Statevertaling – Bybelstigting

Openbaring 12

Die vrou en die draak.

1

EN1 ’n 2groot teken het in die hemel verskyn: 3’n vrou wat met die 4son bekleed was, en 5die maan was onder haar voete, en op haar hoof 6’n kroon van twaalf sterre;

2

en 7sy was swanger en het uitgeroep in haar 8weë en barensnood.

3

En ’n ander teken het in die hemel verskyn, en 9daar was ’n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe 10krone;

4

en 11sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.

5

En 12sy het ’n manlike kind gebaar, awat al 13die nasies met ’n ystersepter sou 14regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.

6

15En die vrou het na die woestyn gevlug 16waar sy ’n plek het wat deur God gereed gemaak is, 17dat hulle haar daar sou onderhou bduisend-tweehonderd-en-sestig dae lank.

7

En 18daar het oorlog in die hemel gekom: 19Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;

8

en hulle kon nie oorwin nie, 20cen hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.

9

En ddie groot draak is neergewerp, 21die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat 22die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.

10

Toe hoor ek ’n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want 23die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.

11

En hulle het hom oorwin deur 24die bloed van die Lam en deur 25die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe 26hulle lewe nie liefgehad nie.

12

eDaarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; fwee die 27bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal 28met groot woede, omdat hy weet dat hy 29min tyd het.

13

30En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het;

14

gmaar die 31twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, 32na haar plek, kon vlieg, waar sy 33uit die gesig van die slang 34onderhou word, h35’n tyd en tye en ’n halwe tyd.

15

36En die slang het uit sy bek water soos ’n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier.

16

En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het.

17

En 37die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer 38teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.

Die dier wat uit die see opkom.

18

EN ek het 39op die sand van die see gaan staan.

1 Hier begin die vierde gesig, en dit word deur baie so verstaan dat die tweede deel van hierdie openbaring ook hier begin, waarin die toestand van die kerk van Christus, vanaf die tyd van die apostels tot aan die einde van die wêreld, en die opkoms en heerskappy van die Antichris, met sy uiteindelike val, ’n bietjie nader en breedvoeriger beskryf word, nadat dit in die voorgaande gesigte kortliks gedoen is.

2 Dit is, ’n gesig wat groot dinge aangedui het. Daar word om hierdie rede gesê dat dit in die hemel verskyn het, omdat dit in die geopende hemel getoon is, hoewel die dinge self meestal op die aarde gebeur het.

3 Deur hierdie vrou verstaan sommige die maagd Maria, wat Christus gebaar het, en met Christus na Egipte gevlug het. Christus is deur die Satan tot die dood toe vervolg, daarna opgeneem in die hemel, en sit daar aan die regterhand van God sy Vader en regeer die volke met ’n ystersepter. Aangesien dit egter nou reeds gebeur het, voordat hierdie openbaring aan Johannes gegee is; en hier eintlik van dinge wat nog moet kom, geprofeteer word, soos in Openb. 1:1; 4:1 getuig is en in Openb. 22:6 beskryf word; en baie dinge hier nie op die maagd Maria kan dui nie, so verstaan die meeste van die verklaarders deur hierdie vrou die gemeente van Christus, wat volgens die voorbeeld van Christus, haar Hoof en Bruidegom, die dinge oorgekom het, wat hier met hierdie beeld verstaan word, soos in die vervolg sal blyk.

4 Hierdeur word die ware geloof in Christus, die son van geregtigheid, aangedui; waarmee die gemeente van Christus beklee, versier en verlig is. Sien Gal. 3:27. Ef. 3:17; 5:14.

5 Hierdeur verstaan sommige die seremonies van die Ou Testament, wat baie dikwels gerig was volgens die veranderinge (fases) van die maan, en wat nou met Christus se koms kragteloos geword en tot niet gemaak is, Kol. 2:14. Hierdeur word egter alle veranderlike en wêreldse dinge meer gepas verstaan, wat soos die maan dikwels verander, en wat deur die ware kerk van Christus oorwin is en ten opsigte van die ewige, onveranderlike en hemelse dinge geringgeskat word. Sien 1 Kor. 7:30, 31. 2 Kor. 4:18.

