommige Griekse manuskripte het die woord geregtigheid. |
| a Rom. 12:8. | 2 Gr. hipokriete; ’n woord wat gebruik word om na persone in ’n toneelstuk te verwys, wat ’n ander persoon speel as wie hulle werklik is.
3 Want die eer, wat hulle by mense soek, is hul beloning. |
| 4 Dit is, doen dit op die mees verborge wyse, sonder om daardeur roem te soek. |
| b Luk. 14:14. | 5 Naamlik dikwels hier op aarde, maar in die besonder hiernamaals in die laaste oordeel. Sien Matt. 25:34. |
| 6 Naamlik in die persoonlike gebed. Hoewel die gemeenskaplike gebede in die vergaderinge ook vir God aangenaam is en besondere beloftes het, Matt. 18:19.
7 Naamlik buite die tyd van die gemeenskaplike gebede. 8 Of: sodat hulle hul aan die mense vertoon. |
| c 2 Kon. 4:33. Hand. 10:4. | 9 Die Griekse woord beteken ’n plek of kamer waar ’n mens iets wegbêre of toesluit. |
| d 1 Kon. 18:28. Jes. 1:15. | 10 Gr. battologia, dit is, wanneer bepaalde woorde of uitdrukkings sonder nood of erns dikwels herhaal word. |
| e Luk. 11:2. | 11 Dit is, rig al julle gebede volgens hierdie vorm. Nie dat ons slegs hierdie woorde moet gebruik of altyd hieraan gebind moet wees nie; want in besondere nood is dit ook wel geoorloof om enige bedes verder uit te brei en ook met ander woorde uit te druk. Sien Johannes 17. Hand. 4:24.
12 Dit is, in die derde hemel, 2 Kor. 12:2, waar Hy sy majesteit en heerlikheid die allermeeste openbaar, Ps. 103:19. 13 Dit is, deur ons verheerlik word met woorde en werke. |
| 14 Naamlik u koninkryk van genade in hierdie wêreld, en u koninkryk van die heerlikheid in die hemel.
15 Naamlik deur die heilige engele, Ps. 103:20, 21, en deur die salige en volmaakte siele, Hebr. 12:23. |
| 16 Dit is, genoegsaam en nodig tot onderhouding van ons lewe vir hierdie dag; of: die brood wat vir ons bestem is, Spr. 30:8.
17 Dit is, alles wat nodig is vir die liggaam, Gén. 3:19. |
| 18 Dit is, sondes, Luk. 11:4, wat ons skuldig stel en waardeur ons straf verdien. Sien Matt. 18:24. |
| f Matt. 13:19. | 19 Of: bring ons nie, dit is, gee ons nie oor nie.
20 Naamlik van die Satan, die wêreld en ons vlees, om ons te bring tot sonde of tot kwaad doen. Sien Jak. 1:13, 14. 21 ’n Hebreeuse woord wat ongeveer beteken: mag dit so wees of word. Of: Dit is beslis so. Sien Deut. 27:15. Neh. 8:7. Núm. 5:22 se kanttekening. |
| g Mark. 11:25. Kol. 3:13. |
| h Matt. 18:35. Jak. 2:13. | 22 Die Griekse woord dui op ’n sydelingse val. Hierdeur word allerhande sondes verstaan. |
| i Jes. 58:3. Matt. 9:14. Mark. 2:18. Luk. 5:33. | 23 Naamlik in persoonlike hoedanigheid. Want tydens gemeenskaplike nood of vas is dit nie ongeoorloof om droewigheid te vertoon nie, solank dit sonder skynheiligheid geskied.
24 Of: verdonker, verderwe. |
| 25 Christus spreek hier ooreenkomstig die gebruik van die Jode, wat hulle in tye van vrolikheid gesalf en gewas het, Ps. 23:5. Amos 6:6. Luk. 7:46. |
| k Spr. 23:4. Hebr. 13:5. Jak. 5:1. | 26 Dit is, vernaamlik, of só dat julle dit jul werk sou maak, sonder om die verkryging van die hemelse skatte reg na te jaag. Sien 1 Tim. 6:8.
27 Gr. invreting. 28 Of: deurgrawe; so ook in vers 20. |
| l Luk. 12:33. 1 Tim. 6:19. |
| m Luk. 11:34. | 29 Dit is, soos die liggaam deur die oog gelei en gerig word, so word die mens se doen en late deur die verstand gelei en gerig. |
| 30 Dit is, verblind, of verdorwe. |
| n Luk. 16:13. | 31 Naamlik wat teen mekaar is nie.
32 Of: hom aan die een vashou. 33 Dit is ’n Siriese woord en beteken rykdom, wins of skatte, wat mense dikwels as ’n god vereer en dien. |
| o Ps. 37:5; 55:23. Luk. 12:22. Filip. 4:6. 1 Tim. 6:8. 1 Petr. 5:7. | 34 Of: Moenie besorgd wees nie; so ook in die volgende verse. Naamlik met angstige en oormatige sorg, voortspruitend uit kleingeloof, en wat die sorg vir die saligheid verhinder. Andersyds is dit ook ons plig om vir hierdie dinge te sorg, 1 Tim. 5:8.
35 Gr. siel, waardeur die lewe bedoel word. Sien Job 2:6. Matt. 2:20. |
| p Job 39:3. Ps. 147:9. | 36 Dit is, van die lug. Sien Ps. 8:9.
37 Gr. Verskil julle nie baie van hulle nie? |
| 38 Gr. een onderarm. Dit is ’n lengte-eenheid. Dit is, die lengte van die arm van die elmboog af tot aan die punt van die middelste vinger, of: ’n voet en ’n half. |
| 39 Lees hieroor 1 Konings 4. |
| 40 Dit is, wat kort daarna as dit verdroog het, amper vir niks anders kan dien as om die oonde daarmee te verhit nie. |
| 41 Naamlik met angs en bekommernis, asof hul geluksaligheid daarin geleë is. |
| q 1 Kon. 3:13. Ps. 37:25; 55:23. | 42 Naamlik God se geregtigheid, soos uit die Griekse teks blyk; dit is, wat vir God aangenaam is, voor Hom kan bestaan en in die evangelie aan ons geopenbaar is.
43 Gr. bygelê, of: bygesit word, naamlik as ’n toegif. Sien Ps. 127:2. |
| 44 Dit is, kwelling, bekommernis en swarigheid, wat elke dag gebeur. |