6 Dit is, die leer van die twaalf apostels, waaroor hulle alleen roem, en wat hulle as haar kroon en versiering beskou, soos in Openbaring 21 die fondamente van die hemelse Jerusalem met twaalf kosbare stene vergelyk word, waarop die name van die twaalf apostels gegraveer was.

7 Naamlik om Christus, deur die evangelie, te baar en ’n gestalte te gee in die harte van die uitverkorenes van God, deur die hele wêreld, soos Paulus spreek in Gal. 4:19. Hoewel dit van die algemene kerk altyd waar is, is dit nogtans in die besonder vervul ten tyde van, en sommige honderde jare ná die tyd van die apostels, waarin die apostoliese en eerste kerk, nieteenstaande die weerstand van die Satan en van al sy instrumente, die leer van Christus deur die wêreld voortgeplant het, en baie besondere kerke as haar kinders te voorskyn gebring het, soos Paulus daarvan spreek in Gal. 4:26, 27, uit Jes. 54:1.

8 Dit word hierby gevoeg as gevolg van die grote sorg, pyn en angs, wat die kerk van Christus en haar getroue dienaars dikwels het, om die kinders van God te win en uit die wêreld te versamel. Sien ’n voorbeeld daarvan in Paulus, 1 Kor. 4:11, ens.

9 Dat hierdie draak die duiwel of Satan is, word in vers 9 verklaar. En hy word hier groot en vuurrooi genoem vanweë sy bloeddorstigheid en wreedheid; aan wie hier sewe koppe toegeskryf word vanweë sy groot listigheid; en tien horings en sewe krone vanweë sy groot krag en heerskappy in die wêreld, soos die Skrif oor hom spreek, Joh. 8:44. 2 Kor. 11:3, 14. Ef. 6:12. Hoewel sommige ook deur hierdie sewe koppe die sewe berge en sewe konings van die groot stad verstaan, waar die Satan toe vernaamlik sy heerskappy gehad het; en deur die tien horings die tien vernaamste ryke wat onder hul bevel was. Waarvan hierna in Openb. 17:9-12 gespreek sal word.

10 Gr. diademata, sien daaroor Openb. 13:1 en die kanttekening.

11 Soos in Openb. 1:20 se kanttekening verklaar is dat die sewe sterre die sewe engele van die gemeentes is, só kan die derde deel hier ook gepas as die leraars of voorgangers van die gemeentes verstaan word, wat deur die stert, dit is, deur die krag en venynigheid van hierdie draak, in die tye van vervolginge en van dwaalleer, waarvan in Openb. 6:3, ens. en die kanttekeninge geprofeteer is, van die suiwer leer en ware geestelike sorg van die kerk tot wêreldse sorg sou verval, soos voorheen in Openb. 9:1 se kanttekeninge aangedui is; en soos die kerklike geskiedenis getuig dat dit in sulke tye soms gebeur het.
a Ps. 2:9. Openb. 2:27. 12 Gr. sy het ’n seun, ’n man gebaar. Sommige verstaan hierdeur, soos ook deur die hieropvolgende stryd van Mígael teen die draak, Konstantyn, die eerste Christelike keiser, wat voor die Christenkerk, ná driehonderd jaar van vervolging, te voorskyn gebring is, en ná baie oorloë en oorwinnings oor die dienaars van die afgode en van die draak, uiteindelik die Romeinse Ryk onder die beheer van die Christene gebring het, die Christenkerk bo alle ander verheerlik het, en tot aan die hemel verhef het. Hierdie verklaring is baie oud, aangesien Konstantyn self hierdie gesig om dié rede in sy wapen ingevoer het, nadat hy Maximianus, Maxentius, Licinius en ander vyande en vervolgers van die Christene, met hul leërmagte oorwin het, en die afgodediens uit die Romeinse Ryk geweer het. Omdat hier egter oor hierdie manlike kind, en hierna oor Mígael en die draak baie dinge gesê word wat baie beswaarlik slegs op Konstantyn en sy tydgenote gedui kan word, is dit daarom wel gepas dat dit ook as Christus self verstaan word, en as sy geestelike geboorte deur die hele wêreld, in die hart en in die belydenis van die gelowiges, deur die diens van die kerk, soos hiervoor in die tweede vers aangedui is; teen Christus en sy geestelike geboorte het die Satan hom met alle geweld en listigheid gestel, sowel deur die vervolginge van die Jode en heidene, as deur verskeie godslasterlike ketterye, wat hy teen die persoon en die voldoening van Christus onder die Christene verwek het. Hoewel Christus, nou sittende aan die regterhand van God, as die Hoof van die uitverkorenes, altyd die oorhand behou, en vir ewig op sy troon gebly het.

13 Of: volke.

14 Gr. wei.

b Openb. 11:3. 15 Sommige verstaan hierdie vlug van die kerk van Christus as die verskuldigde plig van alle gelowiges, wanneer hulle nou Christus in hul hart ontvang het, en saam met Hom ’n plek in die hemele het, soos Paulus oor hulle spreek in Ef. 2:6, naamlik dat hulle van die wêreld moet vlug, en soek na die dinge wat daarbo is, en nie wat op die aarde is nie, Kol. 3:1, 2. Omdat hierdie verskuldigde plig van die kerk van Christus egter altyd voortgaan, en hier slegs van ’n bepaalde tyd gespreek word, word dit deur ander wel so gepas verstaan as ’n voorbereiding tot die vlug van hierdie vrou, waarvan hierna in vers 13 meer gesê sal word. Hierdie voorbereiding is selfs ten tyde van Konstantyn deur die Ariaanse en ander ketterye, en deur die hoogmoed en heerssug van baie biskoppe en ander wêreldse optrede onder hulle, in die kerk begin, wat die antichristendom langsamerhand gekweek het, totdat dit ongeveer in die jaar 606 uiteindelik te voorskyn gekom het; soos elders ook aangeroer is. En hulle meen dat dit hier slegs aangeroer word om intussen die oorsaak van hierdie vlug te beskryf, en hierna breedvoeriger daaroor te spreek; wat ook bewys word deur die ooreenkoms van die tyd in hierdie vers met vers 14.

16 Naamlik deur God deur die meting van die tempel en die uitsluiting van die voorhof, waarvan in Openb. 11:1 gespreek is, soos die ooreenkoms van die duisend-tweehonderd-en-sestig dae hier, en die twee-en-veertig maande daar in vers 3 ook meebring.

17 Anders: dat sy daar gevoed sou word, naamlik deur die twee getuies, wat daartoe deur God uitgestuur was, om die gemeente van God, gedurende hierdie tyd, in die woestyn te onderhou; wat ook verwys na dit wat in die voorgaande hoofstuk geprofeteer is. Want dat sommige dit wil verstaan as die vlug van die Christene uit Jerusalem en uit die Joodse land na Pella oorkant die Jordaan, ten tyde van die beleg van Jerusalem, en verwoesting van die heilige land, wat omtrent drie en ’n half jaar sou geduur het, pas nie by hierdie openbaring nie, omdat daardie verwoesting ten tyde van hierdie openbaring al gebeur het, en omdat hier van langer tye gespreek word, soos voorheen aangedui is, en hierna nog aangedui sal word.

18 Dat hier, soos sommige meen, nie gespreek word van die eerste val van die Satan, en sy weerspannigheid teen die Seun van God, waarvan Christus spreek in Joh. 8:44 en Jud. vers 6, nie, blyk uit die rede wat meermale beskryf is, dat dit hier oor toekomende dinge handel. So ook nie van die stryd wat Christus, die ware Mígael, dit is, aan God gelyk, Filip. 2:6, teen die Satan gevoer het nie, toe Hy die gedaante van ’n dienskneg aangeneem het, en in die huis van die sterk man ingegaan het om hom te bind en sy goed te roof, Matt. 12:29, en toe Hy hom deur sy dood tot niet gemaak het, en oor hom getriomfeer het aan die kruis, Kol. 2:15. Hebr. 2:14. Want hoewel dit ’n ewigdurende fondament is van alle oorwinning oor die Satan en sy instrumente, soos die inwoners van die hemel hierna in verse 10 en 11 sing, was hierdie fondament ook al tevore vasgelê, voordat hierdie openbaring aan Johannes gebeur het. Derhalwe moet hierdie stryd en oorwinning verstaan word as ’n besondere toeëiening van hierdie eerste oorwinning van Christus, wat nog oor die Satan sou volg in die lede van Christus, waarvan Christus ook spreek in Matt. 16:18, en Paulus in Rom. 16:20, naamlik in die tye van vervolginge en verleidinge, onder die heidense en Ariaanse keisers en ander ketterse konings, toe Christus ten sterkste in sy lede bestry is, en vernaamlik ook toe die Antichris in die weste en die Mohammedane in die ooste die oorhand verkry het, en die kerk van Christus deur die hele wêreld verdruk geword het; wat duidelik bewys word uit die tyd van duisend-tweehonderd-en-sestig dae, wat ná hierdie stryd aan die vlug van die vrou in die woestyn toegeskryf word; en uit die triomflied van die inwoners van die hemel, verse 10, 11, wat merkbaar spreek van so ’n oorwinning, en dus ook van so ’n stryd.

19 Soos hierdie Mígael, dit is, wie is soos God, deur meeste verklaarders as Christus self verstaan word, verstaan sommige sy engele as die gelowiges, wat deur Christus, en saam met Christus, die draak en sy engele oorwin het, soos in vers 11 getuig word. Nogtans kan hierdie naam engele egter ook gepas verstaan word as die werklike engele, omdat hulle ook dikwels deur Christus, hul Hoof, tot troos en hulp van die gelowiges in hierdie stryd gestuur word; soos te sien is in Hebr. 1:14, en die voorbeelde van Elía, Elísa, van Daniël en sy vriende, van Petrus en Paulus in hul gevangenskap, in die Skrif bewys; en soos die kerklike geskiedenis getuig dat die vrome martelare, onder die heidense keisers en onder die Antichris, óf deur die engele uit hul hande verlos, óf in hul pyne verlig, óf vertroos en versterk is. Die vervolgers was ook dikwels deur die engele met verskeie plae gestraf en gestuit, soos Herodes deur ’n engel van die Here getref is in Hand. 12:23, tot verligting van die gemeente.

c Dan. 2:35. 20 Christus gebruik dergelike manier van spreek ook ten opsigte van sy oorwinning oor die Satan, Luk. 10:18. Hier word ook merkbaar verwys na sommige gesigte van die Ou Testament, waar dergelike stryd en aanklag van die Satan voor die troon van God, teen die gelowiges, met ’n uiteindelike oorwinning oor die Satan gesien is, Job 1:11; 2:5, en in die besonder Sag. 3:1, wat baie dinge met hierdie gesig in gemeen het, sowel in die persone, as in die uitkoms daarvan. Of dit nou daadwerklik gebeur het, of slegs figuurlik gespreek is, dit is nie belangrik nie. Dit is genoeg en seker dat Christus, nadat Hy die versoening van ons sondes volbring het, nou aan die regterhand van sy Vader sit, en as ons Voorspraak daar verskyn, dat die Satan en sy engele alle redes vir aanklag teen die gelowiges, voor die troon van God, ten ene male ontneem is, soos Paulus tereg roem, Rom. 8:33, ens., en soos die hemelse leërskare hierna sing, verse 10, 11, en dat Hy vandaar die Satan met al ons en sy vyande gedurig sal onderwerp, soos Paulus getuig in 1 Kor. 15:25.
d Luk. 10:18. Openb. 20:2. 21 So word die Satan genoem, omdat hy ons voorvaders in die paradys deur ’n slang verlei het. Sien 2 Kor. 11:3.

22 Dit is, die kinders van die ongehoorsaamheid in die hele wêreld, Ef. 2:2.

23 Sien hieroor vers 8 se kanttekening.
24 Sien hieroor vers 7 se kanttekening.

25 Dit is, die evangelie, wat hulle deur die geloof aangeneem en standvastig bely het. Want dit is die geestelike swaard en instrument, waardeur die Satan ook oorwin word. Sien Ef. 6:17.

26 Dit is, hulle het hul lewe hier geringgeskat, ten opsigte van Christus en sy waarheid. Sien Luk. 14:26. Hand. 20:24.

e Ps. 96:11. Jes. 49:13.

f Openb. 8:13.

27 Dit is, wee die aardse en wêreldse mense, hetsy diegene wat die vasteland, of die eilande in die see bewoon; soos voorheen in Openb. 3:10, en elders.

28 Dit is, is baie kwaad, omdat hy niks vermag teen die kinders van God voor die troon van God nie; soos in vers 8 gesê is.

29 Naamlik soos die tyd tussen Christus se eerste en laaste koms die laaste uur genoem word, 1 Joh. 2:18, so word die tyd van die heerskappy van Satan wat oorbly ’n klein tydjie genoem, omdat hy in die voleinding van die wêreld in die poel van vuur gewerp sal word; en hy nou daagliks uit die tekens wat Christus en sy apostels vooruit aangekondig het, sien dat hierdie tyd toenemend nader kom. Sien Matt. 25:41. Openb. 20:10.

30 Dit is, toe die Satan sien dat hy Christus in sy lede, en die saligheid van sy lede, nie meer met sy beskuldigings in die hemel kon beskadig nie, het hy hom weer teen die kerk van Christus gewend, om haar ten minste in hierdie wêreld te kwel deur die berowing van haar goed, met gevangenskap, met lasteringe teen hul persoon, met ballingskappe, vervolginge en dergelike kwellinge.
g vers 6.

h vers 6.

31 Naamlik deur God; sommige meen hierdie twee arendsvlerke is die geloof, waarmee sy in dit alles vas gegrond bly op Christus, haar Hoof, 1 Joh. 5:4, en die hoop van die saligheid, waardeur sy al die verdrukkinge oorwin, wetende dat die lyding van die teenwoordige tyd nie kan opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Hoewel allerlei kragtige bewaring van God ook deur arendsvlerke verstaan word, soos te sien is in Deut. 32:11.

32 Naamlik waaroor tevore in vers 6 se kanttekening gehandel is.

33 Gr. van die aangesig af.

34 Anders: sodat sy daar gevoed sou word, naamlik sowel deur God alleen, deur sy Gees en Woord, soos gesê word van die seweduisend wat God in die tyd van Elía vir Hom laat oorbly het, 1 Kon. 19:18. Rom. 11:4, en daarna ook deur die twee getuies, wat God vir ’n lang tyd vir haar in die woestyn verwek het, soos in Openb. 11:3 aangeteken is.

35 Sommige verstaan hier ’n tyd as ’n jaar, die tye as twee jaar en ’n halwe tyd as ’n halwe jaar, soos hierdie spreekwyse skynbaar gebruik word in Dan. 7:25; 12:7, en meen dat die tyd van die heerskappy van die Antichris nie langer sal duur as drie en ’n half jaar voor die voleinding van die wêreld nie, soos die tirannie van Antiochus, wat ’n voorbeeld van die Antichris was, onder die Jode, ten tyde van die Makkabeërs, nie langer geduur het nie. Hierdie mening is egter in Openb. 11:3 weerlê; en word boonop kragtig weerlê, omdat indien dit waar sou wees, die oordeelsdag, ten tyde van die Antichris reeds bekend sou wees, in stryd met die getuienis van Christus, Mark. 13:32. Soos dit ook nie moontlik is dat die Antichris in so min tyd uit die stam van Dan (soos sommige verklaarders meen), wat geen gebied in die wêreld het nie, sou opkom en vir hom al die Jode deur die hele wêreld tot aanhangers maak, die stad van Jerusalem met die Joodse land inneem, en die tempel opbou, daarna homself dwarsdeur die wêreld sou laat aanbid, die Christendom onderwerp, die stad Rome verwoes en dergelike meer; aangesien die Skrif getuig dat hierdie verborgenheid van die ongeregtigheid al in die tyd van Paulus aan die werk was, 2 Thess. 2:7, en dat die Jode self, voor die voleinding van die wêreld, tot bekering sal kom, en tot die ware kerk van Christus vergader sal word, Rom. 11:25. 2 Kor. 3:14, ens. Daarom moet hierdie tyd, tye en halwe tyd, verstaan word as ’n tyd wat aan God wel bekend is, en nie aan ons, behalwe met die uitkoms daarvan, bekend sal word nie. Of: vir drie en ’n half jaar, wat saam twee-en-veertig maande oplewer, of duisend-tweehonderd-en-sestig dae, elke dag as ’n jaar verstaan, waarvan voorheen in Openb. 11:3, en in hierdie hoofstuk in vers 6 gespreek is, en hierna ook in Openb. 13:5; want in daardie tyd sal die kerk van Christus ook in die woestyn gevoed word, waartydens die voorhof van die tempel ongemeet sal bly, die heilige stad deur die heidene vertrap sal word, die twee getuies sal profeteer, en die dier teen die heiliges oorlog sal voer; waarvan in die volgende hoofstuk geprofeteer sal word.

36 Hoewel sommige deur hierdie waters ook valse leringe verstaan, is dit nogtans bekend in God se woord dat deur waters of riviere die vervolginge of verdrukkinge verstaan word, soos te sien is in Ps. 42:8; 124:5. Matt. 7:25. Dat hier ook gespreek word van nuwe vervolginge en swarighede, wat die Satan die kerk, nadat sy die woestyn in gevlug het, sou aandoen, blyk hier uit die teks. Na watter vervolginge hier egter verwys word, is daar verskeie menings. Sommige meen dat dit die vervolginge was wat die Antichris teen die Griekse kerke verwek het, omdat hulle die beeldediens, die aanroeping van die heiliges en die eer van hul relikwieë en sy heerskappy nie wou aanneem nie; wat vir ’n lang tyd deur sommige Griekse keisers gestuit is. Ander dat dit die vervolginge is wat teen die Hussiete in Boheme en nog ander plekke verwek is, wat die Here deur ’n sekere Ziska met wonderbaarlike verlossinge, asof dit uit die aarde opgekom het, vir ’n lang tyd gestuit het. Asook oor die samespanning van die keisers en konings met die Antichris, in die tyd toe die kerk ná Luther se tyd die hoof begin optel het, waarvan sommige steeds voortgaan. Eindelik verstaan ander dit as die laaste geweld, wat die Antichris nog saam met al sy volgelinge sal doen, voor sy val. Dit is egter tot troos van die gemeente daarby gevoeg, dat die Here sy kerk uiteindelik nog wonderbaarlik sal verlos, soos Moses en Aäron van die geweld en die samespanning van Korag, Datan en Abíram verlos is, toe die aarde sy mond oopgemaak en hul vyande verslind het, Núm. 16:31, 32, ons het soortgelyke wonderbaarlike en onverwagte verlossings ook meermale in ons tyd gesien, in alle dele van die Christendom.
37 Naamlik omdat sy haar nou op sommige plekke en tye van sy aangesig teruggetrek het, soos in vers 14 genoem word; en omdat sy daarna ook hulp van konings en prinse verwerf het, wat haar teen die geweld en die aanvalle van die Antichris en sy volgelinge beskerm het.

38 Naamlik wat nog verstrooi en weggesteek was op sodanige plekke waar daar geen openbare kerke was nie, en waar die Antichris en die konings, wat aan hom hul mag verleen het, steeds hul heerskappy gehad het. Aan hierdie verstrooide Christene word hier twee kenmerke gegee, naamlik dat hulle God volgens sy gebooie gedien het, en nie volgens menslike insettinge nie; en dat hulle die getuienis van Jesus bewaar het, dit is, hul saligheid slegs gesoek het in die verdienste van die enigste en volmaakte Saligmaker Jesus, en nie in hulle eie, of in die van enige skepsele nie, volgens die leer en getuienis van die heilige evangelie; waarin die ware onderskeid bestaan tussen ’n dienaar van die Antichris, en ’n evangeliese en gereformeerde Christen.

39 Naamlik in ’n gesig, of ook metterdaad, op die eiland Patmos, soos dergelike van Daniël, Dan. 10:4, getuig word, naamlik om te sien wat verder sou gebeur, of watter gesig uit die see aan my getoon sou word. Soos die volgende hoofstuk aandui, dit wil voorkom of hierdie vers daarby hoort, en daarom word dit ook deur sommige by die volgende hoofstuk gevoeg.